top of page

Alle Plasings


'n Oud-Oranje-meisie wen met haar alternatiewe musiek
Die oud-Bloemfonteinse musikant en kunstenaar Magé Troskie is in Stellenbosch as Taalgenoot se Ruk en Rym-wenner aangewys. Die finale ronde het deel gevorm van vanjaar se Woordfees. Maroela Media berig Magé – wat as "Vir Nou Net Magé" bekend staan – het ʼn paar jaar gelede aandag getrek toe ʼn video van ʼn toespraak wat sy in haar matriekjaar gelewer het, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Magé was hoofmeisie van die Sekondêre Meisieskool Oranje, en het in die video

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


Akademiese aktiwiteite aan die UV hervat
Akademiese aktiwiteite aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag hervat, nadat dit vir ’n week opgeskort is weens die geweld op die kampus. Die UV se woordvoerder, Lacea Loader, sê die akademiese kalender is gewysig om die suksesvolle voltooiing van die 2025- akademiese jaar te verseker. Netwerk24 berig Loader sê die einde van die vierde kwartaal sal uitgestel word en die begin van die hoof-jaareindeksamens sal van 3 na 10 November verskuif word. Dié besluit is v

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


RUGBY: Toyota Challenge - Cheetahs verloor eerste wedstryd
Die Toyota Cheetahs het Vrydag in Bloemfontein met die nouste van marge verloor toe die Black Lion van Georgië hulle met 39–38 geklop het. Die Cheetahs het met 21–15 voorgeloop teen rustyd ná drie vroeë drieë deur Marco Janse van Vuren, Cohen Jasper en Michael Annies, met Jasper wat ook die ekstra punte behartig het. Kaptein Victor Sekekete het ná halftyd die voorsprong verder vergroot, maar Black Lion het sterk teruggeveg met ses drieë, waaronder ’n dubbele drie deur Dato Ab

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 20, 2025


SOKKER: Premierliga die afgelope naweek
Manchester United het Liverpool op Anfield verras met ’n 2–1 sege – hul eerste oorwinning daar in nege jaar. Bryan Mbeumo het vroeg vir Liverpool laat juig, maar Cody Gakpo het gelyk gemaak voordat Harry Maguire in die 84ste minuut met ’n kragtige kopdoel die wenner aangeteken het. Arsenal het na die bopunt van die punteleer beweeg ná ’n taai 1–0 sege oor Fulham, danksy Leandro Trossard se doel. Die Gunners se verdediging was weer uitmuntend en het geen doelskoppe teen hulle

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 20, 2025


ATLETIEK: Sanlam sal die inskrywingsgelde van hardlopers vir die volgende marathon dek
Die 2025 Sanlam Kaapstad-marathon is vroeg Sondag afgestel weens ernstige windskade, wat organiseerders aangespoor het om die veiligheid van hardlopers en toeskouers te prioritiseer. In reaksie hierop het titelborg, Sanlam, aangekondig dat hulle die inskrywingsgelde van alle betrokke hardlopers, vir óf die 2026- óf 2027-uitgawes van die wedloop sal dek. Wedloop-uitvoerende hoof, Clark Gardner, het gesê dat besonderhede oor die geborgde inskrywingsproses binnekort gedeel sal w

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 20, 2025


Twee mans is in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van militêre toerusting
Twee mans is in Universitas in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van gevaarlike militêre toerusting, vermoedelik gesteel van die De Brug Weermagbasis net buite die stad. Nova News berig 'n beampte van 'n private sekruiteitsmaatskappy het die twee mans aangehou nadat lede van die gemeenskap hulle in Paul Kruger-laan gesien het waar hulle glo verdag opgetree het. Die wapens is in hul besit gevind. Lede van die bom-eenheid het die mortierpatrone en vuurpenne beveilig

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


Die nuwe Geïntegreerde Hulpbronplan wil beurtkrag permanent beëindig
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering se nuwe Geïntegreerde Hulpbronplan is daarop gemik om beurtkrag permanent te beëindig. Hy het Sondag tydens ’n mediakonferensie in Pretoria gesê ’n betroubare kragvoorsiening is noodsaaklik om die land se sukkelende ekonomie te herstel. Die nuwe plan vervang die 2019-weergawe en pas by Suid-Afrika se huidige energiebehoeftes. Ramokgopa het benadruk dat geen land kan groei of nywerhede lok sonder ’n stabiel

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


Ramaphosa erken die onteieningswet is ongrondwetlik
Pres. Cyril Ramaphosa het onder eed erken dat artikel 19 van die omstrede Onteieningswet ongrondwetlik is, omdat dit “foutiewelik” bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat die grondeienaar die saak in die hof kan betwis. Ramaphosa vra dat die Wes-Kaapse hooggeregshof óf die bewoording van die artikel verander óf dit ongrondwetlik verklaar. In ’n beantwoordende verklaring op die onderskeie hofsake van sy koalisievennoot die DA, die burgerregtegroep AfriForum en die Vaderlan

