top of page


Alle Plasings


Die SOE vra vir nouer samewerking met die NVG en die Valke
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) doen ‘n beroep op nouer samewerking met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke, namate kommer groei oor die lae aantal korrupsiesake wat na geregistreerde kriminele dossiere vorder. Volgens die SOE het hulle 5 944 sake sedert 2011 na die NVG verwys, maar slegs sowat 10 persent het tot geregistreerde kriminele dossiere gelei. Dit laat vrae ontstaan oor die land se vermoë om langdurige korrupsieondersoeke in suksesvolle kriminele

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


TikTok gaan $400-miljoen aan die VSA betaal
TikTok het ingestem om $400-miljoen aan die Verenigde State te betaal om ‘n regsgeding te beëindig wat beweer dat hul platform kinders se privaatheid geskend het. Dit is een van die grootste skikkings ooit oor die kwessie. Die ooreenkoms spruit uit ‘n regsgeding in 2024 deur die Departement van Justisie onder die voormalige president Joe Biden wat beweer dat TikTok en hul moedermaatskappy ByteDance groot hoeveelhede data oor miljoene gebruikers onder die ouderdom van 13 versa

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


Die Weermag ontvang befondsing vir Operasie Prosper
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die toewysing van R823-miljoen ontvang vir sy ontplooiing om misdaad in vyf provinsies te bekamp. Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane sê die geld is gedeponeer en sal nou versprei word na waar dit nodig is. Die betaling kom meer as vyf maande na Operasie Prosper, wat daarop gemik is om onwettige mynbou en bendegeweld te voorkom en te bestry, geloods is. Operasie Prosper betrek meer as tweeduisend soldate en sal na ver

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


Twee is dood in ‘n swaardaanval by ‘n Sweedse skool
Twee mense is dood nadat ‘n 18-jarige verdagte, gewapen met ‘n swaard, studente by ‘n hoërskool in sentraal-Swede aangeval het. Die aanval, wat plaasgevind het toe die skool ná die somervakansie heropen het, het ook drie mense beseer gelaat, insluitend twee tienerseuns. Die tieners het ernstige beserings opgedoen, terwyl ‘n derde beseerde persoon uit die hospitaal ontslaan is. The Guardian berig een van die tieners het ook later aan sy wonde beswyk. Plaaslike media berig dat

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


Die rand bereik R16 teenoor die dollar
Suid-Afrika se rand het hierdie week tot R16 teenoor die dollar versterk, wat sy verliese weens die Iran-oorlog uitgewis het. Die rand het met nul-komma-agt persent tot R16 per dollar gestyg namate die dollar tot ‘n driemaande-laagtepunt verswak het nadat die Amerikaanse Tesourie skuldterugkoop aangekondig het om opbrengste laer te druk. In Maart het die rand tot ‘n viermaande-laagtepunt gedaal namate die Midde-Oosterse konflik oliepryse hoër gedryf het. Ter illustrasie. FOTO

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


Cosatu ondersteun plaaslike farmaseutiese produksie
Die vakbond Cosatu verwelkom gesprekke tussen die Departement van Gesondheid en farmaseutiese vervaardigers om plaaslike verkryging te bevorder. Die vakbond sê sterker vennootskappe tussen die regering, sakeondernemings en arbeid kan help om werk te beskerm en te skep te midde van Suid-Afrika se werkloosheidsyfer van 43-komma-agt persent. Cosatu beklemtoon dat die ondersteuning van plaaslike farmaseutiese produksie ook die bedryf se kapasiteit om Afrika te bedien kan uitbrei

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


Ramaphosa is vol vertroue rakende die hof se hersiening van die afsettingsverslag
President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordigers sê dit is onwaarskynlik dat die Wes-Kaap-hooggeregshof die hersiening van ‘n parlementêre verslag wat verband hou met sy afsetting sal vertraag. Die hof oorweeg ‘n aansoek deur die MK-party en die United Africans Transformation (UAT) om teen ‘n interdik te appelleer wat die parlement se afsettingsverrigtinge onderbreek het. Ramaphosa se prokureurs sê dit is onwaarskynlik dat openbare verhore voor die tweede helfte van Oktober

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


‘n Voormalige wêreldkampioen bokser is doodgeskiet
Die voormalige wêreldkampioen in die bantamgewigafdeling van twee boksliggame, Zolani Tete, is in 'n motor voor sy huis in Mdantsane naby KuGompo-stad doodgeskiet. Die 38-jarige bokser was glo op die punt om sy terugkeer te maak ná 'n skorsing van vier jaar weens verbode middel. ‘n Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, brigadier Nobuntu Gantana, het bevestig dat ‘n skietvoorval gisteraand plaasgevind het. Volgens Gantana het die 38-jarige Tete by sy woning aangekom en gewag vir die

