top of page


Alle Plasings


‘SA het misluk om die stryd teen werkloosheid te wen’
Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê Suid-Afrika het misluk om die stryd teen werkloosheid oor die afgelope dekade te wen. Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag aangekondig dat Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer in die tweede kwartaal van 2026 tot 33,6 % gestyg het, teenoor 32,7 % in die eerste kwartaal. Hy sê die toenemende gaping tussen die arbeidsmagdeelnamekoers en die absorpsiekoers toon dat meer mense die arbeidsmark betree sonder om werk te kry. Malulek

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Landbou sukkel glo weens 'n gebrek aan buitelandse werkers
Fabrieke, plase en selfs gewone huishoudings sukkel glo om werkers te kry nadat duisende buitelanders binne enkele weke die land verlaat het. Hulle het gevlug weens gewelddadige betogings teen immigrante en strenger optrede deur immigrasiebeamptes. Netwerk24 berig een boer aan die noordkus sê hy het feitlik oornag tot 80% van sy werkers wat suikerriet sny, verloor. Hy sê produksie en voorraad het só verswak dat dit moeilik gaan wees vir die meulens om oop te bly. 'n Ander boe

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Danny K se vrou is oorlede
Die sanger en sakeman Daniel Koppel, beter bekend as Danny K, se vrou Lisa is op 41-jarige ouderdom oorlede. Nova News berig die musikant het bevestig Lisa ná ’n drie jaar lange stryd teen kolorektale kanker oorlede is. Die familie het die diagnose tot nou toe privaat gehou. Sy is oor die naweek oorlede. Maroela Media berig Lisa het regte studeer en het onder meer by haar pa se firma gewerk. Sy was ook ’n model, ambassadeur vir verskeie produkte en het onder meer haar eie sko

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Twee van die VS is in afsonderlike voorvalle glo dood gesteek
Twee slagoffers is in afsonderlike voorvalle in die Vrystaat dood nadat albei met steekwonde gevind is. Volgens polisiewoordvoerder sersant Sinah Mpakane is 'n man in die eerste voorval in die straat in Rouxville gevind met 'n steekwond aan die regterkant van sy nek. Hy is op die toneel dood verklaar. Lede van die polisie het die verdagte onmiddellik opgespoor en in hegtenis geneem. ’n Saak van moord is by die Rouxville-polisiekantoor geregistreer. In die tweede voorval is di

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


SA'ners moet hul veiligheid in die sneeu en koue prioritiseer
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het Suid-Afrikaners aangespoor om uiterste versigtigheid te beoefen en hul veiligheid te prioritiseer. Dit volg op swaar sneeuval en uiterste koue wat dele van die land raak. Volgens Hlabisa hou die weerstoestande verband met ’n afsnylaagdrukstelsel en ’n toenemende hoëdrukstelsel. Hy sê die impak van die weerstelsel sal na verwagting tot môre voortduur. Die minister se woordvoerder, Pearl Masek

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


‘n Bendelid op parool skiet glo twee polisielede
'n Bekende bendelid wat volgens die polisie op parool was, is in hegtenis geneem in verband met die moorde op twee polisielede en twee vroue in Reiger Park. Nuusflits berig twee R5-gewere wat aan die polisie behoort, is tydens 'n operasie in Germiston teruggevind. Die man het volgens die polisie verskeie uitstaande sake wat nog voor die hof dien, waaronder twee aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen. Die ondersoek na die

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Forum4SA is bekommerd oor uitgelekte Misdaadintelligensie-inligting
Forum4SA sê hy is bekommerd oor bewerings dat vertroulike misdaadintelligensie-inligting moontlik met parlementslede gedeel is. Die bewerings het tydens die verrigtinge van die Madlanga-kommissie van ondersoek na vore gekom. Forum4SA sê die kwessie laat ernstige vrae ontstaan oor die integriteit en vertroulikheid van ondersoeke. Die organisasie waarsku dat die bekendmaking van vertroulike inligting aan ongemagtigde persone openbare vertroue in wetstoepassings- en toesighouden

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Stormskade in Koppies word nog bepaal
Die Suid-Afrikaanse Rooikruis is besig om die omvang van stormskade in Koppies in die Vrystaat te bepaal nadat sterk wind en reën die gebied getref het. SABC News berig verskeie huise is beskadig en dakke is afgeruk. Die Rooikruis sê humanitêre hulp word reeds aan inwoners verleen wat deur die gure weer geraak is. Volgens die organisasie werk vrywilligers saam met rampbestuur en plaaslike munisipaliteite om die skade te bepaal en hulp aan behoeftige huishoudings te verleen. D

