top of page


Alle Plasings


OGGEND SPORT: Kolisi en Nche versterk die Springbokke, Gholf SA geniet nasionale erkenning en, Kane en Bayern begin kontrakonderhandelinge
Ons skop af met rugby: Dit gaan goed met Siya Kolisi en Ox Nche in die aanloop tot Saterdag se Rugby’s Greatest Rivalry toetswedstryd teen Nieu-Seeland op Ellis Park, met Springbok hulpafrigter, Felix Jones, wat sê dat daar geen probleme tydens oefening was nie. Kolisi het vroeër in die wedstryd teen Argentinië die veld verlaat weens ‘n dyspierprobleem, terwyl Nche sedert sy kniebesering teen Engeland slegs agt minute gespeel het. Daar word egter verwag dat albei nog ‘n oefen

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 19


‘n Klagte teen ‘n VS dominee sloer glo te lank
Die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling is gevra om in te gryp weens die beweerde traagheid waarmee ’n klagte teen ’n predikant van Reddersburg in die Vrystaat hanteer word. Netwerk24 berig die klagte by die Menseregtekommissie teen dominee Pieter de Jager kom nadat hy in Februarie 'n brief aan Rapport geskryf het onder die opskrif "’n Vrou wat haar plek ken, is ’n gelukkige vrou". Luidens die klagte voer De Jager in sy brief aan dat vroue onder die gesag van d

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


‘n VS man verkrag glo sy sangoma-vrou
'n Man van Zastron in die Vrystaat het na bewering sy vrou verkrag. Die slagoffer beweer volgens 'n polisieverklaring sy is 'n sangoma en was om 02:00 by die huis besig met kliënte. Haar man het na haar gekom en geëis dat hulle seksueel intiem moet wees. Die slagoffer het geweier omdat sy besig was met haar werk. Die verdagte het haar na bewering gegryp en haar met geweld na die kamer geneem. Hy het na bewering albei van hulle ontklee en haar sonder haar toestemming verkrag,

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


'n Reitz-man verkrag en hou sy eksmeisie gevangene
'n Man van Reitz in die Vrystaat het sy voormalige meisie aangerand en verkrag en daarna drie dae lank gevange gehou. Volgens 'n polisieverklaring het Tshidiso Mofokeng sy eksmeisie raakgeloop terwyl sy van ’n taverne af huis toe gestap het. Hy het haar daarna oorreed om saam met hom huis toe te gaan. Volgens die getuienis het Tshidiso die slagoffer aangerand en haar herhaaldelik oor ’n tydperk van drie dae verkrag. Op die derde dag kon die slagoffer daarin slaag om deur ’n v

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


Forum4SA sê Nsfas moet ontbind
Forum for South Africa (Forum4SA) sê die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (Nsfas) moet onmiddellik ontbind word. Dit kom nadat die Openbare Beskermer bevind het dat meer as 40 000 studente onbehoorlik Nsfas-befondsing ontvang het wat ongeveer R5,1 miljard beloop. Forum4SA doen ’n beroep op ’n forensiese ondersoek na die onreëlmatige betalings, die vervolging van die betrokkenes en die terugvordering van fondse wat wanbestee is. Die organisasie se Tebogo Mashilompane sê

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


'Grondontneming beïnvloed steeds toegang tot basiese dienste'
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê grondontneming beïnvloed steeds burgers se toegang tot basiese dienste. Die kommissaris, Philile Ntuli, sê ontneming sluit verplasing in wat veroorsaak word deur omgewingskwessies en informele nedersettings. Haar kommentaar volg op die vrystelling van ‘n verslag van die Menseregtekommissie oor sy Konstitusionele Dialoog oor Grond, Menseregte en Ruimtelike Geregtigheid. Die verslag het struikelblokke vir billike grondherverdeling geïd

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


'Die hersiene elektrisiteitsprysbeleid bied ‘n raamwerk vir koste-reflektiewe tariewe'
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die hersiene elektrisiteitsprysbeleid sal ‘n raamwerk bied vir deursigtige, doeltreffende en koste-reflektiewe tariewe. Die minister het die media Dinsdag in Pretoria ingelig oor die hersiene elektrisiteitsprysbeleid namate huishoudings toenemend hoër tariewe in die gesig staar. Ramokgopa sê die beleid sal versteekte koste voorkom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), Eskom, munisipali

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19


MIDDAG SPORT: Die All Blacks se afrigter verwag ‘n moeilike uitdaging teen die Bokke, die Williams-susters se terugkeer eindig in ‘n nederlaag en Cadillac verander sy spanbestuur
Ons begin met rugby-nuus: Die All Blacks is vol vertroue voor Saterdag se eerste toets teen die Springbokke, maar afrigter Dave Rennie verwag een van die moeilikste uitdagings van sy loopbaan. Volgens Reuters sê Rennie dat vier agtereenvolgende toetse teen die wêreldkampioene die All Blacks tot hul uiterste sal toets. Die eerste kragmeting is Saterdag op Ellispark, waarna die spanne nog drie keer in die volgende vier weke teen mekaar uitdraf. Rennie sê die reeks sal selfs moe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 18


