top of page


Nuus


Bfn sekuriteitspersoneel vaar goed by ‘n nasionale kompetisie
Die sekerheidsmaatskappy Securiforce van Bloemfontein se Gewapende Reaksie-afdeling het 'n uitsonderlike vertoning tydens die South African Intruder Detection Services Association (SAIDSA) se Reaction Man-kompetisie van 2026 gelewer. Volgens 'n mediaverklaring beklemtoon kompetisie die dissipline, gereedheid, spanwerk en operasionele vermoë wat die grondslag vorm van die maatskappy se diens aan sy kliënte en gemeenskappe. Die SAIDSA Reaction Man-kompetisie toets die praktiese

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Menslike oorskot is op die UV-kampus gevind
Menslike oorskot is in ’n asdrom op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus in Bloemfontein gevind. Die voorval het naby die Wynand Mouton-teater plaasgevind en daar was ’n sterk polisieteenwoordigheid op die kampus. Netwerk24 berig die oorskot is vermoedelik van 'n baba of fetus. Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê die mediese ondersoeker se verslag is nog nie beskikbaar nie. Dié verslag sal die polisie help om te bepaal watter klagte ondersoek moe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Die 9/11-verhoor begin in 2028
Die verhoor van die vermeende meesterbrein van die 11 September-aanvalle en sy drie medebeskuldigdes sal na verwagting op 5 Junie 2028 begin. Khalid Sheikh Mohammed en die drie mans staan tereg op aanklagte in verband met die aanvalle in September 2001 wat byna 3 000 mense se lewe geëis het. ’n Militêre regter van die VSA het beslis dat die verhoor voor ’n militêre tribunaal sal plaasvind. Mohammed word daarvan beskuldig dat hy die komplot georkestreer het om gekaapte passa

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


‘n Middeljarige vrou is vas vir dwelmhandel in Zastron
‘n Middeljarige vrou en twee mans is in Zastron in die Vrystaat in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel. Die drie verdagtes is vroeg Woensdag tydens Operasie Diamond in hegtenis geneem, waarby die Valke, Taktiese Reaksiespan en Misdaadintelligensie betrokke was. Die polisie sê die verdagtes is in 2025 geïdentifiseer te midde van kommer oor die verspreiding van kristal-metamfetamien en mandrax in Zastron. Ondersoekers het verskeie skyntransaksies uitgevoer waarin die verda

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


‘Werkloosheid onder vroue bly ’n uitdaging’
Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê werkloosheid onder vroue bly ’n uitdaging. Chikunga het ’n Nasionale Persklub Vrouemaand Onderskeidingsdialoog gelei, ter herdenking van 70 jaar sedert die historiese Vroue-optog van 1956. Sy sê data van Statistieke Suid-Afrika toon dat vroue in die land ’n hoër werkloosheidsyfer as mans aangeteken het. Sy doen ’n beroep op sterker roetes wat jong vroue met onderwys, finansiële ondersteuning, net

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Die Verkiesingshof beboet die Good-party
Die Verkiesingshof het die Good-party gelas om R90 000 te betaal vir die oortreding van die Wet op Politieke Befondsing. Die hof het die party skuldig bevind aan versuim om ’n skenking wat hulle ontvang het, bekend te maak. Die hof het ook die skenkermaatskappy, Electrox Properties, gelas om ’n boete van R40 000 te betaal vir die oortreding van dieselfde wet. Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle sal verlof om teen die hof se bevinding te appelleer, versoek. LUI

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Suid-Afrikaners is onder diegene wat ná die vloede in Nepal vermis word
Vier Suid-Afrikaners is onder diegene wat vermis word ná die kitsvloede wat die Nepal-Tibet-grens hierdie week getref het. Honderde mense word steeds vermis nadat modder en rotse in ‘n rivier op die Himalaja-grens van Nepal en China se Tibet ineengestort het. Die ineenstorting het oorstromings veroorsaak wat deur bergdorpe en valleie gespoel het. Die polisie sê 162 mense is oorlede en talle word vermis. Volgens owerhede is daar na raming 300 buitelandse burgers onder die ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Die hof moet besluit of Bester se saak gereed is vir verhoor
Die Hooggeregshof in Bloemfontein sal na verwagting Vrydag bepaal of al die uitstaande regsake in Thabo Bester se saak afgehandel is en of die saak gereed is vir verhoor. SABC News berig Bester sal saam met sy medebeskuldigde, dr. Nandipha Magudumana, in die hof wees. Bester het in 2022 uit die Mangaung-korrektiewe sentrum ontsnap, wat destyds deur G4S bestuur is. Hy en Magudumana staan saam met voormalige G4S-werknemers tereg. Sy regsverteenwoordigers sê hulle kon sedert sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Die arbeidsdepartement tree op teen nie-nakoming
Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê dat dit pogings sal opskerp om te verseker dat hoëronderwysinstellings voldoen aan die wette oor gelyke indiensneming. Die departement het bevind dat 91% van die instellings wat in die afgelope finansiële jaar geïnspekteer is, nie aan die Wet op Gelyke Indiensneming voldoen het nie. Dit het byna 1 950 inspeksies tussen April verlede jaar en Maart vanjaar uitgevoer. Slegs 181 instellings het voldoen, terwyl 1 767 nie voldoen het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


