top of page

Alle Plasings


TENNIS: Sinner beklink perfekte einde aan onstuimige seisoen
Jannik Sinner het ‘n uitdagende jaar afgesluit deur Carlos Alcaraz met 7-6, 7-5 te verslaan om sy ATP-eindstrydtitel voor ‘n ekstatiese Turyn-skare te behou. Die 24-jarige het die jaareindtrofee by sy Australiese Ope- en Wimbledon-oorwinnings gevoeg en sy onoorwonne reeks op binnenshuise harde bane tot 31 wedstryde verleng. Alcaraz, ten spyte van ‘n uitstekende seisoen met agt toernooi-oorwinnings en ses Grand Slams, kon nie Sinner se oorheersing in die eindstryd oorkom nie.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025


‘n Bloemfonteiner is tuis na haar ysige marathon
‘n Bloemfonteinse eiendomsagent en ma van twee is terug van die yskoue Antarktika waar sy 50km in die Ice Ultramarathon voltooi het. Bloemnuus berig die 50-jarige Woutri Mugglestone wat n oudleerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje en voormalige verpleegkundige is, sê sy het dié wedloop aangepak om vir mense hoop te gee. Volgens Mugglestone het sy op ‘n punt in haar lewe gekom waar sy nie meer geweet het wat dit is om regtig te lewe nie. Sy het besef werk is nie alles nie,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


BKS: Gevalle in die Vrystaat styg steeds
Daar is nou 91 bevestigde bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat. Dit volgens ‘n verklaring deur die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling. Vrystaatkroon berig die nuwe gevalle is in die Viljoensdroon-Vredevort distrik, Parys, Marquard, Clocolan asook Deneysville en Sasolburg. Intussen het Sparta Beef in ‘n verklaring bevestig dat die toetsuitslae wat by ‘n beesvoerkraalfasiliteit in Marquard geneem is, positief getoets het. Verder het monsters wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Nóg ‘n ongeluk op die N8 eis die lewe van drie mense
Nóg drie mense is Maandagoggend in 'n botsing tussen twee voertuie op die N8 tussen Bloemfontein en Botshabelo oorlede. SABC News berig volgens die provinsiale noodmediese dienste se woordvoerder, Sipho Towa, is nog drie beseerdes is na ‘n hospitaal in Botshabelo geneem. Die ongeluk volg nadat talle mens die naweek is in 'n botsing tussen 'n bus en 'n vragmotor op dieselfde stuk pad oorlede is. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Bloemfonteinse sielkundiges stel nog 'n kinderboek vry
Twee Bloemfonteinse sielkundiges het hul nuutste boek in 'n reeks oor boeliegedrag vir kinders bekend gestel. Volksblad berig Jaco van der Merwe en Esté Pistorius se Mentanimals -reeks is in Afrikaans ook beskikbaar onder die hoofkarakters se name, Bacon en Banger. Die ander boeke in die reeks handel oor ’n krimpvarkie wat met angstigheid sukkel en hasies wat hiperaktief is. Pistorius sê dit is belangrik dat kinders weet presies wat die woord boelie beteken en hoe om dit te h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


'n Vrystaatse student en haar kêrel is wreed aangerand
'n Student en haar kêrel van Fouriesburg in die Vrystaat is deur drie gewapende mans in hul huurkamer aangeval. Die man is in die badkamer met die mes gesteek, en elektroniese toerusting en kontant is uit die kamer gesteel. Daarna het hulle die beseerde slagoffer daar gelos en die vrou ontvoer. Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die vrou is deur al drie mans by 'n nabygeleë rivier verkrag, en later deur net die een by 'n huis Mabolela Village. D

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Ramaphosa sê die ANC kan nie soos 'n mafia bestuur word nie
President Cyril Ramaphosa het lede binne die ANC uitgedaag om vir hom ʼn datum te verskaf waarop hy moet bedank. Dit volg ná gerugte die ronde gedoen het dat hy direk ná die G20-beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, as president gaan bedank. Hy het aan lede van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee gesê diegene wat teen hom is, moet hom direk nader en ophou om, soos hy dit beskryf, in hoekies te fluister. Die NUK het die naweek in Germiston vergader. Ramaphosa sê di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Ironman SA staan by oorledenes se familie
Twee deelnemers aan die Isuzu Ironman 70.3-driekamp in Mosselbaai is ongeveer 15 minute uitmekaar tydens die wedloop oorlede. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, het veiligheidspersoneel op twee afsonderlike voorvalle tydens die swemgedeelte gereageer. Twee mans is uit die water gehaal en in afsonderlike ambulanse hospitaal toe geneem. Een man is by aankoms dood verklaar, en die ander is later in die hospitaal oorlede. Ironman South Africa het die nuus op hul Fa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Boorgatwater word gebruik om 'n Vrystaatse brand te blus
Die kantoorgebou van die departement van paaie en vervoer in Winburg in die Vrystaat het gebrand. Na beraming is ongeveer R400 000 se skade opgedoen. Die oorsaak van die brand is nog onbekend, alhoewel polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die saak word ondersoek. Netwerk24 berig spekulasie is dat die gebou se kabels gesteel word, en dan word die plastiek van dié kabels afgebrand sodat net die koper oorbly. Die dorp het ten tyde van die brand geen water gehad nie, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


