top of page


Alle Plasings


Mark Burke is as voorsorgmaatreël uit finansiële komitees verwyder
Die DA het sy parlementslid, Mark Burke, as voorsorgmaatreël uit die parlement se finansiële komitees verwyder. Dit volg op ‘n ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank na ‘n fintech-maatskappy, Kastelo, wat deur Burke gestig is, oor beweerde oortredings van valutabeheer. Burke het verduidelik dat hy twee jaar gelede as die maatskappy se voorsitter bedank het toe hy gekies het om ‘n politieke loopbaan te volg. Hy het beklemtoon dat die Hooggeregshof geen bevinding van o

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 20


‘n Senioradviseur pleit skuldig aan sameswering om COVID-19-rekords te verberg
’n Voormalige senioradviseur van die kenner op die gebied van aansteeklike siektes, Anthony Fauci, het skuldig gepleit aan ’n sameswering om federale rekords oor navorsing oor die oorsprong van die dodelike COVID-19-pandemie te verberg. AP berig David Morens sal na verwagting op 12 November gevonnis word. Morens het skuldig gepleit aan sameswering om die Amerikaanse regering te bedrieg. Dit is strafbaar met ’n maksimum tronkstraf van vyf jaar. Morens word daarvan beskuldig da

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 20


‘n Verkragting-vonnisoplegging word vir die eerste keer virtueel gedoen
In 'n eerste in sy soort uitspraak is vonnisverrigtinge deur middel van ’n oudiovisuele skakel uitgevoer terwyl die beskuldigde in die hospitaal op 'n operasie wag. Die vonnisoplegging is vir 'n 82-jarige man van Petrusburg in die Vrystaat, wat skuldig bevind is vir die verkragting van 'n agtjarige meisie. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Thandi Mbambo is hy sedert sy skuldigbevinding in aanhouding. Tydens die vonnisverrigtinge het die prokureur die hof versoek om hom ni

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 20


Nog ‘n bestuurder is in die berugte Wilcocksweg beseer
Net meer as 'n jaar nadat sy broer in 'n botsing in Wilcocksweg in Bloemfontein dood is, is 'n 24-jarige motorfietsryer Dinsdagaand ook in dieselfde straat in ’n ongeluk beseer. Netwerk24 berig Ahmed Fawzy Elfeky was op pad huis toe ná werk vanaf die Baysvillage-sentrum toe ’n motor wat die straat wou oorsteek hom getref het. Elfeky is per ambulans van die ongelukstoneel na hospitaal geneem. Hy het beserings aan albei sy arms opgedoen en sy heup ernstig beseer. Dit is die twe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 20


Cosatu verwelkom die daling in verbruikersinflasie
Die vakbond Cosatu verwelkom die daling in verbruikersinflasie tot 4,3 % in Julie vanaf 5 % in Junie en sê werkers kan nie verdere verhogings bekostig nie. Die vakbond waarsku egter dat die verwagte brandstofverhogings in September inflasie kan opstoot. Cosatu se Matthew Parks sê stygende brandstof- en elektrisiteitskoste vererger die finansiële druk op werkers wat reeds met skuld sukkel. Parks sê hulle sal voortgaan om die regering te betrek om werkers en die ekonomie te ond

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 20


Namibiërs se oorskot word ná 100 jaar gerepatrieer
Die oorskot van 84 Namibiërs, asook twee vryheidsvegters, word ná ‘n dekade lange soektog na hul grafte gerepatrieer. EWN berig die oorskot is meer as 100 jaar gelede oneties uit Namibië geneem vir menslike eksperimente, waartydens hul skedels en breine met dié van ander rasse vergelyk en gemeet is. Dit is tydens die koloniale tydperk as deel van hoofstroomwetenskap beskou. Die oorskot is na instellings soos museums en universiteite gestuur. Die oorskot is onder andere by die

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 20


MIDDAG SPORT: LIV Golf sny die prysgeld vir die seisoenfinaal, Sabalenka dring deur na Cincinnati se vierde ronde en Rodri keer terug na Barcelona
Ons begin met gholf-nuus: LIV Golf het die prysgeld vir vandeesweek se laaste toernooi in Indianapolis met byna die helfte verminder, met die individuele pot wat van $20-miljoen tot $10,1-miljoen gesny is en die wenner wat nou net meer as $2-miljoen sal ontvang. Die byeenkoms by The Club at Chatham Hills sal ook as die spankampioenskap dien, nadat die oorspronklike eindstryd in Michigan gekanselleer is, terwyl die spanprysgeld van $50-miljoen in 2025 tot $30 miljoen verminder

