top of page

Alle Plasings


Senior polisiebeamptes eis glo miljoene van Matlala
‘n Sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, sê Vusimuzi Cat Matlala beweer senior polisiebeamptes het miljoene van hom geëis. Mogotsi het vandag voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig. Hy sê Matlala het hom meegedeel dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, en die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, groot betalings van Matlala as hul diensverskaffer verwag het. Die twee het onderskeidelik R25 en R10 miljoen geëis. Volgens Mogotsi het hull

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Vrystaatse departemente kom nie die veiligheidswet na nie
Daar is bekommernis oor die swak nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid onder regeringsdepartemente in die Vrystaat. Volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid hou die lae vlakke van nakoming met die toestand en instandhouding van geboue verband. Hierdie versuim om aan die wet te voldoen, hou gevaar vir werknemers en die publiek in. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê hulle het 187 regeringsgeboue in die Vrystaat geïnspekteer. Hy voe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


RUGBY: Stick bevraagteken billikheid ná Springbokke rooi kaarte sien
Die Springbok-hulpafrigter, Mzwandile Stick, het frustrasie uitgespreek oor wat hy glo onregverdige behandeling van skeidsregters is, na permanente rooi kaarte in twee weke vir Lood de Jager en Franco Mostert op hul November-toer. Stick het aangevoer dat beide spelers die wette nagekom het en dat Mostert se ontslag in die 11de minuut teen Italië besonders hard was. Stick het bygevoeg dat soortgelyke of erger voorvalle in ander onlangse wedstryde ongestraf gebly het, en sê dat

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


KRIEKET: Van boupersele tot die rand van ‘n Ashes-debuut
'n Gekwalifiseerde skrynwerker, wat eens konstruksiewerk met plattelandse krieket gebalanseer het, staan nou op die punt van ‘n droom-Ashes-debuut nadat beserings die deur oopgemaak het vir die 31-jarige om in Vrydag se reeksopener in Perth te verskyn. Hy is gereed om by Mitchell Starc en Scott Boland aan te sluit in ‘n onverwagte Australiese sneltrio, en sê sy selfvertroue het die afgelope twee jaar gegroei, beide in sy liggaam en sy boulwerk. As hy gekies word, sal hy sle

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


SOKKER: Duitsland en Nederland straal in Wêreldbeker-kwalifiseerders
Duitsland het hul 19de agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooi betree met ‘n meedoënlose 6-0 oorwinning oor Slowakye, terwyl Nederland ook hul plek vir 2026 verseker het nadat hulle losgeslaan het in ‘n 4-0 oorwinning oor Litaue. Noord-Ierland het hul veldtog afgesluit met ‘n spannende 1-0 oorwinning teen Luxemburg, terwyl Pole hul uitspeelhoop lewendig gehou het in ‘n dramatiese 3-2 oorwinning in Malta. Kroasië het ‘n uitstekende terugkeer van ‘n twee doel agterstand gemaak om

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


Die metro vat stortingsterreine vas
’n Taakspan is saamgestel om op beide die Noordelike en Suidelike stortingsterreine in Bloemfontein te fokus. Volgens ’n kennisgewing deur die Mangaung Metro Munisipaliteit sal dié span fokus op die verbetering van daaglikse bedrywighede, om dus voldoening en behoorlike afvalbestuur te verseker. ’n Aantal planne sal deur die munisipaliteit geïmplementeer word. Dit sluit in die hersiening van die bywette - wat dit vir wetstoepassers maklik sal maak om hul werk te doen. Weens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


‘n Vrystaat-munispaliteit se onkostes hoop op
Die Vrystaatse Maluti-a-Phofung-munisipaliteit se onkostes hoop op. Nie net moes hulle in vanjaar se derde kwaartaal R12.5 miljoen aan prokureurskostes bestee nie, volgens Netwerk24 is die munisipaliteit verder by nog twee regsake, rakende die onwettige besetting van die Platberg-natuurreservaaat, betrokke. Hulle het ook tydens hul laaste twee raadsvergaderings ‘n totaal van R4.6 miljard se ongemagtigde uitgawes afgeskryf, én is vroeër deur die hooggeregshof in Bloemfontein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Vlugte na Kaapstad word dalk verminder
Weens brandstoftekorte oorweeg internasionale lugdienste dit om vlugte na Kaapstad te verminder. Brandstofverskaffers sukkel om toegang tot brandstofreserwes by die hawe van Kaapstad te kry. News24 berig brandstofverskaffers sukkel al meer as ‘n maand om toegang tot die brandstofvoorraad te kry weens ‘n dispuut met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Volgens die inkomstediens is die saak vertroulik. Ten minste vyf internasionale lugdienste is afhanklik van die Burgan Kaap-ter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Revolut bring nog 'n bank na Suid-Afrika
Die internasionale bankreus Revolut het formeel aansoek gedoen vir ‘n Suid-Afrikaanse banklisensie. BusinessTech berig die maatskappy het sy Artikel 12-aansoek by die Omsigtigheidsowerheid ingedien. Dit het sy plan bevestig om ná maande se oorweging ‘n volwaardige bank in die land te vestig. Revolut het sy voorneme om na Suid-Afrika uit te brei vir die eerste keer einde September tydens die bekendstelling van sy nuwe globale hoofkwartier in Londen onthul. Gaby Magomola is as

