top of page


Alle Plasings


Die regering vra kerke om maatskaplike uitdagings te beveg
Die Suid-Afrikaanse regering doen ’n beroep op sterker vennootskappe met kerke om maatskaplike uitdagings aan te spreek en veiliger gemeenskappe te bou. Die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die oproep Sondag tydens die St Paul African Apostoliese Kerk se jaarlikse fees in Moletsane gemaak. Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het ook by die byeenkoms gepraat, wat aanbidders van Suid-Afrika en buurlande bymekaargebring het. Kubayi h

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 25


TotalEnergies gaan pypleidings bou om die Straat van Hormoes te vermy
TotalEnergies sê hy gaan pypleidings bou om die Straat van Hormoes te vermy. Iran het skepe geblokkeer om olie deur die seestraat te vervoer sedert Israel en Amerika dit in Februarie aangeval het. Dit het tot wêreldwye energietekorte en aansienlike prysstygings gelei. TotalEnergies sê dit is duidelik dat die maatskappy in alternatiewe roetes moet belê om olie na internasionale markte te vervoer. Ter illustrasie. FOTO: Oil Price

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Appèl oor die SRD-toelae word aangehoor
Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein sal die regering se appèl rakende die maatskaplike noodtoelaag, SRD, aanhoor. SABC News berig die Pretoriase Hooggeregshof het in Januarie verlede jaar bevind dat belangrike aspekte van die toelaestelsel onwettig is omdat dit ontwerp is om miljoene moontlike aansoekers uit te sluit. Die Institute for Economic Justice en #PayTheGrants het die saak aanhangig gemaak, met die Socio-Economic Rights Institute of South Africa wat hulle verte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Die PSA word nie gederegistreer nie
Die Arbeidshof het die Registrateur van Arbeidsverhoudinge verbied om die Staatsamptenarevereniging (PSA) as ’n vakbond te deregistreer. Dit volg nadat die vakbond hom op ’n dringende grondslag tot die hof gewend het nadat die registrateur sy voorneme om hom te deregistreer, in die Staatskoerant gepubliseer het. Volgens die registrateur voldoen die vakbond nie aan sekere artikels van die Wet op Arbeidsverhoudinge nie en is dit nie ’n wettige vakbond nie. Claude Naiker van die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Die polisiekorrupsieverslag vorder stadig
Die parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van polisiekorrupsie ondersoek, het Maandagaand stadig met sy konsepverslag gevorder. Die komitee het maande lank getuienis aangehoor wat voortgespruit het uit bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi. Volgens die komitee se voorsitter, Soviet Lekganyane, was Maandag se twee uur lange sitting tot dusver die een waarop die minste vordering gemaak is, met lede wat slegs 12 bladsye van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Die VSA kan tot 200 000 visums herroep
Die Trump-administrasie in die Verenigde State van Amerika (VSA) beplan om die sake- en toeristevisums van tot 200 000 buitelanders wat vir asiel in die land aansoek gedoen het of dit tans oorweeg, te herroep. AP News berig die stap kan die grootste enkele massa-herroeping van visums in die Amerikaanse geskiedenis wees en sal waarskynlik regsuitdagings in die gesig staar. Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sal na verwagting in die komende weke die herroeping van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


OGGEND SPORT: Du Toit en Nche bereik belangrike mylpale, SA A neem beheer teen Bangladesj A, en Alonso begin sy Chelsea-era met ‘n opwindende wedstryd
Ons skop af met rugby: Pieter-Steph du Toit sal sy 100ste toetswedstryd vir die Springbokke speel, terwyl Ox Nche sy 50ste verskyning maak wanneer Suid-Afrika Saterdag in Kaapstad teen Nieu-Seeland te staan kom. Rassie Erasmus het grotendeels dieselfde span behou wat in Johannesburg gespeel het, met Siya Kolisi en Paul de Villiers as opsies op die flank, Handré Pollard en Cobus Reinach begin as die skakelpaar, en Ethan Hooker vervang die beseerde Cheslin Kolbe op die vleuel

