top of page


Nuus


'n Ondersoek is gelas na staatsbeheerde residensiële eiendomme
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n ondersoek gelas na meer as 6 200 staatsbeheerde residensiële eiendomme wat deur regeringsamptenare beset word. Hy het die departement gevra om te bepaal of die eiendomme steeds benodig word en om ‘n strategie te ontwikkel om dié wat nie meer benodig word nie, te verkoop. Die hersiening sal ook ondersoek of amptenare vir die akkommodasie kwalifiseer, of markverwante huur gehef word en of wetlike vereist

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Bultfontein-polisiebeamptes se moordverhoor is uitgestel
Nege polisiebeamptes van Bultfontein sal eers in Oktober weer in die rondgaande Hooggeregshof in Welkom op aanklagte van moord verskyn. Nuusflits berig die voorverhoor is Maandag tot 5 Oktober uitgestel. Die beamptes staan tereg ná 'n voorval in Phahameng in September verlede jaar waarin drie familielede en 'n polisiekonstabel oorlede is. Volgens die ondersoek het lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid na 'n klagte van huishoudelike geweld gereageer. Drie familielede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Daar is verwarring oor 'n Misdaadintelligensie-beampte se lasbrief
Daar is verwarring oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van 'n senior Misdaadintelligensie-beampte. eNCA berig kolonel Ismail Dawood het hom vandag by die Hillbrow-polisiestasie aangemeld om hom aan die polisie oor te gee, maar is aangesê om, weens onsekerheid oor die lasbrief, Dinsdag terug te keer. Sy regsverteenwoordigers sê die saak hou verband met beweerde afpersing, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie oor 'n beweerde skuldgeskil van R3,5 mil

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Sahpra waarsku oor vervalste medisyne
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Sahpra, waarsku dat vervalste medisyne al hoe makliker in Suid-Afrika beskikbaar is. SABC News berig georganiseerde misdaadsindikate oorstroom die plaaslike mark met onder meer vervalste gewigsverliesinspuitings, antibiotika, pynmedikasie en medisyne vir chroniese siektes soos MIV. Sahpra sê hy gaan 'n landwye bewusmakingsveldtog van stapel stuur om die onwettige handel hok te slaan en die publiek te help om goe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Malema wil nie saam met die DA en VF Plus werk nie
EFF-leier Julius Malema sê sy party sal nooit 'n alliansie met die DA of die VF Plus vorm nie. Die uitlating kom terwyl politieke partye hulle vir November se plaaslike regeringsverkiesing voorberei. Malema sê 'n alliansie met dié twee partye sal die beginsels ondermyn waarvoor mense in die verlede geveg en opofferings gemaak het. Hy het ook kritiek uitgespreek teen die toenemende teenkanting teen onwettige immigrante in Suid-Afrika en 'n beroep gedoen op groter eenheid tusse

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Oekraïne loods ’n groot hommeltuigaanval op Moskou
Ten minste tien mense is beseer toe Oekraïne oornag ’n aanval met honderde hommeltuie op Moskou en die omliggende streek geloods het. Reuters berig dat lugverdedigingstelsels die meeste van die hommeltuie op ’n lang afstand onderskep het. Sewe mense, insluitend drie Chinese burgers, is gewond in ’n hommeltuigaanval naby een van Moskou se hooflughawens. ’n Brand het by ’n plaaslike industriële park uitgebreek, terwyl ’n woongebou ook getref is. Die Oekraïense president Volodim

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Vrystaatse paaie eis die lewe van drie
Drie mense is die naweek in twee afsonderlike ongelukke op Vrystaatse paaie oorlede. Volgens Netwerk24 het die eerste ongeluk Saterdagoggend by die kruising naby Riebeeckstad en Welkom gebeur, waar 'n vragmotor, minibustaxi en dubbelkajuitbakkie gebots het. Een persoon is op die toneel dood verklaar, terwyl twee ander met ernstige beserings hospitaal toe geneem is. Later dieselfde dag het nog twee mense hul lewe verloor in 'n reg van voor botsing op die R34 tussen Kroonstad e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Die Nasionale Museum vier 149 jaar
Die Nasionale Museum in Bloemfontein vier Maandag sy 149ste bestaansjaar. Volgens inligting wat die museum gedeel het, is die instelling op 20 Julie 1877 tydens 'n openbare vergadering in Bloemfontein se stadsaal gestig. Die stigting is voorafgegaan deur die Philadelphia-uitstalling in Amerika, waar die destydse Oranje-Vrystaat produkte soos volstruisvere, ivoor, ongeslypte diamante en dierevelle ten toon gestel het. Die museum is amptelik op 20 Mei 1878 geopen en het met die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Die herstelpad gaan lank wees vir 'n jong Vrystater
'n Jong man van Hertzogville in die Vrystaat het 'n lang herstelpad voor hom nadat 'n klapper in sy hand ontplof het. Maroela Media berig die 22-jarige Carlo Hendrikus Boshoff, wat die afgelope vier jaar deel van die H2A-werkprogram in Amerika is, het gehelp om die klapper aan te steek toe dit onverwags ontplof het. Hy is eers per ambulans na 'n hospitaal in Carrington geneem en daarna per mediese helikopter na 'n hospitaal in Fargo, Noord-Dakota, oorgeplaas. Boshoff se regte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Daar word verwag dat 'n seniorbeampte hom aan die polisie gaan oorgee
'n Senior beampte van Misdaadintelligensie sal hom na verwagting Maandag aan die polisie oorgee. Dit nadat hy tydens die Madlanga-kommissie van ondersoek by bewerings van afpersing betrek is. Volgens berigte word die beampte gesoek in verband met beweerde afpersing ter waarde van sowat R350 000. Die polisie het Vrydag sy huis in Sandhurst, Gauteng, deursoek. Sy regsverteenwoordiger sê die beampte probeer nie arrestasie ontduik nie en dat reëlings reeds getref is dat hy hom vr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


