top of page


Alle Plasings


'n Man is uiteindelik ná meer as 'n dekaade voor vir vonnisoplegging
'n Man wat skuldig bevind is aan verkragting is uiteindelik weer in hegtenis geneem nadat hy byna 12 jaar sy vonnis vrygespring het. Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offisier Mmako Mophiring is Kenneth Lepota van Qwaqwa saam met wee ander in 2014 skuldig bevind, maar het versuim om vir vonnisoplegging in die hof te verskyn en was sedertdien op die vlug. Een van sy medebeskuldigdes, Morena Mokoena, dien tans ’n lewenslange tronkstraf vir die misdaad, terwyl die derde besku

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


BKS: VL vra vir meer dringede optrede op voetsoolvlak
Die landbouorganisasie Vrystaat Landbou (VL) vra dat die Departement van Landbou die boer op grondvlak moet help. Dit kom nadat nog 12 veeartse by die beleidseenheid vir invoer en uitvoer gevoeg is. Netwerk24 berig die visepresident van VL en 'n beesboer, Friedl von Maltitz, sê dit is goeie nuus, maar die organisasie wil ook sien dat meer veeartse op provinsiale vlak aangestel word om die boere te help. Hy sê die meeste provinsies het nie genoeg veeartse, toerusting en voertu

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


'n Vermeende onderwêreldfiguur verskyn nie voor die Madlanga-kommissie nie
Die vermeende onderwêreldfiguur Vusimuzi Cat Matlala sal nie meer Dinsdag voor die Madlanga-kommissie van ondersoek na polisiekorrupsie verskyn nie. Dit is ten spyte daarvan dat die kommissie ’n dagvaarding uitgereik het vir hom om te verskyn. Bewysleiers het versoek dat sy verskyning tot ’n later datum uitgestel word, met verwysing na verhoogde media- en openbare belangstelling. Volgens berigte word verwag dat slegs Matlala se regsverteenwoordiger voor die kommissie sal vers

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


SAFTU is bekommerd oor departementele betrokkenheid by die ontbindingvan die PSA
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het sy kommer uitgespreek oor die Departement van Indiensneming en Arbeid se betrokkenheid by die statutêre pligte van die Registrateur van Arbeidsverhoudinge rakende die moontlike deregistrasie van die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA). Dit kom ná die registrateur se formele kennisgewing van sy voorneme om die PSA te deregistreer. IOL berig volgens die registrateur het die vakbond versuim om geouditeerde finansiële state

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


Die UV onthul 'n nuwe isotooplaboratorium
'n Nuwe isotooplaboratorium is by die Departement Chemie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gevestig. Dit is daarop gemik om navorsing oor stabiele ligisotope te bevorder en die universiteit se analitiese vermoëns in hierdie gespesialiseerde veld te versterk. Volgens die UV se webtuiste maak dit ’n wye verskeidenheid navorsing moontlik – van die nasporing van voedingstofsiklusse in ekostelsels en die rekonstruksie van diere se dieet, tot die identifisering van bronne

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


OGGEND SPORT: Die Springbokke en die Springbokvroue bou voort op ‘n wenbegin, Australië wen hul sewende T20-wêreldbekertitel en, Sinner en Djokovic is op koers
In rugby-nuus: Die Springbokke het ‘n oortuigende oorwinning van 45-21 teen Engeland behaal, terwyl afrigter, Rassie Erasmus, die span se reaksie op die laat onttrekkings van Siya Kolisi en Eben Etzebeth geprys het. Erasmus sê die noodgedwonge veranderinge het die groep se diepte met die oog op volgende jaar se Rugbywêreldbeker beklemtoon, met Pieter-Steph du Toit wat uitstekend gevaar het as kaptein en slot. Na verwagting sal Ox Nche die naweek se kragmeting teen Skotland mi

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 6


Dit is een jaar sedert Mkhwanazi se bewerings oor polisie-korrupsie
Dit is Maandag een jaar sedert die KwaZulu-Natalse Polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, bewerings van korrupsie, politieke inmenging en die infiltrasie van misdaadsindikate binne Suid-Afrika se strafregstelsel gemaak het. Die bewerings het gelei tot groot politieke en publieke opslae, waarna die parlement ‘n ad hoc-komitee aangestel het om dit te ondersoek. Die komitee is nou besig om sy verslag af te handel ná maande se getuienis deur senior polisiebeam

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


Bfn kerkgangers word barmhartige Samaritane vir vlugtelinge
Gemeentelede van die NG en Metodistekerk van Bloemfontein het Sondagoggend immigrante van Zimbabwe en Malawi by die Pitstop-vulstasie buite die stad met warm sop en kospakkies bedien. Die vlugtelinge was van die Kaap na Musina per bus onderweg. Netwerk24 berig die groep Zimbabwiërs het vertel hoe hulle sedert 30 Junie dae in die koue en reën in die berge buite Worcester moes skuil nadat die polisie op hulle toegeslaan het. Die sowat 1 780 immigrante wat van die Kaap teruggest

