top of page

Alle Plasings


Die ANC se MK-handelsmerk-appèl word in Bloemfontein aangehoor
Nadat die ANC hul aansoek verloor het om die gebruik van die MK-party se naam en logo te stop, sal die hulle nou in die Hooggeregshof van Appèl in Bloemfontein appeleer. SABC News berig voor die 2024 Algemene Verkiesing het die ANC onsuksesvol handelsmerkwetgewing in die Durban Hooggeregshof ingeroep. Regter Mahendra Chetty het die aansoek van die hand gewys, maar later die ANC verlof tot appèl toegestaan. In 'n verklaring sê die ANC dat hierdie saak oor die beskerming van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


FlySafair en hul kajuitpersoneel onderteken ‘n loonooreenkoms
Suid-Afrika se grootste lugredery, FlySafair, het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging bereik het. Die lugredery het ‘n vierjaarooreenkoms beklink wat lone met 6.5% tot 6.9 % sal laat styg. Terwyl FlySafair meer as ‘n week gelede begin het om bemanning uit te sluit toe gesprekke vasgeloop het, het hulle deurgaans volgehou dat hul bedrywighede nie geraak is nie. Die ooreenkoms kom net ‘n week voordat die land wêreldleiers by di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Staatsamptenare sal nou staatsbefondsde regsverteenwoordiging ontvang
Die kabinet het ingestem om ‘n regeringsbeleid te verander wat staatsamptenare sal toelaat om staatsbefondsde regsverteenwoordiging te ontvang wanneer hulle voor kommissies van ondersoek en geregtelike prosedures verskyn. By verskeie geleenthede het getuies geweier om voor ondersoeke te verskyn omdat hulle nie hul eie regsverteenwoordiging kan bekostig nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het egter aangekondig dat indien die persoon skuldig bevind word,

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


'n Vrystaatse skoolhoof gee homself oor
‘n Skoolhoof van Harrismith in die Vrystaat het homself aan die Harrismith-polisie oorgegee ná bewerings van ‘n seksuele aanrandingsaak op ‘n leerder by die skool. Die voorval is deur haar ouers polisie aangemeld. Die 15-jarige leerder is na bewering na die skoolhoof se personeelkamer ontbied terwyl sy saam met ander leerders gestudeer het. Hy het haar toe in ‘n ou kantoor onvanpas aangeraak. ‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die leerder het ander

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


Glen-kinders: 'n Swanger vrou verskyn vir moord
'n Vrou wat vyf maande swanger is, het in die hof verskyn op aanklag van die moord op en die ontvoering van haar kleinneef, die vyfjarige Onkarabetse Leeuw. Dit kom nadat Vuyiswa Joyce Leeuw se dogtertjie, die driejarige Katleho Joy Leeuw, twee weke gelede wreed vermoor is. Netwerk24 berig Vuyiswa het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die saak is tot 20 November uitgestel, en sy bly intussen in aanhouding. Buite die hof het sy aan 'n joernalis gesê

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


Hoër brandstofpryse word verwag
Motoriste in Suid-Afrika kan in Desember hoër brandstofpryse verwag. Middelmaandsyfers van die Sentrale Energie¬fonds toon onderverhalings vir petrol en diesel. Dit is hoofsaaklik weens stygende internasionale oliepryse ná hernude Amerikaanse druk op Russiese voorsiening. Hoewel die rand ná die begrotingshersiening versterk het, sê ontleders dit was nie lank genoeg volhoubaar om die hoër oliekoste te balanseer nie. Huidige ramings dui op ’n styging van tussen 14 en 19 sent pe

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


RUGBY: 'n Groep Springbok-vroue is by 'n weeklange belyningskamp
Springbok-vroue-afrigter, Swys de Bruin, het 42 spelers na ‘n weeklange belyningskamp in Stellenbosch ontbied. Opkomende talente soos Anja le Roux, Logan Welman, voorste puntemaker, Lithalethu Nombakuse en Junior Bok-vrouespeler Lidene Kruger, is onder diegene wat meer aandag kry. Klub-uitblinkers, Alichia Arries en Klarissa van der Linden, is ook beloon vir sterk plaaslike vertonings. Sewe provinsiale afrigters is genooi om by te dra, terwyl De Bruin glo dat die kamp beide s

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


RUGBY: Agt opkomende sterre se kontrakte met die Bulle is verleng
Die Vodacom Bulle het hul langtermynambisies onderstreep deur die kontrakte van agt opkomende sterre te verleng. Die groep met spelers soos Cheswill Jooste, wat tot 2030 geteken is, saam met Mornay Smith, Francois Kloppers en JF van Heerden het almal onderneem om tot ten minste 2028 in Pretoria te bly. Gereelde bydraers, Alulutho Tshakweni, Van Heerden en Jaco Grobbelaar, is deel van die hernieude kern, terwyl gunstelinge, Keagan Johannes en Sebastian de Klerk, ook hul toekom

