top of page

Alle Plasings


SOKKER: Lyon en Chelsea vaar goed met hoop op die kwarteindstryd van die Kampioeneliga
Lyon het hul perfekte begin in die Vroue-Kampioeneliga voortgesit met ‘n 3-1 oorwinning oor Wolfsburg. Wolfsburg se Lineth Beerensteyn het ‘n laat doel geskiet, terwyl Paris FC die oorwinning ontsê is toe Real Madrid se Caroline Weir diep in beseringstyd vir ‘n 1-1 gelykopuitslag aangeteken het. Chelsea het ook beïndruk en St Pölten met 6-0 geklop, terwyl Valerenga vir Roma met 1-0 geklop het, wat die Italianers steeds sonder ‘n punt gelaat het. Lyon vs Wolfsburg. FOTO: Franc

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2025


Die Vrystaat se oudste huis kry nuwe lewe
Die oudste huis in die Vrystaat word tans gerestoureer deur die familie van die Franse sendeling wat dié huis in 1832 gebou het. Jean Pierre Pellissier, ’n sendeling van Parys in Frankryk, het dié huis in Bethulie in 1832 gebou. Die Pellissier-woonbuurt in Bloemfontein is ook na die familie genoem. Vanaf 1972 is die huis as dorpsmuseum gebruik, maar toe die Vrystaatse regering in 2015 dit nie meer in stand kon hou nie, is dit aan die Pellissier-familie terugverkoop. Netwerk24

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


‘n Man sit lewenslank vir twee verkragtingvoorvalle
'n Man is in die Bloemfonteinse streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê Tsebo Johannes Lepelesane se skuldigbevinding spruit voort uit twee afsonderlike voorvalle van seksuele geweld wat in 2015 in die Bloemfontein-gebied plaasgevind het. In een voorval is ‘n vrou oorval terwyl sy na haar woning in Rocklands gestap het. Sy het opgemerk dat die verdagte haar volg, en probeer weghardloop. Die verdagte, gewapen met ‘n mes,

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal tot 31.9% gedaal. Dit is minder as die 33.7% van die vorige kwartaal. Die jongste data van Statistieke Suid-Afrika toon dat 17.1 miljoen mense nou in diens is, maar ongeveer 8 miljoen is steeds werkloos. Die Statistikus-generaal het die syfers Dinsdadg vrygestel, en voeg by hoewel die afname positief is, bly werkloosheid een van die land se mees volgehoue ekonomiese uitdagings. Intussen sê die Good-party Suid-Afrika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Argentinië se president gaan glo ook nie die G20 bywoon nie
Die president van Argentinië, Javier Milei, het aangedui dat hy glo ook besluit het om die G20-leiersberaad later hierdie maand in Johannesburg te boikot. Volgens ʼn Argentynse nuuswebwerf is dit om te bewys dat Argentinië se optrede ooreenstem met die beleid van die VSA. President Donald Trump het vroeër die maand gesê dat nie hy of enige Amerikaanse amptenaar die geleentheid in Suid-Afrika sal bywoon nie. Die stap is nog nie deur die Suid-Afrikaanse regering bevestig nie en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Bloemfonteiners ontvang eersdaags etlike maande se medikasie in een besoek
Met die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie, sal stabiele Bloemfontein-pasiënte 'n voorraad medikasie vir etlike maande in 'n enkele besoek ontvang. Dit in plaas van maandelikse hervullings. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sal die benadering die aantal kliniekebesoeke verminder. Dit sal dit ook makliker maak vir pasiente om hul behandeling na te kom terwyl dit die werklas op gesondheidsfasiliteite verlig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


DNS-pionier James Watson is oorlede
Die Amerikaanse nobelpryswenner, James Watson is in die ouderdom van 97 oorlede. Watson was een van die mede-ontdekkers van die DNS-struktuur. BBC berig in een van die grootste deurbrake van die 20ste eeu het hy die dubbelheliksstruktuur van DNS in 1953 saam met die Britse wetenskaplike Francis Crick geïdentifiseer. Dit het die weg vir vinnige vooruitgang in molekulêre biologie gebaan. Sy dood is deur die Cold Spring Harbor Laboratory, waar hy dekades lank gewerk en nagevors

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


SALT vier twee dekades van sterrekundige ontdekkings
Afrika se grootste optiese teleskoop, die Suider Afrikaanse Groot Teleskoop, of beter bekend as SALT, vier vanjaar 20 jaar van sterrekundige ontdekkings. Die teleskoop, geleë in Sutherland in die Noord-Kaap, kan lig waarneem van sterre en sterrestelsels wat ’n miljard keer te dof vir die menslike oog is. SALT, wat in 2005 deur oudpresident Thabo Mbeki geopen is, bly een van die wêreld se kragtigste teleskope. Wetenskaplikes sê dit het Suid-Afrika as wêreldleier in sterrekunde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


