top of page



Alle Plasings


Besighede bestee miljarde aan nuwe bates
Suid-Afrikaanse besighede het in die tweede kwartaal van 2026 R98.3 miljard aan nuwe bates bestee. Volgens Statistieke Suid-Afrika het besteding met 5.7% gedaal vergeleke met die eerste kwartaal, maar was dit steeds 13.3% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar. Besteding aan rekenaarsagteware en geboue het skerp gedaal, maar besteding aan beleggingseiendom en konstruksiewerk het skerp toegeneem. Wat jaar-tot-jaar-groei betref, het voertuie die voortou geneem, gevolg deur a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


Sassa hersien sy betalingsreëling vir November weens die verkiesing
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) hersien sy betalingsreëling vir November se toelae. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November sal plaasvind. Maroela Media berig volgens die oorspronklike rooster sou die toelae vir ouer persone op 3 November betaal word, gevolg deur die ongeskiktheidstoelae op 4 November en die kindertoelae op 5 November. Die vierde betalingsdag van 6 November is

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Reën- en donderbuie word weer in die VS verwag
Die Vrystaat kan van Woensdag af weer reën- en donderbuie verwag, nadat die weer die afgelope paar dae opgeklaar het. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is daar ’n 60%-kans op reën op plekke, hoewel die Suid-Vrystaat grootliks droër sal bly. Netwerk24 berig die weer behoort Donderdag en Vrydag weer op te klaar, maar ’n laagdrukstelsel kan vanaf Saterdag weer verspreide reën- en donderbuie bring. Temperature kan dan daal tot tussen 11 en 24 grade, terwyl sterk en moontlik s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Die Ekurhuleni-ondersoeke is tot nasionale vlak verhoog
’n Gespesialiseerde multidissiplinêre ondersoek na die onlangse moorde op verskeie vroue in Ekurhuleni in Gauteng, is tot nasionale vlak verhoog. President Cyril Ramaphosa het dit aangekondig tydens sy toespraak aan die land oor die hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord in Suid-Afrika. Hy sê speurders, Misdaadintelligensie, forensiese spesialiste en ondersoekende sielkundiges is by die ondersoek betrokke. Ramaphosa sê die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsra

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Diplomatieke stappe is teen die VSA-ambassadeur ingestel
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het diplomatieke stappe teen die Amerikaanse buitelandse ambassadeur, Leo Brent Bozell III, ingestel. Dit volg nadat Bozell in ’n openbare verklaring gevra het dat Pretoria aan die vyf eise van die Trump-administrasie te voldoen. Dit sluit in die beskerming van eiendomsregte, die omkeer van die Onteieningswet en veranderinge aan die breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging-beleid. Pretoria FM berig Washington

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Oranje se sêr-groep stap met die ATKV-louere weg
Die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein het met die louere weggestap by die nasionale eindronde van die ATKV Sêr-kompetisie. Dié nuwe kompetisie se eindronde is Maandagaand in Kaapstad gehou. Die skool sê op sosiale media hul “Kieries en Crocs” Con Spirito-sanggroep het drie titels verower, naamlik beste produksie, beste musikaliteit en beste ensemblewerk. "Kieries en Crocs". FOTO: Netwerk24

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


‘n Vragmotor-ongeluk eis een in die VS
Een persoon is dood en nog een persoon het ligte beserings opgedoen nadat twee vragmotors Dinsdagoggend vroeg op die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat gebots het. Nova News berig chemikalieë het tydens die ongeluk op die pad gestort, waarna owerhede die snelweg gesluit en verkeer herlei het. Die chemiese storting het sowat 50 m in alle rigtings vanaf die ongelukstoneel versprei, en die publiek word versoek om te alle tye minstens 300 m van die gebied af weg te

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


OGGEND SPORT: Boland klop die Flexbrands Knights, die Protea Warriors behou die Afrika Beker-titel en, Alonso verbind hom tot Aston Martin vir 2027
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Flexbrands Knights het Dinsdagaand met vyf paaltjies teen Boland verloor in die Pro20-beker by Boland Park in die Paarl. Sports24 berig die Knights het eerste gekolf en 160 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. Cole Abrahams was hul voorste kolwer met 66 lopies van 50 balle, terwyl George van Heerden 53 van 42 balle bygedra het. Boland het die teiken egter met die laaste bal van hul beurt bereik en op 161 vir vyf geëindig. Gavin Kaplan he

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 30


Die ACDP vra dat die doodstraf heringestel word
Die ACDP vra dat die doodstraf heringestel word om die plaag van geweldsmisdaad in Suid-Afrika te beëindig. Die party se leier, Kenneth Meshoe, sê die regering het ’n verpligting om die veiligheid van alle Suid-Afrikaners te verseker. LUISTER HIER: Intussen doen President Cyril Ramaphosa ’n beroep op mans regoor die land om te help om die plaag van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te bekamp. Hy het prominente figure, onder andere die Springbok-kaptein Siya Kolisi, geloo