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 19


Manamela gryp in by CPUT ná brandstigting
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het ’n departementele span opdrag gegee om dringende gesprekke tussen die bestuur, raad en studenteleiers van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, CPUT, te fasiliteer. Die ingryping volg op ’n voorval van brandstigting by die Bellville-kampus en kommer wat deur studente geopper is oor die voorgestelde finansiële plan vir 2027, historiese skuld, registrasievereistes, verblyfgelde en akademiese rekords. Die span sal

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Boere verwelkom vordering met BKS-entstowwe
Boere het die vordering verwelkom wat gemaak is met die verkryging van bek-en-klouseer entstowwe uit die private sektor. Volgens BK Response SA het die eerste besendings entstowwe hierdie week private veeartsenykundige praktyke begin bereik. Die groep sê die volgende stap is dat die Departement van Landbou gereeld inligting van sy uitbrekingstoetse deel, en voeg by boere en veeartse moet inligting ontvang oor waar die siekte voorkom, en watter stamme opgespoor word. Ter illus

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Daar word gevra dat veesterftes in die Vrystaat tot ramp verklaar word
Die African Farmers’ Association of South Africa, AFASA, vra dat die vrektes van meer as 500 beeste in die Vrystaatse Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit tot ’n ramp verklaar word. SABC News berig die beeste het verlede week tydens gure weerstoestande, met swaar reën en sneeu, omgekom. AFASA se hoof van die Landhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê die vrektes is ’n tragedie wat die regering se onmiddellike ingryping vereis. Hy het in Heilbron gepraat tydens ’n drie-dag-program

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Die Good-party eis ook Mark Burke se verwydering
Die Good-party het by die oproepe aangesluit vir die verwydering van Mark Burke uit die parlement se komitees. Burke is onder die soeklig weens die bewerings teen die fintech-maatskappy Kastelo. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek Kastelo vir beweerde oortreding van die land se valutabeheer. Burke het homself van die maatskappy gedistansieer en sê hy het in Februarie as voorsitter bedank. Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die bewerings teen Kastelo is kommer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Die polisie teiken vermeende dwelmhandelaars die Mangaung-metro
Ses verdagtes is in hegtenis geneem en dwelms ter waarde van ’n geraamde R57 000 is tydens ’n Operasie Shanela Twee-misdaadoperasie in Botshabelo gekonfiskeer. Die polisie het vermeende dwelmhandelaars en onwettige vuurwapenaktiwiteite in verskeie gebiede geteiken. Twee ongedokumenteerde buitelandse burgers is in hegtenis geneem vir dwelmbesit en immigrasie-oortredings. Die polisie het ook ’n 54-jarige man in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige handel in dagga, terwyl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Die Vrystaatse polisie waarsku teen aanlyn swendelary
Die Vrystaatse polisie waarsku mense oor toenemende swendelary op Facebook Marketplace en ander aanlyn handelsplatforms. Misdadigers gebruik vals profiele, winskopies, vals betalingsbevestigings en QR-kodes om geld of persoonlike inligting te steel. Die polisie raai kopers en verkopers aan om profiele te verifieer, verdag goedkoop aanbiedinge te vermy en nooit deposito’s te betaal voordat hulle bevestig dat ‘n item wettig is nie. Hulle waarsku ook teen die staatmaak op skermk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Cosatu ondersteun Popcru in ‘n geskil met Korrektiewe Dienste
Cosatu het die polisievakbond Popcru se oorwinning in die Arbeidshof in die Mangaung-korrektiewe sentrum-saak verwelkom, en solidariteit met die vakbond se eise aan die Departement van Korrektiewe Dienste uitgespreek. Cosatu sê die hofuitspraak versterk werkers se beskerming kragtens Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge wanneer dienste of bedrywighede van eienaar verwissel. Die federasie steun ook Popcru se oproep tot dringende optrede oor personeel, werksomstandighe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Kontrakteurs in die Vrystaat moet pa staan vir hul werk
Vrystaatse afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies eis dat kontrakteurs wat provinsiale projekte vertraag of nie voltooi, geswartlys word. Volgens inligting van die Parlement volg dit op ’n vergadering met premier MaQueen Letsoha-Mathae en die Ouditeur-Generaal oor uitgerekte infrastruktuurprobleme in die provinsie. Die afgevaardigdes is veral besorg oor die Pelonomi-hospitaal se kraam- en neonatale eenheid, wat reeds meer as agt jaar lank sloer. Dié vertragings v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Verdagtes is in Bloemfontein met Centlec-toerusting vasgetrek
Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat elektriese infrastruktuur ter waarde van sowat R110 000 by Centlec se perseel in Oranjesig, Bloemfontein, teruggevind is. Volgens Bloemfontein se kragverskaffer het sekuriteitswagte ’n anonieme wenk ontvang oor vermoedelike gesteelde koperdraad en meterbokse wat in sportsakke versteek is. Sekuriteitspersoneel het daarna ’n munisipale vullisverwyderingsvragmotor onderskep toe dit die Centlec-perseel verlaat. Daar is tydens ‘n deursoek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