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 19, 2025


Patrice Motsepe sê hy gaan nie vir die land se presidentskap staan nie
Miljardêr-sakeman Patrice Motsepe het gerugte ontken dat hy dit oorweeg om as president van Suid-Afrika te staan. Gerugte verbind Motsepe met die komende verkiesing van die ANC se presidensie. Hy sê hy ondersteun die party en wens wie ook al as sy nuwe leier na vore tree, alles van die beste toe. Motsepe sê hy hoef nie ‘n politikus te word om ‘n verskil in Suid-Afrika te maak nie. Patrice Motsepe. FOTO: Forbes

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 19, 2025


'n Skaapboer van Kroonstad is die nasionale Lamb Champ
'n Skaapboer van Kroonstad in die Vrystaat, Hennie Jonker, is tydens ʼn spoggeleentheid by die Lamb Champs Alfa-dinee by Nampo Alfa in Bothaville as die Lamb Champs- nasionale kampioen gekroon. Maroela Media berig dié geleentheid is ʼn viering van die beste lamsvleis en Jonker het vanjaar van op-die-hoef-evaluasie tot by die finale proe uitmuntend presteer. Die uitvoerende hoof van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), Francois Rossouw, sê die deelnemers se lammers het die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 19, 2025


Die Kaapstad Marathon is gekanselleer – maar vindingryke drawwers maak 'n plan
Die Sanlam Kaapstad Marathon is Sondag inderhaas weens veiligheidsredes gekanselleer. Die organiseerders het op sosiale media aangekondig dat die meer as 24 000 deelnemers nie by die beginpunt moet rapporteer nie, aangesien sterk winde die begin- en eindpunt omgewaai het. Maar Suid-Afrikaners is bekend vir hul vindingrykheid en deursettingsvermoeë en hul manier om ‘n tragedie in ‘n geleentheid te omskep. Good Things Guy berig talle drawwers het groepe begin vorm en alternatie

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 19, 2025


Die raaisel van die Russiese vrag in Upington is opgelos
Die raaisel om die geheimsinnige inhoud wat aan boord van ’n Russiese vragvliegtuig op Upington aangekom het, is opgeklaar. Rapport berig die vlug het toerusting teruggebring wat deur ’n groep Suid-Afrikaanse huursoldate in die Puntland-streek in Somalië gebruik is. Die vrag het minstens twee Gazelle-helikopters ingesluit. Die presiese besonderhede van die projek in Somalië is onbekend, maar die vrag is vermoedelik teruggestuur nadat daar ’n haakplek in die operasie was. Bosa

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 19, 2025


Die polisie kry bloedneus oor die bevordering van 'n Bloemfonteinse beampte
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het weer bloedneus gekry – dié keer vanaf die vakbond Solidariteit, weens onbillike arbeidspraktyk teen ’n bekwame polisiebeampte van Bloemfontein. Netwerk24 berig die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het gelas dat luitenant-kolonel Lizette de Villiers tot kolonel bevorder word. De Villiers is een van enkele kliniese sielkundiges in diens van die polisie. De Villiers het in 2022 om die pos van provinsiale bevelvoerder

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18, 2025


'n Welkomse prokureur kry drie keer lewenslange tronkstraf
Die veroordeelde verkragter Jan Gysbert Maritz is tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Martiz, ‘n bekende prokureur van Welkom, het in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn vir vonnisoplegging nadat hy talle pogings aangewend het om dit uit te stel. Bloemnuus berig Maritz het vroeër op 18 aanklagte ingevolge die Wysigingswet op die Strafwet oor Seksuele Oortredings en Verwante Aangeleenthede, asook ‘n bykomende aanklag van aanranding, terreggestaan. Die vonnisse

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18, 2025


'n Voorlopige verslag toon die busmaatskappy is aanspreeklik vir die Limpopo-ongeluk
‘n Voorlopige ondersoek het bevind dat nalatigheid en oormatige spoed die oorsaak was van ‘n noodlottige busongeluk wat 43 lewens in Limpopo geëis het. Die bus was op pad van die Oos-Kaap na Zimbabwe toe dit vroeër vandeesweek beheer verloor het op die N1-snelweg in Makhado. Ondersoeke het aan die lig gebring dat een van die hooffaktore wat die ongeluk veroorsaak het, die bestuurder se oormatige spoed oor ‘n steil en kronkelende bergpas was. Die verslag het tot die gevolgtrek

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18, 2025


'n Tekort aan entstowwe laat plattelandse ekonomieë kwesbaar
'n Doemende verslag bevestig wat landboukundiges reeds maande lank vrees: die volledige ineenstorting van die land se kapasiteit om noodsaaklike diere-entstowwe te vervaardig, met verwoestende gevolge vir boere wat reeds swaar kry weens die voortdurende bek-en-klouseer-krisis. Nova News berig Onderstepoort Biological Products, Suid-Afrika se staatsentiteit vir entstofvervaardiging, het slegs 62% van sy teikens vir 2024-'25 behaal en ’n inkomste-tekort van R100 miljoen aangete

