top of page


Alle Plasings


Insitituutlede skerp paraatheid op vir moontlike Ebola-gevalle
Lede van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes woon vandeesweek 'n vierdaagse werkswinkel in Pretoria by soos Suid-Afrika sy paraatheid opskerp vir enige moontlike ingevoerde gevalle van die dodelike Ebola-virus. Eyewitness News berig hoewel daar tans geen bevestigde Ebola-gevalle in Suid-Afrika is nie, sê gesondheidsowerhede dit bly noodsaaklik om voorbereid te wees terwyl die uitbreking in Sentraal-Afrika voortduur. Die instituut huisves een van slegs twee biovei

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


Swendelaars verkoop glo DRP-huise in Bfn
Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en Menslike Nedersettings waarsku teen 'n bedrieglike skema waarin swendelaars die naam en foto van die LUR Saki Mokoena glo onregmatig gebruik om niksvermoedende gemeenskapslede te mislei. Die departement het bewus geword van individue wat valslik beweer dat hulle Breaking New Ground (BNG)-huise in Bloemfontein vir R50 000 verkoop. Volgens Free State World is vals sosialemedia-profiele geskep w

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


Nieu-Seeland bevestig sy eerste voëlgriepvirusgeval
Nieu-Seeland se minister van Biosekuriteit, Andrew Hoggard, sê die land het sy eerste geval van die dodelike H5N1-voëlgriepvirus bevestig. Hoggard het onthul dat ’n migrerende seevoël wat op ’n strand naby die hoofstad, Wellington, gevind is, positief getoets het. Hy sê daar is geen bewyse dat die virus na pluimvee versprei het of massa-sterftes onder wildlewe veroorsaak het nie. Gesondheidsbeamptes het begin om 300 broeivoëls van vyf bedreigde spesies as ’n voorsorgmaatreël

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


'n Karateka is by die UV in die been geskiet
’n Belowende karateka is tydens ’n motorkaping op die sportkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein in die been geskiet. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is die slagoffer en sy vriendin Sondag omstreeks middernag aangeval. Die aanvaller het hulle beveel om uit die voertuig te klim en het die meisie se selfoon gesteel, waarna hy in hul voertuig weggejaag het. Die man, Louis du Preez, is tydens die aanval in die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


ActionSA: 'Andrea Johnson moet van meineed aangekla word'
ActionSA het die parlement se ad hoc-komitee, wat polisiekorrupsie ondersoek, versoek om aan te beveel dat die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, moontlike meineedaanklagte in die gesig staar. Die komitee is tans besig om sy konsepverslag saam te stel. ActionSA-parlementslid, Dereleen James, beweer dat Johnson se getuienis voor die komitee verlede jaar soms teenstrydig en vals was. James sê die komitee se finale verslag moet ’n bevinding insluit

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


Ramaphosa se afsettingsaansoek gaan hof toe
Die voorsitter van die Afsettingskomitee, Makashule Gana, sal ’n hofverhoor bywoon wat verband hou met president Cyril Ramaphosa se dringende interdik-aansoek. Die aansoek sal Woensdag en Donderdag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangehoor word. Dit poog om die parlement se afsettingsprosedures teen hom te staak hangende ’n geregtelike hersiening van die Artikel 89-onafhanklike paneelverslag. Die verslag het bevind dat Ramaphosa moontlik ’n saak het om te beantwoord rakende d

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


Dina Pule is vasbeslote om die publiek se vertroue te herbou
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê sy is vasbeslote om die publiek se vertroue te herbou nadat sy na die Kabinet teruggekeer het. SABC-nuus berig Pule is twee weke deur president Cyril Ramaphosa ingehuldig. Pule sê sy besef die verantwoordelikheid wat gepaardgaan met amp van politieke leier van 'n departement. Sy is in 2013 as minister van Kommunikasie verwyder nadat sy haar aan onbehoorlike gedrag skuldig gemaak het. Pule sê sy wil haarself nou deur ha

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


Amerikaners kan uit vrees vir die Ebola-virus nie direk huis toe reis nie
Amerikaners in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) mag uit vrees vir die Ebola-virus nie direk na die Verenigde State reis nie. Hulle moet eers 21 dae in 'n derde land deurbring voordat hulle huis toe mag gaan. Die aantal bevestigde Ebola-gevalle in die DRK het tot byna 2 000 gestyg, terwyl minstens 702 mense reeds aan die virus dood is. Daar is tans geen entstof of behandeling vir dié stam van die Ebola-virus nie. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Die Fifa Wêreldbeker-ondersteuningsprogram kos belastingbetalers miljoene
Die Fifa Wêreldbeker-ondersteuningsprogram gaan na raming R30.9 miljoen kos. Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die bedrag in 'n skriftelike antwoord aan die parlement bekend gemaak. Reisuitgawes vir McKenzie, twee ondersteuningspersoneel, die direkteur-generaal en 'n projekspan van 14 lede word op R7.8 miljoen geraam. Volgens die DA is die finale koste nog nie bekend gemaak nie, en die name van alle afvaardigingslede is nie openbaar gemaak nie. Die par

