top of page


Alle Plasings


'n Man laat vaar sy borgtog-aansoek ná gesinsmoorde
'n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy gesin in die Verenigde Koninkryk vermoor het, het sy borgtog-aansoek in Suid-Afrika laat vaar. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag staan Ndodana Tshuma tereg op 'n aanklag van die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in Suid-Afrika. Die 46-jarige is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat Britse owerhede die Suid-Afrikaanse polisie gevra het om hom op te spoor. Hy het die Verenigde Koninkryk verlaat twee dae voordat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Sello More se dissiplinêre proses begin
Dissiplinêre stappe teen die Mangaung-metro se stadsbestuurder, Sello More, is tydens 'n spesiale raadsvergadering goedgekeur. Bloemnuus-Express berig die DA se versoek om 'n dissiplinêre proses te begin is aanvaar en 'n onafhanklike ondersoeker moet nou binne sewe dae aangestel word. Die ondersoek sal fokus op 18 bewerings wat onder meer verband hou met bevindings van die ouditeur-generaal, beweerde swak finansiële bestuur en die versuim om aan wetlike en raadsverpligtinge t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Nog vier OBK-direkteure bedank
Nog vier nie-uitvoerende direkteure van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het bedank, wat die bestuurskrisis by die instelling verder verdiep. Eyewitness News berig die minister van finansies, Enoch Godongwana, het 'n vergadering vir 27 Julie belê waar die moontlike ontbinding van die direksie oorweeg sal word. Die jongste bedankings volg nadat nog twee raadslede vroeër uitgetree het, wat die totaal op ses in net meer as 'n week te staan bring. Die OBK is die grootste b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Viljoenskroon worstel weer met rou riool
AfriForum beskuldig die plaaslike owerheid daarvan dat 'n rioolstorting in Viljoenskroon in die Vrystaat steeds nie aangespreek word nie. Volgens die organisasie word inwoners en vee weer aan rou riool blootgestel. AfriForum sê die probleem is reeds in 2022 by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aangemeld en is destyds ná ingryping opgelos. Die organisasie versoek nou dat dringend opgetree word en waarsku dat die rioolstorting ernstige gesondheids- en omgewingsrisiko's in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Armoede en ongelykheid dryf glo skoolgeweld in die Mangaung-metro aan
Geweld by skole in die Mangaung-metro is volgens 'n nuwe studie eerder 'n teken van die sosiale uitdagings waarmee baie gemeenskappe worstel as bloot swak dissipline onder leerders. My City Bloem berig meer as 800 leerders in die metro is as moontlike bendelede geïdentifiseer. Die studie voer aan dat armoede, werkloosheid, dwelmmisbruik, voedselonsekerheid en geweld in gemeenskappe 'n groot bydrae tot skoolgeweld lewer. Hoewel maatreëls soos polisievennootskappe en deursoekin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


'n Motor is glo buite 'n 21ste-verjaarsdagpartytjie in Heidedal gesteel
Hulp word gevra om 'n persoon op te spoor wat met 'n ondersoek na 'n beweerde motordiefstal in Heidedal kan help. Volgens polisiewoordvoerder Sersant Sinah Mpakane is 'n wit Datsun Go glo tydens 'n 21ste verjaardagpartytjie in Hibiscusstraat gesteel. Die voertuig se eienaar en haar niggie het glo die motorsleutels in die aansitter gelos terwyl musiek gespeel het en die huis binnegegaan. 'n Man wat slegs as Kagisho of Pogisho bekend is, het na bewering by die voertuig agtergeb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Nuwe Ebola-maatreëls geld vir reisigers na SA
Reisigers wat vanuit Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo na Suid-Afrika reis moet voortaan 'n gesondheidsvraelys voltooi weens die uitbraak van die Ebola-virus. SANews berig die Departement van Gesondheid sê die vraelys kan tot 24 uur voor vertrek ingevul word om die aankomsproses te vergemaklik. Meer as 2 000 bevestigde Ebola-gevalle en sowat 800 sterftes is sedert die uitbreking in Mei aangemeld. Die departement sê die maatreël is ingestel om gesondheidsrisik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


'n Vliegtuigwrak is ná 74 jaar opgespoor
Die wrak van 'n Pan American World Airways-vliegtuig wat 74 jaar gelede in die Atlantiese Oseaan neergestort het is uiteindelik opgespoor. Nuusflits berig die Douglas DC-4 het in 1952 kort ná opstyg uit Puerto Rico in die moeilikheid beland nadat twee enjins onklaar geraak het. Altesaam 52 van die 69 mense aan boord het in die ongeluk omgekom. Die wrak is sowat 610 meter onder die seeoppervlak met behulp van 'n outonome sonar-duikboot gevind. Die ontdekking bring afsluiting v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Wêreldwye oliepryse styg verder
Oliepryse het tot hul hoogste vlak hierdie maand gestyg. Die styging volg op die eskalasie in vyandelikhede tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en Iran. Oliepryse het vroeër Woensdag tot meer as $94 per vat gestyg. Die VSA het sy aanvalle in Iran voortgesit terwyl Iran Amerikaanse terreine in Bahrein, Koeweit en Jordanië geteiken het. Ten minste een tenkskip is Dinsdag in die Straat van Hormuz getref. Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