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18, 2025


Mchunu beweer dat Mkhwanazi hom gedreig het
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, beweer dat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, hom gedreig het. Mchunu het gister voor die ad hoc-komitee verskyn wat beweerde polisiekorrupsie ondersoek. Die komitee het geluister na ‘n opname van ‘n selfoonoproep tussen Mkhwanazi en Mchunu se stafhoof, Cedrick Nkabinde. Mchunu sê hy het Nkabinde opdrag gegee om alle gesprekke tussen homself en Mkhwanzi op te neem omdat hy gevoel het dat dinge ernstig raak. Die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18, 2025


Nasionale Hospitaal kry 'n unieke kamer vir tienerkankerpasiënte
Die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein huisves n unieke sogenaamde Dream Room spesiaal vir tieners. Die streeksverteenwoordiger van Reach for a Dream in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Noord-Kaap, Kerry Donkin, het saam met die uitvoerende bestuurder van Cell C, Joshua Moela, die eenheid geopen. Cell C het die Dream Room befonds. Nova News berig Donkin sê tieners word dikwels vergeet in 'n wêreld waar daar baie op behandeling vir pediatriese en volwasse pasiënte i

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025


Deveney Nel se moordenaar is gevonnis
Die 16-jarige Deveney Nel se moordenaar is in die Kaapstadse hooggeregshof skuldig bevind aan moord en regsverydeling, en ingevolge ʼn pleitooreenkoms reeds gevonnis. Maroela Media berig die jong man, wat sy aansoek om borgtog in September verlede jaar laat vaar het, het op dié twee klagte en ʼn aanklag van verkragting tereg gestaan. Volgens ʼn onberispelike bron het die jong man se ma verlede week tot die vonnis ingestem. Die 18-jarige is gevolglik 25 jaar tronkstraf ná die...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025


'n Vrystaatse man sit vir die aanranding van en moord op sy vrou
'n Man is in die Bloemfonteinse Hooggeregshof skuldig bevind op 'n aanklag in verband met gesins- en geslagsgebaseerde geweld. Pule Louw is tot nege jaar tronkstraf vir strafbare manslag en ses jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed aan te doen gevonnis. Volgens 'n polisieverklaring het die slagoffer – Louw se vrou, Dolly – in April verlede jaar 'n saak van aanranding teen haar man geopen. Later in die hof is daar getuig hy het haar weer erg aangerand.

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025


RUGBY: Groot aksie en gees word Vrydag in die Toyota Stadion in Bloemfotnein verwag
Groot aksie en gees word Vrydag in die Toyota Stadion in Bloemfotnein verwag wanneer die vyfde Toyota Challenge vanaand om 6 uur afskop. Die Toyota Cheetahs sal die Black Lion van Georgië aandurf in wat beloof om ’n kragmeting van formaat te wees. Beide spanne gebruik die Toyota Challenge as 'n opbou vir die komende Europese Professionele Klubrugby (EPCR)-toernooi. Vir die Cheetahs is dit meer as net 'n vriendskaplike wedstryd, dit is 'n deurslaggewende toets van gereedheid.

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


FIETSRY: Martin Van Wyk Word Wêreldkampioen in Frankryk
Martin Van Wyk het goud verower in die Masters Mans 55–59 punte wedren by die UCI Masters Wêreld Baanfietskampioenskappe in Roubaix, Frankryk. Hy het tydens die prysuitdeling sy vlag vasgehou en saam met sy familie gevier – ’n bewys van sy trots om 'n Suid-Afrikaner te wees. Sy fietsry loopbaan het in 1984 begin toe hy 14 jaar oud was, en ná ’n pouse in sy twintigs, het hy op 33 weer begin kompeteer. Terwyl ander deelnemers spanondersteuning en vol tuig gehad het, het Van Wyk

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


SOKKER: SAFA en Adidas herenig in vennootskap vir SA sokker
SAFA het ‘n groot driejaar-ooreenkoms met Adidas onderteken, wat die globale sportreus die amptelike tegniese borg van alle nasionale sokkerspanne maak. Met Bafana Bafana op pad na die 2026 Wêreldbeker en Banyana Banyana wat hul opkoms voortsit, vier die samewerking ‘n nuwe era van Suid-Afrikaanse sportuitnemendheid. Die bekende Three Stripes sal vanaf 24 Maart 2026 na nasionale spanuitrustings terugkeer, wat wedstrydklere, oefenklere en ‘n volledige ondersteunerversameling i

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


Polisie soek na 'n liggaam in 'n steengroef in Heidedal
Die polisie in Heidedal in Bloemfontein ondersoek die moontlike verdrinking van 'n man by 'n steengroef agter die Twin City-inkopiesentrum. Volgens 'n polisieverklaring het die insident Donderdag gebeur toe die slagoffer en twee vriende daar gaan swem het. Die slagoffer het ingespring, maar was vinnig oorweldig en het toe na bewering verdrink. Die Heidedal-polisie en die Bloemfonteinse duik-eenheid is ontbied, en 'n soektog is begin. Teen laat die aand moes die ondersoek gest

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025
bottom of page

