top of page


Alle Plasings


Die UV versterk sy kunsnavorsing met ’n nuwe kunstenaar-in-residensie
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het dr. Dylan McGarry as sy nuwe kunstenaar-in-residensie aangestel. Hy begin in November. In ’n artikel deur die UV word McGarry beskryf as ’n akademikus, kunstenaar en omgewingspraktisyn wat ondersoek hoe kreatiwiteit kan help om sosiale en omgewingsuitdagings aan te pak. Hy is ’n senior navorser by Rhodes Universiteit se Sentrum vir Omgewingsleer en mede-direkteur van die internasionale One Ocean Hub-inisiatief. Hy is ook medestigter

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Duisende mense tydens weeklikse landswye polisie-operasies in hegtenis geneem
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het meer as 17 100 verdagtes tydens landswye misdaadbekampingsoperasies in hegtenis geneem. Die inhegtenisnemings hou verband met ’n verskeidenheid misdrywe, waaronder dwelmverwante misdade, aanranding, moord, verkragting, poging tot moord, mensehandel en onwettige mynbedrywighede. Volgens die SAPD was 2 688 van die inhegtenisnemings verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en geweldsmisdade. ’n Polisiewoordvoerder, luitenant-kol

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Die regering oorweeg verdere stappe oor stygende brandstofpryse
Die regering oorweeg moontlike maatreëls om die impak van stygende brandstofpryse op verbruikers te verlig. Volgens SABC News sê president Cyril Ramaphosa die regering neem die saak ernstig op, aangesien lande wêreldwyd met hoër oliepryse sukkel. Ramaphosa voeg by die regering het tydens die vorige brandstofprysstyging sowat R24 miljard aan subsidies bestee om die impak op verbruikers te versag. Hy waarsku egter dat dié geld uit ander regeringsprogramme moes kom. Enige verder

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Sanef sal sy kommer onder die aandag van die Landdroste-kommissie bring
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sê hy sal die Landdroste-kommissie nader oor die behandeling van joernaliste in howe. Dit volg op kommer van joernaliste oor die manier waarop hulle in howe behandel word, wat verslaggewing beperk. Sanef sê die publiek het die reg om te weet wat in die howe gebeur, en die media het ’n verantwoordelikheid om daaroor verslag te doen. Die organisasie is van mening dat baie landdroste nie die beginsels van openlike regspleging

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Werkersterftes laat vrae ontstaan oor bestuursbonusse by Implats
Impala Platinum (Implats) is onder die loep nadat die wêreld se grootste firma vir volmagadvies, Institutional Shareholder Services (ISS), kommer uitgespreek het. Die firma sê die aantal werkers wat in ongelukke by Implats se bedrywighede gesterf het, laat vrae ontstaan oor die bonusse wat aan bestuur betaal word. Vier werkers is dood in ongelukke gedurende die boekjaar wat in Junie geëindig het, terwyl nog twee in Julie gesterf het. ISS sê die sterftes kan groter ondersoek n

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


SA beplan gedeelde OTM'e vanaf 2028
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank beplan om gedeelde, wit-etiket OTM'e vanaf 2028 in te stel as deel van pogings om kontant goedkoper en makliker toeganklik te maak. Die masjiene sal kliënte van verskillende banke in staat stel om saldo's na te gaan, asook geld te onttrek en te deponeer, met sekere onttrekkings wat gratis aangebied word. Die bank beoog om teen Maart volgende jaar 'n kontantbestuursmaatskappy te stig en die land se 109 kontantsentrums tot hoogstens 50 te vermind

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Slegs 6% van Vrystaatse vullisterreine voldoen aan minimum vereistes
Slegs een van die 17 vullisterreine en oorlaaistasies wat vanjaar in die Vrystaat geoudit is, voldoen aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur. Volgens AfriForum se jongste oudit het dié terreine gemiddeld net 19% behaal, terwyl slegs twee ’n nakomingspunt van minstens 50% aangeteken het. Die Bethlehem-vullisterrein was die enigste terrein wat aan die vereistes voldoen het. Sy telling het van 18% in 2022 tot 88% vanjaar verbeter. In die Mangaung-metro het d

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Die VF Plus vra vir optrede teen toenemende veediefstal in die Vrystaat
Die VF Plus dring aan op strenger optrede teen die toename in veediefstal in die Vrystaat en sê dat waarskuwings van die polisie nie voldoende is nie. Die provinsiale leier, Jan van Niekerk, sê meer as 1 600 beeste en 730 skape is na bewering die afgelope maand in die provinsie gesteel, met verliese wat op R8 miljoen geraam word. Die party sê die werklike verliese kan aansienlik hoër wees. Hy sal die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jabu Mbalula, vra vir syfers oor aangemelde s

