top of page

Alle Plasings


Daar is geen heksejag, sê 'n Bloemfonteinse skoolhoof
Bewerings dat die hoof van die Rosenhof Spesiale Skool in Bloemfontein ’n “heksejag” van stapel gestuur het of privaatspeurders aangestel het ná die petrolbomaanval op haar huis vroeër dié maand is vals. Volksblad berig die Vrystaatse onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, het meer as twee weke nadat ’n petrolbom na die huis van die skoolhoof, Nthuseng Davids, gegooi is, gesê die bewerings oor 'n heksejag is vals. Bronne het vroeër aangevoer dat Davids glo privaat

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


TENNIS: Raducanu en Osaka pas hulle planne vir die vroeë seisoen aan
Emma Raducanu het haar onttrek aan twee vertoonwedstryde in Desember teen Amanda Anisimova weens ‘n voetprobleem.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2025


SOKKER: Arsenal skitter terwyl United in Europa struikel
Arsenal het ‘n terugkeer gemaak om met 2-1 oor Real Madrid te wen, terwyl Manchester United ‘n swaar 5-2 nederlaag in Wolfsburg in die Vrouekampioeneliga verduur het.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2025


'n Vrystaatse munisipale bestuurder is vas vir transformatorbedrog
Die Valke in die Vrystaat het die voormalige munisipale bestuurder van die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit en die direkteur van Lesedi Khanya Energy in hegtenis geneem vir beweerde bedrog, diefstal en geldwassery met betrekking tot elektrisiteitstransformators. Die maatskappy is ‘n tender ter waarde van R1,9 miljoen toegeken om transformators in die Maluti-A-Phofung-gebied in 2021 te installeer. Die transformators is egter nooit afgelewer nie. Dit het later aan die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


De Lille loods ‘n slim toerisme sentrum
‘n Slim toerisme besoekersinligtingsentrum is Woensdag amptelik deur die minister van toerisme, Patricia De Lille, by die OR Tambo Internasionale Lughawe bekendgestel. Die inligtingsentrum is ‘n interaktiewe en papierlose spilpunt wat tydige inligting oor die land se diverse toerisme-, kulturele en erfenisaanbiedinge verskaf. Aangesien die land G20-afgevaardigdes en internasionale besoekers huisves, sal die sentrum gaste verwelkom en hulle van eg Suid-Afrikaanse reiservarings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Siggestremdes voel die regering laat hul in die steek
Mense met siggestremdhede in Suid-Afrika voel toenemend gefrustreerd en in die steek gelaat deur die regering. Dit omdat die regering steeds versuim om die Marrakesj-verdrag te bekragtig, ondanks meer as ʼn dekade se beloftes en ʼn duidelike uitspraak van die Konstitusionele Hof. Maroela Media berig dit beteken dat blindes en ander siggestremdes steeds nie toegang tot miljoene boeke, wat wêreldwyd beskikbaar is, het nie. Die Marrakesj-verdrag is in 2013 deur Suid-Afrika aanva

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


AfriForum rus jong Bloemfonteiners met lewensreddende vaardighede toe
Omvattende selfverdeging- en noodhulpopleiding is aan sowat 70 kinders van die Engo Jeugsorg aangebied. Luidens ‘n mediaverklaring is die inistiatief van die AfriForum-tak in Bloemfontein se jeug en hul plaaslike protospan, daarop gemik om jongmense met praktiese, lewensreddende vaardighede toe te rus. Ook stel dit hulle in staat om reg en selfversekerd op te tree wanneer ‘n noodsituasie ontstaan. Gegewe die misdaadsituasie in die land sê AfriForum Jeug se beampte vir Struktu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


FORMULE 1: Oscar Piastri ontvang Australië se hoogste sporttoekenning
Die Formule 1-ster Oscar Piastri het Australië se hoogste sporttoekenning ontvang. Piastri is tydens die Sport Australia Hall of Fame-gala in Melbourne met The Don Award vereer. Hy beskryf dit as ’n “massiewe voorreg” om ’n toekenning met die naam van sportlegende Sir Donald Bradman te ontvang. Die toekenning erken Piastri se uitsonderlike 2025-seisoen, waarin hy reeds sewe Grand Prix-seës behaal het. Motorsport Australia het sy prestasies met lof beskryf: Piastri se harde we

