top of page


Alle Plasings


‘n VS polisielid dreig glo om ‘n kollega te skiet
Die familie van ’n administratiewe klerk by die polisiekantoor in Philippolis in die Vrystaat vrees vir haar lewe nadat ’n adjudantoffisier glo vroeër gedreig het dat hy haar en ander beamptes gaan doodskiet. Netwerk24 berig die man het glo verlede week aan die klerk gesê hy moet in ’n psigiatriese hospitaal in Bloemfontein opgeneem word, anders gaan hy mense skiet. Hy is glo na ’n psigiatriese hospitaal verwys omdat hy probleme met die stasiebevelvoerder het. Hy het ook glo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Oproepe neem toe dat Idac moet ontbind
Oproepe neem toe dat die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac) ontbind moet word, ondanks van ’n beplande leierskapshersiening. eNCA berig kritici voer aan dat die vervanging van die eenheid se leierskap nie die strukturele swakhede sal oplos wat die doeltreffendheid daarvan beïnvloed het nie. Volgens Good Governance Africa (GGA) is Idac sedert sy stigting fundamenteel beperk. GGA se uitvoerende direkteur, Karam Singh, sê die land moet ’n volledig onafhanklike agentskap

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Aanlyn soektogte oor skoolboelies bereik ‘n hoogtepunt
Aanlyn soektogte oor skoolboelies in Suid-Afrika het met 202 % na 1 000 soektogte toegeneem in die week ná skole verlede maand vir die derde kwartaal heropen het. Die nuwe ontleding deur Teneo Online School sê dit is die hoogste nog. Die skool doen ’n beroep op ouers en skole om veilige ruimtes te skep waar leerders eerlik kan wees, en sê boeliegedrag floreer wanneer kinders stilbly. Die instelling sê skole en aanlyn klaskamers moet verseker dat leerders betroubare maniere he

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


‘n Geliefde Grey-onderwyseres kry nuwe longe
Die Bloemfonteinse onderwyseres wat die afgelope jare aan ‘n suurstofmasjien gekoppel was, het nuwe longe gekry. Karen du Plessis het Donderdagaand die oproep gekry waarop sy al van Januarie af wag, en sy moes die volgende dag voor 12:00 in Kaapstad wees vir die operasie. BloemnuusExpress berig Du Plessis was Vrydagoggend reeds op die vliegtuig toe die boodskap deurkom dat die weefsel van die skenker ooreenstem met hare. Net voor die operasie het sy gesê sy bid vir die famili

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Die UV lewer twee Fulbright-navorsers op
Twee navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het 'n mylpaal-prestasie bereik deur in dieselfde toekenningsiklus vir die Fulbright Suid-Afrikaanse Navorsersprogram gekies te word. Volgens die UV se webtuiste is dit die eerste keer dat die universiteit twee Fulbright-toekennings in dieselfde jaar ontvang. Die Fulbright-program, wat deur die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake bestuur word, is een van die wêreld se mees gesogte akademiese uitruilprogramme e

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Afsonderlike gevalle van wangedrag by skolerugby word ondersoek
Ondersoek gaan ingestel word na die twee afsonderlike gevalle wangedrag op skolerugbyvelde die afgelope naweek in hul onderskeie provinsies. Volgens News24 was eerstespanspelers van die Hoërskool Dr EG Jansen van Boksburg in 'n bakleiery met toeskouers betrokke nadat dié hulle glo getart het tydens hul Noordvaalbekerwedstryd teen die Hoërskool Menlopark van Pretoria. Tydens 'n skolederby in Kaapstad tussen die Hoërskool Fairmont van Durbanville en die Hoërskool The Settlers v

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Misa: 'Die petrolprysverlaging moet werklike verligting bring'
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) vra dat die regering moet verseker dat die verlaging in die petrolprys werklike verligting in voedsel- en vervoerkoste meebring. Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het ’n daling van 52 sent per liter in petrolpryse aangekondig. Daar sal egter ’n styging van R1,38 per liter in dieselpryse wees. Paraffien sal ook met R1,52 per liter styg. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is diep bekommerd oor

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


March and March wil 'n 'AfriForum vir swart Suid-Afrikaners' wees
Die omstrede teen-onwettige immigrasiebeweging March and March sê hy het geen voorneme om 'n politieke party te word nie, maar wil eerder ontwikkel tot wat hy as 'n "AfriForum vir swart Suid-Afrikaners" beskryf. Eyewitness News berig die organisasie het Maandag aangekondig dat hy 'n forum vir maatskaplike geregtigheidsgedinge en 'n humanitêre stigting tot stand gebring het. March and March het die afgelope maande gewildheid verwerf met goed bygewoonde betogings teen onwettige

