top of page

Nuus


Groot dele van SA se water toets positief vir E.coli
Die Water Community Action Network (WaterCan) het bevind dat E. coli in tot twee derdes van die watervoorraad in Suid-Afrika teenwoordig is. WaterCan het honderde waterbronne landswyd getoets en onveilige vlakke van E. coli in verskeie provinsies ontdek. Ongeveer 70% van die toetse in beide Gauteng en die Wes-Kaap het hoë vlakke van bakteriële besmetting getoon. E. coli is ook in krane en JoJo-tenks opgespoor. WaterCan sê die land se riviere en damme het oop riole geword, bes

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 17, 2025


'n Omroeper se vermeende moordenaar is op kamera vasgevang
Een van die vermeende moordenaars verantwoordelik vir die radiopersoonlikheid Warrick Scott se moord is op kamera vasgevang terwyl hy van die toneel vlug. Scott, wat meer algemeen bekend gestaan het as DJ Warras, is Dinsdag in Johannesburg doodgeskiet. Die verdagte is kort ná die voorval gesien, steeds in besit van die vuurwapen wat glo in die moord gebruik is. Die adjunk-polisiekommissaris van Gauteng, generaal-majoor Fred Kekana, het aan die media gesê dat ‘n klopjag aan di

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Getuie D word ter ruste gelê
Die man wat as Getuie D voor die Madlanga-kommissie bekend staan, Marius van der Merwe, word Woensdag in Brakpan ter ruste gelê. Hy is op 5 Desember ten aanskoue van sy vrou en kinders voor sy huis met ’n AK-47-aanvalsgeweer doodgeskiet. Netwerk24 berig Van der Merwe het skokkende getuienis gelewer oor beweerde georganiseerde misdaad waarby wetstoepassingsbeamptes en private sekuriteitspersoneel in die Ekurhuleni-metro betrek word. Onder meer het hy getuig dat hy van ’n ligga

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


'n Vrystaatse tiener steek glo haar kêrel dood
'n Tienermeisie van Heilbron in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar 29-jarige kêrel met 'n skerp voorwerp dood gesteek het. Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê in 'n verklaring 'n oproep is ontvang oor iemand wat buite 'n huis in Phiritona aan sy bolyf gesteek is. Na bewering het die paartjie baklei toe die 17-jarige meisie hom glo gesteek het. Die verdagte sal binnekort op klagte van moord in die Heilbron-streekshof verskyn. Ter illustras

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Wes-Kaapse vakansiegangers moet hul roete goed beplan
Vakansiegangers wat na die Wes-Kaap reis word aangemoedig om hul roetes deeglik te beplan, aangesien verskeie groot provinsiale paaie gesluit is. Nova News berig die provinsie se Departement van Infrastruktuur het aangekondig dat padkonstruksiekontrakteurs vanaf 12 Desember tot 12 Januarie volgende jaar werksaamhede sal staak, terwyl verskeie projekte nog nie voltooi is nie. Die ergste geaffekteerde roete is die Montagu-pas, wat geheel en al gesluit is; motoriste moet alterna

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Politieke partye verskil oor die betekenis van 16 Desember
Politieke partye in die land het verskillende sienings oor die betekenis van Versoeningsdag. Volgens die EFF is Versoeningsdag betekenisloos terwyl daar nie geregtigheid in die land is nie. Die party se leier, Julius Malema, sê dit is onaanvaarbaar dat begunstigdes van apartheid voortgaan om bates en eiendom te behou. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê versoening beteken nie dat Suid-Afrikaners van die verlede moet vergeet nie, maar dat dit ook tyd is om aan ʼn toekoms

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Mel Gibson se draaiboekskrywer praat oor die idee van ‘n 'Passion'-vervolg
Mel Gibson se draaiboekskrywer, Randall Wallace, het onthul dat Gibson se komende tweedelige fliek oor die Opstanding ontstaan het uit ‘n gesprek wat die twee gehad het oor die Protestantse klem op Christus wat die dood oorwin. Wallace het saam met Gibson gewerk aan The Passion of the Christ . Wallace, ‘n Baptis, het die belangrike simboliek van die kruisbeeld in die Rooms-Katolisisme, wat Jesus steeds aan die kruis wys, gekontrasteer met die algemene Protestantse uitbeeldi

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Duisende kom byeen vir Geloftefeesvieringe
Die 187ste herdenking van die Gelofte by die Voortrekkermonument in Pretoria is deur 'n geskatte 40 000 mense bygewoon. Maroela Media berig die Gelofte is in 25 lande gevier, waaronder Australië, Duitsland, Engeland, Nederland, die Verenigde State van Amerika, Japan, Kanada, die Verenigde Arabiese Emirate en selfs Antarktika. Dit is ook regstreeks na Londen gestroom. Wat vanjaar besonder opvallend is, is dat die viering by die Monument nie net ’n gedenkdiens was nie, maar ook