’n Reeks-oortreder kry 20 jaar tronkstraf
’n 60-jarige man wat met verskeie huisbraak- en diefstalsake verbind is, is tot ’n gekombineerde 20 jaar tronkstraf gevonnis. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli het forensiese ondersoeke ook aan die lig gebring dat George Maxwell Dundee se saakdossier tot 1980 terugstrek. Dundee is verbind met verskeie sake in onder meer Bloemfontein, Kimberley en Galeshewe. Hy is onder meer skuldig bevind aan huisbraak en diefstal nadat vingerafdruk- en DNS-bewys

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Toenemende misdaad op Vrystaatse plase wek kommer
Daar is toenemende kommer oor ’n toename in misdaadvoorvalle op plase in verskeie dele van die Vrystaat. Volgens inligting wat deur Vrystaat Landbou gedeel is, is verskeie voorvalle onlangs aangemeld waar ’n soortgelyke werkswyse gevolg is. ’n Verdagte is verlede week in die Excelsior-gebied in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om honde te vergiftig en ’n bakkie te steel. In die Hobhouse-gebied is drie verdagtes, wat vermoedelik van Lesotho afkomstig is, in ver

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


TLU SA vra vir beter marktoestande vir boere
Suid-Afrika se sterk graanoes verbloem toenemende finansiële druk op produsente. Graan SA sê mieliepryse was in Januarie sowat 22% laer as ’n jaar tevore, terwyl mielieproduksiekoste met ongeveer 19% gestyg het. Meer as 80% van graanproduksie-insette word ingevoer. Die landbou-organisasie, TLU SA, sê hoër dieselkoste het die druk verder verhoog. Volgens TLU SA se woordvoerder, Caria van der Merwe, vra die organisasie vir beter marktoestande. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOT

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Kontant bly noodsaaklik in Suid-Afrika
Suid-Afrika word toenemend digitaal in sy betalingsstelsels, maar die land is nie op pad na ‘n kontantlose toekoms nie. Kenners by ENSafrica sê kontant en digitale betalings sal steeds saambestaan onder die Suid-Afrikaanse Reserwebank se nuwe Kontant Slim Strategie. Hulle sê kontant bly veral belangrik vir informele besighede, landelike gemeenskappe en laerinkomstehuishoudings. Die Reserwebank beskou kontant as ‘n kritieke deel van die betalingsstelsel wat bekostigbaar, toe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Korrupsie van miljoene rande is binne hoër onderwys ontdek
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het diepgewortelde korrupsie binne Suid-Afrika se hoër onderwys- en opleidingssektor blootgelê en ‘n skokkende reeks swendelary ontdek. Die SOE het die parlement se Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys ingelig oor die stand van sy ondersoeke na die Departement van Hoër Onderwys. Die SOE sê dat dit tussen 2017 en 2025 14 proklamasies ontvang het om te ondersoek, en agt ondersoeke is afgehandel en ses is steeds aan die gang. Dit sê ondersoeke

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Rocky Horror-ster Tim Curry is oorlede
Die Engelse akteur Tim Curry, wat veral bekend was vir sy rol as die buitensporige Frank-N-Furter in die musiekfilm The Rocky Horror Picture Show, is in die ouderdom van 80 oorlede. BBC berig Curry het die rol eers op die verhoog vertolk voordat die rolprentweergawe in 1975 vrygestel is en ’n kultusgunsteling geword het. Hy het ook die vreesaanjaende nar Pennywise in die 1990-televisieverwerking van Stephen King se It vertolk, asook Long John Silver in Muppet Treasure Island.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Die Bloemspruit-lugmagbasis span saam om hul kat-probleem aan te pak
’n Fondsinsamelingsprojek by die Bloemspruit-lugmagbasis buite Bloemfontein het gehelp om 21 katte wat op die basis rondloop te vang, te behandel en teen algemene siektes in te ent. Volgens inligting wat deur die basis se korporatiewe kommunikasie gedeel is, het lede R6 000 ingesamel deur ’n gelukkige trekking, met ’n skaap as prys. Die geld is met die hulp van die niewinsgewende organisasie Feral Cat Care gebruik om die katte te behandel en te steriliseer om onbeheerde aante