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Die UV belê in hul studente
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het R35 miljoen belê in 'n nuwe nagraadse mediese simulasiesentrum om dokters en spesialis-studente beter vir werklike kliniese situasies voor te berei. Volgens ‘n aanlyn artikel is die sentrum is op die universiteit se Bloemfontein-kampus ingerig en sal amptelik volgende maand open. Die sentrum boots hospitaalomgewings soos teaters, intensiewesorgeenhede en mediese sale na waar gesondheidswerkers gevorderde prosedures in 'n veilige omge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


‘n Vrystaatse plaas sê vir Eskom totsiens
Die grootste alleenstaande sonkrag- en batterystelsel vir landboudoeleindes in Suid-Afrika word tans op 'n plaas in die Vrystaat gebou. Landbouweekblad berig die stelsel word op Belle Rive, langs die Vaalrivier, geïnstalleer en sal na verwagting teen Oktober voltooi wees. Wanneer die projek voltooi is, sal die boerdery heeltemal onafhanklik van Eskom kan funksioneer. Die sonkragaanleg en batterystelsel sal die plaas regdeur die jaar van krag voorsien, onder meer vir besproeii

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Kansa open ‘n AYA-kamer in Bloemfontein
Bloemfontein het nou 'n toegewyde AYA-herstelkamer vir jong kankerpasiënte tot die ouderdom van 24 jaar. Luidens ‘n mediaverklaring het Kansa TLC – Tough Living with Cancer - die kamer by die Kansa Olea Katleho Sorgtuiste geopen. Dit skep 'n meer ondersteunende en ouderdomsgeskikte omgewing vir adolessente en jong volwassenes tydens kankerbehandeling. Die kamer beskik onder meer oor 'n studiehoekie sodat pasiënte met hul skoolwerk of studies kan voortgaan, terwyl daar ook ple

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Meer as 1 200 poste is by die Venetia-myn in gedrang
Meer as 1 200 werksgeleenthede by die Venetia-diamantmyn in Limpopo is in gedrang nadat De Beers aangekondig het dat produksie vir twee jaar gestaak gaan word. eNCA berig die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) vra nou dringende ingryping deur die departemente van Minerale en Petroleumhulpbronne asook Indiensneming en Arbeid. Die vakbond sê hy sal die besluit teenstaan en waarsku dat dit die bestaan van permanente werknemers by die Venetia-myn en De Beers Sightholder Sales So

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


OGGEND SPORT: De Klerk is gereed vir sy Curriebeker-buiging, Pogacar versterk sy greep op die Tour de France en Spanje behaal die sokker Wêreldbeker-eindstryd
Ons skop af met rugby-nuus: Faf de Klerk sal Sondag sy Curriebeker-buiging vir die Cheetahs teen die Leeus in Bloemfontein maak nadat hy met ’n ligte heupbesering gesukkel het, met die span wat Woensdag aangekondig word. Frans Steyn sê die Cheetahs beskik oor verskeie opsies op losskakel, terwyl Tiaan Swanepoel weens ’n besering nie vir die openingswedstryd oorweeg sal word nie. Steyn verwag ’n uiters mededingende Curriebeker-reeks en meen al die spanne het deeglik beplan, te

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 15


Versteekte dwelms is agter ‘n badkamerteël ontdek
Dwelms wat agter 'n los badkamerteël versteek was, is tydens 'n polisie-optrede in Bastionstraat by die langafstand-taxistaanplek in Bloemfontein ontdek. Polisiewoordvoerder Thabo Covane sê beamptes het aanvanklik twee mans dopgehou tydens 'n verdagte transaksie voordat een van hulle met vermoedelik Crystal Meth betrap is. Die polisie het daarna 'n winkel deursoek waar 'n beampte die los teël agter 'n toilet opgemerk het. Meer as 50 sakkies vermoedelike Crystal Meth, sowat 45

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Kuberaanvalle teister SA-besighede
Kuberaanvalle op Suid-Afrikaanse organisasies neem steeds toe. MyBroadband berig navorsing deur Check Point Software toon dat byna 8 900 kuberaanvalle verlede maand aangeteken is – gemiddeld sowat 2 060 aanvalle per week. Suid-Afrika was volgens die navorsing die vierde mees geteikende land in Afrika. Regeringsinstellings, die energie- en nutssektor, asook finansiële dienste was van die sektore wat die swaarste getref is. Die maatskappy sê losprysaanvalle deur kubermisdadige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Meta staan tereg
Meta staan tereg op ‘n regsgeding van 26 voormalige werknemers. Hulle beweer die maatskappy het kunsmatige intelligensie (KI) gebruik om werkers met gestremdhede, diegene op mediese verlof en swanger werknemers onregverdig te teiken tydens onlangse werksverliese. Die regsgeding, wat in ‘n federale hof in Kalifornië aanhangig gemaak is, beweer dat KI-sagteware staatgemaak het op faktore soos produktiwiteit en die gebruik van KI-tokens, wat die betrokke werkers benadeel. Meta