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Verligting kom dalk by die petrolpompe
Suid-Afrikaanse motoriste kan in Januarie beduidende brandstofprysverlagings verwag. Dit is volgens middelmaand-data van die Sentrale Energiefonds. Petrol toon ’n positiewe herstel van tussen 15 en 17 sent per liter, terwyl diesel ’n oorverhaling van byna een rand per liter aandui. Die verbetering word aangedryf deur ’n sterker rand en aansienlik laer wêreldoliepryse. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 17, 2025


Die Inligtingsreguleerder sal die uitspraak oor matriekuitslae se publikasie bestudeer
Die Inligtingsreguleerder gaan die uitspraak, wat sy aansoek om die publikasie van matriekuitslae blokkeer, bestudeer. Die reguleerder is verlede week ‘n knou toegedien toe die Gauteng-hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die publikasie van matriekuitslae op openbare platforms met slegs eksamennommers, eerder as name, matrikulante se privaatheid beskerm. Die uitspraak is die jongste in ‘n voortdurende stryd oor die vraag of die Nasionale Senior Sertifikaat- uitslae in koe

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Uitspraak teen WesBank dwing banke om terug te betaal vir defektiewe voertuie
’n “Grensverskuiwende uitspraak” wat die appèlhof teen WesBank gelewer het, sal banke voortaan dwing om verbruikers terug te betaal wanneer gefinansierde voertuie defektief is. Netwerk24 berig Alta van Niekerk het in 2017 'n voertuig gekoop wat gedeeltelik deur WesBank gefinansier is. Vier dae ná aflewering het ’n defek in die ratkas aan die lig gekom. Van Niekerk het die koopooreenkoms formeel deur haar prokureur gekanselleer en ’n terugbetaling van Wesbank geëis. WesBank he

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Saffas wil terugkeer na eie bodem
Baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kom terug huis toe – en nie net vir Kersfees nie. Die DNA Employer of Record-werwingsgroep rapporteer ‘n toename van 70 % in diegene wat wil terugtrek. Mense verlaat stede soos Londen, Amsterdam, Toronto en Sydney. Hulle word gemotiveer deur die land se gunstige weerstoestande en om hulle kinders naby familie groot te maak. Suid-Afrikaanse talent word wêreldwyd erken vir energie, lojaliteit en hul probleemoplossingsvermoë. Ter i

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


'n Staalheining word versoek naby 'n BFN spoorweg
‘n Versoekskrif is opgestel wat die Mangaung-metro versoek om ‘n staalheining dringend al langs die spoorlyn tussen Gardeniapark aangrensend aan Wilgehof, en Fichardtpark aangrensend aan Hospitaalpark, opgerig word. Bloemnuus berig DA-raadslid Hennie van Niekerk sê dit is onveilig en vuil rondom die twee voetoorgange. Kinders wat weerskante van die spoorlyn woon en skoolgaan, stap daagliks hier en dit stel hul lewe in gevaar. Benewens die talle skole is die Pasteur-hospitaal

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Hamer-aanval: 'n Verdagte is vir 'n onverwante saak agter tralies
’n Man wat weens die hameraanval op en verkragting van ’n 60-jarige vrou van Bothaville ondersoek word, is tot drie jaar tronkstraf in ’n onverwante voorval van huisbraak gevonnis. Die vrou is op 26 Julie vanjaar in haar huis drie keer met ’n hamer oor die kop geslaan en verkrag. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sers. Palesa Thabana, het by navraag aan Netwerk24 gesê die 34-jarige man is weens poging tot moord en verkragting in hegtenis geneem, maar as gevolg van ’n gebr

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Paaie kry meer verkeersbeamptes tydens die feestyd
Die Padverkeersbestuurskorporasie het aangekondig dat hulle meer nasionale verkeerspolisiebeamptes na hoërisiko-provinsies vir die vakansie sal ontplooi. Hierdie provinsies sluit die Wes-Kaap en die Oos-Kaap in. Dit kom nadat 37 mense in 28 ongelukke in die Wes-Kaap alleen sedert die begin van die feestyd dood is. Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie dryf alkoholmisbruik die dodetal aan, met baie ongelukke waarby dronkbestuurders en dronk voetgangers betrokke is. Die org

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Cliff Richard onthul hy het kanker
Cliff Richard het onthul dat hy die afgelope jaar vir prostaatkanker behandel is. Die 85-jarige Britse popster het egter in dieselfde asem aangekondig dat sy kanker “op die oomblik weg is.” Maroela Media berig Richard het tydens ʼn onderhoud op ITV gepraat. Hy het van die geleentheid gebruik gemaak om te vra dat daar ʼn nasionale toetsprogram vir mans van stapel gestuur word en om mense aan te spoor om “daar te kom, getoets en gekontroleer te word”. Richard se aankondiging kom