'n Suid-Koreaanse restaurant het miere op die spyskaart
’n Michelin-ster-restauranteienaar word daarvan beskuldig dat hy miere as garnering vir ’n nagereg gebruik het. Die eienaar van 'n Suid-Koreaanse restaurant erken dat hy miere bedien het, maar het aangevoer dat hulle slegs in ’n klein deel van die spyskaart gebruik is en dat gaste ander garnering kon kies. Ondersoekers skat dat ongeveer 49 000 miere wat uit die VSA en Thailand ingevoer is, oor vier jaar in verskeie geregte gebruik is. Die saak het aan die lig gekom nadat die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


'n Britse man word moontlik eers in SA verhoor
’n Britse Zimbabwiese burger wat daarvan beskuldig word dat hy sy gesin in die Verenigde Koninkryk vermoor het, sal moontlik eers in Suid-Afrika verhoor word voordat hy aan die VK uitgelewer word. Sy verhoor duur Woensdag in die Johannesburg-landdroshof in Gauteng voort. Ndodana Tshuma het na bewering sy vrou en twee dogters vroeër vandeesmaand by hul huis in Bedfordshire vermoor voordat hy na Suid-Afrika gevlug het. Britse owerhede het sedertdien bevestig dat slagoffers met

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Wysigings aan arbeidswetgewing kan in 2028 in werking tree
Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge en die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingswette wat vroeër vanjaar vir openbare kommentaar gepubliseer is, kan in 2028 aangekondig word. Dit is volgens die direkteur vir Kollektiewe Bedinging van die Departement van Indiensneming en Arbeid, Stephen Rathai. Hy sê die departement is besig om die openbare kommentaar op die voorgestelde wysigings te verfyn. Rathai sê die wetsontwerpe sal na verwagting teruggestuur word na die Nasi

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Twee verlate babas in die VS gevind
Die die liggame van twee babas is in afsonderlike voorvalle in Welkom ontdek. In die eerste geval is ’n baba na bewering in Junie verlate in ’n vullisdrom in Doorn gevind. In die tweede geval is die liggaam van ’n ander baba in Julie in Rheederpark ontdek nadat dit na bewering deur ’n hond na die gebied gebring is. Vrystaatse polisie het twee geregtelike doodsondersoeke geopen, en doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Parlement word versoek om onwettige mynbou-netwerke te ondersoek
Die parlement se ad hoc-komitee is versoek om die breër netwerke van politieke invloed en georganiseerde misdaad wat verband hou met onwettige mynbou in Suid-Afrika aan te spreek. Die mynboubelangegroep Macua het dié oproep gemaak in sy voorleggings aan die komitee wat bewerings van polisiekorrupsie ondersoek. Dit het die komitee gevra om verskeie kwessies in sy finale verslag te oorweeg, insluitend die individue wat onwettige mynbou organiseer en daaruit munt slaan. Macua wa

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Idac erken ontvangs van klagtes teen sy hoof
Minder as 'n maand nadat die Kantoor van die Toesighoudende Regter oor die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) tot stand gebring is, gaan sy hoof, Andrea Johnson, ondersoek word. Die kantoor het bevestig dat hy meer as een klagte teen Johnson ontvang het. Hoewel die kantoor bevestig het dat die klagtes ontvang is, wou dit nie kommentaar lewer oor die inhoud daarvan nie. Die kantoor het beklemtoon dat die ontvangs van 'n klagte nie beteken dat daar reeds bevind is dat e

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Vuvuzelas word ingespan om vee teen leeus te beskerm
'n Jong ekoloog het bevind dat die harde geluid van vuvuzelas leeus afskrik wat uit die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe kom om vee dood te maak. 'n Doktorale student verbonde aan die Universiteit van Oxford se Wildlife Conservation Research Unit, Lovemore Sibanda, het in sy navorsing opgemerk dat leeus gereeld die nasionale park verlaat en omliggende gemeenskappe binnegegaan het. Omdat vee die enigste beskikbare voedsel in dié gebiede was, het spanning natuurlik ontstaan, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Vier is vas vir vermoedelik gesteelde Transnet-koperkabels
Vier mans is in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde Transnet-koperkabels ter waarde van ‘n geraamde R150 000 in Odendaalsrus in die Vrystaat teruggevind is. Polisiebeamptes van Operasie Ukubuza het die 766 kg koperkabel by ‘n skrootmetaalhandelaar in Kutlwanong opgespoor na aanleiding van intelligensie oor ‘n diefstal in Wolmaransstad. Die verdagtes staan tereg op aanklagte wat verband hou met skade aan noodsaaklike infrastruktuur en die besit van vermoedelik gestee

