top of page


Alle Plasings


BKS: Nog twee gevalle is in die Vrystaat aangemeld
Die Vrystaat het twee nuwe klinies bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld. Volgens SABC News is die gevalle in die Bultfontein- en Welkom-staatsveeartsenygebiede aangeteken. Dit bring die provinsie se totale aantal bevestigde gevalle op 798 te staan. Departement van Landbou-woordvoerder, Moliehi Moeng, sê 634 gevalle is reeds afgehandel, terwyl 164 steeds aktief is en onder kwarantyn bly. Meer as ’n miljoen beeste in die Vrystaat is reeds ingeënt as deel van die nas

Saamgestel deur Nadia Pieters
21 hours ago


Drie mense word oor die Gauteng-vrouemoorde ondervra
Drie persone van belang word deur die polisie ondervra in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni. Minstens nege vroue se liggame is die afgelope twee maande in verskeie dele van die metro gevind. Die polisie ondersoek of die sake met mekaar verband hou. Waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê ondersoeke het nog nie bevestig dat ’n reeksmoordenaar vir die moorde verantwoordelik is nie. Hy sê daar is aanduidings van verskillende werkswyses en motiewe, maar n

Saamgestel deur Nadia Pieters
21 hours ago


Eskom-woonstelle naby Kusile staan leeg en onvoltooid
Eskom het bykans ’n miljard rand bestee aan ’n behuisingsontwikkeling naby die Kusile-kragsentrale in Mpumalanga wat nooit voltooi is nie, en 366 woonstelle is gevolglik verlate. Die Ogies-behuisingsprojek was bedoel om huisvesting te bied aan vakmanne, bouers en tegniese kontrakteurs wat aan die konstruksie van die kragsentrale gewerk het. Eskom sê egter die projek is nooit voltooi nie weens ernstige wanbestuur en swak prestasie deur kontrakteurs. Gesprekke is nou aan die ga

Saamgestel deur Nadia Pieters
21 hours ago


Die DA verwelkom Lamola se verwerping van rasgebaseerde beleid
Die DA sê hy verwelkom die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, se verwerping van Amerikaanse rasgebaseerde beleid. Lamola het die Amerikaanse vlugtelingprogram as Apartheid 2.0 beskryf terwyl hy Saterdag die Congressional Black Caucus Foundation in Washington toegespreek het. Die DA sê minister Lamola moet nou dieselfde beginsel in Suid-Afrika toepas deur die ANC se rasgebaseerde wette en beleid teen te staan. Die DA se Ryan Smith sê Lamola behoort in die

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Aero Defence 2026 stel SA se verdedigingsbedryf ten toon
Die 13de Africa Aerospace and Defence-uitstalling is die naweek aan die gang by Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria. Honderde militêre afgevaardigdes en lede van die publiek besigtig die nuutste lugvaart- en verdedigingstegnologie. Daniel du Plessis van Milkor het die geleentheid as fenomenaal beskryf en gesê dit het Suid-Afrika se verdedigingsbedryf op die wêreldverhoog ten toon gestel en geleenthede by internasionale maatskappye geskep. Die uitstalling duur Sondag voort, en

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Sommige MK Party-lede dreig om nie te stem nie
Sommige ontevrede MK Party-lede dreig om nie in die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November te stem nie, tensy daar opgetree word oor beweerde ongerymdhede op die party se kandidaatlys. Die lede het Saterdag tydens ’n gebedsbyeenkoms wat deur die party se leier, Jacob Zuma, in Durban toegespreek is, betoog. Zuma het hulle beveel om die byeenkoms te verlaat en hul protes as swak gedrag beskryf. Die party se sekretaris-generaal, Sibonelo Nomvalo, sê die party spreek klagtes

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Ed Sheeran se ondersteuningslys val uitmekaar
Die Britse popsanger Ed Sheeran het nou al die kunstenaars verloor wat as ondersteuningsoptredes vir sy komende konserte sou optree. Dit nadat die rapper Macklemore uit die reeks verwyder is weens sy pro-Palestynse uitsprake. Finneas, Aaron Rowe, Beoga en Lukas Graham het almal aan die konserte onttrek uit protes teen Macklemore se verwydering. Die twis het ontstaan nadat Macklemore, wie se regte naam Ben Haggerty is, vroeër vandeesmaand saam met Sheeran se Loop-toer in New J

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Idac waarsku die publiek teen ‘n bedrieër wat hofinligting probeer bekom
Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) het die publiek gewaarsku teen ‘n bedrieër wat die naam en foto van die waarnemende ondersoekdirekteur, Ntuthuzelo Vanara, gebruik om kritieke inligting oor ‘n saak wat voor die hof dien, te probeer bekom. Idac sê die telefoonnommer wat gebruik word, behoort nie aan Vanara nie. Die saak is deur wetstoepassingsbeamptes onder sy aandag gebring en sal vir ondersoek na die polisie verwys word. Idac het ‘n beroep op die publiek gedoen