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


TENNIS: Carlos Alcaraz het sy jaar op 'n hoogtepunt geëindig
Carlos Alcaraz het sy plek as 2025 se voorste tennisspeler verseker ná ’n oortuigende 6-4, 6-1 sege oor Lorenzo Musetti in die ATP-Finals in Turyn. Die jong Spanjaard het Grand Slam-sukses in Parys en New York behaal, asook oorwinnings in Monte Carlo, Rome en Cincinnati, ondanks ’n moeilike begin wat ’n uitskakeling in die Australiese Ope ingesluit het. ATP-voorsitter, Andrea Gaudenzi, het Alcaraz geloof vir die seldsame prestasie om as die jaar se voorste speler te eindig, i

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


Die Metro kry uiteindelik 'n ombudsman
Amper sewe jaar nadat 'n raadsbesluit deur die Mangaung Metro gemaak is, is 'n onafhanklike kantoor van die Mangaung-ombudsman aan die media bekend gemaak. Bloemnuus berig die speaker van die Metro, Lawrence Mathae, sê die kantoor moet gratis en toeganklik vir alle inwoners wees, en 'n laaste uitweg voordat inwoners openbare vervolging nader. Hy voeg by dit sal bydra tot deursigtigheid in munisipale prosesse, en dit is 'n stap in die regte rigting vir 'n meer verantwoordbare

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


Die regeringsbelegging is daarop gemik om Apartheid-wanbalanse aan te spreek
President Cyril Ramaphosa sê die regering se infrastruktuurplan van miljarde rand is daarop gemik om die ruimtelike ongelykhede van Apartheid reg te stel. Hy het Donderdag by die Nasionale Konstruksieberaad in Boksburg gesê die belegging prioritiseer paaie, energie, en water- en sanitasieprojekte. Ramaphosa het benadruk dat die fondse ou tekortkominge in die land se pad-, spoor- en hawe-netwerke aanspreek. Hy het die konstruksiesektor aangemoedig om die geleentheid te benut t

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


Die gewaande baasbrein van ‘n renosterstropingsindikaat is weer agter tralies
Die gewaande baasbrein agter ‘n renosterstropingsindikaat, Hugo Ras, is weer in ‘n sel. Dit nadat hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie. Netwerk24 berig Ras staan volgens die klagstaat op 130 aanklagte tereg. Die aanklagte sluit onder andere in afpersing, diefstal, geldwassery en die verkoop van renosterhorings. Hy is vroeër die week weer in hegtenis geneem nadat hy nie sy borgtogvoorwaardes nagekom het nie. Ras en sy medebeskuldigdes is destyds op verskillende plekke

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Asielsoekers wag ure op OR Tambo
Die 153 Palestyne wat as asielsoekers na Suid-Afrika gereis het, kon uiteindelik afklim - nadat hulle byna 12 ure in ‘n vliegtuig by O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park deurgebring het. Die Grensbestuursowerheid het hulle, volgens SABC News, aanvanklik toegang tot Suid-Afrika geweier. Dit aangesien hulle nie die duur van hul verblyf of die adres van verblyf in Suid-Afrika kon aandui nie. Die reisigers het ook nie die gebruiklike vertrekstempels in hul paspoorte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Motsoaledi sê ouers moet hul dogters teen MIV inspuit
Van volgende jaar af sal mense wat MIV-negatief is elke ses maande 'n inspuiting kry wat hulle immuun teen MIV-infeksie maak. So sê die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, tydens die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie in Bloemfontein. Hy het ook ouers versoek om hul dogters van 16-24 jaar oud te bring om dié inspuiting te kry om hul sodoende teen infeksies te beskerm. Luidens 'n plasing op sosiale media sê hy daar moet in ‘n stadium

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


‘n Vrystater is die nasionale beesboer van die jaar
Vrystaat-boer, Paul van Niekerk van Boshoek Bosvelders buite Memel, is as die nasionale beesboer van die jaar aangewys. Landbouweekblad berig dit het alles met 30 landwye benoemings vir beesboer van die jaar begin. Uit die benoemings is drie finaliste gekies is. Van Niekerk is die vyfde geslag wat op Boshoek boer en sy dogter, Liana, is sy regterhand by die beeste. Volgens FNB Landbou se inligting- en bemarkingshoof, Dawie Mareé, verteenwoordig die titel die hart en siel va

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


RUGBY: Erasmus maak span-veranderinge
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het sy span vir Saterdag se kragmeting met Italië in Turyn hersien en slegs vier beginspelers van die oorwinning oor Frankryk behou. Erasmus het beide die pak en agterlyn verfris, met ‘n nuwe halfagterpaar van Morné van den Berg en Handré Pollard, en RG Snyman, terwyl Marco van Staden die plaasvervangende hakerpligte sal hanteer. Die afrigter het sy fokus op spandiepte beklemtoon en die terugkeer van sleutelspelers soos Handré Pollard,