RUGBY: De Jager vir vier wedstryde geskors ná rooi kaart in Frankryk
Die Springbok-slot, Lood de Jager, is vir die res van die Herfsreeks uitgesluit ná ‘n skorsing van vier wedstryde vir ‘n gevaarlike duikslag in die oorwinning oor Frankryk. Hy is in die eerste helfte afgestuur vir ‘n skoueraanval op die Franse heelagter, Thomas Ramos, tydens Suid-Afrika se 32-17 oorwinning in Parys. Die skorsing beteken dat De Jager die komende toetse teen Italië, Ierland en Wallis sal misloop. Hy sal ook sy klubspan, Wild Knights, se Japan League One-wedstry

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2025


ATLETIEK: Xaba mik na maratonrekord in Valencia
Suid-Afrika se Glenrose Xaba was die uitblinker by die Spar Vroue 10km-toekennings in Johannesburg. Haar skoonskip oor Kaapstad, Durban, Tshwane, Gqeberha en Johannesburg het haar met 120 punte laat eindig, om die algehele Grand Prix-titel te verower en 515 duisend rand huis toe te neem. Xaba, wat die eerste swart vrou geword het om die reeks te wen, het gesê sy mik nou na haar eie nasionale maratonrekord by volgende maand se Valencia-maraton. Die 30-jarige het bygevoeg dat h

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2025


TENNIS: Sinner begin ATP-eindstrydverdediging met oorwinning in Turyn
Italië se Jannik Sinner het sy ATP-eindstrydtitelverdediging in styl geopen deur Felix Auger-Aliassime met 7-5, 6-1 voor ‘n passievolle tuisskare in Turyn te klop. Die oorwinning het Sinner se indrukwekkende binnenshuise hardebaan-wenreeks tot 27 wedstryde verleng. Sinner se presisie en krag was deurslaggewend toe hy die wedstryd met ‘n kishou afgesluit het en ‘n staande ovasie verdien het. Sinner, wat teen Carlos Alcaraz veg vir die wêreld se nommer een-ranglys aan die einde

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2025


Die regering moet duidelikheid gee oor belastingkrediete
Die Raad van Gesondheidsfinansiers sê hulle hoop dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, duidelikheid sal gee oor die regering se plan vir mediesefondsbelastingkrediete. Die groep vrees dat die krediete verwyder sal word om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier. Godongwana sal Woensdag die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring lewer. Die Raad van Gesondheidsfinansiers vra vir duidelikheid oor die Nasionale Tesourie se planne om mediese belasting

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


ʼn Korrupte NVG hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se grondwet in
ʼn Korrupte Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se grondwet in. So sê die EFF-leier, Julius Malema. Dit volg nadat die NVG-hoofadvokaat Shamila Batohi onthul het dat ondersoeke aan die gang is na ʼn NVG-aanklaer wat daarvan beskuldig word dat hy by georganiseerde misdaad betrokke is. Batohi het voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek. Sy het egter geweier om die aanklaer se naam te noem. Malema sê indien Bato

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Bouwerk aan 'n geheime Chinese projek by De Brug begin glo vroeg volgende jaar
Bouwerk aan Projek Zingisa op die De Brug-weermagbasis buite Bloemfontein, waarby China glo in die geheim betrokke is, sal vroeg in 2026 begin. Rosestad-nuus het vroeër berig dat die projek “intern en vertroulik” gehanteer word. Daar is aan Netwerk24 gesê die opknapping van die mobilisasiesentrum op De Brug sal minder as R500 miljoen kos, maar die spesifieke bedrag is nie gegee nie. DA-LP Chris Hattingh sê in 'n verklaring die party is bekommerd oor die “ernstige skending” va

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


Sarkozy is voëlvry ná net drie weke in die tronk
Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, is uit ‘n tronk in Parys vrygelaat, slegs drie weke ná sy vyf jaar tronkstraf begin uitdien het. Die 70-jarige het Maandag virtueel voor ‘n hof verskyn wat sy vroeë vrylating toegestaan het. Hy is verlede maand gevonnis vir sameswering om sy 2007-verkiesingsveldtog te befonds met geld van die oorlede Libiese diktator Muammar Gaddafi. Sy regspan het onmiddellik ‘n versoek ingedien om sy vrylating. Die BBC berig dat Sarkozy onde

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


NSFAS kry 'n nuwe voorsitter
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, het Mugwena Maluleke as die waarnemende voorsitter vir die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) aangestel. Dit kom nadat Karen Stander as voorsitter weens ʼn “toksiese werksomgewing gekenmerk deur rassisme, afknouery en intimidasie" bedank het. Stander het in haar bedankingsbrief aan Manamela onder meer gesê dat sy nie meer haar pligte “effektief en met goeie gewete” kon nakom nie as gevolg

