top of page


Nuus


Die Kommissaris van die Tennessee-DKD bedank
Die kommissaris van die Tennessee-departement van Korrektiewe Dienste, Frank Strada, het bedank. Die bedanking volg op die mislukte teregstelling van die terdoodveroordeelde, Christa Pike. Pike veg nou in die hospitaal om haar lewe ná die mislukte teregstelling. Amptenare van Tennessee se korrektiewe dienste staan ná die voorval onder verhoogde openbare ondersoek. Christa Pike. FOTO: MPR News

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Sibiya is ongelukkig daaroor dat hy in afsondering aangehou word
Die polisie sê die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, word om veiligheidsredes in afsondering aangehou. Sibiya kla dat hy van die algemene bevolking by die Kgosi Mampuru-gevangenis weggehou word. Sy regsverteenwoordiger sê hy behoort in 'n enkel- of afsonderingssel binne die algemene gevangenisafdeling aangehou te word. Die polisie sê Sibiya word onder behoorlike omstandighede vir enige mens aangehou. Shadrack Sibiya. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Die polisie ondersoek die moord op ‘n tiener-tweeling
Die polisie ondersoek die moord op 'n tweeling van 14 jaar oud in Mamelodi-Wes in Tshwane. Volgens die polisie is die slagoffers met verskeie steekwonde in hul huis gevind. Hulle ma het op die liggame afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Die Spesiale Tribunaal verwerp Pule Mabe se aansoek rakende regstappe teen hom
Die Spesiale Tribunaal het Pule Mabe se aansoek om siviele verhaalsstappe teen hom te staak, van die hand gewys. Die voormalige ANC-woordvoerder staan tereg op bewerings oor 'n onreëlmatige tender vir vullisvoertuie ter waarde van meer as R27-miljoen. Mabe wou die Spesiale Ondersoekeenheid se verhaalsaksie teen hom laat opskort totdat sy verhoor afgehandel is. Die tribunaal het bevind dat sy aansoek ongegrond is. Pule Mabe. FOTO: IOL

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Magashule stel sy party se verkiesingsmanifes in Welkom bekend
Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sal Saterdag in Welkom sy verkiesingsmanifes bekendstel in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. SABC-nuus berig die ACT sê hy sal munisipaliteite in Gauteng, die Vrystaat, Noordwes en die Oos-Kaap betwis. Die party is in Augustus 2023 gestig. Ace Magashule. FOTO: Netwerk24

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Kaapstad kondig planne vir sy ikoniese onvoltooide hoofweë aan
Die burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad sal die onvoltooide snelweë by die Foreshore in 'n nuwe verbindingsbrug omskep. Volgens die burgemeester sal die nuwe brug die inkomende snelweg met Helen Suzman-boulevard verbind. Daar word verwag dat die projek sal bydra tot die verligting van verkeersopeenhopings wanneer dit voltooi is. Hill-Lewis sê die projek sal ook 'n nuwe woonbuurt op 15 hektaar grond ontsluit. Stad Kaapstad beplan die onvoltooide

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Khan moet sy verklaring oor sy getuienis by die Madlanga-kommissie indien
Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, moet Saterdag sy verklaring oor sy in-camera getuienis by die Madlanga-kommissie in dien. SABC-nuus berig die Kommissie het Vrydag beslis dat sy getuienis eerskomende Dinsdag in-camera sal geskied. Khan se regspan het om uitstel gevra om tyd te hê om voor te berei, asook uit kommer oor die uitwerking wat dit op Khan se gesondheid het. Khan het onlangs nie vir sy geskeduleerde getuienis opgedaag nie waarna die kom

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Verkope van elektriese voertuie neem toe
Verkope van nuwe elektriese voertuie in Suid-Afrika neem toe. Data van die Motorbedryfsraad toon dat 18 945 elektriese voertuie verlede maand in die land verkoop is, vergeleke met 16 703 wat in die hele 2025 verkoop is. Die toename in verkope val saam met die styging in brandstofpryse. Daar word verwag dat brandstofpryse vandeesmaand weer sal styg. Ter illustrasie. FOTO: Charge

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Aucamp sê samesprekings is aan die gang om befondsing te herstel
Die minister van landbou, Willie Aucamp, het bevestig dat regeringsdepartemente werk om 'n tydelike onderbreking op nuwe aansoeke onder die Gemengde Finansieringskema op te los. Die Departement van Landbou het 'n bykomende R150-miljoen toegeken, bo en behalwe die R325-miljoen wat reeds vir die 2026/27-boekjaar na die Landbank oorgeplaas is. Aucamp sê die skema is nie gestaak nie, en die regering werk dringend daaraan om te verseker dat boere die finansiering ontvang wat vir a