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


Die kommunikasieminister ontken dat Tony Leon hom beïnvloed het
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, ontken bewerings dat die voormalige DA-leier Tony Leon hom onvanpas beïnvloed het om met verteenwoordigers van die satellietmaatskappy Starlink te vergader. Die bewerings volg op berigte dat Leon druk op DA-ministers geplaas het om met die maatskappy in gesprek te tree. Malatsi sê sy ontmoetings met Starlink en ander internasionale satellietmaatskappye het deel van sy amptelike pligte gevorm. Starlink bedryf

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


Twee is vas vir hul selfgemaakte ‘blouligbrigade’
Twee mans is in hegtenis geneem nadat blou ligte glo onwettig aan ’n privaat voertuig aangebring is. Maroela Media berig volgens polisiewoordvoerder brigadier Athlenda Mathe het polisiebeamptes in Centurion in Gauteng op ’n voertuig afgekom wat met blou ligte toegerus was. Mathe sê die bestuurder het gesê die voertuig behoort aan haar man. Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die eienaar van die voertuig gelei. ’n Tweede verdagte, wat glo die blou ligte aan die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 6


Kenners waarsku teen misdadigers wat hulle as vullisversamelaars voordoen
Sekuriteitskundiges in Suid-Afrika waarsku huiseienaars oor ‘n toenemende tendens van misdadigers wat hulle as vullisversamelaars voordoen om potensiële teikens te identifiseer. Dit kom terwyl huisinbrake hoog bly, met meer as 32 000 gevalle wat tussen Januarie en Maart landwyd aangeteken is. Kenners verduidelik dat egte vullisversamelaars gewoonlik vinnig tussen eiendomme beweeg en herwinbare materiaal versamel. Hulle sê egter dat misdadigers wat hulle as vullisversamelaars

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Ongedokumenteerde migrante stroom steeds na Beitbrug
Ongedokumenteerde migrante van verskillende dele van Suid-Afrika stroom steeds na die repatriëringsentrum naby die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo. Hulle word daar verwerk voordat hulle na hul lande van herkoms teruggestuur word, ná die onlangse betogings teen ongedokumenteerde migrante. Baie vra dat die repatriëringsproses so gou moontlik afgehandel moet word. FOTO: Zimborders

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Steenhuisen is vrygespreek van wangedrag
Die Openbare Beskermer het die voormalige DA-leier en voormalige minister van landbou, John Steenhuisen, vrygespreek van die oortreding van die Uitvoerende Etiese Kode oor personeelaanstellings in sy ministerie. Die ondersoek het gevolg op ‘n klagte deur die EFF. Die Openbare Beskermer het bevind dat vier voorgestelde aanstellings nie aan die vereiste kwalifikasies voldoen het nie, maar dat hulle nooit aangestel is nie, nadat ‘n versoek om van die vereistes af te wyk, afgekeu

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Mbeki beweer sommige Eskom-bestuurders vererger beurtkrag doelbewus
Voormalige president Thabo Mbeki beweer dat sommige Eskom-bestuurders beurtkrag doelbewus vererger het om voordeel uit noodverkrygingsprosesse vir steenkool te trek. Mbeki het die bewerings tydens die National Democratic Revolution-seminaar gemaak en gesê ‘n uitgelekte verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid steun sy bewerings. Die vakbondfederasie Saftu vra nou dat die verslag openbaar gemaak en die bewerings ondersoek word. FOTO: Biznews

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Die protes kos SA se padvragsektor miljoene
Suid-Afrika se padvrag- en logistieke sektor het na raming sowat R100 miljoen verloor tydens die nasionale protes op 30 Junie. Volgens die Padvragvereniging sluit die verliese verhoogde veiligheidskoste, vervoervertragings, langer bergingstye en ander bedryfskoste in. Hoewel die betogings grootliks vreedsaam verloop het, sê die vereniging die stilstand het vragvervoer landwyd ontwrig en beklemtoon dit die ekonomiese impak van grootskaalse protesoptrede. Ter illustrasie. FOTO:

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


'n Wees-renoster kry haar eie kleintjie
'n Renoster wat as kleintjie in 2020 deur die Rhino Orphanage in Limpopo gered is, het geboorte geskenk aan 'n gesonde bulkalf. Jessie se ma is deur stropers doodgemaak toe sy vier maande oud was, en sy was vir twee dae lank alleen met 'n wond aan haar sy voordat reddingswerkers haar opgespoor het. Good Things Guy berig Jessie se bulletjie is die agtste om by Rhino Orphanage gebore te word. Volgens hul sosiale media het die moniteringspan Jessie opgespoor waar sy rustig saam