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Harvard-hoë tree uit die openbare oog nadat sy Epstein-e-posse ook vrygestel is
Die voormalige president van die Harvard Universiteit in die VSA, Larry Summers, tree terug uit openbare rolle nadat e-posse, wat sy voortgesette kontak met Jeffrey Epstein wys, deur die Amerikaanse Kongres vrygestel is. Summers sê hy is diep skaam en neem volle verantwoordelikheid, omdat hy tot die dag voor Epstein se 2019-arres vir mensehandel met minderjariges met hom gekorrespondeer het. Wetgewers gaan binnekort stem oor die vrystelling van alle oorblywende Epstein-dokume

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Suid-Afrikaner word ná 'n neo-Nazi-optog gedeporteer
'n Suid-Afrikaanse man wat 'n neo-Nazi-optog in Australië bygewoon het, se visa is teruggetrek, en hy sal nou na Suid-Afrika gedeporteer word. Die BBC berig Matthew Gruter, wat sedert 2022 in Australië woon, het vroeër vandeesmaand aan 'n anti-Joodse protes deelgeneem wat deur die National Socialist Network gereël is. Hy was een van ongeveer 60 mans in swart geklee, met baniere met die woorde "Abolish the Jewish Lobby". Australië se minister van binnelandse sake, Tony Burke,

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Oud-Vrystater is as landbouwetenskaplike van die jaar aangewys
'n Vrystater en oudstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as Landbouskrywers SA se nasionale Landbouwetenskaplike van die Jaar aangewys. Netwerk24 berig Hendrik Smith, oorspronklik van Rouxville en tans in Pretoria woonagtig, ontvang die prys vir sy baanbrekerswerk in regeneratiewe bewaringslandbou en sy jare lange bydrae tot grondgesondheid en volhoubare graanproduksie in Suid-Afrika. Smith se loopbaan strek oor meer as drie dekades, waarvan die meeste aan nav

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Bloemfonteinse pa is tuis ná sy gru-ongeluk in Amerika
Die Bloemfonteiner wat in Oktober op ‘n plaas in Minnesota, Amerika, in ‘n ernsige veldkar-ongeluk was en lewensbedreigende beserings opgedoen het, is terug by die huis. Bloemnuus berig Dries Botha wag nou vir toestemming van die siekefonds om vier weke se rehabilitasie te ondergaan. Voorts moet hy in Desember twee operasies ondergaan om die plate en skroewe uit sy linkergewrig te verwyder. Rosestad-nuus het vroeër berig die aand met die ongeluk in Oktober moes Dries per lugm

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Twee mans is vir bankbedrog gevonnis
Die Bloemfontein-streekshof het twee mans vir Standard Bank- en Wesbank-bedrog ter waarde van R7 miljoen gevonnis. Glen Crouch is skuldig bevind op 19 aanklagte van bedrog en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Cornelius Botha is skuldig bevind op twee aanklagte van geldwassery en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat volledig vir vyf jaar opgeskort is, en ‘n verdere 36 maande korrektiewe toesig. Die beskuldigdes is deel va

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


'n Vrystater sit lank vir moord nadat hy homself ook steek
Die Harrismith-hooggeregshof in die Vrystaat het ‘n man tot 22 jaar direkte gevangenisstraf vir moord gevonnis. Madudu Edward Mofokeng het die slagoffer, Puleng Maleka, verskeie kere met 'n mes gesteek toe sy weier om saam met hom te loop nadat hulle by vriende se huis aangekom het. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê hy het haar toe gedwing om die perseel te verlaat en haar aangehou steek terwyl hulle geloop het. Sy het inmekaar gesak en is op die toneel dood v

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Die VN steun Trump se plan vir Gasa
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het ’n resolusie goedgekeur wat Amerika se president Donald Trump se 20-punt-plan vir Gasa steun. Dit sluit die stigting van ’n internasionale stabilisasie-mag in. Dertien lede het dit gesteun, terwyl Rusland en China hul van stemming weerhou het. Die VN sê dit is ’n belangrike stap om die skietstilstand te versterk, maar Hamas het dit verwerp en beweer die plan ondermyn Palestynse regte en plaas Gasa onder internasionale voogdyskap. Di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