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Malatsi ontken daar is doelbewuste vertraging in befondsing vir die SABC se verkiesingsdekking
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, ontken bewerings dat befondsing vir die SABC se plaaslike owerheidsverkiesingsdekking doelbewus weerhou is. Hy het gepraat tydens 'n inligtingsessie van die parlementêre portefeuljekomitee oor voorbereidings vir die verkiesing op 4 November. Die uitsaaier het kommer uitgespreek oor sy finansiële uitdagings en die onsekerheid rakende bykomende befondsing. Malatsi sê daar is geen besluit om te verhoed dat pol

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Die G7 sal strategiese oliereserwes vrystel
Frankryk se president Emmanuel Macron sê die Groep van Sewe (G7) sal tot 100-miljoen vate strategiese oliereserwes vrystel namate die oorlog in Iran voortduur. Die oorlog het tot 'n styging in wêreldwye olie- en energiepryse gelei. Die G7 sê die vrystelling van die olie sal oor die volgende vier maande deur die Internasionale Energie-agentskap gekoördineer word. Hierdie vrystelling sal 'n aansienlike hoeveelheid diesel insluit wat vroeg in die proses vrygestel word. Ter illus

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Die GBO stel lyfkameras in om grensveiligheid te versterk
Die Grensbestuursowerheid (GBO) stel meer tegnologie in werking om veiligheid te versterk en korrupsie by Suid-Afrika se toegangspoorte te bekamp. Alle beamptes sal verplig wees om lyfkameras te dra om hul interaksies met reisigers te monitor, terwyl hommeltuie vir bykomende toesig sal sorg. Die owerheid berei ook voor om ’n voertuigopsporingstelsel bekend te stel om onwettige voertuigsmokkelary te voorkom. Intussen het die GBO se woordvoerder aan eNCA gesê dat meer as 50 bea

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Slagoffers van geslagsgebaseerde geweld ken dikwels die oortreder
Die Mangaung Metro Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, sê mense wat hulle aan geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord skuldig maak, is dikwels mense wat slagoffers ken en vertrou. Hy het tydens ’n geleentheid by die Waaihoek Wesleyan-sendingkerk gesê gemeenskappe moet saamstaan teen geslagsgebaseerde geweld en veral mans moet hul stem laat hoor. Nthatisi het ook ’n persoonlike ervaring gedeel en vertel dat hy in ’n huis grootgeword het waar mishandeli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


ANC-kandidate betwis hul uitsluiting uit die Mangaung-verkiesing
ANC-kandidate vir proporsionele verteenwoordiging in die Mangaung-metro het aansoek gedoen om by ’n saak in die Konstitusionele Hof aan te sluit. Die 49 kandidate se besonderhede en dokumente is volgens die ANC voor die sperdatum op 28 Augustus op die Verkiesingskommissie se stelsel gelaai, maar die finale indiening is nie betyds voltooi nie. Die Verkiesingshof het die ANC se uitdaging van die hand gewys. Die hof het bevind dat die finale indieningsproses deel van die voorges

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Die Departement van Grondhervorming word ondersoek
Die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling word ondersoek nadat dit nie betyds sy jaarlikse finansiële state aan die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika voorgelê het nie. Volgens die portefeuljekomitee se voorsitter wek die versuim ernstige kommer oor bestuur en verantwoordbaarheid. Die departement sê intussen herstruktureringskwessies, insluitend bate-oordragte, het tot die vertraging bygedra. Dit het aan die komitee gesê dat die state Woensdag ingedien is.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Ontleders waarsku oor ’n moontlike toename in politieke geweld
Politieke ontleders waarsku dat die risiko vir politieke geweld in Suid-Afrika steeds kan toeneem. Minstens 42 politici is sedert die begin van vanjaar in Suid-Afrika vermoor. Die slagoffers was wyksraadslede, partye se veldtogwerkers, lede van burgerlike organisasies en tradisionele leiers. Al die provinsies, behalwe die Noord-Kaap en die Vrystaat, het vanjaar minstens een politiekverwante moord beleef. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