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


OGGEND SPORT: Die Springbok-vroueakademie maak gereed vir hul Brasilië-toer, die Wes-Indiese Eilande begin stewig en Zverev praat uit teen strawwe
Ons skop af met rugby: Nege ervare Springbok-vrouespelers is deel van ‘n groep van 30 spelers wat in Somerset-Wes bymekaargekom het vir die eerste van twee oefenkampe, wat as voorbereiding dien vir die SA Vroue-‘A’-span se toer na Brasilië later hierdie maand. Die groep maak deel uit van die Springbok-vroueakademie, waar spelers buite die huidige toetsgroep aan hul ontwikkeling werk, met Luchell Hanekom en Mary Zulu wat na die groep terugkeer, terwyl verskeie Junior Springbok

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 4


Die VS regering sê gemeenskapslede moenie slaggate herstel nie
Gemeenskapslede en plaaslike organisasies wat probeer om slaggate te herstel of gevaarlike gedeeltes veiliger te maak, word na bewering deur die Vrystaatse Departement van Paaie opdrag gegee om op te hou, ondanks die feit dat permanente herstelwerk nog nie gedoen is nie. Dit kom te midde van oproepe vir dringende instandhouding van die verslegtende R59-pad, veral op gedeeltes tussen Bothaville en Vredefort. Nova News berig die departement is versoek om die oordrag van die pad

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


McKenzie sê sportfederasies moet self geld insamel
Sportfederasies moet ophou om na die regering te hardloop vir finansiering, terwyl hulle nie self pogings aanwend om geld in te samel nie. Dit is volgens die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Hy sê sogenaamde lui federasiebase en opportunistiese politici misbruik elke geleentheid om die ministerie daarvan te beskuldig dat hy weier om hulle te finansier. Netwerk24 berig McKenzie het Maandag gesê sy departement verskaf finansiële ondersteuning aan meer as 60

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


‘n Man vermoor sy ma oor hy glo sy het hom getoor
'n Man het sy ma vermoor nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy hom getoor het. Songezo Michael Moholei het in sy pleitverduideliking in die streekhof in Sterkspruit in die Oos-Kaap erken dat hy ná sy laat tuiskoms met sy ma, Maphumulo Moholei, baklei het. Tydens die rusie het hy sy ma daarvan beskuldig dat sy hom met toordery geteiken het. Hy het haar toe met ‘n houtstok ten aanskoue van die bure aangerand, en sy het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Nova

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Saftu verwerp Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling
Die vakbond Saftu verwerp president Cyril Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling. Saftu voer aan dat die bekendstelling van mededinging in elektrisiteitsopwekking nie pryse sal verlaag nie. Die federasie sê stygende elektrisiteitstariewe en langtermynooreenkomste met onafhanklike kragprodusente toon dat verbruikers steeds die koste dra terwyl private beleggers voordeel trek. Dit betwis ook die president se vergelyking met die telekommunikasiesektor en sê laer prys

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Suid-Korea kook onder ‘n rekordhitte
Suid-Korea beleef sy hoogste temperature in meer as 'n eeu. Die kwik het in die suidoostelike stad Yangsan tot 42,5˚C gestyg. eNCA berig inwoners in meer as 20 gebiede is opdrag gegee om binnenshuis te bly. Wetenskaplikes waarsku dat klimaatsverandering en die El Niño-verskynsel hierdie uiterste hittegolf dryf. Intussen gaan die suide van Europa ook onder temperature van meer as 40˚C gebuk, terwyl owerhede gelyktydig teen ernstige veldbrande veg. FOTO: eNCA

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


MIDDAG SPORT: Die Leeus staan alleen bo, Banyana hou hul kwarteinddroom lewendig en reën vertraag die Washington Ope-eindstryde
Ons begin met rugby-nuus: Die Goue Leeus is ná drie rondes die enigste onoorwonne span in die Curriebeker nadat die Pumas die Boland Kavaliers met 20–15 in Wellington geklop het, wat Boland se eerste nederlaag van die seisoen was en die Pumas se uitspeelkanse ‘n hupstoot gegee het. Die Leeus het die Blou Bulle met 42–19 oorrompel om hul perfekte rekord te behou, hoewel kaptein Ruan Delport ‘n rooi kaart gekry het en Nicolaas Janse van Rensburg en Rynhart Jonker onderskeidelik