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


Vermeende rowers loop hul teen die langarm van die gereg vas
Vermeende gewapende rowers het hul teen die lang arm van die Vrystaatse gereg vasgeloop. Dit ná ‘n hoëspoed jaagtog op die R59. Parys Gazette berig die drie het glo tydens ‘n gewapende roof ‘n kar en items ter waarde van ongeveer R145 000 in Koppies gesteel. Met behulp van ‘n hommeltuig is een van die vermeende rowers naby die gesteelde voertuig aangekeer. Die ander twee is kort daarna in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op die gesteelde voertuig, gesteelde e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


SOKKER: SA wil momentum bou vir die Afrikabeker van Nasies
Suid-Afrika ontvang Saterdag vir Zambië in Gqeberha, terwyl beide dié nasies momentum vir die Afrikabeker van Nasies wil bou. Afrigter Hugo Broos het die wedstryd gebruik om sy AFCON-groep te finaliseer en die eerste senior oproepe aan Masindi Nemtajela en Keletso Makgalwa oorhandig, hoewel verskeie gereelde spelers gerus is. Broos sê dat die wedstryd nie bloot vriendskaplik is nie en wil dieselfde wenmentaliteit hê wat in onlangse kwalifiserende wedstryde getoon is. Hy daag

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


TENNIS: Sinner oorwin Zverev, hoop vir Nommer 1
Jannik Sinner het sy hoop om die jaar as wêreldnommer een af te sluit lewend gehou, nadat hy Alexander Zverev met 6-4, 6-3 verslaan het om die ATP-Finals-halfeindronde te haal. Hy het in sleuteloomblikke standvastig gebly, sewe breekpunte gered en 12 kishoue geslaan, wat sy verstommende lopie tot 28 agtereenvolgende binnenshuise oorwinnings verleng het. Sinner se stryd met Carlos Alcaraz om die jaareinde-topposisie gaan nou in ‘n beslissende fase in, met die potensiaal vir

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


Daar is geen spoor van die rondlopor leeu by Bethlehem nie
Daar is geen spoor van die leeu wat sedert vroeg verlede week in die Bethlehem-omgewing los rond geloop het nie. Volgens die Vrystaatse Dihlabeng-munisipaliteit se woordvoerder het sy eienaars hom waarskynlik opgespoor en stil-stil teruggeneem. Netwerk24 berig verder dat daar nog nie weer vee gevang of geëet is nie, ook is spore nog nie weer opgemerk nie. Terwyl daar ondersoek word wie se leeu dit was het die Lionsrock toevlugsoord, van die dierewelsynsgroep Four Paws, bevest

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Google gaan Suid-Afrikaanse mediahuise betaal
Google het ingestem om Suid-Afrikaanse mediahuise R688-miljoen oor die volgende vyf jaar te betaal. Dit beëindig ʼn ondersoek van meer as twee jaar oor of digitale platforms mededinging beperk of benadeel. Die Mededingingskommissie se ondersoek het bevind dat die tegnologiereus ʼn dominante posisie in die Suid-Afrikaanse soektogmark behou. Groot tegnologiemaatskappye wat nuus versprei, het almal ʼn ooreenkoms met die kommissie bereik om óf sommige van hul praktyke te verander óf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Suid-Afrika is reg vir die G20 ten spyte van afwesighede
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika is gereed om later hierdie maand ‘n suksesvolle G20-beraad aan te bied. Newskoop berig Mashatile het Donderdag by die Knysna-beleggingskonferensie gesê dat die land gereed is om Afrika en die res van die wêreld sy warm gasvryheid te betoon. Mashatile sê Suid-Afrikaners moet die wêreld wys dat hulle die land bou waarvan Nelson Mandela gedroom het. Intussen berig News24 dat China se president, Xi Jinping, ook nie die beraad gaan byw

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


De Brug: 'Amerika sal nie gelukkig wees nie'
Die Chinese regering se betrokkenheid by die herontwerp en bou van die weermag se mobilisasiesentrum op De Brug buite Bloemfontein laat vrae ontstaan oor wat die motief daarvoor is. Verder is die betrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika reeds op ’n “absolute laagtepunt” en diplomatiek gesproke is die Chinese projek ook nie goed daarvoor nie. Netwerk24 berig 'n kenner van die internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Theo Neethling, sê dit i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Glen-kinders: Klein Onkarabetse se liggaam is gevind
Die lewelose liggaam van die vyfjarige Onkarabetse Leeu is gevind. Rosestad-nuus het vroeër berig die seuntjie is Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld. Volgens 'n polisieverklaring van luitenant-kolonel Thabo Covane is hy Woensdag onder 'n kartondoos in digte bosse by die suidelike wyke van die Glen-lokasie gekry. 'n Saak van moord en ontvoering is by die Glen-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het ook Onkarabetse se 29-jarige tannie in hegtenis geneem, en sy sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025
bottom of page