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


SA verbied Shein om KI-verbeterde beelde in advertensies te gebruik
Die Advertensiereguleringsraad het Shein verbied om beelde wat deur kunsmatige intelligensie (KI) verbeter is, in sy advertensies te gebruik. Die beelde laat poliësterkledingstukke na bewering luukser lyk as wat dit werklik is. Die raad het klagtes ondersoek wat ’n verskil uitgewys het tussen die Chinese kitsmode-reus se produkbeelde en die werklike produkte. 'n KI-verbeterde beeld. FOTO: Shein

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Solidariteit is teleurgesteld oor sy hofaansoek oor die DKD en G4S
Solidariteit is teleurgesteld nadat die hof sy dringende aansoek van die hand gewys het en ’n kostebevel teen hom toegestaan het. Dit kom nadat Solidariteit die Arbeidshof genader het sodat die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) die bestaande hofbevel moet implementeer dat voormalige G4S-werknemers vanaf 1 Julie 2026 formeel as DKD-werknemers erken moet word. Rosestad-nuus het Solidariteit se kommunikasie van 'n betroubare bron af onder oë gehad. Dit verduidelik dat di

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Vier is vas vir die Ekurhuleni-moorde
Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni. Dit kom ná ten minste 12 vroue se liggame in ʼn tydperk van twee maande in dié gebied gevind is. Die ministerie van Polisie sê nog ’n verdagte het selfmoord gepleeg toe polisiebeamptes hom genader het. Die departement het die aankondiging gemaak tydens ’n debat oor die dringende kwessie van geweld teen vroue in Suid-Afrika. Die ministerie beklemtoon dat owerhede teen-georganiseerde misdaadop

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Celine Dion verras by die Paryse Modeweek
Celine Dion het die Paryse Modeweek geopen met ʼn verrassingsoptrede van haar treffer uit 2002, I’m Alive, onder die Eiffeltoring. Die Kanadese sangeres het aan die einde van L’Oréal se jaarlikse vertoning op die loopplank verskyn, geklee in ʼn lang swart fluweelrok. Die BBC berig dat Dion, wat in 2022 met sogenaamde Stiff Person Sindroom gediagnoseer is, later deur L’Oréal-ambassadeurs, waaronder Viola Davis en Eva Longoria, bygestaan is. Die optrede het gevolg op haar onlangs

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Malema mag appelleer teen sy skuldigbevinding in die vuurwapensaak
Die EFF-leier, Julius Malema, is verlof toegestaan om te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis van vyf jaar in sy vuurwapensaak. Dit volg nadat hy by die Oos-Kaap-hooggeregshof in Makhanda aansoek gedoen het om te appelleer teen die bevinding wat die KuGompo-streekhof in April gelewer het. Sy saak spruit voort uit ‘n video wat vinnig versprei het en geneem is tydens die EFF se vieringe vir sy vyfde bestaansjaar by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in Julie 2018 w

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


Die liggaam van 'n 11-jarige drenkeling is uiteindelik gekry
Die liggaam van 'n 11-jarige kind wat na bewering vroeër vandeesmaand verdrink het, is uiteindelik gevind. Die kind is as vermis aangemeld nadat sy vriende hom glo in 'n rivier in Phuthaditjhaba in die Vrystaat sien verdrink het. Volgens 'n polisieverklaring is verskeie pogings deur die polisie en die reddings- en duikerspan aangewend om sy liggaam op te spoor en te herwin, maar ongunstige weerstoestande het die soektog bemoeilik. Gemeenskapslede het egter Dinsdag 'n liggaam

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


'n Koeël mis 'n Wepener-man se hart met sentimeters
’n Inwoner van Wepener in die Vrystaat is die naweek in ’n gewapende rooftog voor sy huis twee keer geskiet en een van die koeëls sy hart met sentimeters gemis. Netwerk24 berig Americo Franca was Dinsdag in ’n stabiele toestand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Volgens sy vrou, Anel, was haar man Saterdagoggend omstreeks drie-uur op pad na Bloemfontein vir werk. Nadat hy die hek toegemaak het en weer in sy voertuig geklim het, het twee persone met klapmusse voor hom