Die Inkomstediens vra insette oor ‘n digitale BTW-stelsel
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens versoek openbare kommentaar oor planne om ’n nuwe digitale BTW-stelsel in Suid-Afrika in te stel. Die voorgestelde model sal e-fakturering, elektroniese verslagdoening en ’n stelsel wat veilige, byna intydse uitruiling van BTW-data moontlik maak, kombineer. Die Inkomstediens sê die veranderinge kan voldoeningskoste vir besighede verminder, belastingadministrasie verbeter en help om bedrog op te spoor. Die kommissaris, Johnstone Makhubu, sê in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


Absa-kliënte verloor miljoene weens bedrog
Absa en sy Suid-Afrikaanse kliënte het in die eerste helfte van 2026 altesaam R129 miljoen weens bedrog verloor. Die bank sê misdadigers teiken toenemend digitale bankdienste met gesofistikeerde sosiale manipulasie en kwaadwillige sagteware. Absa se totale operasionele risikoverliese het in dieselfde tydperk tot R369 miljoen gestyg, teenoor R240 miljoen verlede jaar. Die bank sê die toename is grootliks deur digitale bedrog in sy persoonlike en privaatbankbedrywighede gedryf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


’n Vrou se liggaam is by ’n rioolaanleg in Bfn gevind
Die Sonskyn-polisie doen ’n beroep om te help om ’n vrou te identifiseer wie se liggaam naby ’n rioolaanleg in Sterkwater, Bloemfontein, gevind is. Die polisie het die vrou, wat vermoedelik in haar vroeë twintigs is, Maandagmiddag naak naby die rioolaanleg gevind. Sy het geen sigbare beserings nie, maar die polisie het ’n merk gevind wat daarop dui dat haar liggaam na die toneel gesleep is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Ter il

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


‘Vullisprobleme in die Mangaung-metro word ’n gesondheidsgevaar’
Die Mangaung-metro se voortslepende vullisprobleem kan nou ’n gesondheidsrisiko word. DA-raadslid Paul Kotzé sê skoon strate is nie ’n luukse nie, maar ’n basiese diens wat inwoners van die munisipaliteit behoort te verwag. Die DA sê intussen die versuim om huishoudelike afval gereeld te verwyder, veroorsaak dat hope vullis groter word en sakke oopgeskeur word, terwyl afval na strate en oop ruimtes versprei. Die party sê dit skep ook toestande waarin onwettige storting floree

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


Die Vrystaat verwelkom geredde leeus en tiere
Die Lionsrock Big Cat Sanctuary in Bethlehem in die Vrystaat verwelkom binnekort 15 leeus en tiere uit Argentinië. Die groot katte is deel van ’n groep van 30 wat deur Four Paws na nuwe tuistes in Suid-Afrika en die Verenigde State verskuif word. Die diere het voorheen in klein betonhokke by die voormalige Zoo Luján in Argentinië gewoon, wat in 2020 gesluit het. Four Paws se hoofprogrambeampte, Luciana D’Abramo , sê die leeus en tiere sal lewenslange, spesiegeskikte versorgin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


Die ANC wil hê dat Mark Burke verwyder moet word
Die ANC se parlementêre koukus het gevra dat die DA se Mark Burke uit die parlement se finansiële komitees verwyder word. Die oproep volg op bewerings in die Suid-Afrikaanse Reserwebank se beëdigde verklaring rakende die sakebedrywighede van ’n fintech-maatskappy wat deur Burke gestig is. Die beëdigde verklaring beweer dat ondersoekers ’n redelike vermoede van oortredings van valutabeheerregulasies geïdentifiseer het, waarby ongeveer R4 miljard betrokke is. Die ANC se parleme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


’n Engelse Bloemfonteiner wen ’n Afrikaanse spelkompetisie
Afrikaans is nie Lexi Sithole se huistaal nie, maar die 12-jarige Bloemfonteiner het die ATKV se Afrikaanse spelkompetisie in die Vrystaat gewen. Netwerk24 berig Lexi is ’n graad 7-leerling aan die President Brand Primêre Skool en die enigste persoon in haar familie wat Afrikaans praat. Sy bestee sowat ’n uur per dag aan Afrikaanse leeswerk en die spelling van nuwe woorde. Haar ma, Mary, praat Tswana en Engels, terwyl haar pa, Sylvester, verskeie tale praat, maar nie Afrikaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


Skoliere kan Suid-Afrika se eerste ruimte-gelukbringer ontwerp
Suid-Afrikaanse hoërskoolleerders kry die kans om Suid-Afrika se eerste amptelike ruimte-gelukbringer te ontwerp. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, Sansa, het die kompetisie van stapel gestuur. Dit is oop vir Graad 8- tot 11-leerders by geregistreerde openbare, onafhanklike en tuisskole regoor die land. Deelnemers moet teen middernag op 14 September ’n oorspronklike ruimtetema-ontwerp en ’n kort verduideliking aanlyn indien. Geen vorige ontwerpervaring word verei

