top of page



Alle Plasings


Bloemfontein is dié naweek gasheer vir ’n nasionale bonsai-konvensie
Bloemfontein is van Vrydag tot Sondag die gasheer vir ’n nasionale bonsai-konvensie wat die kuns van dié miniatuurbome vier. Volgens ’n mediaverklaring van Bloemfontein Bonsai Kai bring die konvensie liefhebbers van regoor die land bymekaar vir demonstrasies, ’n kompetisie vir nuwe talent en ’n bonsai-uitstalling. Die tema fokus op die invloed wat tyd en veroudering op bonsai het, en hoe geduld, versorging en tegniek die karakter van ’n boom oor jare vorm. Die publiek kan die

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Die SAPD soek gegradueerdes vir die Valke en ander gespesialiseerde eenhede
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil gekwalifiseerde gegradueerdes met spesifieke vaardighede werf vir moontlike plasing in gespesialiseerde polisie-eenhede. Dit sluit die Valke, Speur- en Forensiese Dienste en Misdaadintelligensie in. Gegradueerdes in die regte, polisiewerk, kriminologie, wetstoepassing, forensiese ondersoeke en inligtingstegnologie kan oorweeg word. Die SAPD het ook aanlyn aansoeke geopen vir 5 500 poste vir polisierekrute vir die 2026/27-boekjaar. ’

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Nigerië bevestig sy eerste geval van die Ebola-virus
Nigerië het minstens een geval van die Ebola-virus bevestig. Die land se minister van Gesondheid, Muhammad Ali Pate, sê die geval is in die hoofstad, Abuja, aangemeld. Die pasiënt is ’n vrou wat voorheen na Uganda gereis het. Sy ontvang tans behandeling in isolasie, en die departement het begin om kontakte op te spoor. Ter illustrasie. FOTO: EWN

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Iran sê die Straat van Hormuz sal gesluit bly
Iran het onderneem om die Straat van Hormuz gesluit te hou totdat die Verenigde State van Amerika (VSA) sy voorwaardes vir die beëindiging van die konflik aanvaar. Iran het die seestraat in Februarie gesluit ná aanvalle deur die VSA en Israel. Die sluiting van die seestraat het gelei tot ’n styging in wêreldwye olie- en energiepryse. Die VSA sê onderhandelinge met Iran bly moeilik en dat hy ekonomiese druk op die Islamitiese staat sal volhou. Ter illustrasie. FOTO: Al Jazeera

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Vernon Barnard wen ’n internasionale musiektoekenning in New York
Die Suid-Afrikaanse sanger Vernon Barnard het die gesogte Danny People Choice Award in New York gewen. Volgens The Citizen het hy die toekenning ontvang vir sy vertolking van Story of My Life by die geskiedkundige Town Hall. Die internasionale toekenning bied sedert 2020 aan musikante met gestremdhede van regoor die wêreld ’n platform om hul talent ten toon te stel. Die organisasie bevorder ook groter insluiting en bewusmaking van gestremdhede in die musiekbedryf. Die blinde

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Mediclinic Bloemfontein help om sig en lewensgehalte te herstel
Gedurende Oktober het die Mediclinic Bloemfontein Dagkliniek gratis katarakoperasies aan pasiënte verskaf om hul sig te herstel. Hierdie ooggesondheidsinisiatief is die breinkind van ’n toegewyde span oogartse, narkotiseurs en verpleegpersoneel wat die openbare waglyste wil verlig. Voglens Mediclinic het oogspesialiste soos Dr. Arno Jansen van Rensburg van Medi Eye, asook Dr. Dawie Botes, Dr. Gerhard Kamffer en Dr. Shannon Callaway van die Bloemfontein Oog- en Laserkliniek, h

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


’n Uitbraak van maag- en dermsiekte word by Rhodes-universiteit ondersoek
Rhodes-universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap het ’n uitbraak van gastroïntestinale siekte onder lede van sy gemeenskap aangemeld. Gesondheidsowerhede en omgewingsgesondheidspraktisyns werk daaraan om die moontlike oorsaak van die uitbraak vas te stel. Die universiteit sê maatreëls is ingestel om veilige drinkwater in eetsale te verseker, en bykomende voorsorgmaatreëls word tydens voedselbereiding toegepas. Die universiteit doen ’n beroep op enigiemand wat simptome van die

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


OGGEND SPORT: Bavuma en Harmer plaas die Proteas in beheer, die Cheetahs wag vir die uitslag van Faf se skandering en, PSG en Liverpool behou perfekte rekords
Ons begin met krieket: Kaptein Temba Bavuma het 'n loopbaanbeste telling van 179 behaal, terwyl Simon Harmer 'n persoonlike beste van 82 in toetskrieket aangeteken het, om Suid-Afrika te help om hul beurt op 425-9 te verklaar, op die derde dag van die tweede toets teen Australië. Bavuma het saam met Harmer 'n Protea-rekordvennootskap van 183 lopies vir die agtste paaltjie opgestel, na hy 132 lopies met Marco Jansen, wat 85 lopies van 100 balle gemoker het, gedeel het. Kagiso