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Sassa-kaartverandering sal toelaes nie raak nie
Maatskaplike toelaebetalings sal nie deur die oorgang van Sassa se goue kaarte na Postbank se swart kaarte geraak word nie. Die nuwe minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê begunstigdes sal steeds hul maandelikse betalings in hul gekose bankrekeninge ontvang. Sy voeg by haar departement, Sassa en Postbank werk saam om uitdagings met die kaartverandering op te los. Daar word ook beplan om biometriese verifikasie in te stel en departementele stelsels te versterk o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 15


Feroz Khan se prokureur is optimisties vir 'n hofverskyning
Feroz Khan se prokureur, Kylen Ghirao, sê hy is optimisties dat sy kliënt geskik sal wees om in die hof te verskyn wanneer die saak in September hervat word. Khan, die Gautengse Valke-hoof Ebrahim Kadwa, en sakeman Tariq Downes sou na verwagting Dinsdag voor die Kempton Park-landdroshof verskyn. Khan was egter weens ’n mediese toestand afwesig van die hof. Ghirao sê ’n lasbrief vir Khan se inhegtenisneming is uitgestel omdat sy afwesigheid geregverdig was. Hy het bygevoeg dat

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 14


MIDDAG SPORT: Hoë-intensiteit-oefening stoot die Springbok-standaarde op, Oosthuizen se onttrekking skep nuwe geleentheid en Spanje en Frankryk speel in die 'eindstryd-voor-die-eindstryd'
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê die span se oefensessies word nou teen ‘n intensiteit uitgevoer wat dié van ‘n toetswedstryd nader, om ervare spelers te evalueer en nuwelinge vir die eise van internasionale rugby voor te berei. Hy glo dat die intensiteitsvlak sal bepaal of senior spelers steeds op die vereiste standaard kan presteer, terwyl dit jonger spelers die beste moontlike voorbereiding bied voordat hulle hul toetsdebuut maak. Erasmus

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 14


Suid-Afrikaners maak die belt al stywer vas
Suid-Afrikaners kanselleer intekeninge, sny diskresionêre besteding en verminder ander huishoudelike uitgawes namate lewenskostedruk voortduur. TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie het bevind dat 53 % van verbruikers hul besteding aan uiteet, reis en vermaak verminder het. Byna drie uit tien het intekeninge of lidmaatskappe gekanselleer, terwyl 24 % digitale dienste verminder of gekanselleer het. Vooruitskouend verwag ‘n derde om minder aan mediese sorg te spandeer, te

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 14


'n Man sit lank vir moord by 'n Bfn stortingsterrein
'n Man is tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy 'n kollega by die Bloemfonteinse stortingsterrein vermoor het. Die Bloemfonteinse streekhof het gehoor die slagoffer, Katleho Fesi, het saam met Lefa Petrus Maruping by die stortingsterrein gewoon en gewerk. 'n Ooggetuie het vertel hoe Maruping herhaaldelik vir Fesi in April 2025 aangeval het. Die hof het Maruping se bewering van selfverdediging verwerp en bevind dat sy weergawe teenstrydig is en nie deur bewyse onder

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 14


BKS: 'Genoeg beeste moet binne ’n streng tydsraamwerk ingeënt word'
Die belangegroep FMD Response SA sê die Departement van Landbou moet genoeg beeste binne ’n streng tydsraamwerk inent om bek-en-klouseer die hoof te bied. Netwerk24 berig die groep het gereageer op die skikkingsooreenkoms wat die Departement van Landbou Donderdag met Vrystaat Landbou (VL), Saai en Sakeliga bereik het om die private invoer en verspreiding van entstowwe moontlik te maak. Dit kom nadat die organisasies in die hof daarvoor geveg het. Die departement het die ooree

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 14


Drie is vas vir afpersing op die N8
Drie verdagtes is op die N8 tussen Botshabelo en Thaba Nchu in die Vrystaat deur polisielede, wat nie aan diens was nie, in hegtenis geneem ná 'n afpersingsinsident waarin 'n taxibestuurder en sy passasiers geteiken is. Volgens 'n polisieverklaring het 'n bakkie roekeloos voor die taxi stilgehou om dit te dwing om tot stilstand te kom. Die mans het geld van die taxi-bestuurder geëis aangesien hy glo op "hul" roete gewerk het. Die taxi-bestuurder het 'n geldige langafstandverv

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 14
bottom of page