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


'n Bekende Bybel-toep vier een miljard installasies
Die Bybel-toep YouVersion vier hierdie maand een miljard installasies. Hierdie mylpaal kom tydens ‘n rekordjaar vir Bybelbetrokkenheid, met YouVersion se globale toep-installasies wat met meer as 12% jaar-op-jaar gestyg het. Daaglikse gebruik groei selfs vinniger, met ‘n toename van 18% teenoor verlede jaar. Die YouVersion-familie van toeps, wat in elke land wêreldwyd gebruik word, sien ook een miljard toep-openings elke 39 dae, wat die groeiende betrokkenheid van sy globale

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


RUGBY: Fortuin gretig om voort te bou op debuutsukses
Springbok-vroue-sewesvoorspeler, Leigh Fortuin, sê sy is vasbeslote om aan te hou groei as ‘n speler terwyl die span voorberei vir die Rugby Africa-vroue-sewesbeker in Nairobi volgende week. Die 21-jarige sal in Poel A teen Zambië, Ghana en Egipte speel, terwyl Suid-Afrika daarna streef om hul onoorwonne rekord te verdedig en kwalifikasie vir die Challenger-reeks in Dubai te verseker. Fortuin, ‘n voormalige Junior Springbok-vrouekaptein, het haar land reeds voor die ouderdom

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 11, 2025


KRIEKET: Dolphins skitter met perfekte T20-uitdagingbegin
Die Hollywoodbets Dolphins het hul onoorwonne rekord in die KSA T20-uitdaging lewend gehou met ‘n oortuigende oorwinning, met sewe paaltjies oor die Warriors. Die Hoof-uitvoerende Beampte, Heinrich Strydom, het die jong spelers geprys vir hul opmars en opgemerk dat verskeie gereelde spelers nie beskikbaar was nie. Hy het die nuwe spelers, Anrich Nortjie en Leus du Plooy, geprys vir die byvoeging van ‘n belangrike vonk tot die span. Strydom het sê die sterk begin is ‘n goeie t

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 11, 2025


FORMULE 1: Ferrari-baas dring daarop aan dat Hamilton en Leclerc op resies fokus
Die Ferrari-president, John Elkann, het Lewis Hamilton en Charles Leclerc versoek om op hul bestuur te konsentreer eerder as om te praat nadat albei nie die Sao Paulo Grand Prix voltooi het nie. Die span se dubbele uittrede was nog ‘n laagtepunt in ‘n teleurstellende seisoen, met Hamilton wat sy debuutjaar by Ferrari as ‘n nagmerrie beskryf het. Elkann het beide jaers daaraan herinner dat ‘n tweede plek in die vervaardigerskampioenskap steeds moontlik was as hulle verenig en

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 11, 2025


Die vermiste Glen-seuntjie se ma glo die ontvoering is uit wraak
Die ma van die vermiste vyfjarige seuntjie van Glen buite Bloemfontein glo haar kind is deur ’n familielid uit wraak ontvoer. Dit kom nadat haar man, Kholisiwe Jonas, na bewering die driejarige Katleho Joy Leeuw verkrag en vermoor het. Die vermiste seuntjie, Onkarabetse Leeuw, is Saterdag omstreeks 16:00 laas gesien. Netwerk24 berig sy ma, Rethabile Leeuw, sê voor haar seun se verdwyning het iemand in die familie aan haar gesê dit is onregverdig dat sy nog haar twee kinders h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


TLU SA is ongelukkig oor die voorgestelde wapenwet
Die landbou-organisasie TLU SA het sy misnoë uitgespreek oor die voorgestelde wysigingswet op wapenbeheer van 2025. Die organisasie sê dat terwyl dit stappe teen onwettige wapens ondersteun, hierdie wysigingswet eerder wetsgehoorsame wapen-eienaars wil straf. TLU SA waarsku dat die nuwe voorsiening die reg tot selfverdediging beperk, en stel veral landelike gemeenskappe in gevaar. Die algemene bestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê misdaadbeheer behoort op onwettige wapens

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


Mans en vroue word tydens Herdenkingsdag vereer
Regoor die wêreld word mans en vroue wat in oorloë gedien, asook die wat hul lewe tydens die uitvoer van hul pligte verloor het, op Herdenkingsdag vereer. Rising Sun berig dié dag word sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918 op 11 November gevier. Regoor die wêreld word mense aangemoedig om papawers te dra. Geïnspireer deur die veerkragtige papawers wat na die Eerste Wêreldoorlog op die slagvelde van Vlaandere gegroei het, dien hulle as 'n herinnering aan beide

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Bloemfontein trek glo ook voordeel uit Suid-Afrika se lening
Die Suid-Afrikaanse regering het byna R16-miljard by die Wêreldbank geleen. Dit is deel van ’n ongeveer R52.5 miljard-inisiatief om groot metro’s te help om infrastruktuur op te gradeer en dienslewering te verbeter. Die program bevoordeel agt metro’s, insluitend Johannesburg, Kaapstad en eThekwini - wat saam 85% van die land se ekonomiese aktiwiteit lewer. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal volgens MoneyWeb ook voordeel uit die lening trek. Newskoop berig verder volgens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025
bottom of page

