top of page

LUISTER REGSTREEKS
Die Groot R Ontbyt
06:00 – 09:00
Armando en Jana


Alle Plasings


'n Liggaam is uit die Caledonrivier gehaal
Die polisie het die ontbinde liggaam van 'n ongeïdentifiseerde man uit die Caledonrivier, naby die Caledon-grenspos in die Vrystaat, gehaal. Die Phuthaditjhaba-polisie se reddings-, soek- en duikspan het die liggaam Dinsdag herwin. Daar word vermoed dat die man verdrink het en hy het 'n groen broek, 'n bruin gordel en 'n wit T-hemp aangehad. Die polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen. 'n Liggaam is uit die Caledonrivier gehaal. FOTO: Verskaf

Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago


MIDDAG SPORT: Die Springbokke stuur ’n kragtige waarskuwing, Krieket Australië sluit die heropening van die 2018-balpeuterskandaal uit en, Carrick se toekoms as Man United se hoofafrigter is onseker
In rugby-nuus: Die Springbokke het ’n duidelike waarskuwing aan hul teenstanders gestuur met ’n verpletterende oorwinning van 66-7 oor Italië in die Nasieskampioenskap, maar die uitdaging word Vrydag aansienlik groter wanneer hulle teen Frankryk in Parys te staan kom. Suid-Afrika het Saterdag reeds rustyd met 45-0 voorgeloop en die Italianers se verdediging deurentyd onder groot druk geplaas. Volgens die Britse koerant The Guardian het die Springbokke besonder indrukwekkend v

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


Die Amerikaanse FDA waarsku teen moontlike oogrisiko's wat met gewigsverliesmiddels verband hou
Die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie (FDA) het nuwe waarskuwings oor oogrisiko's vereis vir gewilde middels vir gewigsverlies en diabetes, insluitend Ozempic, Wegovy en Zepbound. Die reguleerder sê die medisyne kan die risiko verhoog van 'n seldsame toestand wat skielike, pynlose sigverlies en permanente skade kan veroorsaak. Die FDA het kliniese proewe en ander veiligheidsdata hersien voordat die veranderinge aan die waarskuwings vereis is. Reuters berig dat die...

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Bloemfonteiners word teen hoë temperature en brandgevare gewaarsku
Bloemfonteiners word gewaarsku om versigtig te wees weens baie hoë temperature en weerstoestande wat die risiko van vinnig verspreidende veldbrande verhoog. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit raak die waarskuwing ook verskeie ander munisipaliteite in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes. Mense word aangeraai om genoeg water te drink, ligte klere te dra en buitemuurse aktiwiteite te beperk. Mense wat buite moet wees, behoort waar moontlik in die skadu te bly. Die munisi

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Ramaphosa keur salarisverhogings vir openbare ampsdraers goed
President Cyril Ramaphosa het salarisverhogings van tussen 3.5% en 4% vir openbare ampsdraers vir die 2026/27-boekjaar goedgekeur. Parlementslede, ministers, premiers en lede van provinsiale wetgewende liggame sal 'n verhoging van 3.5% ontvang . Regters, landdroste, tradisionele leiers en lede van onafhanklike grondwetlike instellings sal 'n verhoging van 4% ontvang. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit volg op aanbevelings deur die Onafhanklike Kommissie v

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Suid-Afrikaners wend hulle toenemend tot nie-bank-uitleners
Suid-Afrikaanse verbruikers wend hulle toenemend tot nie-bank-uitleners wanneer hulle nie meer by banke geld kan leen nie of dringend korttermynkontant benodig. Dit blyk uit DebtBusters se skuldindeks vir die derde kwartaal van 2026. Die indeks toon dat nie-bank-uitleners verantwoordelik was vir 15% van nuwe aansoekers se skuld. Die syfer is die hoogste wat nog in die geskiedenis van die skuldindeks aangeteken is. DebtBusters se uitvoerende hoof, Benay Sager, sê egter al hoe

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Diens by die Lengau-toetsstasie het glo verbeter
Diens by die Lengau-toetsstasie in Bloemfontein het glo verbeter, met korter wagtye en ’n vinniger afhandeling van besoeke. Volgens die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die toetsstasie verskeie verbeterings ondergaan. Die departement sê personeel lewer nou vriendeliker en meer doeltreffende diens, onder meer met leerlinglisensie-aansoeke en voertuigpadwaardigheidstoetse. Die departement het ook positiewe terugvoer van lede van die publiek

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Gesteelde Centlec-toerusting is in Batho teruggevind
Gesteelde elektriese infrastruktuur ter waarde van sowat R225 000 is tydens ’n polisie-operasie in Batho teruggevind. Volgens die waarnemende woordvoerder van Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, is die operasie in Sesingstraat uitgevoer nadat ’n wenk van ’n gemeenskapslid ontvang is. ’n Centlec-werknemer is tydens die operasie in besit van elektriese items gevind wat vermoedelik van die maatskappy gesteel is. Die werknemer werk as ’n vakman-assistent in die kragonderbrek