'n Nuwe belasting ter befondsing van swart ekonomiese bemagtiging word voorgestel
Voormalige Reserwebank-adjunkgoewerneur Kuben Naidoo het entrepreneur Alan Knott-Craig se voorstel vir 'n nuwe belasting of vrywillige heffing ter befondsing van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ondersteun. Daily Investor berig Knott-Craig stel voor dat ondernemings 'n heffing van 3% op hul omset betaal, wat hulle in ruil daarvoor 'n Vlak 3 B-BBEE-sertifikaat sal gee. Hy verkies omset bo wins omdat dit moeiliker is om te manipuleer, aangesien wins deur rekeningkundige keuse

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Twee is vas vir aanranding in Bhm
Twee verdagtes is in Bethlehem in die Vrystaat hegtenis geneem nadat hulle na bewering 'n slagoffer met 'n onbekende middel in sy gesig gespuit het. Dit het sy oë laat traan, en die verdagtes het hom glo aangerand. Volgens 'n polisieverklaring het hulle die slagoffer aangetref met kneusplekke aan sy gesig en 'n gebreekte linkerbeen. Die verdagtes het in 'n wit Toyota Hilux-bakkie met handelsmerke daarop van die toneel gevlug. Die slagoffer is in 'n plaaslike hospitaal opgenee

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Getuie M getuig praat agter geslote deure
Die Madlanga-kommissie van Ondersoek hervat Maandag getuienis van Getuie M agter geslote deure. Die getuie lewer getuienis oor een van Suid-Afrika se grootste dwelmvondste en voer aan dat die getuienis staatshoofde, dwelmsindikate, misdaadfamilies, polities verbonde individue en wetstoepassers impliseer. Getuie M sê openbare bekendmaking sal hom- of haarself en sy of haar gesin aan ernstige gevaar blootstel. Die kommissie sal na verwagting Dinsdag weer openbare sittings herva

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Kanada weier toegang aan mense wat die DRK besoek het
Kanada sê dat hulle toegang sal weier aan mense wat die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) onlangs besoek het. Die DRK sukkel om die Ebola-virus-uitbreking te beperk, en die aantal bevestigde gevalle het nou 2 200 oorskry. Minstens 893 mense is sedert die uitbreking van Ebola in Mei vanjaar dood bevestig aan die siekte in die land. Die huidige Bundibugyo-stam van die virus het geen entstof nie. Kanada sê dat sy jongste maatreël teen die virus Maandag in werking tree. Ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


'n Vrystater in onderwyskringe is voor vir die versuim om seksuele mishandeling aan te meld
Voormalige skooladministrateur en predikant, Izak Greyling, het in die landdroshof in Excelsior in die Vrystaat verskyn op 'n aanklag wat verband hou met die beweerde versuim om die seksuele mishandeling van 'n kwesbare persoon aan te meld. IOL berig die saak dien reeds sedert 2020 voor die hof. Greyling word as onskuldig beskou totdat skuld bo redelike twyfel bewys is. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder toe die bewerings aanvanklik aan die lig gekom het, was Greyl

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Gayton McKenzie verdedig besteding vir die Fifa Wêreldbeker
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het die departement se bykans R31-miljoen besteding aan die Fifa Wêreldbeker 2026-program verdedig en gesê dit was wettig en in ooreenstemming met die departement se mandaat. Hy het Sondag ʼn amptelike verklaring uitgereik wat die kostes breedweg uiteensit. Volgens hom het die begroting amptelike reise, kultuurvertonings, uitstallingswedstryde, gasvryheid, wedstrydkaartjies en bemarkingsaktiwiteite vir meer as 150 deeln