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Aansoeke vir spesiale stemme open binnekort
Kiesers word aangemoedig om betyds vir 'n spesiale stem in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing aansoek te doen. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel die OVK, sê spesiale stemme sal op 2 en 3 November uitgebring word. Volgens die OVK sal spesiale stemme vir alle stemgeregtigde kiesers beskikbaar wees. Mense wat weens siekte of 'n gestremdheid nie na 'n stemlokaal kan gaan nie, kan ook vir 'n spesiale stem aansoek doen. Aansoeke open op 12 September en sluit in O

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


NSFAS wag steeds op byna R50 miljard
Meer as 823 000 mense skuld die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, oftewel NSFAS, byna R50 miljard aan studielenings. Die lenings is tussen 1991 en 2017 toegestaan voordat die regering in 2018 gratis hoër onderwys vir studente uit arm en werkersklasgesinne ingestel het. NSFAS sê meer as 551 000 van die skuldiges is tans in diens, maar net 12 760 staatsamptenare het in Junie vanjaar betalings gemaak. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Ondernemings laat verbruikers in die steek
Al hoe meer Suid-Afrikaners wend hulle tot die Verbruikersgoedere- en Dienstombud vir hulp, maar baie klagtes bly steeds onopgelos omdat ondernemings nie saamwerk nie. Eyewitness News berig die ombud het gedurende die 2025/26-boekjaar meer as 15 000 klagtes ontvang – 26% meer as die vorige jaar. Meer as 13 000 sake is afgehandel en byna R13 miljoen is deur terugbetalings en vervangings vir verbruikers verhaal. Byna een uit elke vyf klagtes wat vir beregting geskik was, moes e

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


‘n Aardbewing in Colombië eis die lewe van talle
Minstens 132 mense is oorlede en meer as 480 beseer nadat ’n aardbewing van 7.4 op die Richterskaal Colombië Maandag getref het. Die aardbewing het op ’n diepte van 103km plaasgevind, met van die grootste skade in Pereira, waar minstens 40 mense oorlede is en 65 geboue ineengestort het. Colombië se president ’n nasionale ramp verklaar terwyl reddingspanne na oorlewendes in die puin soek. Die skuddings is tot in Venezuela, Ecuador en Panama gevoel. FOTO: NPR

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Twee mans verskyn in Vrystaatse howe oor kinders se dood
Twee mans sal na verwagting Dinsdag in Vrystaatse howe verskyn ná die dood van twee jong kinders. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, is 'n man in hegtenis geneem nadat die liggaam van 'n sewejarige meisie die naweek onder 'n bed in 'n huis in Bultfontein aangetref is. Haar 14-jarige suster het die liggaam ontdek, waarna die polisie na die toneel ontbied is. Die man staan tereg op aanklagte van moord en verkragting. Intussen sê polisiewoordvoerder, luitenant-k

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


OGGEND SPORT: Fourie keer terug na die Springbok-groep, Sri Lanka kry ‘n nuwe spelersliggaam en Messi neem afskeid van sy pa
Ons skop af met rugby: Die ervare veelsydige voorspeler, Deon Fourie, is vir die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks in die Springbok-groep opgeneem, nadat hy weens ‘n lang besering langs die kantlyn moes staan. Die 39-jarige, wat as losvoorspeler en haker kan speel, sluit Dinsdag by die groep in Johannesburg aan en het Suid-Afrika laas tydens die 2023-Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland verteenwoordig. Fourie het Vrydag vir die DHL Stormers teen die All Blacks na topvlak-rugb

Saamgestel deur Jana Roos
6 days ago


Die SRD-toelaag is steeds onder die vergrootglas
Die Good-party wil hê die Nasionale Tesourie moet sy appèl teen 'n hofuitspraak oor die maatskaplike noodverligtingstoelaag, oftewel die SRD-toelaag, terugtrek. Die Gauteng-hooggeregshof het verlede jaar beslis dat sommige van die regulasies wat die maandelikse toelaag van R370 beheer, ongrondwetlik en ongeldig is. Die hof het die regering ook gelas om toegang tot die toelaag uit te brei. Volgens die Tesourie kan die uitspraak die regering sowat R93,5 miljard per jaar kos. Go

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Skuts ding mee in Bloemfontein
Skuts van regoor Suid-Afrika ding in Bloemfontein mee om nasionale eer tydens die Suid-Afrikaanse Gevegsgeweervereniging, oftewel SANCRA, se nasionale kampioenskap. Die kompetisie het Maandag by die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug geopen. Spanne van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Nasionale Weermag en die Departement van Korrektiewe Dienste uit al nege provinsies neem deel. Brigadier Veronica Sharneck sê in ‘n mediaverklaring die geleentheid is meer as net 'n kompetisi