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


De Beers ondersoek nuwe diamantmoontlikhede in Angola
De Beers het sy diamant-eksplorasieprogram in Angola uitgebrei, terwyl myne in Suid-Afrika sluit en produksie afneem. Die uitvoerende hoof, Al Cook, sê die maatskappy het sowat R247 miljoen bestee om 16 gebiede in Angola te ondersoek. Die land huisves nou De Beers se grootste aktiewe eksplorasieprogram wêreldwyd. ’n Suksesvolle ontdekking kan miljarde rande se belegging vereis. Intussen het Suid-Afrika se diamantproduksie in die derde kwartaal met 37% gedaal, terwyl die Finsc

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Die polisie waarsku kopers teen Black Friday-swendelaars
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens waarsku verbruikers om waaksaam te wees wanneer hulle gedurende die Black Friday-inkopietydperk winkelsentrums, OTM'e en aanlynwinkels besoek. Polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, sê die toename in inkopie-aktiwiteite bied aan misdadigers geleenthede om niksvermoedende kopers te teiken. IOL berig die polisie maan verbruikers om bewus te bly van hul omgewing, nie hulp van vreemdelinge by OTM'e te aanvaar nie en nooit hul persoonlike...

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


Rooibos word as ’n geografiese aanduiding erken
Suid-Afrika sal rooibostee as ’n geografiese aanduiding erken. Die erkenning sal Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer word. Dit is dieselfde soort erkenning wat die Europese Unie aan sjampanje verleen, en die erkenning sal die handelsnaam rooibos beskerm deur dit aan die eienskappe en reputasie van die plek waar dit vandaan kom, te koppel. Die name Rooibos en Red Bush word reeds ingevolge die Handelsmerkwet beskerm. Die erkenning sal die handelsnaam rooibos beskerm deur di

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


‘n UV-regstudent verloor die hofstryd om sy graad te kry
'n Voormalige regstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se aansoek om die universiteit se besluit om nie sy graad aan hom toe te ken nie, tersyde te stel, is van die hand gewys. Netwerk24 berig Lisolomzi Evidence Magenuka het nie sy LLB-graad binne die voorgeskrewe vier jaar, plus die bykomende twee jaar wat die universiteit toelaat, voltooi nie. Die UV het as spesiale vergunning ’n soortgelyke module aan een van dié wat uitgefaseer is, aangebied om hom te help. D

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


#Verkiesing2026: Die ANC sê sy swak vertoning is weens teenrevolusionêre magte
Die ANC in Noordwes skryf sy swak vertoning in die munisipale verkiesing toe aan teenrevolusionêre magte. Die party beweer dat elektrisiteitskabels en waterkleppe in sommige gebiede voor die verkiesing gesteel is om kiesers teen die party te laat draai. Die ANC se verkiesingssteun in die provinsie het vir die eerste keer tot onder 50 % gedaal. Die party glo dat die vandalisme doelbewus beplan is om skade aan die party se verkiesingssteun te berokken. Die provinsiale voorsitte

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Malema dreig Zille met regstappe ná beweerde lasterlike uitlatings
Die leier van die EFF, Julius Malema, dreig met regstappe teen die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille. Hy beskuldig haar daarvan dat sy lasterlike bewerings oor hom gemaak het. Eyewitness News berig Zille het onder meer beweer dat Malema die destydse burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, se besluite gedikteer het. Volgens Zille het Mashaba Malema toegelaat om beheer oor City Power oor te neem en die munisipaliteit se voertuigvloot se tenderpros

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Trump sê die oorlog tussen die VSA en Iran is 'feitlik verby'
Amerikaanse president Donald Trump sê hy beskou die oorlog tussen die VSA en Iran as feitlik verby. Dit kom nadat hy hy die eerste minister van Qatar, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, in Washington DC ontmoet het. Al Jazeera berig hy het Maandag in 'n onverwagse mediakonferensie herhaal dat die VSA Iran se militêre vermoëns vernietig het. Sy opmerkings dui egter daarop dat hy onder druk van bondgenote in die Midde-Ooste verkeer om die vyandelikhede te beëi

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


SA wil vir nog ‘n termyn op die Internasionale Telekommunikasie-unie se raad dien
Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sê Suid-Afrika streef na herverkiesing tot die Raad van die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU). Dit gebeur terwyl die land by ander lidstate aansluit by die konferensie wat tot 27 November in Doha in Qatar plaasvind. Die konferensie sal die ITU se vyf verkose amptenare en lede van die raad aanwys. Suid-Afrika beoog om vir nog 'n termyn, van volgende jaar tot 2030, in die raad te dien. Die land beoog om tydens hi

