top of page

Alle Plasings


RUGBY: Briljante Bokke verower Frankryk in Kolisi se 100ste Toets
Die Springbokke het hul status as die wêreld se top rugbyspan verstewig met ‘n oortuigende oorwinning van 32-17 oor Frankryk by Stade de France. Drieë van André Esterhuizen, Grant Williams en Sacha Feinberg-Mngomezulu het die wedstryd op sy kop gedraai, toe Suid-Afrika teen ‘n vermoeiende Franse span deurgedring het. Die Bokke het geweldige kalmte getoon om Frankryk se fisiese aanslag te weerstaan en beheer te neem in die laaste kwart, in ‘n wedstryd wat kaptein, Siya Kolis

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 10, 2025


KRIEKET: Pakistan beklink EDI-reeks terwyl Proteas in Faisalabad ineenstort
Die Proteas het ‘n rampspoedige kolfineenstorting verduur toe Pakistan die reeks met 2-1 beklink het, met ‘n oorwinning met sewe paaltjies in die derde en laaste eendagkrieketwedstryd in Faisalabad. Ná ‘n belowende openingstand van 72 lopies tussen Lhuan-dre Pretorius en Quinton de Kock, het Suid-Afrika teen die Pakistanse draaiboulers verkrummel en is vir slegs 143 uitgehaal. Ten spyte daarvan dat Nandre Burger vroeg toegeslaan het, het Saim Ayub se gekomponeerde 77 en Moham

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 10, 2025


SOKKER: Pirates en Gallants bespreek hul plekke in die Carling Knockout-finaal
Orlando Pirates het hul tweede finaal van die seisoen binnegegaan na hulle Richards Bay Saterdag met 1-0 in die Carling Knockout-halfeindstryd by Moses Mabhida-stadion geklop het. Pirates afrigter, Abdeslam Ouaddou, het sy span se veerkragtigheid geprys en gesê die span is vasbeslote om die trofee te lig, om die pyn van hul CAF Kampioeneliga-uittrede te verlig. Marumo Gallants sluit by Pirates aan in die finaal na ‘n dramatiese 4-2 strafdoelskiet-oorwinning oor Golden Arrows.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 10, 2025


Thabo Bester wil sy tronkvoorwaardes verslap
Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester wil hê dat die Departement van Korrektiewe Dienste sy tronkvoorwaardes verslap. Bester wil eerder as ‘n verhoorafwagtende persoon as ‘n veroordeelde gevangene behandel word. Verder wil hy ook hê dat die departement kontakbesoeke met sy familie en regsverteenwoordigers moontlik moet maak. Hy sê dat die departement dit vir hom onmoontlik maak om normaal te funksioneer en voor te berei vir sy komende verhoor. Bester en sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Die regering het ‘n nuwe makro-ekonomiese strategie
Die regering het ‘n nuwe makro-ekonomiese strategie wat daarop gemik is om die trae huidige ekonomiese groeikoers van ongeveer 1% tot 3.5% teen 2030 te verhoog. Die Groeiversnelling- en Insluitingsstrategie is onlangs deur die Kabinet aangeneem. Dit het ook ten doel om die vaste beleggingskoers van die huidige 14% van die BBP tot tussen 20 en 25% te verhoog. Die strategiedokument is na bewering nie ‘n nuwe ekonomiese plan nie en sal nie die mediumtermyn-ontwikkelingsplan verv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


Boere besluit om hul eie Christelike landbou-kollege te bou
Die boeregemeenskap van Vivo in Limpopo gaan 'n 330 ha stuk grond, wat voorheen ʼn perdeplaas was, in ʼn splinternuwe Christelik-Afrikaanse Landboukollege omskep. Die oogmerk is om Afrikaner- jong mense in hul moedertaal op te lei in landbou- en ambagsvaardighede binne ʼn Christelike waarderaamwerk. 'n Bestuurslid en opvoeder van CVO Skool Vivo, Johan Koekemoer, het aan Maroela Media verduidelik dat die kollege as ʼn uitbreiding van die skool sal dien, maar spesifiek ten doel sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Die Chinese regering gaan glo De Brug help vernuwe
Die Chinese regering is stil-stil betrek by die herontwerp en opgradering van die weermag se mobilisasiesentrum by De Brug, buite Bloemfontein. Rapport berig die reuse-projek sal sowat R500 miljoen kos. Die Chinese, wat glo beplan om die opgradering met hul eie tegnici te doen, is blykbaar tans besig met die ontwerpfase van die projek. Die weermag het die projek egter as “geklassifiseerd” en selfs “hoogs geheim’’ bestempel voordat dit glo later amptelik bekend gestel sal word

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


'n Ondersoek na die vliegtuigongeluk in Indië is in kontroversie gedompel
Byna vyf maande ná ‘n vliegtuigongeluk in Indië wat 260 mense se lewe geëis het, is die ondersoek in kontroversie gedompel. Vlug 171 was op 12 Junie op pad na Londen vanaf Ahmedabad in Wes-Indië. Dit het net 32 sekondes ná opstyg teen ‘n gebou neergestort. ‘n Tussentydse verslag is in Julie vrygestel, maar kritici voer aan dat dit onregverdig gefokus het op die optrede van die vlieëniers en die aandag afgelei het van ‘n moontlike fout met die vliegtuig. Die BBC berig dat ‘n r