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Die regterlike dienskommissie staar kritiek in die gesig
Die regterlike dienskommissie staar, weens ‘n ineenstorting in hul vermoë om klagtes van wangedrag teen regters te verwerk, toenemende kritiek in die gesig. Volgens die jongste jaarlikse verslagdoeningsiklus het die kommissie se regterlike gedragskomitee 38 klagtes in die vorige boekjaar opgelos. Hulle het egter altesaam 132 nuwe klagtes ontvang. Die Helen Suzman-stigting het kommer uitgespreek, aangesien dit die hoogste aantal klagtes is wat in vier jaar ontvang is. Meeste v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


Barmhartige samaritane red ‘n babatjie
Barmhartige samaritane het ‘n twee-dae-oue bababjie gered wat hulle onder ‘n boom langs die R30-pad in die Vrystaat gevind het. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die twee mans het die babatjie huis toe geneem en onmiddellik die Theunissen-polisie en Nooddienste gekontak. Die babatjie is na die plaaslike hospitaal vir mediese waarneming en sorg vervoer. Intussen het die Brandfort-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


‘n BFN-instituut sluit die jaar op ‘n hoë noot af
Die Peritum Agri Instituut in Bloemfontein sluit die jaar op ‘n hoë noot af ná hulle amptelik hoër onderwysstatus verkry het. Die instituut sê op sosiale media hulle het die afgelope 24 jaar 'n sterk reputasie in die landbousektor gevestig. Nie net as ‘n opleidingsvennoot vir landboubesighede in Suid-Afrika nie, maar ook as 'n private landboukollege waar meer as 250 studente jaarliks vir landboustudies inskryf. Maroela Media berig volgens die instituut se direkteur van str

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


Bloem se water is veilig om te drink
Die Magaung Metro Munisipaliteit stel Bloemfonteiners gerus dat die munisipale watervoorraad veilig is vir huishoudelike gebruik én om te drink. Volgens 'n kennisgewing is tydelike waterverkleuring in sommige gebiede aangemeld. Dit na die onlangse herstelwerk aan pype en lekkasies. Hierdie verandering in kleur is slegs esteties en hou geen gesondheidsrisiko's in nie. Die metro voeg by dat die probleem tans deur beheerde spoeling en chlooroptimalisering aangespreek word. Norma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


‘n Petroljoggie steel glo derduisende rande
‘n Petroljoggie wat glo petrolkaarte gekloon en derduisende rande van niksvermoedende motoriste gesteel het, is in hegtenis geneem. Luidens IOL het die valke op die vulstatsie toeslaan ná hulle inligting van dié bedrogspul ontvang het. Die petroljoggie is geïdentifiseer en deursoek. ‘n Kaartkloontoestel is glo in sy besit gevind, en hy is onmiddellik in hegtenis geneem. Ondersoeke deur die finansiële instellings het aan die lig gebring dat kaartgebruikers 'n geraamde verlie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


‘Blouligrowers’ is in ‘n skietery oorlede
Vermeende blouligrowers is tydens ‘n skietery met die polisie in die Vrystaat oorlede. Arrive Alive berig ‘n span wat uit verskeie polisie-eenhede bestaan het 'n voertuig met blou ligte op die R59-pad in die Parys-omgewing gesien en hul probeer stop. Die verdagtes het glo wegjaag. Soos berig het die verdagtes beheer oor hul voertuig verloor en teen ‘n heining gebots. Die liggaame van twee verdagtes - geklee in polisie-uniforms - is in die motor gevind. Daar is ook twee ongel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


'n BFN regter kon nie skorsing van strafregtelike verrigtinge teen hom kry nie
'n Regter van die hooggeregshof in Bloemfontein het twee keer misluk om 'n permanente skorsing van strafregtelike verrigtinge teen hom te verkry. Moneyweb berig dit kom nadat Mpina Mathebula na bewering R1,32 miljoen verkeerdelik van die padongelukkefonds laat uitbetaal het voordat hy 'n regter geword het. Dié kriminele klagtes spruit vanuit sy rol as prokureur, en het niks te make met die uitvoering van sy pligte as regter nie. Regter Robert Henney sê Mathebula voldoen nie a

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025


Goeie landbouproduksie bring uitdagings
Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê hoewel 'n onlangse Agbiz-verslag akkuraat is en die vooruitsigte beduidend verbeter het, bring die goeie produksie ook uitdagings mee. Die verslag handel oor produksietoestande in Suid-Afrika se landboubedryf vir 2025 en die vooruitsigte vir 2026. Netwerk24 berig volgens Agbiz kan 2025 as ’n jaar van gemengde welslae beskryf word. Aan die positiewe kant het veldgewasse, tuinbou en die wynbedryf goed gevaar, terwyl die ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025
bottom of page