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Misa eis veranderinge aan die motorvoertuigmeesterplan
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) sê die Suid-Afrikaanse Motormeesterplan 2035 moet die kleinhandel-motorbedryfsektor insluit. Die plan is daarop gemik om die land se motorsektor in ‘n wêreldwyd mededingende bedryf te omskep. Dit teiken volhoubare groei en verbeterde vervaardigingsvermoëns. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond het sy hersiening van die plan aan die regering voorgelê. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Gems is onder druk weens stygende gesondheidsorgkoste
Te midde van stygende gesondheidsorggebruik en hoëkoste-eise het die Mediese Skema vir Staatsamptenare (Gems) het ‘n netto tekort van R98-miljoen vir middel-2026 gerapporteer. Die skema het die Portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie ingelig. Gems sê sy lidmaatskap het tot byna 900 000 hooflede gegroei, maar lede het steeds uitdagings ondervind wat verband hou met mediese inflasie, uitgawes uit eie sak en verskafferfaktureringsbedrog. Volgens die skema is ‘n voorg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Munisipale kapasiteit bedreig langtermyn waterdienste
Die Portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie waarsku dat regeringsingrypings nie blywende oplossings sal bied as munisipaliteite steeds ‘n tekort aan vaardighede en kapasiteit het nie. Die komitee sê voltooide water- en sanitasieprojekte kan wanbestuur word weens swak bestuur en beperkte kundigheid. Dit het ook vordering verwelkom, insluitend opgegradeerde rioolpompstasies in Emfuleni en ‘n 50-miljoen liter skoonwateraanleg in Hammanskraal. Die komitee vra vir ‘n langtermynp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Politieke partye het tot en met Vrydag tyd om kandidaatbenoemings in te dien
Politieke partye en onafhanklike kandidate het tot Vrydag om hul benoemings vir die komende plaaslike regeringsverkiesing te finaliseer. Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie moet alle kandidaatbenoemings teen vyfuur die middag gedoen word. Die sperdatum is vasgestel in die verkiesingsrooster en kan nie verleng word nie. Die OVK se Aanlyn Kandidaatbenoemingsstelsel sal ná die sperdatum sluit, en geen verdere voorleggings of veranderinge sal aanvaar word nie. Suid-Afri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Bosa sal meeding om beheer van munisipaliteite in die VS
Bosa sê dat hulle 24 munisipaliteite in vyf provinsies sal betwis tydens vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Bosa sal om beheer van munisipaliteite in die Vrystaat, Gauteng, die Wes-Kaap en Limpopo meeding. Die party se leier, Mmusi Maimane, het die media ingelig oor die party se voorbereidings vir die verkiesing. Maimane sê raadslede moet in hul gemeenskappe woon en dit verstaan. LUISTER HIER: Mmusi Maimane. FOTO: Britannica

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 26


’n Polisiekaptein kry ‘n jaar se salaris ná onbillike diskriminasie
’n Polisiekaptein gaan ’n jaar se salaris as vergoeding ontvang omdat die polisie onbillik teen haar gediskrimineer het deur haar nie tot luitenant-kolonel te bevorder nie. Netwerk24 berig ten spyte daarvan dat kaptein Natasha Steyn met 82,66% die beste in die onderhoudsproses gevaar het, en die Valke se provinsiale paneel haar eenparig vir die pos aanbeveel het, is sy oorgeslaan. Die rede wat die polisie hiervoor aangevoer het, was oorwegings wat met nasionale vereistes vir

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 26


'Niks sal ons aanmoedig om te stem nie'
Die navorsingsbestuurder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Thabo Rapoo, sê ten minste 20 % van mense wat in tradisionele gesagsgebiede woon, het aangedui dat niks hulle sou aanmoedig om in die komende plaaslike owerheidsverkiesing te stem nie. ’n Verdere 5 % het kommer uitgespreek oor swak bestuur by stemlokale. Die OVK het voorheen kiesersapatie en dalende deelname as groot uitdagings voor die plaaslike owerheidsverkiesing van 2026 geïdentifiseer. Rapoo sê 33

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 26


‘n Kerk brand af, maar Bybels bly ongedeerd
Die Nuwe Apostoliese Kerk Towerby in Johannesburg vier wat hy as ’n wonderwerk beskou nadat die nagmaalskelke en Bybels almal onaangeraak gebly het toe die kerk afgebrand het. Die sakristie het slegs geringe skade opgedoen. IOL berig niks anders kon uit die brand gered word nie. Die kerk het Dinsdag aan die brand geraak. Niemand is beseer nie en dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie. Die kerk het in 'n verklaring gesê die gebou is onveilig verklaar en kan in

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 26
bottom of page