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 25


Operasie Shanela Twee vat vas in die Vrystaat
Meer as 1 300 verdagtes is die afgelope week regoor die Vrystaat in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela Twee. Multidissiplinêre polisiespanne het hoësigbaarheids-, deursoekings- en opsporingsoperasies in al vyf distrikte uitgevoer. Die polisie het meet as 700 persele deursoek en sowat 2 830 plase besoek. Onder die inhegtenisnemings was 83 ongedokumenteerde buitelandse burgers vir immigrasie-oortredings en 79 verdagtes vir dwelmverwante oortredings. ’n Klopjag in Welkom he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Vrystaat-skole praat BFN aan die brand
Altesaam 32 debatspanne van nege Vrystaatse skole het aan die streeksuitdun van AfriForum se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie in Bloemfontein deelgeneem. Volgens inligting wat deur AfriForum gedeel is, het die kompetisie by C&N Sekondêre Meisieskool Oranje plaasgevind, met junior en senior spanne wat teen mekaar meegeding het. Die Onweerlegbares van Hoërskool Witteberg het die junior afdeling gewen nadat hulle in die eindstryd teen Die Raakpraters van Oranje meegedi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Mislukte plaaswerker-gelykheidskemas moet ondersoek word
‘n Forensiese ondersoek word gevra na mislukte plaaswerker-gelykheidskemas wat die staat meer as R700 miljoen gekos het. Volgens die parlement se Portefeuljekomitee oor Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling moet die ondersoek vasstel hoe openbare fondse sonder verantwoording bestee is. Die skemas het duisende Suid-Afrikaners geraak wat verwag het om voordeel te trek uit grondhervorming. Die komitee versoek ook ‘n tydgebonde herstelplan van die minister om die betrokke beg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Misa verwelkom die voorgestelde verlenging van bestuurderslisensiekaarte
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) verwelkom die voorgestelde verlenging van die geldigheid van bestuurderslisensiekaarte tot tien jaar. Misa sê dit sal burokrasie vir motoriste verminder. Hulle vra egter elke vyf jaar verpligte oogtoetse om padveiligheid te beskerm. Volgens Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, kan gereelde toetse toestande opspoor wat bestuursvermoë beïnvloed, insluitend gloukoom en katarakte. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: My

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Suid-Afrikaners verruil lugtyd vir data
Suid-Afrikaners maak toenemend minder gebruik van tradisionele lugtyd namate mobiele data en internetgebaseerde kommunikasie gewilder word. MTN Suid-Afrika sê inkomste uit oproepe het in die eerste ses maande van vanjaar met 10.2% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar gedaal. Dit terwyl kliënte na datapakkette, WhatsApp, internetoproepe en ander digitale boodskapdienste oorskakel. Netwerkdataverkeer het intussen met 27.7% toegeneem. Die gemiddelde maandelikse datagebruik van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Kragte word saam gespan om jeugoortreders te bemagtig
Om jong oortreders, paroolgangers en slagoffers van misdaad te bemagtig is ‘n driejaarvennootskap tussen die Departement van Korrektiewe Dienste en die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap onderteken. Die agentskap sal vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskapsopleiding, leermateriaal en Nasionale Jeugdiensgeleenthede gratis aan deelnemers wat in aanmerking kom bied. Die departement sê hierdie vennootskap is daarop gemik om lewensonderhoud te skep, selfstandige werk te onder

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 25


Madlanga sê Cat Matlala se aansoek sal voortgaan
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga, het Vusimuzi Cat Matlala se uitstelversoek van die hand gewys en beslis dat sy aansoek sal voortgaan. Matlala se prokureur, advokaat Fatima Missi, het aangevoer dat dit onregverdig is om voort te gaan sonder sy hoofadvokaat, advokaat Annelene van der Heever, wat siek is. Newskoop berig Missi vra dat die saak uitgestel word omdat Matlala tyd nodig het om met sy regspan te konsulteer en voor te bere

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


MIDDAG SPORT: Die SA Vroue-A-span is gereed vir hul Brasilië-uitdaging, McKenzie sê SA moes nou al VAR gehad het en, Fils en Gauff kroon hul Cincinnati-veldtog
Ons begin met rugby-nuus: Suid-Afrika se Vroue-A-span kom in die eerste van twee wedstryde in São Paulo teen Brasilië te staan, en kaptein Mary Zulu is vol vertroue dat die onervare span gereed is vir die uitdaging. Die kaptein sê die span wil uit die wedstryde leer en terselfdertyd bewys dat hulle in die toekoms deel van die Springbok-vrouespan kan wees, deur goeie uitslae teen ‘n sterk Brasiliaanse span te behaal. Ten spyte van die lang reis en tydsverskil sê Zulu die span

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 24


Samwu verwerp Eskom se oorname van elektrisiteitsverspreiding
Die munisipale vakbond Samwu het in ’n sterk bewoorde verklaring Eskom se oorname van sukkelende munisipaliteite se elektrisiteitsverspreidingsfunksie, asook die metodes wat gebruik word om sogenaamde verspreidingsooreenkomste op hulle af te dwing, verwerp. Dié ooreenkomste behels dat Eskom die volledige elektrisiteitsverspreidingsfunksie van munisipaliteite wat groot bedrae aan hom skuld, teen ’n fooi oorneem. Maroela Media berig verbruikers se betalings vir elektrisiteit wo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