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Kuba is in totale duisternis gedompel
Kuba se departement van energie sê die eiland is vir die sewende keer vanjaar in totale duisternis gedompel te midde van 'n energiekrisis wat deur 'n Amerikaanse brandstofblokkade vererger word. SABC-nuus berig Kuba se verouderde elektrisiteitsnetwerk is onder geweldige druk weens brandstoftekorte, infrastruktuur wat agteruitgaan en Amerikaanse sanksies. Die Verenigde Nasies het die Amerikaanse brandstofblokkade veroordeel en sê Kuba kan 'n stille Gaza word soos wat die kri

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Swaar reënbuie word nog verwag
Dele van Suid-Afrika kan swaar reën, hewige donderstorms en moontlike oorstromings verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê reënbuie en donderbuie in verskeie gebiede kan tot Maandag voortduur. Die Vrystaat en Noord-Kaap kan skadelike winde, hael en gelokaliseerde oorstromings ervaar. KwaZulu-Natal en dele van die Oos-Kaap sal ook nat weer ervaar. Motoriste word aangemoedig om versigtig te wees op nat paaie, veral waar swaar reën die sigbaarheid beperk of oorstromings veroo

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


MOTORSPORT: Die Kyalami-renbaan sal sy eerste internasionale 24-uur-uithouren aanbied
Suid-Afrika se Kyalami-renbaan sal sy eerste internasionale 24-uur-uithouren ooit aanbied. Die Michelin 24 Hour Dubai, wat oorspronklik by die Dubai Autodrome gehou sou word, is na die Kyalami-renbaan verskuif weens veiligheidskwessies in die Midde-Ooste. SABC-sport berig Die uithouren sal van 8 tot 10 Januarie in Midrand gehou word. Die Nederlandse organiseerders van die geleentheid, Creventic, het ook buitensporige verskepingskoste en onsekerheid oor vervoerbeplanning as 'n

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


Mangaung se afvalwaterbehandeling het verbeter
Mangaung is die enigste metro waarvan afvalwaterbehandeling volgens die 2025 Groendruppelverslag tussen 2021 en 2024 verbeter het. Dit is egter steeds laag op 43%. Maroela Media berig daar word nie genoeg voorkomende instandhouding gedoen nie en die metro se behandelingskapasiteit is beperk. Nie een van die 13 behandelingsaanlegte funksioneer behoorlik nie, skroefpompe ontbreek en uitvloeisel beland in die Maselspoortdam, wat ’n bron van drinkwater is. Alles wat in ’n toilet

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Cosatu eis versekering oor mediese dekking vir afgetrede soldate
Cosatu het ‘n beroep op die regering gedoen om afgetrede militêre personeel te verseker dat hul mediese dekking steeds gewaarborg is. Die fonds het na bewering verlede jaar ‘n tekort van R166 miljoen gehad en benodig maandeliks sowat R40 miljoen. Cosatu se Matthew Parks sê ongeveer 21 000 afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en hul afhanklikes kan hierdeur geraak word. Rosestad-nuus het vroeër berig afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


’n Nuwe Little Foot- studie wys hoe ons voorouers beweeg het
Nuwe navorsing oor die 3,67 miljoen jaar oue Little Foot-skelet uit Suid-Afrika se Sterkfonteingrotte dui op ’n groot verandering in die manier waarop menslike voorouers deur hul omgewing beweeg het. Die studie het bevind dat Australopithecus gereelde boomklim met loop op twee bene gekombineer het, terwyl fossiele van vroeë Homo-spesies, wat sowat 1,8 miljoen jaar oud is, ’n sterker verskuiwing na ’n lewe op die grond toon. Navorsers sê die verandering hou moontlik verband me

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


'n Regsadviseur bevestig gebreke in die Grondslagfase-katalogusproses
Onafhanklike regsadvies het regsgebreke in die proses bevestig wat gebruik is om die Grondslagfase Nasionale Katalogus vir Graad 1 tot 3 te ontwikkel. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die regsadvies deur die Staatsprokureur ingewin. Die advies het bevind dat die vereistes vir afwyking van normale mededingende deelname aan die bodproses nie nagekom is nie. Dit het ook bevind dat ‘n vroeëre Tesourie-goedkeuring nie die nuwe proses onder veranderde verkrygi

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Ramaphosa verleng die Madlanga-sperdatum
President Cyril Ramaphosa het die sperdatum vir die Madlanga-ondersoekkommissie se finale verslag tot 25 Januarie volgende jaar verleng. Die verlenging sal die kommissie in staat stel om bykomende getuienis te verwerk, insluitend getuienis van kundiges wat aanbevelings gemaak het wat met sy opdrag verband hou. Die kommissie ondersoek misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Ramaphosa het waardering uitgespreek vir die kommissie se werk en vir...

