top of page


Nuus


‘Vrae is nog onbeantwoord oor Zuma se besoek aan Indië’
Die DA sê talle vrae is nog onbeantwoord oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, het die media ingelig oor die rol van die Hoë Kommissariaat, maar die DA sê die inligting lei tot verdere vrae. SABC-nuus berig die party se woordvoerder oor internasionale betrekkinge, Ryan Smith, sê daar is steeds nie duidelikheid oor Zuma se besoek nie. Dit sluit in wie van die Presidensie, die departement van intern

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Cosatu versoek nog ‘n brandstofheffingverligting
Cosatu het die regering versoek om die brandstofheffingverligting weer in te stel om werkers en die ekonomie teen die dieselprysverhoging te beskerm. Volgens die Departement van Minerale en Petroleumbronne het dieselpryse hierdie maand met R1,23 en R1,38 per liter gestyg. Cosatu sê dit is ’n pynlike slag vir miljoene sukkelende werkers. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die samelewing en die ekonomie kan nie die stygings in dieselpryse hanteer nie. LUIST

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Die Arbeidsdepartement veroordeel vals inligting oor ‘n VS skrootwerf-inspeksie
Die Departement van Indiensneming en Arbeid veroordeel die verspreiding van vals en misleidende inligting oor die blitsinspeksie wat by Salvage Scrapyard in Parys in die Vrystaat uitgevoer is ten sterkste. Dit kom nadat inspekteurs vir Beroepsgesondheid en -Veiligheid (BGV) 'n werkplekinspeksie uitgevoer het. Die werkgewer is met 'n verbodskennisgewing bedien weens die nie-nakoming van verskeie arbeidswette. 'n Opvolginspeksie is later by die skrootwerf uitgevoer, waartydens

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Die SAOU verwelkom verifiëring teen die Kinderbeskermingsregister
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) verwelkom die hofbevel dat alle opvoedkundige personeel wat met leerders in aanraking kom, teen die Kinderbeskermingsregister geverifieer moet word. Maroela Media berig dié proses moet teen 31 Maart 2027 afgehandel wees. Volgens die SAOU wys bewerings van seksuele wangedrag deur opvoeders die omvang van die probleem. Die unie waarsku egter dat die sukses van die verifiëringsproses ook afhang van die vermoë van ander staatsinstellings

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Ramaphosa wil die Onteieningswet-saak van die hand laat wys
President Cyril Ramaphosa het die Wes-Kaapse Hooggeregshof versoek om die uitdaging teen die Onteieningswet van die hand te wys. Die DA, AfriForum en die Vaderland Stigting betwis dié wet. Ramaphosa se regsverteenwoordigers het die hof meegedeel dat die Onteieningswet nie grondwetlik inbreuk maak op eiendomsregte nie. Die wet bepaal dat daar, in uitsonderlike omstandighede, geen vergoeding vir onteiende eiendom betaal hoef te word nie. Ramaphosa se regsverteenwoordigers sê di

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Ramaphosa sê die aanklagkomiteevoorsitter sal hom nie kan beskerm nie
President Cyril Ramaphosa sê die voorsitter van die Artikel 89-aanklagkomitee oor die Phala Phala-aangeleentheid sal hom nie kan beskerm nie. Ramaphosa sê Makashule Gana kan nie beheer wat lede van die aanklagkomitee in ’n openbare sitting sê nie, en ook nie wat die media en die publiek daaroor herhaal nie. Netwerk24 berig Ramaphosa sê ongeag hoe nougeset die verrigtinge van die openbare sittings bestuur word, bly dit strafgerig en gaan dit met diepe vernedering gepaard. Hy w

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


‘n Liggaam is in ‘n sloot rioolwater ontdek
Die liggaam van 'n onbekende man is in 'n sloot rioolwater aangetref. Inwoners van Bronville in die Vrystaat het die liggaam aan polisie uitgewys, waarna die Welkom-duikeenheid die liggaam verwyder het. Volgens 'n polisieverklaring is beamptes na 'n toneel op die R730 naby die Brand 5-myngebied in Welkom ontbied. Die oorledene was geklee in 'n swart denimbroek, 'n blou, swart en wit gestreepte bostuk en blou tekkies. Hy word geskat om in sy middel-40's te wees. Die oorledene

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


‘n Bejaarde VS egpaar is glo ontvoer
'n Bejaarde egpaar is glo by hul huis beroof en ontvoer. Na bewering het drie verdagtes die 73-jarige man en sy 67-jarige vrou aangerand, huishoudelike toestelle gesteel en die paartjie in hul voertuig gedwing voordat hulle hulle na Botshabelo in die Vrystaat gery het. Die slagoffers is na bewering in ‘n plakkershut aangehou terwyl die verdagtes geld van hul bankrekeninge met hul selfone oorgeplaas het. Hulle is twee dae later na hul huis in Bophelong in Kopanong terugbesorg