Nersa registreer meer as 100 hernubare energie- opwekkingsfasiliteite
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het gedurende die eerste kwartaal van die 2026-’27-boekjaar 124 hernubare energie- opwekkingsfasiliteite geregistreer. Die sonkrag- en windprojekte het ’n gesamentlike kapasiteit van 804 megawatt en ’n geraamde beleggingswaarde van R20,1 miljard. Die registrasies sluit in 122 sonkragfasiliteite met ’n kapasiteit van 236 megawatt en twee windprojekte met ’n gesamentlike kapasiteit van 568 megawatt. Nersa sê die fasilitei

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


'Befondsingsbeperkings het vervolging uit die apartheid-era belemmer'
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê begrotingsbeperkings het pogings om misdade uit die apartheid-era te vervolg, belemmer. Lamola het, in sy hoedanigheid as die voormalige minister van Justisie, Maandag teruggekeer na die getuiebank by die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se Ondersoek na Sake. Hy het onthul dat betrokkenheid by slagoffers se families rondom die COVID-19-tydperk begin het. Lamola sê die Stigting vir Menseregte

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


Tyd is amper verstreke vir Sassa-begunstigdes om na swart kaarte oor te skakel
Postbank waarsku begunstigdes van maatskaplike toelaes wat steeds die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) se goue kaarte gebruik om na die nuwe swart kaarte oor te skakel. Begunstigdes het minder as vyf dae om oor te skakel voor die sperdatum van 31 Augustus. Postbank sê die sperdatum sal nie verleng word nie. Begunstigdes wat dit mis, sal steeds toelaagbetalings ontvang, maar sal moet oorskakel voordat hulle toegang tot hul fondse kry. Ter illustrasie. F

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


‘n Kleuter is dood by ‘n begrafplaas ontdek
Die liggaam van ’n vierjarige seun met veelvuldige beserings is by ’n begraafplaas naby Phahameng in Winburg in die Vrystaat ontdek. Volgens polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana is polisie Vrydag na ’n toneel van ’n moontlike moord ontbied. Lede van die gemeenskap het die kind ontdek. Rethabile Lefa Jafta is op die toneel dood verklaar en positief deur sy naasbestaandes uitgeken. Die motief vir die moord is op hierdie stadium onbekend. Die polisie-ondersoek duur voort e

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


Centlec waarsku van beplande kragonderbrekings
Centlec het 'n waarskuwing uitgereik van 'n beplande kragonderbreking in Bloemfontein. Elektrisiteitstoevoer sal op 27 Augustus van 08:00 tot 17:00 onderbreek word. Alternatiewelik kan dit op 3 September van 08:00 tot 17:00 af wees. Die volgende areas van Bloemfontein kan geraak word: Pellissier, ’n gedeelte van Fichardtpark, Rosepark-hospitaal, Langenhovenpark, ’n Gedeelte van Universitas, Brandkop, Spitskop-kleinhoewes, ’n Gedeelte van Groenvlei, Bainsvlei, Mooiewater, Spit

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


‘n Voormalige VS burgemeester bewoon steeds haar staatswoning
Die voormalige burgemeester van die Tswelopele-munisipaliteit in die Vrystaat woon steeds in haar staatswoning in Hoopstad. Dit ten spyte van die feit dat sy reeds uit haar amp verwyder is. Netwerk24 berig die LUR vir openbare werke en infrastruktuur in die Vrystaat, Dibolelo Mance, het bevestig Kenalemang Phukuntsi woon steeds in die huis. Mance het egter gesê Phukuntsi bewoon nie die eiendom op grond van haar pos as burgemeester nie. Sy sê die departement is besig met ’n pr

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


Anti-apartheidsaktivis Steve Biko se ondersoek begin uiteindelik
Die langverwagte heropende geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko sal na verwagting Maandag in die Hooggeregshof in Gqeberha begin. EWN berig die verrigtinge is reeds verskeie kere vertraag oor kwessies soos befondsing vir regskoste vir twee voormalige polisiebeamptes wat as persone van belang geïdentifiseer is. Die jongste saakbestuurverhoor het nou die weg gebaan vir die ondersoek om in Gqeberha voort te gaan. Die heropende geregtelike o

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24


Die ATM sê Ramaphosa se afsettingsproses moet voortduur
Die ATM sê verdere vertragings in die afsettingsproses teen president Cyril Ramaphosa is skadelik vir die Grondwet. Dit kom nadat die party antwoordstukke ingedien het in Ramaphosa se aansoek om die Artikel 89 Onafhanklike Paneelverslag tersyde te stel. Die verslag het prima facie-bewyse bevind dat hy ’n saak van afsetbare wangedrag het waarop hy moet antwoord. Dit hou verband met die diefstal van buitelandse valuta van die president se Phala Phala-plaas in 2020 en die geheim

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 24
bottom of page