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Suiwelboere waarsku dat melkpryse kan styg
Suid-Afrikaanse suiwelboere waarsku dat verbruikers op die lang termyn met hoër melkpryse te kampe kan kry. Dit aangesien stygende produksiekoste en laer pryse wat aan boere betaal word, die lewensvatbaarheid van suiwelondernemings bedreig. Samilco se hoof- uitvoerende beampte, André van Heerden, sê die groot melkkoper Lactalis het sy produsenteprys met 70 sent per liter, of sowat 10%, verlaag. Hy sê baie boere ly reeds verliese en beskik oor beperkte bedingingsmag. Van Heerd

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Moya sê cholera is nie in Bronkhorstspruit bevestig nie
Die Tshwane-burgemeester, Nasiphi Moya, het bewerings verwerp dat cholera die oorsaak is van die uitbreking van gastroïntestinale siekte in Bronkhorstspruit. Meer as 400 gevalle is onlangs in Tshwane se Streek Sewe aangemeld. Moya sê ’n variant van Vibrio cholerae is in watermonsters gevind, maar dit is nie die variant wat met cholera-epidemies verbind word nie. Sy voeg by dat geen cholera-bakterieë tot dusver in die getoetste stoelgangmonsters van pasiënte opgespoor is nie.

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Google versterk sy veiligheidsmaatreëls om SA se verkiesings te ondersteun
Google versterk kuberveiligheidsmaatreëls om kandidate te beskerm en Suid-Afrika se verkiesings te ondersteun. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Maandag 'n samewerkingsraamwerk met Google, Meta, Microsoft, TikTok en Moxii Africa onderteken. Google se Sipho Mthombeni sê YouTube verbied misleidende inligting oor stemmery, valse bewerings oor kandidate se kwalifikasie om deel te neem, asook inhoud wat inmenging in die demokratiese proses aanmoedig. Hy sê Google wer

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


‘n Gebruikte handgranaat is in Bfn ontdek
’n Gebruikte handgranaat vir oefendoeleindes is tydens ’n polisie-operasie in Bloemfontein ontdek. Volgens polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle het lede Saterdag inligting opgevolg oor 'n verdagte wat onwettiglik 'n vuurwapen in sy besit het. Die verdagte is in 'n informele struktuur agter die hoofhuis op die geïdentifiseerde perseel aangetref. Hulle het beslag gelê op 'n nagemaakte vuurwapen en die gebruikte handgranaat, wat as 'n M26-handgranaat vir oefendoeleindes geï

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


MIDDAG SPORT: Reën-geteisterde Proteas staar ‘n moeilike stryd in die gesig, die Bulls, Stormers en Sharks begin met oorwinnings en die All Blacks bou momentum
Ons begin met krieket-nuus: Die Proteas staan voor ’n moeilike taak in die tweede toetswedstryd teen Australië, nadat reën die openingsdag by St George’s Park in Gqeberha tot net meer as 12 boulbeurte beperk het. Die tuisspan is tans in die knyp op 20-2, nadat Scott Boland vir Aiden Markram op 11 lopies uitgehaal en met die daaropvolgende aflewering ook vir David Bedingham uitgeboul het. Kaptein Temba Bavuma is onoorwonne op vier lopies, saam met die debutant Marques Ackerm

Saamgestel deur Jana Roos
6 days ago


Nog 32 partye se kandidate word ook vir die verkiesing gelys
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die 32 ander partye se kandidaatlyste vir die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 aanvaar. Dit kom ná 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat eis dat die OVK 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite insluit. Volgens 'n verklaring op die regering se webtuiste het die OVK reeds prosesse ingestel om aan hierdie hofbevel uitvoering te gee. Die kommissie het ’n grondwetlike verpligting om te verseker dat alle verkiesings wat

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Carrim bly in aanhouding nadat sy borgtogaansoek uitgestel is
Die Noordwes-sakeman Suliman Carrim bly agter tralies nadat sy borgtogaansoek in die Pretoria-landdroshof tot volgende week Woensdag uitgestel is. Die staat staan borgtog teen en voer aan dat Carrim 'n vlugrisiko is. Dit nadat hy verlede week op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is kort voordat hy 'n vlug na Dubai gehaal het. Carrim word aangekla van minagting van die hof omdat hy nié voor die Madlanga-kommissie verskyn het nie nadat hy gedagvaar is om di