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Trump sê geen amptenare van die Verenigde State sal vanjaar se G20-beraad bywoon nie
President Donald Trump sê geen amptenare van die Verenigde State sal vanjaar se G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hy het na die land se behandeling van wit boere verwys. Trump het gesê dat dit ‘n totale skande is dat die G20 in Suid-Afrika gehou word. Hy sê Afrikaners word doodgemaak en geslag, en hul grond en plase word onwettig gekonfiskeer. Trump sê geen Amerikaanse regeringsamptenaar sal bywoon solank hierdie menseregteskendings voortduur nie. Donald Trump. FOTO: CBS

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Die meeste huishoudings neem finansiële besluite op grond van hul eie kennis
‘n Onlangse verslag het aan die lig gebring dat die meeste huishoudings finansiële besluite neem op grond van hul eie kennis. Volgens Momentum se 2025 Finansiële Adviesnavorsingsverslag neem 77% van huishoudings finansiële besluite op grond van hul eie kennis, terwyl 12% finansiële advies van familie of vriende kry. Ongeveer 1,8 miljoen uit 20 miljoen huishoudings maak gebruik van professionele finansiële adviseurs, terwyl die meeste huishoudings nie genoeg besteebare inkomst

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


Die Valke is 'n verbeurdverklaringsbevel in 'n veediefstalsaak toegestaan
Die Bloemfonteinse hooggeregshof het ‘n verbeurdverklaringsbevel aan die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid toegestaan vir ‘n voertuig ter waarde van R250 000. Die voertuig word verbind met ‘n veediefstalvoorval wat in 2022 in Steynsrus plaasgevind het. Die Isuzu-bakkie, wat aan Petrus Bolofo behoort, is onderskep terwyl gesteelde skape van Pandam-plaas in Steynsrus vervoer is. Bolofo kon nie bewys van aankope of eienaarskap van die vee lew

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 9, 2025


'n Bloemfonteinse skoolhoof se huis is met 'n petrolbom bestook
’n Petrolbom is na die huis van die hoof van die Rosenhof Special School in Bloemfontein, Nthuseng Davids, gegooi. Dit is een van ’n reeks voorvalle by dié skool. ’n Bron wat bekend is met die gebeure, het Vrydag aand Netwerk24 gesê Davids glo iemand wat by die skool betrokke is – moontlik ’n leerling of personeellid – is verantwoordelik vir die voorval. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, is niemand beseer nie, en 'n saak van poging tot brandstigting is by die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


Solidariteit beplan 'n groot rasveldtog tydens die G20-beraad
Solidariteit het aangekondig dat hulle ‘n volskaalse rasveldtog tydens die G20-beraad hierdie maand beplan. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, aan die media gesê het dat hierdie veldtogte onbelangrik en sinneloos is. Solidariteit se veldtogaksie sal op rasse-onregverdigheid fokus. Hulle sal Maandag ‘n dokumentêr in Pretoria bekendstel en ‘n reeks groot advertensieborde op hoofroetes na die G20-beraad plaas wat die regering se rasse-onre

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


Die Loterykommissie se oudit is uiteindelik skoon
Die Nasionale Loterykommissie (NLC) het ná jare van skandale en wanbestuur ’n ongekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika ontvang. Maroela Media berig die voorsitter, Barney Pityana, sê dié mylpaal is ’n duidelike teken dat die kommissie sy koers reggestel het. Hy sê alle bestuurskomitees, insluitend dié vir oudit en risiko, regsaangeleenthede, menslike hulpbronne en etiek, is nou ten volle funksioneel en speel ’n sleutelrol in toesig en aanspreekl

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


‘n Bejaarde Vrystater se vermeende aanranders is weer Desember in die hof
Die hofdatum vir die beweerde aanranding van ‘n brose 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is vasgestel. Volgens Vista sal die verhoor op 8 Desember in die Welkom-streekhof begin. Die hof het vandag gehoor dat die ondersoeke afgehandel is, en dat die staat gereed is om voort te gaan. Aanklagte teen die beskuldigdes sluit poging tot moord, marteling, mishandeling, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, asook ontvoering in. Die 64-jarige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Klein Bloemfonteinertjie se poets boemerang
‘n Klein Bloemfonteiner wat haar ma ‘n poets wou bak, se plan het geboemerang. Netwerk24 berig sy wou voorgee dat haar vinger in die bad se kraan vas sit, maar toe sit haar so vinger so vas dat die brandweer die kraan moes kom afsny. Die agtjarige Phatsimo Sinyanya, het kort na sy haar vinger in die kraan gedruk het, besef dat sy hom nie weer kan uitkry nie. Haar ma Lucy sê hulle het alles probeer, van skottelgoedseep tot room. Na vele probeerslae het hulle besluit om die no