Saamgestel deur Jana Roos
5 days ago


Personeel by Bophelo House moet weer van die huis af werk
Personeel van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement wat by Bophelo House in Bloemfontein werk, moet vanaf Woensdag tot verdere kennisgewing weer van die huis af werk. Die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê in ’n mediaverklaring die besluit volg op ’n verbodskennisgewing van die Departement van Indiensneming en Arbeid weens veiligheids- en nakomingsprobleme by die gebou. Herstelwerk het sowat drie weke gelede begin en sluit die herstel van daklekkas

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Mathabatha sê plaasbewoners kan nie sonder hofbevele uitgesit word nie
Die adjunkminister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Stanley Mathabatha, waarsku teen onwettige uitsettings van plaasbewoners. Dit volg na 'n samespreking met inwoners in Franschhoek in die Wes-Kaap. Hy sê niemand mag uit hul woning gesit word sonder 'n hofbevel nie, en dat die beëindiging van diens nie outomaties 'n uitsetting regverdig nie. Mathabatha voeg by die departement erken grondeienaars se regte, maar beklemtoon dat alle uitsettings volgens wettige en b

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Die herstrukturering van die Landbank se skuld moet in hierdie boekjaar afgehandel word
Die Nasionale Tesourie is aangespoor om die Landbank se skuldherstrukturering hierdie boekjaar te finaliseer om sy leningsbedrywighede te help herstel. Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, het aan die parlement gesê dat die bank ondersteuning aan opkomende en swart boere moet verbeter. Die bank sukkel sedert 2020 met skuld- en likiditeitsprobleme. Die voormalige voorsitter, Thabi Nkosi, sê die bank het in 2025/26 'n wins van byna R12 miljoen aangeteken. Die regeri

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Transnet herwin ‘n wêreldrekord vir die langste vragtrein
Transnet Freight Rail het die wêreldrekord vir die langste vragtrein herwin nadat hulle 'n trein van 6.7km met 696 waens bedryf het. Die trein het langs die 861km lange ystererts-uitvoerlyn beweeg, wat Sishen in die Noord-Kaap met die hawe van Saldanha in die Wes-Kaap verbind. Transnet het radioverspreide krag-tegnologie gebruik om elektriese en diesel-elektriese lokomotiewe wat dwarsdeur die trein geplaas is, elektronies te koppel. Suid-Afrika het die rekord voorheen in 1989

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


‘n Swemmer is dood ná ‘n haai-aanval in die Oos-Kaap
Die Orient- en Eastern-strande is gesluit nadat ’n swemmer Dinsdagoggend in ’n haai-aanval in die Oos-Kaap dood is. Volgens die Buffalo City-metro-munisipaliteit het die aanval by Orient-strand plaasgevind. Strandgangers word aangeraai om uiters versigtig te wees en tot verdere kennisgewing uit die water by die betrokke strande te bly. Die munisipaliteit se woordvoerder, Luzuko Buku, het sy meegevoel met die swemmer se familie en vriende betuig. LUISTER HIER: Ter illustrasie.

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Verkiesing 2026: McKenzie verbied media-onderhoude met PA-partylede
Die leier van die Patriotic Alliance (PA), Gayton McKenzie, het plaaslike media verbied om onderhoude met partylede en burgemeesterskandidate te voer. Hy beskuldig nuusmedia daarvan dat hulle bevooroordeeld oor die party berig. Nova News berig die verbod geld ook vir burgemeestersdebatte en joernaliste by partygeleenthede, maar internasionale media sal steeds toegang kry. Die besluit kom te midde van bewerings dat PA-lede en hul medewerkers verskeie poste by nasionale kultuur

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


MIDDAG SPORT: Strauss verseker ‘n derde termyn as die president van die Blue Bulls, Groenewald maak haar merk en Ronaldo is geskors
Ons begin met rugby-nuus: Willem Strauss sal vir 'n derde opeenvolgende termyn as president van die Blou Bulle Rugbyunie dien, wat sy ampstermyn - wat reeds agt jaar in die professionele era duur -verleng. Sy leierskap word toegeskryf aan die versterking van die unie se rugbystrukture, die ontwikkeling van maniere vir talentontwikkeling en sukses op verskeie vlakke van die spel, insluitend verskeie Curriebeker-titels, vier Vodacom VRK-eindstryde in vyf jaar, en vier nasionale

Saamgestel deur Jana Roos
5 days ago


Kommer word uitgespreek oor VL se Rooivleisforum
Die landbou-organisasie TLU SA het kommer uitgespreek oor die stigting van die Rooivleisforum, ’n inisiatief van Vrystaat Landbou. Die forum beoog om ’n platform te bied waar primêre produsente inligting kan deel, uitdagings kan identifiseer en ’n volhoubare rooivleisbedryf kan bevorder. Lidmaatskap is oop vir primêre rooivleisprodusente regoor Suid-Afrika. TLU SA se Zelda Brits waarsku dat die forum bestaande verteenwoordiging in die rooivleisbedryf kan verswak en tot verder