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Senzo Mchunu word beskuldig van inmenging by ‘n Idac-ondersoek
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, is daarvan beskuldig dat hy ingemeng het in ‘n ondersoek van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac). Die Idac-aanklaer, Drushantha Ramsamy, het Woensdag aan die Madlanga-kommissie gesê dat Mchunu ‘n besondere belangstelling getoon het in ‘n ondersoek na die aankoop van twee vurkhysers ter waarde van meer as R700 000 met behulp van geheime fondse van misdaadintelligensie. Sy sê die geskorste Idac-hoofondersoeker, Dylan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Iran dreig om sy bure in die Golf aan te val
Iran het gedreig om kritieke energie-infrastruktuur van sy bure in die Golf aan te val indien die Verenigde State van Amerika dit weer sou aanval. Reuters berig dat dié dreigement aan Saoedi-Arabië, Türkiye en Katar gerig is. Iran het Golflande aangeval sedert die VSA en Israel die oorlog in Februarie begin het. Dit sê dat dit Amerikaanse bates in hierdie lande tieken. Saoedi-Arabië het die VSA versoek om ’n diplomatieke skikking vir die konflik met Iran na te streef. Ter ill

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Pakistan beperk internasionale mediaberiggewing
Pakistanse owerhede het nuwe beperkings op internasionale mediaberiggewing ingestel. Die beperkings vereis dat joernaliste wat vir buitelandse media werk, insluitend Pakistanse burgers, toestemming moet kry voordat hulle buite Islamabad, Karachi en Lahore berig. Die stap beteken dat beriggewing oor die grootste deel van die land van goedkeuring van die owerhede sal afhang. Pakistan is tans 153ste uit 180 lande op die Wêreldpersvryheidsindeks. Die BBC berig dat die politieke k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Die hart en siel van Greenside Kwekery is oorlede
Jan van Blerk, wat deur baie Bloemfonteiners as die hart en siel van Greenside Kwekery geken is, is oorlede. Volgens inligting wat deur die kwekery gedeel is, is Van Blerk rustig oorlede, omring deur sy geliefdes. Hy was vir baie jare die gesig van die kwekery en het bekendheid verwerf vir sy liefde vir plante, sy kennis en sy vriendelike diens. Die kwekery sê hy het nie net tuine mooier gemaak nie, maar ook verhoudings gebou en mense se lewens met sy omgee-hart en humorsin a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Gevangenispersoneel moet hul selfone by ontvangs inhandig
Gevangenispersoneel sal voortaan hul selfone by ontvangs moet inhandig voordat hulle 'n korrektiewe fasiliteit mag binnegaan. Volgens MyBroadband is die maatreël daarop gemik om die smokkel van selfone aan gevangenes hok te slaan. Korrektiewe Dienste se minister, Pieter Groenewald, sê onwettige selfone stel misdadigers steeds in staat om bedrog en ander misdade van agter tralies af te pleeg. Die departement verhoog ook die aantal klopjagte in selle om onwettige items op te sp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Adams is tydelik geskors nadat hy persoonlike inligting deel
Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het sy parlementêre skorsing van 20 dae begin uitdien. Volgens 'n verklaring van die parlement is Adams geskors nadat hy die persoonlike inligting van personeel van die DA op sosiale media gepubliseer het. Die skorsing, wat Maandag in werking getree het, sluit ook die verlies van sy salaris vir dieselfde tydperk in. Die parlement sê Adams se afwesigheid van Woensdag se vergadering van die afsettingskomitee hou nie ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


‘n Russiese aanval laat talle in Oekraïne dood
Minstens 17 mense is dood nadat Rusland Woensdag ’n missiel- en hommeltuigaanval op Oekraïne se hoofstad, Kijif, en die omliggende streek geloods het. Die aanval het ook residensiële geboue, ’n treinstasie en pakhuise beskadig. Volgens die Oekraïense president Volodimir Zelenski is meer as 40 ander beseer. Die BBC berig dat Rusland se Ministerie van Verdediging gesê het dat dit logistieke spilpunte en voorsieningsentrums aangeval het. Dit beweer dat die sentrums gebruik is om