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


RUGBY: Mostert se rooi kaart word geherklassifiseer
Springbok-slot Franco Mostert se rooi kaart is deur ’n onafhanklike tugkomitee tot 'n geel kaart geherklassifiseer. Volgens die tugkomitee was die aanvanklike botsing met die skouer, en enige kopkontak was “waarskynlik of minimaal.” Dit beteken dat Mostert nou weer beskikbaar is vir die kragmeting teen Ierland. 'n Amptelike nuusverklaring hieroor moet nog deur die Quilter Nations Series uitgereik word. Franco Mostert Rooi Kaart. FOTO: SA Rugby Magazine

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


RUGBY: Brits gretig om nuwe sewesrugbyseisoen te begin
David Brits sê dit het nege toernooie en twee toetsseisoene geneem om werklik in sewesrugby te vestig. Die 29-jarige het ‘n baie sterker 2025-seisoen geniet met ses toernooiverskynings, insluitend titeloorwinnings in Kaapstad en Los Angeles, en glo ‘n soliede voorseisoen het hom gereed gemaak om betekenisvolle bydraes te lewer. Brits skryf ‘n openhartige gesprek met afrigter, Philip Snyman, toe dat dit hom gehelp het om sy benadering te vereenvoudig, en hy is oortuig dat die

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


‘n Bekende in die grondboonbedryf is skielik oorlede
Die 70-jarige Schalk Keet wat in sy dekades lange loopbane diep spore in die grondboonbedryf getrap het, is skielik na ‘n kort siekte oorlede. Landbouweekblad berig volgens ‘n boer van Vaalharts, Alfons Visser, het Keet onlangs ‘n longinfeksie opgedoen, en is in ‘n hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Sy niere het ingegee en hy is na drie dae in die waakeenheid oorlede. Volgens Visser is daar groot waardering vir Keet se werk onder grondboonboere in verskillende provinsies.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Hoë skuldvlakke dui steeds op ekonomiese druk
Hoewel die jongste rentekoerse-kortings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank verligting vir talle Suid-Afrikaners gebring het, is daar steeds verbruikers wat swaar skuld dra. Dit is volgens die skuldbeheersmaatskappy DebtBusters. Baie Suid-Afrikaanse huishouding maak steeds staat op korttermynbetaallenings om uitgawes te dek. Volgens DebtBusters het aanlyndienste vir skuldberading in die derde kwartaal van die jaar met 47% gestyg. Baie huishoudings betaal tot 70% van hul nett

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Motshekga is woedend oor die vloothoof se beskuldigings
Sy het gewaarsku dat sy dissiplinêre stappe teen Lobese sal neem.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 19, 2025


Beweerde juweeldiewe is vas na ‘n oor-en-weer geskietery
‘n Oor-en-weer geskietery met die polisie het tot die inhegtenisname van twee mans - wat vermoedelik juwelierswinkels in Bloemfontein beroof het - gelei.

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 19, 2025


AfriForum se nuwe verslag toon die erns van rassebeleide
Die burgerorganisasie AfriForum sê sy nuwe sogenaamde “Die wêreld moet weet”- verslag toon die erns van rassebeleide in Suid-Afrika en hoe minderheidsgroepe se regte geskend word. Die organisasie het ook ’n internasionale skakelveldtog aangekondig om die verslag met invloedryke leiers in die Europese Unie en later by die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies te deel. Volgens AfriForum se Ernst van Zyl dokumenteer die verslag diskriminasie, die bedreiging van eiend

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Boere word gewaarsku oor moontlike dam-oorstromings
Die riviervlakke kan in die komende week styg nadat agt sluise van die Vaaldam ná swaar reën in die dam se opvangsgebied oopgemaak is. Netwerk24 berig boere langs die Vaal- en Oranjerivier moet dus paraat wees aangesien infrastruktuur in laerliggende gebiede binne die vloedvlakte geraak kan word. Woordvoerder van die departement van water en sanitasie (DWS), Amogelang Moholeng, versoek gemeenskappe in die Vaaldriehoek, Parys en ander laerliggende gebiede naby die rivier om wa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Suid-Afrikaanse renosterhoring is op 'n Singapoer-vliegtuig gevind
Die owerhede in Singapoer het op ʼn renosterhoringvonds ter waarde van duisende rande op ʼn vliegtuig beslag gelê. Maroela Media berig Singapoer se Nasionale Parkeraad sê ʼn vraghanteerder het ʼn “sterk reuk” by een van die pakke meubelgoedere opgemerk. By nadere ondersoek is 20 renosterhorings gevind, wat later bevestig is as dié van Suid-Afrikaanse witrenosters. Volgens die parkeraad sal die renosterhorings vernietig word ingevolge bepalings van die konvensie oor die internasio