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


Khumalo sê hy is gereed om weer te dien
Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, sê hy is gereed om weer Suid-Afrikaners te dien nadat die aanklagte van bedrog en korrupsie teen hom en ses medebeskuldigdes teruggetrek is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het die aanklagte formeel by die Pretoria-landdroshof teruggetrek. Die saak hou verband met die beweerde onreëlmatige aanstelling van brigadier Dineo Mokwele. Khumalo het die media oor die saak toegespreek en beklemtoon dat die terugtrekking goed is vir d

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22


MIDDAG SPORT: Die Springbokke is gereed vir hul eerste All Blacks-toets, die Cheetahs mik vir nog ’n Curriebeker-oorwinning en Pegula en Swiatek lei die stryd in Cincinnati
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbokke se aandag is op die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, met Nieu-Seeland wat Saterdagmiddag in die eerste van vier toetse teen Suid-Afrika uitdraf. Die wedstryd word by Ellispark in Johannesburg gespeel, met Pieter-Steph du Toit as kaptein nadat Siya Kolisi weens ’n dyspierbesering uit die beginspan gelaat is. Damian de Allende speel ook sy 100ste toets vir die Springbokke. Reuters berig die Bokke het hul laaste ses wedstryde teen die All

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 21


Solidariteit kritiseer die polisiediens se bevorderingspraktyke
Die vakbond Solidariteit sê gebrekkige bevorderingsprosesse binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens kos belastingbetalers geld en benadeel beamptes onregverdig. Die kommentaar volg op ‘n uitspraak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat bevind het dat die polisiediens kaptein Christiaan du Plessis onregverdig van ‘n stasiebevelvoerder-kortlys in Moorreesburg uitgesluit het, ten spyte daarvan dat hy gekwalifiseerd is. Die polisiediens is gelas om hom die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


Eskom verbied 101 verskaffers om sake te doen
Eskom sê 101 verskaffers, insluitend direkteure en eienaars, is vir tydperke van tot 10 jaar verbied om sake met die kragvoorsiener te doen. Die beperkings volg op dissiplinêre prosesse oor sake wat van 2015 tot Maart vanjaar dateer, met die meeste wat beweerde wangedrag tussen 2016 en 2022 behels. Volgens Eskom hou die sake verband met bedrog, korrupsie, wanvoorstelling, sameswering en ander oortredings van integriteitsreëls. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê 35 maat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


Vroue moet in die middelpunt van kunsmatige intelligensie geplaas word
‘n Senior Navorsingswetenskaplike by Sony KI, doktor Wiepke Hutiri, sê vroue moet in die middelpunt van kunsmatige intelligensie geplaas word om te verseker dat tegnologiese vooruitgang alle Suid-Afrikaners bevoordeel. Sy was Donderdagaand ‘n hoofspreker by die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings in Johannesburg. Hutiri sê vroue moet nie net voordeel trek uit navorsing en tegnologie nie, maar ook help om navorsingsvrae, metodologieë, data-analise en befondsingsprio

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


Borgtog is toegestaan in ’n beweerde motorlisensiebedrog-saak
’n Man wat ná ’n driejaar lange ondersoek verlede maand in Parys in hegtenis geneem is oor sy beweerde betrokkenheid by miljoene rande se bedrog met motorvoertuiglisensies, kry borgtog van R5 000. Parys Gazette berig Randy Mofokeng sal weer op 25 September in die Parys-landdroshof verskyn. Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie, RTMC, word vermoed dat Mofokeng deel is van ’n sindikaat wat in Gauteng en die Vrystaat bedrywig is. Die groep sou na bewering saam met regeringsa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


SA stel wateroplossings by die Wêreldwaterweek ten toon
Suid-Afrika sal sy waterhervormings en klimaatsveerkragtigheidspogings by Wêreldwaterweek in Stockholm ten toon stel. Die adjunk-direkteur-generaal vir Waterdienstebestuur, doktor Risimati Mathye, sal die afvaardiging lei, wat verteenwoordigers van watersektor-entiteite en opvangsagentskappe insluit. Die afvaardiging sal pogings beklemtoon om watersekerheid, sanitasie en betroubare dienste te versterk. Mathye sê samewerking, innovasie en belegging is noodsaaklik om wateruitda

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


Basiese Onderwys wil aanspreeklikheid in skole verskerp
Slegs sowat 51 000 van die ongeveer 500 000 opvoeders in Suid-Afrika is teen Mei teen die Nasionale Register vir Seksoortreders gekeur. Volgens die adjunkdirekteur van Maatskaplike Mobilisasie by die Departement van Basiese Onderwys, Likho Bottoman, wil die departement die keuringsproses vir skoolpersoneel versnel. Bottoman sê minister Siviwe Gwarube sal ook met die minister van Justisie gesprek voer oor beperkte, wettige toegang tot die register. Intussen sê die departement