KRIEKET: Conrad sê die Proteas moet nederig bly
Proteas-afrigter, Shukri Conrad, sê sy span moet nederig bly na hul roerende oorwinning met 30 lopies in die eerste toets teen Indië in Kolkata. Die oorwinning merk hul eerste toetssukses in Indië sedert 2010 en het hulle op die rand van ‘n historiese reekstriomf geplaas, iets wat Conrad glo saam met hul Wêreldtoetskampioenskap-oorwinning by Lord’s sal tel. Conrad het bygevoeg dat die span se organiese kultuur en weiering om op te gee bepalende eienskappe geword het, en dat d

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


RUGBY: Groot botsings wag in die nuwe Nasieskampioenskap
Die Springbokke sal volgende jaar gasheer vir Engeland, Skotland en Wallis speel as deel van die nuwe Nasieskampioenskap, met 12 spanne wat om wêreldheerskappy meeding. Suid-Afrika sal dan in November noord reis om Italië, Frankryk en Ierland te trotseer, voordat alle nasies op Twickenham saamtrek vir ‘n historiese driedaagse eindstrydnaweek wat die kampioene sal bepaal. Die hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, het die kompetisie as transformerend vir die wêreldkalender beskou

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


SOKKER: Ronaldo kry sy eerste rooi kaart ooit
Cristiano Ronaldo het die eerste rooi kaart van sy lang internasionale loopbaan in Portugal se Wêreldbeker-kwalifiseerder teen Ierland ontvang. Die waarskuwing vir ‘n elmboog op Dara O’Shea is geëskaleer tot ‘n onmiddelike ontslag na ‘n hersiening langs die veld, wat onsekerheid geskep het aangesien FIFA-reëls daarop dui dat hy ‘n verbod van meer as een wedstryd in die gesig kan staar. Vir Ronaldo is die tydsberekening ontmoedigend, met sy droom van ‘n sesde Wêreldbeker-versk

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


Slaggate hou ernstige gevaar vir motoriste in
Hoewel van die slaggate op die R59-pad in die Vrystaat verlede week herstel is, is daar groot en diep slaggate wat, met die swaar reën van die afgelope week, 'n ernstige gevaar vir motoriste inhou. Volgens Parys Gazette was vyf voertuie Maandagoggend binne ‘n halfuur langs die pad gestrand. Dit as gevolg van band- en wielvelling skade asook gekraakte windskerms. ‘n Inwoner van Parys, Louise Loots, was een van die motoriste wat langs die pad gestrand was. Volgens haar is die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


‘n Vrystaatse universiteit installeer die hoogste weerstasie in Suider-Afrika
Die hooste weerstasie in Suider-Afrika is deur die Universiteit van die Vrystaat en die Afromontane Navorsingseenheid (ARU) geïnstalleer. Die weerstasie is bo-op die Amfiteater in die Maloti-Drakensberge, 3 100km bo seespieël, geleë. Luidens ‘n aanlyn artikel sal dié baanbrekerstasie intydse klimaatdata verskaf, wat krities is om een van Afrika se mees onderbestudeerde ekosisteme - die alpiene sone, te verstaan. Volgens ARU se direkteur, Ralph Clark, bied die stasie ‘n nuwe p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


RUGBY: Springbok Vroue Sewes regeer oppermagtig in Afrika
Die Springbok Vroue Sewes het hul oorheersing op die vasteland onderstreep deur die gasheerland, Kenia, met 22-0 in die Rugby Afrika Vroue Sewesbeker-finaal te klop. Afrigter, Cecil Afrika, het die span se houding, eenheid en toewyding geprys en sê hul harde werk het beide die titelverdediging en kwalifisering vir die Challenger Three-toernooi gelewer. Die span se fokus sal verskuif na die komende uitnodigingsgeleentheid in Dubai voor Januarie se Challenger-kompetisie. Kaptei

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025


Onderwysers met kriminele skuldigbevindings word ontslaan
Provinsiale Onderwysdepartemente regoor die land berei voor om 60 onderwysers met kriminele skuldigbevindings in die komende maande te ontslaan. Hierdie onderwysers se besonderhede is óf in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders óf in die polisie se vingerafdruk- en klaringrekords gevind. Volgens sommige departemente kan dit tussen drie tot agt maande duur om die onderwysers se dienste te beëindig. Die Departement van Basiese Onderwys sê slegs ongeveer 10% van onderwy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


GHOLF: Rory McIlroy vir die sewende keer gekroon
Rory McIlroy het sy jaar op 'n hoogtepunt geëindig toe hy die DP World-gholfreeks se Race to Dubai-titel vir 'n sewende keer in sy loopbaan gewen het. Dit kom ten spyte van die feit dat hy tweede geëindig het in die reeks se Toerkampioenskapseindtoernooi nadat die Engelsman Matt Fitzpatrick hom in die uitspeelstryd getroef het. Netwerk24 berig die belowende, Jayden Schaper, het die beste van die Suid-Afrikaners gevaar en die 20ste plek gedeel met Jordan Smith van Engeland. Ro

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025
bottom of page