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Didiza is optimisties dat Amerikaanse visumbeperkings opgelos sal word
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê sy is optimisties dat die Amerikaanse visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse leiers binnekort opgelos sal word. A het die beperkings vandeesweek aangekondig en verwys na beleide wat verband hou met grondbeslagleggings, rassediskriminasie en die aanhitsing van geweld teen minderheidsgroepe. Didiza het die parlementêre galeryvereniging toegespreek en beklemtoon dat die gesprekke tussen die twee lande voortduur. Sy

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


Ingryping deur die Werkloosheidsversekeringsfonds help die Poskantoor
Die Departement van Indiensneming en Arbeid verwelkom die vordering wat die Suid-Afrikaanse Poskantoor gemaak het om uit sakeredding te beweeg. Die Werkloosheidsversekeringsfonds het meer as R381-miljoen deur die Tydelike Werkgewer/Werknemerverligtingskema oor ses maande verskaf, wat die lone van 5 956 werknemers ondersteun het. Die departement sê die ingryping het gehelp om die Poskantoor se las met salarisse te verlig en poste te behou terwyl sy ommekeerplan geïmplementeer

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


Trump verbied vir onder meer CNN in die Withuis
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die nuusdienste CNN, MS Now en Politico in die Withuis verbied in wat bestempel word as sy poging om onafhanlike media in te perk. SABC-nuus berig Trump sê die dienste word verbied omdat hulle volgens hom vals nuus versprei. Ontleders verwag egter dat die stap teenstand sal ontlok omdat dit waarskynlik strydig is met die Amerikaanse grondwet se waarborg van vryheid van spraak en mediavryheid. Trump het gesê nuusdienste mag nie toeg

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


Die SAPD waarsku teen vals beelde van verdagtes in die Ekurhuleni-moorde
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens waarsku die publiek teen die verspreiding van foto’s van mense wat na bewering verbind word met die moorde op minstens nege vroue in Ekurhuleni. Die polisiediens sê dat hulle geen saamgestelde beeld, gesoekte plakkaat of foto van verdagtes in verband met die sake uitgereik het nie. Dit beklemtoon dat die deel van ongeverifieerde inligting daartoe kan lei dat onskuldige mense verkeerdelik geïdentifiseer, geteister of geteiken word. ‘n Polisie-w

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


'n Verdagte sterf ná ‘n val van ‘n gebou in Bloemfontein
‘n Drie-en-dertigjarige man is dood nadat hy van die tweede verdieping van ‘n gebou in Douglasstraat in Bloemfontein se middestad geval het. Die polisie sê lede van die Bloemfontein honde-eenheid het die bron van dwelms ondersoek wat in die besit van ‘n gearresteerde verdagte gevind is toe ‘n ander man die Kenlin-hof binnegehardloop het. Beamptes het hom die trappe op gevolg, waar hy ‘n eenheid binnegegaan en die veiligheidsdeur gesluit het. Die polisie sê hulle het later ‘n

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


Mense moet gereed maak vir ‘n droër somer
Suid-Afrika kan ‘n warmer en droër somer in die gesig staar namate El Niño-toestande versterk. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ondernormale reënval is die mees waarskynlike uitkoms oor die grootste deel van die land van Oktober tot Desember, tesame met bonormale temperature. Die weerdiens sê die sterkte en streeksgevolge van El Niño bly onseker, maar hittegolwe kan meer dikwels voorkom en in intensiteit toeneem. Die publiek en weergevoelige bedrywe word aangemoedig om maande

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Nuwe riglyne word vir kleinhandelaar voorgestel
Kleinhandelaars kan binnekort duideliker riglyne kry oor hoe pryse vertoon, produkte gemerk en verkoopsbewyse uitgereik moet word. Die Nasionale Verbruikerskommissie het konsep-riglyne gepubliseer wat vir 45 dae vir openbare kommentaar beskikbaar is. Die riglyne volg op inspeksies tussen Julie 2024 en Maart vanjaar, waartydens wydverspreide nie-nakoming, veral by spaza-winkels en kleinhandelaars, gevind is. Die kommissie sê baie verskaffers het versuim om pryse te vertoon, be

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


SA moet behuisingsagterstand vinniger aanpak
’n Behuisingsagterstand wat na raming sowat 2.6 miljoen huishoudings raak, moet volgens die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, dringend aangespreek word. Simelane het dié standpunt gestel by ’n beraad in Boksburg, ter viering van die National Housing Finance Corporation, oftewel die NHFC, se 30ste bestaansjaar. Sy sê hierdie korporasie het reeds behuisingsfinansiering ter waarde van meer as R13 miljard gefasiliteer. Die minister het bygevoeg dat die NHFC oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago
bottom of page