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


'n Bloemfonteinse man is vas oor 'n bebloede bul
Die eienaar van ’n bul is in Bloemfontein vir beweerde dieremishandegling in hegtenis geneem. Dit kom nadat 'n bekommerde lid van die publiek die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekontak het toe hulle gister 'n geparkeerde sleepwa by die Fleurdal-winkelsentrum met 'n bebloede bul op gesien het. Volksblad berig DBV-inspekteur Lucky Olifant het op die bul afgekom waar hy glo besmeer met bloed met ’n tou aan die sleepwa vasgebind was. Albei die bul se horings was afgebreek en h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Mbalula sê niemand het Ramaphosa gevra om uit te tree nie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê niemand het president Cyril Ramaphosa by die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) versoek om uit te tree nie. Dit volg nadat Ramaphosa die afgelope naweek aan die NUK gesê het dat as hy gevra word om te bedank, hy dit onmiddellik sal doen. Mbalula sê die president het net van die gerugte wat in die openbaar versprei is, aangespreek. LUISTER: FOTO: Instagram

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Die omstrede Epstein-dokumente word vrygestel
Die Amerikaanse Kongres het met oorweldigende steun gestem om alle ongeklassifiseerde regsdokumente oor die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, vry te stel. Volgens die BBC het die Huis die besluit met 427 teen een aanvaar, net dae nadat president Donald Trump sy langdurige weerstand laat vaar het. Die Senaat het dit vinnig bekragtig, wat beteken dat Trump dit binnekort kan onderteken. Oorlewendes van Epstein se beweerde misbruik was in Washington om groter deursigti

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


BOKS: Joshua en Paul gereed vir hoofgeveg in Miami
Jake Paul sal die voormalige swaargewig-wêreldkampioen, Anthony Joshua, op 19 Desember in ‘n agt-ronde geveg by Miami se Kaseya-sentrum aandurf, met die geveg wat regstreeks op Netflix uitgesaai word. Paul spog met ‘n 12-1 rekord en sê om Joshua te klop, sal kritici stilmaak en sy aanspraak op ‘n toekomstige wêreldtitel-kans verseker. Albei vegters het vuurwerke belowe wanneer hulle mekaar onder die Miami-ligte ontmoet. Jake Paul vs Anthony Joshua. FOTO: Netflix

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


ATLETIEK: Gerda Steyn gereed vir langverwagte Soweto-debuut
Gerda Steyn is gereed vir haar eerste verskyning by die Soweto-marathon op 29 November, met Hollywood Athletics wat haar inskrywing bevestig. Die bestuurder, Manfred Seidler, sê Steyn is in uitstekende vorm na oorwinnings in beide groot ultras vanjaar. Steyn sal nou teen spanmaat en viermalige wenner in Soweto, Irvette van Zyl, te staan kom terwyl Hollywood Athletics mik vir ‘n vroue-podium-oorwinning gelei deur Van Zyl, die verdedigende kampioen, Neheng Khatala, en Steyn.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


RUGBY: Ierland-toets is nie 'n wrokwedstryd nie
Thomas du Toit en Grant Williams het skimpe dat Saterdag se kragmeting teen Ierland ‘n wrokwedstryd is, van die hand gewys en sê dat verlede jaar se noue nederlaag in Durban in die verlede is. Du Toit het beklemtoon dat die Bokke elke wedstryd afsonderlik hanteer en het Ierland se gestruktureerde styl as ‘n nuwe uitdaging uitgelig, terwyl Williams daardie sentiment beaam het. Nadat hy meer as twee jaar klubrugby in die Verenigde Koninkryk gespeel het, glo Du Toit dat die erva

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


Druk om slenkdalkoors-entstof te registreer neem toe
Na slenkdalkoors die naweek in die Kakamas-Augrabiese gebiede bevestig is, het druk op die registrateur van misstowwe, veevoedsel sowel as landbou- en veemiddels toegeneem. Dit om die registrasie van ‘n nuwe entstof teen dié siekte dringend goed te keur. Volgens Landbouweekblad sloer die aansoek al jare. Die uitbraak is nog ‘n groot terugslag vir die veebedryf aangsien bek-en-klouseer met rasse skrede toeneem en handel reeds baie ontwrig. Daar word verneem dat die entstof vi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025
bottom of page