’n Vrystaatse polisiesersant moet tronk toe oor omkoopgeld
’n Polisiesersant van Reitz is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy R3 000 se omkoopgeld van ’n verdagte geëis het. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het ’n speurder by die Reitz-polisiekantoor, sersant Lefu Zwane, die geld geëis in ruil daarvoor dat ’n strafsaak teen die man glo nie verhoor toe gaan nie. Die man het die eis by sy werkgewer aangemeld, waarna die Vrystaatse Anti-Korrupsie-eenheid ’n ondersoek van stapel gestuur het. Die geld is tydens ’n lokv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Miljarde is nodig om waterinfrastruktuur op te gradeer
Sowat R400 miljard is volgens die Departement van Water en Sanitasie nodig om verouderde infrastruktuur in 107 munisipaliteite te herstel en op te gradeer. Dié munisipaliteite sukkel met kritieke of herhalende probleme met watervoorsiening. Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die syfer in ’n skriftelike parlementêre antwoord bekend gemaak. Die departement sê R13.7 miljard is vanjaar vir infrastruktuurtoelaes beskikbaar gestel, waarvan 80% aan munisipaliteite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


’n Historiese Vrystaat-kerk is tydens ’n inbraak beskadig
Die historiese Anglikaanse kerk in Parys is tydens ’n inbraak erg beskadig. Die kerk is in 1915 gebou met blou graniet wat afkomstig is van ’n vlugtelingkamp wat tydens die Anglo-Boereoorlog by die destydse Feesgronde buite Parys gevestig was. Volgens die Parys Gazette is ‘n televisie, krane en koperware gesteel terwyl elektriese drade uit die mure geruk is. Die kerkorrel is ook beskadig Koperdiefstal is volgens die Gazette al ’n geruime tyd ’n probleem in Parys, met krane en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Vrystaatse leerders word by Eskom se wetenskapskompetisie vereer
Twee Vrystaatse leerders is by vanjaar se Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes se Internasionale Wetenskapskou vereer. Volgens Eskom het Helené Fourie van Trio Hoërskool in Kroonstad ’n voorlopige merietebeurs ontvang. Sy is een van ses jong wetenskaplikes landwyd wat vir dié beurse gekies is, wat akademiese prestasie, innovasie en uitnemendheid erken. Die beurs is onderhewig aan die bevestiging van haar Graad 12-uitslae en Eskom se toelatingsvereistes. Charlotte Gibbens van Ho

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


‘n Nuwe Formule 1-renbaan word vir SA beplan
Voormalige mynmagnaat Neal Froneman beplan om Formule 1 terug te bring na Suid-Afrika, met ’n voorgestelde motorsport- en eiendomsontwikkeling van R6,7 miljard teen 2031 in Swartland in die Wes-Kaap. Froneman sê die projek word nie bloot deur sy persoonlike belangstelling in motorsport gedryf nie, ondanks sy geskiedenis as renjaer. Business Tech berig hy sê hy het aan tydrenne, sedanmotors en Formula GTI deelgeneem, maar die voorgestelde renbaan is hoofsaaklik ’n sakeprojek.

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Die regering sal regsopsies teen staatsentiteite ondersoek
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die regering sal sy regsopsies ondersoek teen staatsentiteite wat versuim om maatskappye wat deur owerhede uitgewys is, op ’n swartlys te plaas. Die Spesiale Ondersoekeenheid het honderde maatskappye uitgewys weens bewerings van oortredings in voorsieningskettingprosesse. Godongwana sê sommige staatsentiteite het herhaaldelik versuim om die proses om dié maatskappye op ’n swartlys te plaas, te begin of daaraan deel te neem. Eno

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


‘n VS munisipaliteit kry ‘n nuwe burgemeester kort voor die verkiesing
’n Nuwe burgemeester is vir die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat verkies, net meer as ’n maand voor die munisipale verkiesing. Netwerk24 berig die ANC se Mamokete Lekaota is verkies, nadat die vorige burgemeester, Dimakatso Elizabeth Modise, onlangs verwyder is. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Lekaota is tweede op die ANC se proporsionele kandidatelys in die munisipaliteit vir die munisipale verkiesing in November. LUISTER HIER: TRANSKRIPSIE: Die woord

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Mediese fondse se ledebydraes verhoog bo die aanbevole koers
Mediese fondse het toenames in ledebydraes aangekondig wat bo die aanbevole koers is. Die Raad op Mediese Skemas het aanbeveel dat die verhogings tot 3,8 % beperk word. Sommige mediese fondse het egter verhogings van tot 8,9 % vir 2027 aangekondig. Mediese fondse met die hoogste verhogings sluit Momentum Health en Discovery Health Medical Scheme in. Ter illustrasie. FOTO: My Newsdesk

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2
bottom of page