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


Magashule wil weet wanneer die “nonsens” gaan eindig
Voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule vra wanneer die “nonsens” rondom die asbessaak teen hom en sy mede-beskuldigdes tot ’n einde gaan kom. Daily Sun berig die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het die saak tot 18 Januarie 2027 uitgestel, nadat die verdediging en staat aangedui het dat daar steeds voorbereidingswerk uitstaande is. Dit sluit onder meer die bekendmaking van omvangryke bewysstukke en uitstaande getuieverklarings in. Magashule sê hy wil hê die waarh

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


‘n Vrystaatse polisiekonstabel is in die hof oor beweerde omkoopgeld
‘n Vrystaatse polisiekonstabel het in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en regsverydeling. Nkosana Mkhwanazi, verbonde aan die Welkom-voertuigmisdaadondersoekeenheid, is in hegtenis geneem nadat hy glo R1 500 en ‘n identiteitsdokument van ‘n voertuigeienaar geneem het om die vrystelling van ‘n voertuig te verseker. Sy bevelvoerder het geweier om die vrystelling te magtig omdat die ondersoek onvolledig was. Die Teen-Korrupsie-eenheid het die saak onders

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21


Augustus se brandstofprysaanpassings het byna al die verbeterings uitgewis
Brandstofprysaanpassings teen die einde van die derde week van Augustus het byna al die verbeterings van die afgelope paar weke uitgewis. Dit beteken motoriste staar in September ’n aansienlike styging in petrol- en dieselpryse in die gesig. Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds het brandstofprysaanpassings weer in die rigting van die groot onderverhalings aan die begin van die maand beweeg. Die ommekeer in die prysaanpassings is te wyte aan die voortslepende

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21


Die skielike massavrekte van sardyne word ondersoek
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE) het ’n dringende taakspan ingestel om ’n reaksie op die vrekte van duisende sardyne en die ontdekking van die sardynherpesvirus te koördineer. Die rol van die virus, omgewingstoestande en ander moontlike faktore wat tot die massavrektes kon bygedra het, sal ondersoek word. Dit kan wees dat ’n kombinasie van die virus en ’n omgewingstresfaktor wat nog nie vasgestel is nie, tot die vrekte van die ander sardyne gelei he

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21


Vyf is vas ná die ontdekking van ’n dwelmlaboratorium
Die Valke het vyf verdagtes in hegtenis geneem ná die ontdekking van ’n dwelmlaboratorium ter waarde van R600 miljoen in Musina, Limpopo. Die Valke het die dwelms, ’n onbekende bedrag kontant en laboratoriumtoerusting tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie op 'n plaas in Musina gevind. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. Die Valke se luitenant-kolonel Avele Fumba sê die verdagtes sluit twee Meksikaanse burgers, twee Zimbabwiërs en een Malawiese bur

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21


Die VSA dreig weer met streng sanksies teen Iran
Die Verenigde State van Amerika (VSA) het weer gedreig om streng sanksies teen Iran in te stel. Die twee lande ruil steeds dreigemente uit, aangesien hulle nie kan ooreenkom oor voorwaardes om hul oorlog te beëindig nie. Die VSA sê dat die sanksies die strengste in die geskiedenis sal wees en die behoefte aan groot militêre operasies teen Iran sal verminder. Die VSA sê daar sal ook ekonomiese gevolge wees vir enige land wat enige vorm van ondersteuning aan Iran bied. Ter illu

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21


Absa neem oor by Standard Bank as meesterbewaarder van die GEPF
Absa is aangestel as die meesterbewaarder van die Regeringswerknemerspensioenfonds (GEPF), wat bates van meer as R3,5 biljoen het. Die aanstelling gee Absa verantwoordelikheid vir die veilige bewaring en administrasie van die fonds se beleggingsbates, insluitend die afhandeling van beleggingstransaksies, kontantbestuur wat met beleggings verband hou, en verslagdoening. Die bank neem die verantwoordelikheid oor by Standard Bank, wat vir 30 jaar die GEPF se bewaarder was. IOL b

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21


Die CPUT se eerste dag van studente-ontruiming het goed verloop
Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) sê die eerste dag van die ontruiming van studente het Donderdag goed verloop. Die universiteit het alle leer- en onderrigaktiwiteite opgeskort ná gewelddadige studentebetogings waarin minstens drie mense beseer is en eiendom beskadig is. Skade aan infrastruktuur n࣭á die protesoptog word op een miljoen rand geraam. Volgens Newskoop het sommige studente sedertdien die instelling verlaat terwyl ander gekies het om te bly.

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21
bottom of page