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Jong Suid-Afrikaners verdien te min om te spaar
’n Nuwe verslag deur BrandMapp toon dat meer as die helfte van Suid-Afrika se jong verbruikersklas minder as R1 000 per maand spaar. Die verslag bevind dat 28% minder as R500 per maand spaar, terwyl nog 25% daarin slaag om tussen R501 en R1 000 opsy te sit. Volgens BrandMapp het salarisse nie tred gehou met die stygende koste van behuising, vervoer, onderwys en daaglikse lewensuitgawes nie. Die maatskappy sê dit maak dit moeiliker vir jong mense om finansiële vryheid te berei

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Mashatile verdedig diplomatieke bystand vir Zuma se besoek aan Indië
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika se diplomatieke missies het 'n verantwoordelikheid om alle amptelike besoekers wat na die buiteland reis, by te staan. Hy het gereageer op vrae oor die rol van Suid-Afrika se Hoë Kommissaris in Indië tydens Jacob Zuma se onlangse besoek aan dié land. Tydens die besoek het Zuma vir Ajay Gupta ontmoet, wat daarvan beskuldig word dat hy 'n sentrale rol in Suid-Afrika se staatskaping-skandaal gespeel het. Mashatile sê dit is normaal d

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Trump vier Amerika se onafhanklikheid buite, ten spyte van 'n hittegolf
Erge hitte het Fourth of July-vieringe in dele van die VSA ontwrig, met onder meer die kansellasie van 'n parade in Washington DC. Die Great American State Fair in die Amerikaanse hoofstad – wat deel vorm van die land se vieringe van sy 250ste bestaansjaar – is ook tydelik gesluit nadat verskeie mense vir hitteverwante siektes behandel moes word. Die BBC berig volgens die Amerikaanse Nasionale Weerdiens het meer as 165 miljoen mense Vrydag onder rekordhoë temperature aan die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


BKS: Nog gevalle is in Bfn aangemeld
Die Departement van Landbou in die Vrystaat het 17 nuwe gevalle van bek-en klouseer bevestig. Dit bring die getal bevestigde gevalle in die provinsie op 665 te staan. SABC-nuus berig die nuwe gevalle is aangemeld in Bloemfontein, Boshof, Smithfield en Bultfontein. Die departement sê hulle het talle aansoeke van boere vir entstof ontvang. Inentings in hoë risikogebiede kry voorkeur. Boere word egter aangeraai om aansoeke in te dien sodat die departement die verspreiding van en

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


'n Bfn man is vas ná meer as 'n dekade op vrye voet
'n Man wat vir langer as 'n dekade op die vlug was, is in Jagersfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem. Die verdagte, Kenosi William Lechoko van Chris Hani in Bloemfontein, is sedert 'n verkragtingsaak wat in 2010 in Kopanong aangemeld is, op die SAPD se lys van gesoekte verdagtes. Volgens 'n polisieverklaring het die verdagte na bewering sy vriendin ná 'n aand van drinkery met geweld na sy woning geneem, waar hy haar verkrag het. Die slagoffer het uit die huis ontsnap en

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Taylor Swift se trouklokke lui
Die popsangeres Taylor Swift en die Amerikaanse voetbalspeler Travis Kelce is Vrydag tydens ‘n glansgeleentheid by Madison Square Garden in New York getroud. Die huwelik is deur die komediant Adam Sandler bevestig en voltrek, terwyl Swift se jarelange publisiteitsbestuurder die troue amptelik bevestig het. Die tweedaagse viering het talle bekendes gelok en streng veiligheidsmaatreëls, insluitend padsluitings rondom die lokaal, genoodsaak terwyl duisende aanhangers buite saamg

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


Vals eiendomsagente in die VS is skuldig aan bedrog
Twee vals eiendomsagente is skuldig bevind aan bedrog en geldwassery nadat hulle ‘n huiskoper in Welkom met byna R300 000 bedrieg het. Die polisie in die Vrystaat sê die Welkom-landdroshof het Vusi Stevens Mlambo en Sylvia Bangani tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die paar is ook gelas om die uitstaande geld in maandelikse paaiemente aan die slagoffer terug te betaal. Die polisie spoor eiendomskopers aan om eiendomsagente by die Regulerings

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5


'n Hofuitspraak is dalk die keerpunt in die stryd teen renoster-uitwissing
Die Kimberleyse hooggeregshof het ʼn uitspraak gelewer wat ʼn keerpunt kan wees in die stryd om renosters teen uitwissing te beskerm. Die uitspraak kan die weg baan vir die wettige en etiese renosterhoringhandel. Maroela Media berig die hof het die regering se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys teen ʼn vroeëre uitspraak wat bepaal dat uitvoerpermitte vir wettig en eties verkrygde renosterhoring uitgereik moet word. Dít kom nadat die stigter van Rockwood Con

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5
bottom of page