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


SA verwelkom ‘n konferensie oor migrasie
Die minister in die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die Afrika-Unie (AU) se besluit verwelkom om ’n konferensie oor migrasie te hê. Die konferensie sal die hele Afrika dek. Die AU se Uitvoerende Raad het besluit om migrasie nie tydens sy komende AU-middeltermyn-hersieningsvergadering te bespreek nie. Suid-Afrika word deur sommige Afrikastate gekritiseer oor bewerings van xenofobiese geweld. Lamola sê ’n konferensie oor migrasie mo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Die Vervoerdepartement verseker ’n tweede agtereenvolgende skoon oudit
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het die Departement van Vervoer se tweede agtereenvolgende skoon oudit vir die 2025/26-boekjaar verwelkom. Die departement sê die oudit weerspieël gesonde finansiële bestuur, effektiewe interne beheermaatreëls en betroubare prestasieverslagdoening. Dit volg op die departement se eerste skoon oudit in 31 jaar, wat in die vorige boekjaar behaal is, met die ministers wat die prestasie toeskryf aan sterk bestuur, verantwoordbaarheid en ef

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Letsoha-Mathae vra Vrystaters om nie vir politieke kansvatters te val nie
Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, doen 'n beroep op inwoners van Makeleketla om nie deur politieke kansvatters mislei te word nie. Volgens 'n mediaverklaring sê sy 'n klein groepie oproeriges het 'n gemeenskapsvergadering oor watertekorte ontwrig en polisielede aangeval wat orde probeer handhaaf het. Die premier meen dié optrede het inwoners verhinder om antwoorde oor die gebied se wateruitdagings te ontvang. Sy sê die regering werk steeds aan langtermynoplossin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Groter eise kan nou deur die Kleineisehof aangehoor word
Die Kleineisehof kan nou siviele eise van tot R30 000 aanhoor, in plaas van die vorige limiet van R20 000. Volgens die Departement van Justisie het die verandering die begin van die maand in werking getree. Mense het nie 'n prokureur nodig om hulle in die Kleineisehof te verteenwoordig nie, en sake word gewoonlik vinniger en teen laer koste afgehandel. Die departement meen die verhoging sal meer mense help om geskille op 'n bekostigbare manier op te los. Die Kleineisehof hant

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Die regering word gevra om vroue se uitdagings aan te spreek
Die Staatsamptenarevereniging (PSA) versoek die regering om vanjaar se Vrouemaand te gebruik om die uitdagings wat vroue in die land in die gesig staar, die hoof te bied. Die vakbond sê die eerbiediging van die geskiedenis van vroue se stryd vereis meer as ’n jaarlikse herdenking van Vrouedag. Dit meen die regering moet rekenskap gee van die vordering wat gemaak is met ware geslagsgelykheid. Die vakbond se Claude Naiker voeg by die regering moet ook die Nasionale Strategiese

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Polisielede en ’n supermarkwerknemer is tydens ’n skietgeveg beseer
Twee polisielede en ’n supermarkwerknemer is tydens ’n skietgeveg met vermeende sake-rowers by ’n kettingsupermark in Ficksburg in die Vrystaat beseer. Een vermeende rower is noodlottig gewond. Polisiewoordvoerder adjudantoffisier Mmako Mophiring sê met die polisie se aankoms ná 'n noodoproep oor 'n sakeroof het lede van die publiek in paniek uit die winkel gevlug. Die verdagtes het glo op die polisie losgebrand, en die beamptes het teruggeskiet. Ná die skietery is ’n onbeken

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Macpherson is gelooi oor sy stilswye in die Onteieningswet-saak
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, is gelooi omdat hy geen amptelike standpunt oor die Onteieningswet in die huidige hofsaak ingeneem het nie. Netwerk24 berig die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag Macpherson se regsverteenwoordiger ernstig aangespreek. Die Vaderland-stigting, die DA, AfriForum en die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het die aansoek teen hom, die president en ander nasionale departemente ingedien. Hulle voer aan die nuwe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


‘n VS man bedrieg sy meisie uit duisende rand
'n Man en sy vriend het na bewering sy meisie uit R290 000 bedrieg. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die man sy meisie van Welkom in die Vrystaat in Junie vanjaar oorreed om ’n finansiële belegging te maak. 'n Man bekend as mnr. Mark het die paartjie toe versoek om R1 miljoen te belê, met ’n verwagte opbrengs van R1,2 miljoen. Die slagoffer het altesaam R290 000 in 'n Visitor Point-beleggingsrekening inbetaal, met haar kêrel wat beloof om die oorblywen

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Die Ramaphosa-afsettingskomitee wil ’n hooggeregshof-uitspraak appelleer
Die parlement se afsettingskomitee wat die ondersoek na wangedragbewerings teen President Cyril Ramaphosa hanteer, het aansoek gedoen om verlof om ’n Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak te appelleer. Die uitspraak het die ondersoek tydelik gestuit. Die komitee het by ’n appèl van die ATM aangesluit wat reeds direk by die Konstitusionele Hof ingedien is. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, sê die interdik het verreikende gevolge vir die skeiding van magte en openbare aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5
bottom of page