RUGBY: Die Springbokke bly onoorwonne
Die Springbokke het Italië Saterdag in Turyn met 32–14 geklop, maar moes weer van vroeg af herstel nadat Franco Mostert met ’n rooi kaart afgestuur is. Afrigter Rassie Erasmus sê hy bevraagteken nie die skeidsregter se beslissings nie, maar erken dat die herhaalde kaarte vir soortgelyke oortredings die span dwing om taktiese aanpassings te maak. Die Springbokke maak nou gereed vir ’n groot uitdaging teen Ierland in Dublin, en alhoewel die Bokke onoorwonne is op hul jaareindto

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025


KRIEKET: Die Proteas wys karakter in Kolkata
Die Proteas het ’n merkwaardige oorwinning die naweek in Kolkata behaal, toe hulle die eerste toets teen Indië met 30 lopies wen nadat die tuisspan vir net 93 uitgeskakel is. Simon Harmer het die Indiese kolwers in albei beurte ontwrig en met ’n uitmuntende 8-51 geëindig, terwyl Temba Bavuma se enigste vyftigtal van die toets van kritieke belang was. Harmer is as speler van die wedstryd bekroon, terwyl Indië se kaptein, Shubman Gill, weens ’n nekbesering nie verder kon speel

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025


SOKKER: Mbule het homself stewig in Bafana Bafana hervestig
Hugo Broos sê Sipho Mbule het homself stewig in die Bafana Bafana-opstelling hervestig, na sy skitterende vertoning in die 3-1 oorwinning oor Zambië in Gqeberha. Die afrigter hou vol dat hy nooit aan Mbule se vermoë getwyfel het nie en glo dat die Orlando Pirates-spelmaker die ideale plaasvervanger vir die beseerde, Themba Zwane, is. Met AFCON slegs ‘n maand weg, erken Broos dat hy voor ‘n paar moeilike keuses te staan kom en sê hy dink reeds aan die dag wanneer hy sy 23-

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025


'n Vrystaatse sekuriteitsbeampte is dood gevind
Die Bethlehem-polisie in die Vrystaat het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná die dood van ‘n sekuriteitsbeampte wat naby die Sol Plaatjie-dam met ‘n skietwond aan die kop gevind is. Sy dienspistool is langs sy liggaam ontdek. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die omstandighede en oorsaak van dood te bepaal. Die oorledene is deur sy familie geïdentifiseer, maar sy naam mag nie tans vrygestel word nie. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Twee juwelierswinkels is op een dag in Bloem beroof
In twee afsonderlike gevalle het groepe onbekende mans juwelierswinkels in Northridge Mall en Mimosa Mall in Bloemfontein beroof. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het die ses rowers glo die winkeleienaar en werknemers van die winkel in Northridge Mall opdrag gegee om op die vloer te sit. Hulle het toe die kasregister en rakke vol juweliersware agter in die winkel leeggemaak en van die toneel gevlug. Die gesteelde juweliersware word op R250 000 beraam. Kort d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Bloemfonteiner veg om haar lewe
‘n Slagoffer het om haar lewe by Rooidam buite Lourierpark, Bloemfontein geveg. Dit nadat twee mense haar aangeval het toe sy hulle kennis gegee het om haar perseel te ontruim. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die winkeleienaar het na die slagoffer hul kontrak beëindig het, aangebied om haar na ‘n winkelsentrum te neem. Die eienaar en sy vriend het by Lourierpark afgedraai en haar met ‘n stomp voorwerp, vermoedelik ‘n gholfstok, aangeval. Di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Passasier se been word geamputeer na ‘n busongeluk buite Bloem
Een van die passasiers wat in die ongeluk tussen ‘n bus en ‘n trok op die N8 tussen Bloemfontein Botshabelo was, se been sal geamputeer word. Luidens ‘n plasing op sosiale media het die ongeluk Saterdag lewens geëis. Polelo Mahloane het vanuit sy hospitaalbed in die Pelonomi-hospitaal aan die Vrystaatse premier, Maqueen Letshoa-Matahe, gesê toe die vragmotor nader kom, het hy gewonder of die bestuurder dit kon sien. Teen die tyd dat hy vir haar geskree het om versigtig te wee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘Vermiste’ toeriste slaap langs rivier
Poolse toeriste wat deur veldwagters as vermis aangemeld is, is tydens ‘n grootskaalse soektog opgespoor nadat hulle langs ‘n rivier geslaap het. Nuusflits berig volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane het veldwagters by die Dientjie-polisie, in Graskop, aangemeld dat die twee vroue nie van die Belvedere-staproete teruggekeer het nie. Hulle het vroeër die oggend vir die roete in die Bourke’s Luck Potholes-omgewing bespreek, maar teen laat die aand was daar nog geen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