ZZ Top se Frank Beard is oorlede
Frank Beard, die jarelange tromspeler van die Amerikaanse rock-blues-groep ZZ Top, is in die ouderdom van 77 oorlede. eNCA berig Beard was by sy plaas in Richmond, Texas, onder hospicesorg toe hy met familielede aan sy sy oorlede is. Hy het verlede jaar opgehou toer nadat hy weens ongespesifiseerde gesondheidsprobleme ’n tree teruggegee het. Beard het in 1969 by ZZ Top aangesluit en was ses dekades lank deel van die groep se ontwikkeling van bluesrock tot ’n meer elektroniese

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19


Die Comrades verskyn nie meer op wedloopkalenders nie
Die Comrades-marathon sal voortaan nie in amptelike wedloopkalenders ingesluit word nie. Atletiek Suid-Afrika (ASA) het aangekondig dat hy hom van dié ultramarathon distansieer. Dit kom aangesien die organiseerders van die byeenkoms nie aan regulasies van KwaZulu-Natal Athletics, ASA en World Athletics voldoen het om die byeenkoms goedgekeur te kry nie nie. Business Tech berig lede van die Comrades Marathon Association (CMA) het gestem om nie by ASA of KwaZulu-Natal Athletics

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


Ramaphosa maak beswaar teen Madonsela se aanstelling as bewysleier
President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen die aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela as bewysleier vir die Artikel 89-Afsettingskomitee. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, het bevestig dat hy Dinsdagaand ’n brief van die president se kantoor ontvang het. Ramaphosa het sy kommer in ‘n brief uitgespreek oor ’n moontlike botsing van belange. Die president sê Madonsela het voorheen dieANC oor die ondersoek geadviseer. Gana sê die komitee bestudeer die brief

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


AfriForum en March and March wil gemeenskappe op grondvlak bevoordeel
AfriForum en March and March het gesprekke gevoer wat daarop gemik is om gemeenskappe en burgers op grondvlak te bevoordeel. Die organisasies het gemeenskapsorganisasie, kapasiteitsbou, moedertaalonderrig en vreedsame naasbestaan as moontlike areas van samewerking geïdentifiseer. Die stigter van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma, sê ‘n verenigde Suid-Afrika moet gebaseer wees op ubuntu, respek vir kulturele en godsdienstige oortuigings, universele menseregte en die oppe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


‘n Bloedskenker gee 300 eenhede
‘n Gereelde bloedskenker, Johan de Koker, het ‘n mylpaal van 300 bloedskenkings bereik en erkenning gekry vir sy langdurige toewyding om lewens te red. De Koker is ‘n lid van die Pretoria Sentrale Skenkerkomitee en skenk steeds gereeld. Sy jongste skenking was bloedplaatjies by die Centurion Skenkersentrum die afgelope naweek. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sê die mylpaal word gevier as ‘n voorbeeld van die impak wat gereelde skenkers kan maak, met elke skenking wat

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


Oplossings word gevra nadat die SABC befondsing geweier is om dieverkiesing te dek
Die minister van Kommunikasie, Solly Malatsi, het aan die Nasionale Tesourie sowel as die Presidensie geskryf om moontlike oplossings te ondersoek nadat die SABC se versoek om R120 miljoen om die plaaslike regeringsverkiesing te dek afgekeur is. SABC News berig dit is glo omdat dit laat ingedien is en nie aan tegniese vereistes voldoen nie. Die SABC het ontken dat die aansoek laat ingedien is, en die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het die departem

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


‘n Man verwurg sy meisie ná vermoedelik huishoudelike geweld
'n Man van Grasslands naby Bloemfontein is tot 24 jaar se direkte gevangenisstraf gevonnis is vir die moord op sy meisie. Die hof het gehoor dat Bloemspruit-polisielede op 'n noodoproep by 'n huis in Grasslands gereageer het, en op die liggaam van ’n vrou met kneusplekke om haar nek afgekom het. Anna Mogoase is op die toneel dood verklaar. Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane het 'n voorlopige ondersoek aangedui dat Mogoase kort voor haar dood in ’n hewi

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


Die SA Poskantoor se vordering ná sakereddingword verwelkom
Die MK-party se parlementslid, Adil Nchabeleng, het die Suid-Afrikaanse Poskantoor se vordering ná sakeredding verwelkom. Die Poskantoor het die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë ingelig oor sy oorgang van sakeredding na ’n volhoubare openbare onderneming. Nchabeleng sê dit is goed om te sien dat die instansie figuurlik gesproke uit die intensiewesorgeenheid is. Hy doen nou ’n beroep op sterker bestuur, finansiële volhoubaarheid en ’n duidelike plan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19
bottom of page