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


Die Vrystaatse onderwysdepartement kry nuwe voertuie
Nuwe busse en diensvoertuie is aan die Vrystaatse onderwysdepartement oorhandig om leerdervervoer en dienslewering in die provinsie te versterk. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse onderwysdepartement gedeel is, sluit die oorhandiging busse en 30 diensvoertuie ter waarde van R19.4 miljoen in. Die busse sal veral leerders uit boerderygemeenskappe en afgeleë gebiede help om veilig en gereeld toegang tot onderwys te kry. Intussen sal die diensvoertuie gebruik word om ampte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


Onderhandeling tussen Iran en die VSA vaar nie goed nie
Die onderhandelinge om die oorlog tussen Iran en die Verenigde State van Amerika te beëindig, verloop nie goed nie. Die twee lande hou aan om dreigemente teen mekaar uit te ruil. Iran sê hy sal oorskakel na ’n volledig offensiewe militêre houding teenoor die VSA, terwyl die Verenigde State die moontlikheid dat die tydelike wapenstilstand met Iran verleng sal word uitgesluit het. Intussen berig Fox News dat president Donald Trump dreig om Oman te bombardeer indien die land vol

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 18


’n Tienerseun is glo by 'n internasionale kinderpornografienetwerk betrokke
’n Tienerseun is na bewering betrokke by 'n gewelddadige internasionale kinderpornografienetwerk. Die 16-jarige is Maandag in Malmesbury in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die toegang tot, besit, fasilitering en aflaai van materiaal oor seksuele misbruik van kinders. Maroela Media berig dit volg nadat intelligensie van die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) en die Amerikaanse nasionale sentrum vir vermiste en uitgebuite kinders (NCMEC) opgevolg is. Volgens die nasional

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 18


‘n Vrou is glo in die VS deur haar kêrel dood geskiet
‘n Jong vrou is na bewering deur haar kêrel in Bohlokong in die Vrystaat doodgeskiet. Die polisie sê die paartjie het Sondagmiddag by hul huis gestry voordat die vrou geskiet is en op die toneel gesterf het. Die kêrel het later ‘n skietwond opgedoen en is hospitaal toe geneem. Die vuurwapen is vir forensiese ontleding gekonfiskeer, terwyl die motief onbekend bly. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 18


Vulliswerkers help ‘n Italiaanse vrou om haar wen-loterykaartjie te kry
’n Vrou in Suid-Italië het amper ’n loteryprys van €1 miljoen verloor nadat sy per ongeluk haar wenkaartjie in ’n vullisdrom gegooi het. Toe sy haar fout besef het, het die afvalbestuursmaatskappy in haar omgewing ure lank deur ’n hele vragmotor vol vullis gesoek. Personeel het uiteindelik die kaartjie ná ’n heeldag lange soektog teruggekry en dit was wonderbaarlik nog ongeskonde. Die vrou het dit weggegooi nadat ’n winkelmasjien die kaartjie as onbetaalbaar verklaar het, onb

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 18


'Verlenging van Agoa kan SA werkers ondersteun
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) verwelkom die vordering met die uitbreiding van die Amerikaanse Wet op Groei- en Geleenthede (Agoa) en sê dat dit Suid-Afrikaanse werkers en uitvoerders kan ondersteun. Rosestad-nuus het vroeër berig die Amerikaanse Senaat het ten gunste van ‘n tweejaar-verlenging van die program gestem, wat kwalifiserende Afrika-goedere toelaat om die VSA sonder invoerbelasting binne te kom. Misa sê die motorsektor is ‘n groot begunstigde, w

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 18


Parlement vra dat Nsfas-maatskappye hul werk verduidelik
Die parlement sal vier maatskappye wat meer as ’n halfmiljard rand van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) ontvang het, ontbied om hul werk te verduidelik. Die vier maatskappye is in 2022 aangestel om ’n studenteverblyfportaal op te rig en te bestuur. Parlementslede het kommer uitgespreek oor die geld wat aan die maatskappye betaal is, en voeg by dit is baie duur. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 18


Sekere pakkies hoëbloeddrukmiddels word gerroep
Sekere pakkies van ’n middel vir hoë bloeddruk van die apteekgroep Arya Pharma is deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) van die mark herroep. Netwerk24 berig volgens Sahpra is die middels getoets en voldoen dit nie aan die spesifikasies nie. Dit word as ’n klas 2- lewensgevaarlike herroeping beskou, wat beteken dit kan tydelike of mediese omkeerbare gesondheidsprobleme veroorsaak of dat dit op verkeerde behandeling neerkom. Die voorskrifmiddel is Ena

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 18
bottom of page