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Vriende bring braaivleis hospitaal toe vir Mathys Roets
'n Paar vriende van die bekende Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets het die naweek in die hospitaal met braaivleis kom kuier. Roets sterk die afgelope vyf weke in ’n hospitaal in Pretoria aan nadat hy ’n operasie moes ondergaan. Roets, wat in 2009 ná ’n ernstige motorfietsongeluk verlam gelaat is, vertel aan Maroela Media hy het nie pyn nie, maar hy mag nie sit nie. Roets het vroeër ’n wond ontwikkel wat slegs deur middel van ’n operasie kan genees. Rekonstruktiewe werk moes

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


OGGEND SPORT: Malherbe bly deel van die Springbokplanne vir die Wêreldbeker, Hridoy skryf geskiedenis en, DeChambeau mik na Sun City
Ons begin met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het bevestig dat die stut, Frans Malherbe, steeds deel is van sy planne vir volgende jaar se Rugbywêreldbeker, met die verwagting dat die 35-jarige in Januarie na die veld sal terugkeer nadat hy van 'n rugbesering herstel het. Malherbe het reeds 76 toetse vir Suid-Afrika gespeel, met sy laaste verskyning in 2024 teen Argentinië en hy was deel van die Wêreldbeker-wenspanne in 2019 en 2023. Erasmus het slegs twee verander

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


'n Ontbindende liggaam is in die VS gevind
Speurders doen 'n geregtelike doodsondersoek nadat die ontbindende liggaam van ’n man tussen die ouderdomme van 30 en 45 jaar naby die Wolwelaagte-plaas in Heuningspruit in die Vrystaat ontdek is. Volgens 'n verklaring is die polisie ontbied na waar die liggaam in ’n vervalle gebou naby die plaas aangetref is. Die liggaam is nie meer herkenbaar nie, en geen sigbare fisieke beserings is aan die liggaam opgemerk nie. Voertuigbandspore is buite die gebou waar die liggaam gevind

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


'n Kommissie vra vir alternatiewe tot gevangenisstraf vir dwelmverwante oortredings
Die Oos- en Suider-Afrikaanse Dwelmkommissie doen ’n beroep op alternatiewe tot gevangenisstraf vir dwelmgebruik en geringe oortredings wat met die besit van dwelms verband hou. Die organisasie het Maandag ’n tweedaagse vergadering in Kaapstad begin. Hy sê sy aanbevelings moet deur samewerking tussen regerings, strafreginstellings, betrokke gemeenskappe en die burgerlike samelewing in daadwerklike optrede omskep word. Die voorsitter van die kommissie, Kgalema Motlanthe, sê ko

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


'n Bejaarde verkragter is in 'n Bfn tronk oorlede
’n Bejaarde veroordeelde verkragter van Petrusburg, wat vroeër tot lewenslange tronkstraf vir die verkragting van 'n agtjarige kind gevonnis is, is oor die naweek in die hospitaalafdeling van die Grootvlei-tronk in Bloemfontein dood. Netwerk24 berig die 84-jarige Barend Hendrik van der Berg se prokureur, Francois Retief, sê Van der Berg het glo voor sy dood ophou eet en steeds pyn ervaar nadat hy vroeër in die stort in die tronk geval en sy heup gebreek het. Hulle was van pla

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Salga gaan nuutverkose raadslede met vaardighede toerus
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) gaan 'n inlywingsprogram vir raadslede instel om pasverkose verteenwoordigers met die nodige vaardighede toe te rus. Die vereniging doen 'n beroep op politieke partye om ná die verkiesing van 2026 voorkeur te gee aan stabiele munisipale rade en beter dienslewering. Dit sê koalisiereëlings, veral in rade waar daar nie 'n volstrekte meerderheid is nie, moet verantwoordbaarheid bevorder en politieke onstabiliteit voor

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Frankryk vervroeg die verhoging van sy minimum loon
Die Franse eerste minister, Sebastien Lecornu, het 'n beplande verhoging van die minimum loon na Desember vervroeg, aangesien die regering met toenemende protesaksies oor die lewenskoste te kampe het. Die verhoging van 1,6 % sal die maandelikse minimumloon na €1 502 verhoog. Die aanpassing was aanvanklik vir Januarie geskeduleer. Vakbonde het die verhoging egter as ontoereikend gekritiseer, en sommige eis 'n styging van 10 %. Reuters berig dat verdere protesaksies vir 17 Nove

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


MIDDAG SPORT: Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep, Norris wen ‘n reëngeteisterde Grand Prix en, Alcaraz wen die Paryse Meesterstitel vir die eerste keer
In rugny-nuus: Eben Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep vir die res van die Nasieskampioenskap nadat hy van sy besering herstel het. Die 35-jarige slot, wat met 147 toetswedstryde Suid-Afrika se speler met die meeste toetsverskynings is, sal by die span in Frankryk aansluit voor Vrydag se kragmeting met Frankryk in Parys. Volgens Reuters vervang Etzebeth die jong losskakel Yaqeen Ahmed, wat weens ’n skouerbesering na Suid-Afrika terugkeer. Ahmed, wat nog nie sy toe

Saamgestel deur Jana Roos
4 days ago
bottom of page