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


OGGEND SPORT: Coke bring ondersteuners nader aan die Bokke, Bethell se besering lei tot ‘n verandering van kapteinskap en SA is gereed vir die Statebond-uitdaging
Ons skop af met rugby-nuus: Coca-Cola Suid-Afrika het sy Coca-Cola Fan Can Be a Bok-veldtog weer bekend gestel, wat ondersteuners die geleentheid bied om ‘n Springbok-wedstryddag van binne die nasionale span se kamp te ervaar tydens die tuis-toetsreeks van 2026. Gelukkige ondersteuners sal deur afrigter, Rassie Erasmus, gekontak word voordat hulle by die groep aansluit vir aktiwiteite soos die kapteinsoefensessie, ‘n verblyf in die spanhotel, die stap deur die tonnel en die b

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 22


VS broers bly agter tralies ná beweerde padwoede
Twee broers wat glo in ’n padwoedevoorval ’n man in Bethlehem erg aangerand het, bly vir eers agter tralies. Netwerk24 berig die broers Johan en Wiaan Viljoen is die naweek in hegtenis geneem en aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hulle ’n man, vermoedelik van Gauteng, glo aangerand het. Rosestad-nuus het vroeër berig die slagoffer is glo met 'n onbekende middel in sy gesig gespuit en aangerand is. Volgens 'n polisieverklaring het die slagoffer kne

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Nommerplaatmisdaad moet strenger bekamp word
Die regering moet handhawing in die nommerplaatbedryf verskerp. Dit is volgens die burgerregte-organisasie AfriForum na aanleiding van berigte van nagemaakte en gekloonde nommerplate, en handelaars wat glo nommerplate uitreik sonder bewys van voertuigregistrasie. Die organisasie sê swak regulering stel misdadigers in staat om die wet te ontduik en wil hê dat onwettige vervaardigers en ongeregistreerde handelaars vervolg moet word. AfriForum se woordvoerder, Louis Boshoff, sê

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


Die regering gaan 350 000 maatskaplike toelaes hersien
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê die regering sal meer as 350 000 maatskaplike toelaes gedurende die 2026-’27 finansiële jaar hersien om te verseker dat slegs begunstigdes wat in aanmerking kom hulp ontvang. Die hersienings sal na verwagting ongeveer R1,5 miljard bespaar deur bedrog en verkeerde betalings te voorkom. Pule sê die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) brei digitale dienste, biometriese verifikasie en e-Life-sertifiser

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


'n Australiese vrou skenk geboorte aan 'n identiese vierling
'n Australiese vrou het geboorte geskenk aan 'n seldsame, natuurlik verwekte, identiese vierling. Die vier dogtertjies is per keisersnee op 28 weke en vier dae gebore. Hulle is monosigotiese vierlinge, wat beteken dat 'n enkele bevrugte eiersel in vier embrio's verdeel het. Die BBC berig die dogtertjies se 34-jarige ma het reeds vier kinders en was heeltemal verras toe hulle meegedeel is dat hulle 'n vierling verwag. Dr. Alexa Bendall van die Royal Brisbane and Women's Hospit

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 22


MIDDAG SPORT: Die WTA stel hul genetiese toetsbeleid bekend, Bangladesj beklink ‘n reeks-oorwinning en Engelse sokker treur oor Kevin Keegan
Ons slaan af met tennis-nuus: Die WTA-reeks vereis voortaan dat spelers ’n eenmalige genetiese toets vir die SRY-geen slaag om vir vrouetoernooie te kwalifiseer, met die nuwe beleid wat Dinsdag in werking tree. Die vorige reëls het transgender vroue toegelaat om deel te neem indien hulle hul testosteroonvlakke vir twee jaar onder ’n vasgestelde vlak gehou het, hoewel daar tans geen bekende transgender vroue in beroepstennis aktief is nie. Die WTA sê die toetsproses sal met st

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 21


Die hoë druipkoers vir leerlingrybewyse wys bedrog word hokgeslaan
Die skerp daling in leerlingrybewys-slaagsyfers sedert die nuwe aanlyn toetsstelsel ingestel is, dui volgens die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) daarop dat bedrog by toetssentrums moeiliker geword het. Maroela Media berig woordvoerder Simon Zwane sê die laer slaagsyfers wys dat eksaminatore en aansoekers nie meer so maklik met die stelsel kan kul nie. Volgens Zwane wys die nuwe stelsel ook dat baie aansoekers nie voldoende voorbereid is wanneer hulle die toets aflê nie.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21
bottom of page