Kapers verander hul ‘besigheidsure’
Nuwe data toon dat die tye van die dag wanneer die meeste kapings plaasvind verander het. Kapers verkies nou om gedurende die week en vroeër in die dag bedrywig te wees. Volgens BusinessTech is kapings ‘n beduidende bron van kommer in Suid-Afrika, en die jongste statistieke toon dit floreer steeds. Net oor die 4 500 kapings is in die laaste drie maande aangemeld. Volgens die opname het kapings jaar-op-jaar met byna 30% gedaal. Tog het Suid-Afrika ‘n gemiddeld 222 kapings p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


Honderde polisiebeamptes is weens korrupsie vervolg
Altesaam 313 polisiebeamptes is die afgelope 3 boekjare strafregtelik weens korrupsie aangekla. Netwerk24 berig dit is volgens die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, in antwoord op ‘n partementêre vraag. Uit die 313 is 32 by die polisie se nasionale hoofkantoor aangekla en 39 in die Vrystaat. Cachalia sê korrupsie word ingevolgende die polisie se tugregulasies as ernstige wangedrag beskou. Hy voeg by die tugregulasies word van begin tot einde deur die polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


SA se kredietgradering is vir die eerste keer in dekades bygewerk
S&P Global Ratings het Suid-Afrika se kredietgradering vir die eerste keer sedert 2005 verhoog. Die kredietbeoordelaar het die land se gradering na BB bygewerk. ‘n BB-kredietgradering word as nie-beleggingsgraad beskou, wat ‘n verhoogde risiko van wanbetaling aandui in vergelyking met hoër-gegradeerde sekuriteite. S&P het egter ‘n positiewe uitkyk op die land gehandhaaf en die potensiaal vir verdere verbetering in fiskale statistieke genoem. Volgens die graderingsmaatskappy w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Groot stem het stil geword
Radio- en TV-persoonlikheid Clarence Keyter is oorlede. In verskeie plasings op sosiale media word simpatie aan sy familie betuig. In een so ‘n plasing op die Vereniging van Uitsaaiersveterane se blad skryf hulle: baie in die mediabedryf het ‘n lang en kosbare pad saam met hom gestap. SABC News het destyds berig dit was waarskynlik elke verslaggewer in 1990 se droom om regstreeks buite die Victor Verster-gevangenis verslag te doen. Dit toe voormalige president Nelson Mandela

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Die Banksy-kunsdief word gevonnis
'n Man is tot 13 maande tronkstraf gevonnis na hy ‘n afdruk van Banksy se bekende Meisie met ‘n Ballon gesteel het. Sky News berig die 49-jarige Larry Fraser het skuldig gepleit. Die afdruk, terwaarde van sowat R6 miljoen, is verlede jaar September uit ‘n gallery in New Cavendishstraat in Londen gesteel. Fraser het sy identiteit met ‘n masker, ‘n baadjie met ‘n kappie en handskoene verberg, maar is op CCTV betrap waar hy die kunswerk in ‘n voertuig gelaai het voordat hy van d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Talle mense is in botsing buite Bloemfontein oorlede
Tien mense is Saterdagoggend in botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bus is op die N8 tussen Bloemfontein en Botchabelo oorlede. Volgens Arrive Alive het nog ses mense ernstige en kritieke beserings opgedoen. Hulle is na die Pelonomi Trauma-eenheid geneem. Van die 41 mense betrokke in die ongeluk het vyf matige beserings opgedoen. 'n Volledige noodreaksie, met paramedici, brandweerdienste en wetstoepassingsbeamptes is op die toneel. Die ongeluk beïnvloed steeds verkeer in die g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Daar word daarop aangedring dat die regering werkloosheid verminder
Die politieke party ATM het die regering versoek om werklose Suid-Afrikaners met lewensvatbare werksgeleenthede te voorsien. Volgens die ATM het die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring inisiatiewe kortgekom om werkloosheid te verminder, veral onder die jeug. Die party verwag dat die regering konkrete werkskeppingsplanne sal ontwikkel en met die privaatsektor sal saamwerk om werksgeleenthede te skep. Volgens die ATM se woordvoerder is daar ‘n behoefte aan omvattende werks

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025
bottom of page