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Suider Afrika se eerste swart kardioloog kry 'n eredoktorsgraad
Wits Universiteit het ‘n Eredoktorsgraad in Geneeskunde toegeken aan Suider-Afrika se eerste swart kardioloog toegeken. Die 94-jarige Kubedi Patrick Mokhobo is vereer vir sy baanbrekersbydrae tot medisyne. Mokhobo het apartheidsera-hindernisse oorkom om die eerste swart dokter te word wat Suid-Afrika se Mediese Genootskap-eksamens geslaag het en later as ‘n kardioloog gekwalifiseer het. Hy het ook ‘n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van gesondheidsorg en mediese onderwy

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Die DA wil verhoed dat Nersa se tarieffout weer voorkom
Die DA gaan ʼn wysigingswetsontwerp by die parlement indien om te verhoed dat foute soos Nersa se R54 miljard tarieffout weer voorkom. Die DA se woordvoerder oor elektrisiteit en energie, Kevin Mileham, sê die fout wat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) verlede jaar gemaak het, sal na verwagting minstens 41 000 werksgeleenthede kos, namate hoër elektrisiteitstariewe in werking tree. Maroela Media berig volgens Mileham toon Nersa se eie ekonomiese impakstu

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


'n Swanger vrou se man is dood ná 'n beweerde motorkaping
’n Jong ma wat 19 weke swanger is, se man is op pad werk toe gekaap en vermoor. Marius Stander en sy vrou, Lizelle, het ook 'n agtjarige dogterjie. Hy is vermoedelik waarskynlik met ’n voorwerp doodgeslaan. Netwerk24 berig Stander het nie ná werk huis toe gekom nie, en daar is later vasgestel hy het nooit dié dag by die werk opgedaag nie. Stander se ma, Sandra, sê op videomateriaal kan gesien word hoe sy voertuig in Vanderbijlpark in Gauteng tot stilstand kom en mense om die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


'n Predikant is vas vir dronk bestuur op pad na 'n doop
'n Predikant is in St. Lucia in KwaZulu-Natal tydens 'n naweek-padveiligheidsoperasie in hegtenis geneem omdat hy na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Volgens IOL sê KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, die predikant was op pad na 'n reinigings- en doopseremonie. Padveiligheidsbeamptes het agterdogtig geraak nadat hulle 'n sterk reuk van alkohol uit die voertuig opgemerk het. Duma sê nadat die predikant van die uitslag

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Cosatu vra politici om nie in die OBK in te meng nie
Cosatu sê politici moet die raad van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) toelaat om sy toesighoudende rol sonder inmenging te voltooi. Dit volg op oproepe van sommige politieke partye dat die raad verwyder moet word. Die oproepe vir die verwydering van die raad volg op nuwe bewerings en die bedanking van sommige bestuurders. Cosatu sê hulle het kennis geneem van bewerings teen die OBK se hoof uitvoerende beampte. Die federasie sê dit is belangrik dat die bewerings aan ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Die meeste werkende SAners kan nie vir aftrede spaar nie
Meer as die helfte van Suid-Afrikaners van werkende ouderdom sê hulle kan nie vir aftrede spaar nie, omdat hul beskikbare inkomste aan ander uitgawes bestee word. Dit blyk uit FNB se 2026-aftrede-insigte-opname, wat toon dat 53 % van deelnemers nie kan spaar nie. Byna die helfte van mense met aftreeprodukte het ook reeds geld uit die tweepot-aftreestelsel onttrek, hoofsaaklik om daaglikse uitgawes te dek, huishoudelike toestelle te koop of skuld af te betaal. FNB sê beter aft

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Suid-Afrikaners hoef nie oor die radioaktiewe voorvalle by Koeberg bekommerd te wees nie
Suid-Afrikaners hoef nie oor die onlangse radioaktiewe voorvalle by die Koeberg-kernkragstasie bekommerd te wees nie. Volgens BusinessTech het drie voorvalle het tussen 30 Junie en 7 Julie tydens instandhoudingswerk by Eenheid 2 plaasgevind. Verhoogde radioaktiewe besmetting is binne die inperkingsgebou aangeteken, maar geen radioaktiewe materiaal is in die omgewing vrygestel nie. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar was geen gevaar vir omliggende ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 19


Dagga is glo in De Brug-soldate se sorgpakkies gevind
Kwarantynmaatreëls by die De Brug Mobilisasiesentrum buite Bloemfontein is verskerp. Dit nadat dagga glo in sorgpakkies gevind is wat deur familielede vir soldate afgelewer is. Rapport berig twee pakkies aartappelskyfies het glo elk 'n pakkie dagga bevat. 'n Koek is glo ook ondersoek. Verder is 'n stuk van die kamp se heining glo oopgeknip sodat pakkies aan soldate oorhandig kon word. Leë en halfvol drankbottels is ook gekonfiskeer, aangesien die kamp as 'n "droë" kamp verkla

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 19
bottom of page