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Koue en nat weer duur voort
Owerhede doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om uiters versigtig te wees terwyl strawwe winterweer in verskeie dele van die land voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir swaar sneeu, vriesende toestande, reën en sterk winde, wat reeds reis en padverkeer ontwrig. Owerhede waarsku dat weer- en padtoestande vinnig kan verander, en dat paaie wat tans oop is, later gesluit kan word. Motoriste word aangeraai om nie-noodsaaklike reise te vermy en slegs a

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


‘n Tekort aan noodsaaklike medisyne neem toe
Suid-Afrika ervaar 'n groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne, met die farmaseutiese bedryf wat waarsku dat stygende vervaardigingskoste die beskikbaarheid van sekere produkte bedreig. Volgens eNCA is vervaardigers onder druk omdat gereguleerde medisynepryse nie tred hou met inflasie en stygende produksiekoste nie. Die voorsitter van Pharmisa, Stavros Nicolaou, sê dit is die langste lys medisynetekorte wat hy in sy vier dekades in die bedryf gesien het. Hy waarsku dat verv

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Bloemfonteiners help 'n kat uit die boom
'n Kat wat die hele dag hoog in 'n boom in Pellissier vasgesit het, is laat Sondagaand veilig gered. Dit danksy 'n span Bloemfonteiners wat saamgespan het om te help. Volgens die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging, oftewel die DBV, het 'n inwoner hulp gevra nadat niemand die kat kon afkry nie. Die Fichardtpark/Hospitaalpark Buurtvereniging se Marius Earle het sy verlengleer gebring, terwyl die DBV se leerlinginspekteur Direkta Martins in die boom geklim en die kat gere

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Gemeenskappe moet hul woonbuurte van bendes terugneem
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om hul gemeenskappe van bendes terug te eis. Hy het die beroep gedoen tydens 'n besoek aan die familie van een van die twee polisielede wat Vrydag in Reiger Park in Gauteng doodgeskiet is. Twee burgerlikes is ook in die skietery oorlede. Volgens Cachalia moet mense saam met die polisie werk om die plaag van bendegeweld, dwelmhandel en dwelmverslawing in gemeenskappe te beëindig

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Motoriste én sneeusoekers word gewaarsku
Motoriste en sogenaamde sneeusoekers word aangeraai om nie na sneeugebiede te reis nie, aangesien gevaarlike wintertoestande reeds verskeie paaie raak. Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer sê die R617 naby Kokstad is gesluit nadat sneeu begin uitsak het en 'n vragmotor vasgeval het. Volgens die departement is die pad gesluit om te voorkom dat motoriste en sneeusoekers in die gebied vasgekeer word. Mense word ook aangeraai om hul reise uit te stel. eNCA berig dat swaar

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Beweerde daggahandel laat 'n Vrystaatse beampte in boeie beland
'n Korrektiewe beampte is by die Sasolburg Korrektiewe Sentrum in hegtenis geneem nadat hy na bewering met dagga handel gedryf het. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani het die polisie op 'n klagte gereageer en die 52-jarige man op die perseel van die sentrum aangekeer. Altesaam 803 sakkies dagga met 'n geraamde straatwaarde van sowat R8 000 is in beslag geneem. Die beampte staan tereg op aanklagte van die besit van en handel in dagga en sal binnekort

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


'n Paroolganger is wéér in hegtenis op aanklag van verkragting
'n Man wat verlede jaar op parool vrygelaat is nadat hy vir verkragting skuldig bevind is, is weer in hegtenis geneem. Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaatse Valke is die 35-jarige Gregony Deck in Masilo naby Theunissen aangekeer. Hy was 'n gesoekte verdagte in 'n ondersoek na beweerde mensehandel, verkragting en roof. Lede van die Valke se Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad, met die hulp van die Taktiese Reaksiespan, het hom ná inligting oor sy beweerde skui

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Vroue se stryd is nog lank nie verby nie
Hoewel Suid-Afrika groot vordering met vroueregte gemaak het, is die stryd vir gelykheid en veiligheid nog lank nie verby nie. President Cyril Ramaphosa het tydens die nasionale Vrouedagviering gesê vroue beklee vandag sleutelrolle in onder meer die regbank, regering, wetenskap, landbou en die sakewêreld, maar staar steeds groot uitdagings in die gesig. The Citizen berig vroue besit steeds nie 'n gelyke deel van die land se welvaart, grond of ondernemings nie, terwyl baie min

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago
bottom of page