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs verloor teen die Iberians in Tbilisi, Miller se Pienkdag-honderd is spesiaal vir sy ma en, Manchester City wag op ‘n uitspraak in die Premierliga-saak
In ruby-nuus: Die Toyota Cheetahs het Dinsdag teen die Iberians van Spanje met ‘n telling van 22-19 verloor in hul tweede wedstryd van die Toyota Challenge se Tbilisi-beker. Rugby Mag berig die Iberians het rustyd met 19-7 voorgeloop, maar die Cheetahs het sterk teruggeveg. Ntokozo Makhaza het twee drieë gedruk, met sy tweede drie se doelskop wat die telling sewe minute voor die einde op 19-19 gebring het. Die Iberians het egter in die laaste minuut ’n strafskop gekry, wat Ag

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 29


Provinsiale regerings teken kontanttekort aan
Provinsiale regerings in Suid-Afrika het ‘n kontanttekort van drie-komma-agt miljard rand vir die 2024/25 fiskale jaar aangeteken. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se jongste finansiële statistieke. Ten spyte van ‘n netto bedryfskontantinvloei van R35.5 miljard, aangedryf deur inkomste van R759.5 miljard teenoor uitgawes van R724 miljard , het aansienlike besteding aan nie-finansiële bates die algehele balans in ‘n tekort laat verval. Onderwys het die grootste deel van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


SA wen 19 toekennings by die 2026 Wêreldreistoekennings
Suid-Afrika het 19 toekennings in die kategorieë vir die hele Afrika by die 2026 Wêreldreistoekennings gewen. Die wenners is tydens die gala-seremonie vir Afrika in Zanzibar aangekondig, met Suid-Afrikaanse inskrywings wat verantwoordelik was vir net meer as 21% van die 89 toekennings. Kaapstad is aangewys as Afrika se voorste stadbestemming, terwyl Lanzerac die toekenning vir Afrika se voorste boetiekhotel ontvang het. Ander Suid-Afrikaanse wenners het FlySafair, Park Hyatt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor ’n voorstel rakende onopgeëiste finansiële bates
Die Vereniging van Staatsamptenare het sy kommer uitgespreek oor die voorstel om die bestuur en belegging van onopgeëiste finansiële bates te sentraliseer. Die Nasionale Tesourie het die voorstel gemaak, wat die bestuur en belegging van miljarde rande aan onopgeëiste aftreevoordele insluit. Die vakbond se Claude Naiker sê die voorstel moet deeglik ondersoek en verder bespreek word voordat enige besluit geneem word. LUISTER HIER: Claude Naiker. FOTO: PSA

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


‘Magsbeheptes’ moenie kinders in politieke veldtogte misbruik nie
Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae waarsku teen wat sy beskryf as die misbruik van kinders in politieke veldtogte. Luidens ’n plasing op sosiale media het Letsoha-Mathae gesê kinders word deur mense wat volgens haar “magsbehep” is, vir hul eie politieke ambisies gebruik. Sy het verwys na ’n voorval in Hennenman waar jong kinders by ’n politieke optog betrek is, hoewel hulle nog nie stemgeregtig is nie. Volgens die Premier het die kinders tydens ’n veldtog vir die komen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


’n Vrou is in hegtenis vir ’n bejaarde se ontvoering
’n Vrou is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontvoering en afpersing van ’n bejaarde man in Welkom. Volgens die Vrystaatse polisie is die man op 14 Augustus glo deur die vrou na ’n vergadering oor ’n moontlike werksgeleentheid gelok. Die vergadering het in ’n parkeerarea plaasgevind, waarna hulle saam met twee onbekende mans, wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen het, gegaan het. Die vrou is glo later buite die Thabong-polisiestasie afgelaai, terwyl die 67-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


SA wen silwer by die internasionale WorldSkills-kompetisie
Suid-Afrika het ’n silwermedalje by die WorldSkills Internasionale Kompetisie in Sjanghai, China, verower. Matthew Bowen het tweede geëindig in die kategorie vir vliegtuigonderhoud. Die 48ste kompetisie het jongmense van regoor die wêreld bymekaargebring om hul tegniese en beroepsvaardighede te toets. Suid-Afrika het 29 jongmense gestuur om in 27 kategorieë mee te ding. Die voorsitter van die Hoër Onderwys-portefeuljekomitee, Tebogo Letsie, het die span met die prestasie gelu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


Bloem-leerders se werke pronk in die 2027-Sanlam-kalender
Twee Bloemfontein-leerders van die EduPlus Onafhanklike Skool se kunswerke pronk in volgende jaar se Sanlam-kalender. Volgens Bloemnuus Express is kunswerke van 34 leerders van die skool ook vir die aanlyn-uitstalling van Sanlam se jaarlikse kinderkunskompetisie gekies. Elizka Janse van Rensburg en Thuanyo Matekane se kunswerke is onder die 13 werke landwyd wat gekies is om volgende jaar in die gedrukte kalender te verskyn. Die Sanlam Kinderkunsprojek word vanjaar vir die 63s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29
bottom of page