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Deon en Dattie pak Ironman vir die Vrystaat Nasorgsentrum aan
Om fondse en bewusmaking vir die Vrystaat Nasorgsentrum in Bloemfontein te skep, sal Deon Barnard en sy broer, Dattie, aan die Ironman 70.3 deelneem. Die wedloop vind op die 16de November in Mosselbaai plaas. Luidens ‘n plasing op die sentrum se facebook-blad spruit Danie-hulle se besluit uit ‘n persoonlike terugkeer na gesondheid, beweging en betekenis. Die voorbereiding was uitdagend, maar deur vasbyt, geloof en toewyding het hulle hul doel bereik. Dattie is nou 13 jaar kan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Matrieks is by die halfpadmerk
Die matriekklas van 2025 is by die halfpadmerk van die eindeksamen. Volgens die Departement van Basiese Onderwys verloop alles seepglad in alle provinsies. Maroela Media berig meer as 920 000 leerders lê tans die eksamen by sowat 6 800 eksamensentrums landwyd af. Die departement sê daar is ʼn paar geïsoleerde voorvalle aangemeld, dit is egter vinnig en effektief opgelos. Hulle neem ook kennis van die debat oor die moeilikheidsgraad van die twee wiskundevraestelle. Die departe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Vrystaatse gastehuise sukkel steeds met water
Terwyl die Vrystaatse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, die toerisme-seisoen by Gariepdam geopen het, sit talle ondernemings en gastehuise hier sonder water. NovaNews berig dié dorp, reg langs die grootste dam in Suid-Afrika, voer al maande lank ‘n stryd teen waterbeperkings. Die Menseregtekommissie het reeds in sy November 2024-verslag gesê die Kopanong-munisipaliteit minag inwoners se regte tot toegang tot skoon water. Met die bekends

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


ATLETIEK: Bloem-rekenmeester voltooi wêreld se ses groot marathons
Die Bloemfonteinse rekenmeester ,Thinus de Vries, het ’n ongelooflike prestasie behaal deur 43 kilogram af te skud en al ses van die wêreld se groot marathons te voltooi. De Vries het die Tokio-, Boston-, Londen-, Berlyn-, Chicago- en New York-marathons – bekend as die World Marathon Majors - voltooi. De Vries het sy gesondheidsreis begin nadat hy besluit het om ’n nuwe leefstyl aan te neem. Met toegewyde oefening en ’n streng eetplan het hy sy gewig verminder en sy uithouver

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2025


GIMNASTIEK: Bloemfonteiner verteenwoordig Suid-Afrika as beoordelaar by die Wêreldkampioenskappe in Jakarta
Die Bloemfonteinse sportbeoordelaar Jannie van Vuuren het groot erkenning gekry deur Suid-Afrika te verteenwoordig as beoordelaar tydens die Wêreldkampioenskappe in Jakarta, Indonesië. Van Vuuren is deur internasionale organisasies gekies op grond van sy ervaring en kennis van die sport. Sy deelname plaas hom onder ’n gesogte groep Suid-Afrikaners wat by wêreldbyeenkomste dien as amptelike beoordelaars. Hy sê dit was ’n besondere voorreg om saam met die beste beoordelaars ter

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2025


KRIEKET: KSA dryf voort met planne vir professionele vroueliga
Krieket Suid-Afrika se direkteur van nasionale spanne, Enoch Nkwe, het bevestig dat planne goed op dreef is om ‘n professionele vroueliga te begin om voort te bou op die Proteas Vroue se onlangse Wêreldbeker-sukses. Nkwe sê die federasie soek aktief na belegging en vennootskappe, insluitend gesprekke met SA20, om die gaping tussen die mans- en vrouespel te help oorbrug. Hy het KSA se vordering uitgelig om gelyke betaling te bereik, met gelyke wedstrydfooie en reisvoordele vir

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2025


Opperman se vermeende moordenaar bly in aanhouding
Eertydse regimen-sersant-majoor, Albertus Opperman, se vermeende moordenaar sal na verwagting weer in Desember in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Volgens Netwerk24 is die verdagte se borgtog vroeër suksesvol teengestaan, en hy bly in aanhouding. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag sê dit is om tyd te gun vir ‘n belissing deur die direkteur van openbare vervolgens (DOV). Die woordvoerder voeg by is daar verskeie kwessies wat in die dossier vervat is waarv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Daar kom dalk verligting vir huiseienaars
Daar kom dalk binnekort verligting vir huiseienaars, met ekonome wat nóg ’n 25-basispunt-renteverlaging vir November verwag. Dit beteken dat, saam met vorige verlagings sedert November verlede jaar, die gemiddelde maandelikse verbandbetaling met sowat eenduisend-438 rand sal verminder. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het reeds rentekoerse met 125 basispunte die afgelope jaar gesny. Dit kan voortgaan as inflasie stabiel tussen 2.7 en 3.3% bly. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025
bottom of page