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Die CCSA dreig met ’n nasionale stilstand van drie dae oor hoë brandstofpryse
Die groep Concerned Citizens of South Africa (CCSA) dreig met ’n nasionale stilstand van drie dae weens hoë brandstofpryse. Die organisasie het die regering 14 dae gegee om op sy eis vir ’n verlaging van 50 % in brandstofpryse te reageer. Die CCSA sê laer brandstofpryse sal verligting aan die publiek bied. Die organisasie dreig om die taxi-bedryf en vragmotorbestuurders te mobiliseer om aan die stilstand deel te neem. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Die OVK bevestig die ANC-kandidate se name sal op die stembriewe verskyn
Die Verkiesingskommissie (OVK) sê in 'n brief aan die ANC dat die 181 kandidate in die ses betrokke munisipaliteite aan die plaaslike regeringsverkiesing sal deelneem. Maroela Media berig die hoofkiesbeampte van die OVK, Sy Mamabolo, bevestig in die brief dat die stembriewe wat gedruk gaan word, die betrokke kandidate se name sal bevat. Mamabolo bevestig ook dat die ANC ook geen verdere dokumente hoef in te dien nie. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het di

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Die minister sê SA moet sy onderwysstelsel verbeter
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die land moet beter vaar om onderwys te verbeter. Gwarube het Maandag die Bana Pele-leierskapsberaad in Sandton toegespreek. Sy het haar kommer uitgespreek oor die groot aantal graad 4-leerders wat nie kan lees en verstaan wat hulle lees nie. Gwarube sê die land moet die grondbeginsels van onderwys regstel om die stelsel te verbeter. LUISTER HIER: Siviwe Gwarube. FOTO: News24

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Masemola belowe om die polisiediens te versterk
Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, het belowe om die polisiediens te verenig en sy institusionele integriteit te versterk. Masemola het Maandag die media toegespreek nadat hy na sy amp teruggekeer het. Hy sê sy terugkeer bied ’n geleentheid om die polisie se verbintenis tot die oppergesag van die reg, aanspreeklikheid en die nasionale belang te herbevestig. Masemola sê hy bly daartoe verbind om te verseker dat die polisie die mense van Suid-Afrika die

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Malema sê die EFF kan by die RNE aansluit sonder die DA en VF Plus
Die leier van die EFF, Julius Malema, sê sy party is nie gekant teen deelname aan ’n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) nie. Hy het egter herhaal dat die EFF nie by ’n RNE sal aansluit waarin die DA en die VF Plus deel is nie. Sy kommentaar volg nadat die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, onlangs gevra het dat die DA se rol in die RNE hersien word. Malema het tydens ’n verkiesingsveldtog in Soweto aan die media gesê sy party wil hê Mbalula moet lank genoeg le

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Malatsi vra vir groter toegang tot regstreekse sport
Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê meer bekostigbare internettoegang is noodsaaklik om die sportbedryf te laat groei. Van Suid-Afrika se grootste sportbyeenkomste, waaronder Springbok-rugbywedstryde, is steeds eksklusief beskikbaar op MultiChoice se DStv Premium-pakket. Malatsi sê die uitbreiding van digitale infrastruktuur en laer datakoste kan help om sportinhoud vir meer Suid-Afrikaners toeganklik te maak. Sy departement beoog om selfo

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Owerhede moet vir uiterste weerstoestande tydens die verkiesing voorberei
Die Interministeriële Komitee oor Verkiesings sê rampgereedheid moet dringend opgeskerp word voor volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing. Die komitee waarsku dat miljoene kiesers lang rye in uiterste hitte kan trotseer wanneer hulle op 4 November gaan stem. Volgens die komitee sal ’n sterk El Niño na verwagting dié somer ondergemiddelde reënval en hoër as normale temperature oor groot dele van die land meebring. Swaar reënval, kitsvloede en hewige donderstorms bly eg

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago


’n Vuurwapen wat soos ’n selfoon lyk, is in Kaapstad gekonfiskeer
‘n Vuurwapen wat soos ’n selfoon lyk, is tydens ’n vroeëoggendoperasie in Manenberg, Kaapstad, gekonfiskeer. Volgens IOL is ’n verdagte ook in hegtenis geneem nadat wetstoepassers drie sakkies tik en ’n halwe Mandrax-tablet by hom gevind het. Die beamptes het die man en sy voertuig deursoek nadat hulle inligting oor ’n vermeende dwelmhandelaar in Pamweg ontvang het. Die ongewone wapen gebruik glo .22-kaliber ammunisie en is aangepas om ongemerk as ’n alledaagse voorwerp gedra

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago


Gewelddadige betogings duur voort in Frankryk
Openbare betogings duur voort in Frankryk, en minstens een persoon se dood is bevestig. Sondag was een van die ergste dae van onrus in die land se geskiedenis. Betogers het winkels geplunder en beskadig. Die polisie het duisende betogers in hegtenis geneem. Betogers in verskeie Franse stede betoog teen die stygende lewenskoste. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago
bottom of page