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Vakbonde vra vir ‘n verbod op Shein en Temu
Vakbonde vra dat die internasionale aanlynkleinhandelaars Temu en Shein verbied word, om sodoende plaaslike vervaardigingswerksgeleenthede te beskerm. Dit volg op ’n aanbeveling deur die tekstielwerkersvakbond. Business Tech berig die vakbond Cosatu sê hy sal hom hiervoor beywer. Die uitvoerende direkteur van die National Clothing Retail Federation, Michael Lawrence, het egter kommer uitgespreek dat ’n algehele verbod op Shein en Temu mededinging in Suid-Afrika se kleinhandel

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Nsfas ontvang meer as 800 000 aansoeke
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) sê hy het 868 626 aansoeke vir die 2027-befondsingsiklus ontvang. Meer as 800 000 aansoeke is van universiteitstudente, terwyl meer as 68 000 van aansoekers vir Tegniese en Beroepsonderwys en -opleiding (Tvet)-kolleges is. Die skema sê aansoeke sluit op 31 Oktober, en geen verlengings sal toegestaan word nie. Dit waarsku aansoekers teen bedrieglike sosialemediarekeninge en individue wat betaling eis of gewaarborgde bef

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Frankryk stel aandklokreëls in ná 'n naweek van oproer
Franse owerhede het aandklokreëls in dele van Parys, Lille en Nice ingestel ná ’n naweek van oproer en plundery wat met protesoptogte teen die regering verband hou. Sowat 2 400 mense is in hegtenis geneem, terwyl byna 1 000 polisiebeamptes beseer is. Die eerste minister het linkse radikale groepe vir sommige van die geweld blameer. President Emmanuel Macron het die minister van Binnelandse Sake se aanbod om te bedank, van die hand gewys. Intussen berig Reuters dat vakbonde ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Brandstof is goedkoper in Botswana as in SA
Petrol en diesel is goedkoper in Botswana as in Suid-Afrika. Dit is ondanks die feit dat die buurland die meeste van sy brandstof uit Suid-Afrika invoer. Botswana vra sowat R21,89 per liter vir 95-oktaan loodvrye petrol, wat meer as R8 goedkoper is as in Suid-Afrika. Diesel kos sowat R25,16 per liter in Botswana, teenoor Suid-Afrika se groothandelprys van R33,29 per liter. Botswana reguleer brandstofpryse deur die Botswana-owerheid vir Energieregulering, wat pryse aanpas wann

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


‘n VS pluimveeprojek toon glo min tekens van vordering
Die pluimveeprojek by Virginia in die Vrystaatse Goudveld is glo so vervalle en geplunder dat daar min sigbare tekens van die projek oor is. Netwerk24 berig die projek het die Vrystaatse regering R52 miljoen gekos. Die projek is tussen 2014 en 2017 in drie fases gebou en was daarop gemik om 40 000 hoenders te huisves. Dit sou ook bygedra het tot die transformasie van die landbousektor deur eienaarskap aan 17 jong begunstigdes te gee. Die projek was ook bedoel om werkgeleenthe

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Die OVK ontvang meer as 700 klagtes
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het meer as 700 klagtes ontvang voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die meeste klagtes hou verband met plasings op die sosialemediaplatform X, voorheen bekend as Twitter. Volgens die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, behels sommige klagtes die ongemagtigde gebruik van mense se beelde met behulp van kunsmatige intelligensie. Die kommissie waarsku dat oortredings van sy disinformasiekode ernstige regsgevolg

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Die NVG is gereed om enige appèl in Sibiya se borgtogaansoek teen te staan
Die staat is gereed om voort te gaan indien die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, appelleer teen die besluit om hom borgtog te weier. Dit is volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Kaizer Kganyago. Kganyago het met die media gepraat nadat Sibiya Dinsdag borgtog in die Randburg-landdroshof geweier is. Die hof het bevind dat hy nie bo redelike twyfel kon bewys dat hy nie met die saak sou inmeng indien hy uit aanhouding vrygel

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


’n Voormalige polisiegeneraal is in hegtenis geneem oor polisie-ammunisie
’n Voormalige polisiegeneraal is in hegtenis geneem weens die beweerde onwettige besit van meer as 100 rondtes ammunisie wat aan die polisie uitgereik is. Die ammunisie is in Julie tydens ’n deursoekingsoperasie by die 57-jarige man se huis in Centurion in beslag geneem. Die polisie het ook dokumente en elektroniese toestelle gekonfiskeer wat vermoedelik verband hou met die ondersoek na die moord op luitenant-generaal Sindile Mfazi. Mfazi was ’n adjunk-nasionale polisiekommis

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago
bottom of page