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 3


Verskeie tenders van die Mangaung-metro word ondersoek
Die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, het opdrag gekry om verskeie tenders van die Mangaung Metro Munisipaliteit te ondersoek. Volgens inligting wat deur die SOE gedeel is, sal die ondersoek fokus op die instelling van die metro se munisipale polisiediens, asook beweerde oorbetalings aan verskaffers. Die ondersoek sluit onder meer die aankoop van voertuie, 'n brandweerwa, bemarkings- en spysenieringskontrakte, kantoorverbeterings en kontrakte vir die ontwikkeling van die met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Cosatu is ontevrede met die aangestelde Raad oor Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord
Cosatu het president Cyril Ramaphosa gekritiseer oor die samestelling van die Nasionale Raad oor Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord. Die president het verlede week die lede van die raad aangekondig, maar Cosatu meen arbeidsverteenwoordigers is uitgelaat. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, is van mening dat die gebrek aan arbeidsverteenwoordigers die stryd teen geslagsgebaseerde geweld ondermyn. Matthew Parks. FOTO: EWN

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Verligting én pyn wag by die pompe
Daar is gemengde nuus vir motoriste wanneer die jongste brandstofpryse die Woensdag in werking tree. Petrol sal 52c per liter goedkoper wees, terwyl diesel tussen R1,23 en R1,38 per liter duurder word. Die groothandelprys van paraffien styg ook met R1,52 per liter. Volgens die Departement van Minerale en Petroleumbronne daal die balansheffing intussen met 52c per liter, van R1,14 tot sowat 61 sent per liter. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Telkom begin die finansiële jaar op 'n sterk noot
Telkom het sy inkomste in die drie maande tot einde Junie met 2,6% tot meer as R11 miljard verhoog. Dit is hoofsaaklik danksy sterk groei in sy mobiele besigheid. Vooruitbetaalde diensinkomste het met 9,1% gestyg, terwyl mobiele data-inkomste met 11,4% toegeneem het. Telkom het nou meer as 25 miljoen mobiele intekenare, met data-inkomste wat meer as 62% van die groep se totale inkomste uitmaak. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Kiesers het nog vyf dae om aanlyn te registreer
Kiesers het nog vyf dae om aanlyn te registreer om te stem in die plaaslike regeringsverkiesing. Bosa, onder andere, moedig kiesers aan om hierdie week te gebruik om te registreer of hul registrasie te verifieer. Suid-Afrikaners kan steeds die aanlyn portaal van die Onafhanklike Verkiesingskommissie gebruik om te registreer of hul registrasiestatus te verifieer. Dit kan gedoen word totdat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake die verkiesingsdatum aanko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


‘n Voorlopige hofbevel is bekom vir veiligheid by ‘n plaaslike steengroef
Die Mangaung-metro het 'n voorlopige hofbevel bekom om mense by 'n privaat steengroef te beskerm waar herhaaldelike sterftes aangemeld is. Volgens ‘n mediaverklaring verbied die hofbevel die eienaar om die steengroef te verkoop totdat alle sake wat met die sterftes verband hou, afgehandel is. Die eienaar moet ook die terrein beveilig deur dit behoorlik te omhein om verdere lewensverlies te voorkom. Volgens die metro het die eienaar vroeër versuim om aan munisipale kennisgewin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Honderde buitelandse leerders keer nie terug skool toe nie
Honderde buitelandse skoolkinders het nie ná die Junie-vakansie na Suid-Afrikaanse skole teruggekeer nie. Dit volg nadat duisende buitelandse burgers ná 'n reeks optogte teen onwettige immigrante na hul lande van oorsprong teruggekeer het. Gauteng het die hoogste aantal betrokke leerders aangemeld, terwyl ander provinsies min of geen gevalle van leerders wat die skool verlaat het, aangemeld het nie. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Die Mangaung-metro ontken dat Naval Hill te koop is
Die Mangaung Metro Munisipaliteit ontken gerugte dat Naval Hill en ander munisipale bates te koop is. Die metro voeg in ‘n mediaverklaring by geen besluit is geneem om van enige munisipale eiendom ontslae te raak nie. Voorstelle is wel ontvang om sekere onderbenutte eiendomme beter te benut en beleggings te lok om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Daar word beklemtoon dat enige voorstelle eers deeglik beoordeel sal word en, waar nodig, deur die raad goedgekeur moe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Onsekerheid heers steeds oor wit SA vlugtelinge in die VSA
Daar is steeds onsekerheid vir wit Suid-Afrikaners wat goedgekeur is om as vlugtelinge in die Verenigde State van Amerika (VSA) te woon. Daar is geen duidelikheid oor wanneer hulle sal vertrek en waar hulle sal bly sodra hulle in die VSA aankom nie. Sommige wit Suid-Afrikaners het besluit om na die VSA te verhuis omdat hulle glo dit bied ’n beter toekoms. Die VSA het sommige Suid-Afrikaners toegelaat om die land binne te kom ná bewerings van ’n wit volksmoord. Die Suid-Afrika

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3
bottom of page


