top of page

Alle Plasings


Centlec-raadslede bedank
Vier raadslede van Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, het volgens die stad se burgemeester, Gregory Nthatsi, vrywillig bedank. SABC News berig dit volg op berigte deur sommige raadslede wat beweer dat die ontbinding van die raad aan politieke inmenging toegeskryf kan word. Die raad sê dinge het driftig geraak toe hulle die kwalifikasies van die uitvoerende hoof, Malefane Sekoboto, aangevra het - na berigte wat beweer het dat hy nie gekwalifiseerd is om in die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


Studente dobbel met hul NSFAS-toelaes
Sommige studente aan tersiêre onderwysinstellings gebruik hul Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) toelaes om op aanlyn webwerwe te wed. Daily Maverick het met van die studente gepraat, en een so ’n student moes amper sy studies gestaak het nadat dobbelary tot finansiële verliese en onreëlmatige gebruik van familiefondse gelei het. Volgens ‘n kliniese sielkundige neem mense nie goeie besluite wanneer dit by dobbelverslawing kom nie. Dit beteken dat selfs wanneer h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


Coca-Cola in Bloemfontein sluit dalk sy deure
Coca-Cola Beverages Group South Africa (CCBSA) kan moontlik sy aanlegte in Bloemfontein en Oos-Londen as deel van herstrukturering toemaak. Dit kom nadat 'n meerderheidsaandeel van CCBSA aan Coca-Cola HBC AG verkoop is. Business Tech berig die groep het Dinsdag in 'n verklaring gesê die transaksie behoort aan die einde van 2027 gefinaliseer te wees. Die groep sê daar is sprake van verlies van tot soveel as 680 poste, sowel as die sluiting van sommige aanlegte in Suid-Afrika.

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


Die Good-party verwerp die DA se voorstel teen Swart Ekonomiese Bemagtiging
Die Good-party sê hulle is gekant teen die DA se wetsontwerp wat poog om die land se Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid te vervang. Die DA het Maandag dié Wysigingswetsontwerp bekendgestel. Die party sê die wetsontwerp sal alle rasgebaseerde verkrygingsbepalings herroep en vervang met ‘n stelsel wat armoede teiken. Good se Sekretaris-Generaal, Brett Herron, sê die DA wil eienaarskap van die land se ekonomie in die hande van apartheidbegunstigdes hou. Intussen berig Central N

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


'n Ontsnapte groot kat doen die leeuloop in Noordwes
'n Leeu wat van die Vrystaat af na Noordwes vervoer is, het ontsnap. Maroela Media berig 'n ondersoek is begin nadat video's op sosiale media versprei wat wys hoe die leeumannetjie op die R49 tussen Lichtenburg en Zeerust uit die dak van ’n sleepwa spring en dan in die pad stap. Volgens die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing, bewaring en toerisme is die leeu weer gevang. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat daar moontlik ’n oortreding van die voorwa

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


Theunissen se sportgeriewe is in puin
Sportgeriewe wat skaars 15 jaar gelede in Theunissen in die Vrystaat gebou is, is nou so verwaarloos dat dit nie meer vir sy doel gebruik kan word nie. Netwerk24 berig die rugby-, en sokkervelde en die netbalbane is met gras toegegroei, wat dit onbruikbaar maak. Die munisipale muurbalbaan en landbou-saal word ook as “stoorplek” vir ou munisipale dokumente gebruik. 'n Inwoner van Theunissen sê die gebou is nie beveilig nie, die dak lek, dele van die dak is gesteel, vensters en

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


TLU SA verwelkom die voorstel om Swart Ekonomiese Bemagtiging te vervang
Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die DA se voorgestelde wysigingswetsontwerp, wat Swart Ekonomiese Bemagtiging met ’n behoefte-gebaseerde stelsel wil vervang. Die landbou-organisasie sê dit is tyd vir werklike gelykheid en ekonomiese groei gebaseer op meriete eerder as ras. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Bennie van Zyl, sê ʼn rasgebaseerde beleid het korrupsie en verdeeldheid bevorder, eerder as werk en ontwikkeling. Hy pleit vir beleid wat armoede verlig en

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


Vrystaatse diewe gebruik vuur om kragkabels te steel
Kabeldiewe in Harrismith het ’n vuur langs 'n substasie gemaak, en die hitte van die vlamme het die krag laat afslaan. Hierna het hulle die kabels gesteel. Netwerk24 berig inwoners van Harrismith het dus die afgelope tien dae net sporadies krag gehad. Die voortslepende kragprobleme op dié Vrystaatse dorp lei tot enorme verliese met inwoners wat genoop word om medisyne en kos weg te gooi omdat dit nie koud gehou kan word nie. DA-raadslid in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit,

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


SOKKER: Tel Aviv-derby gekanselleer te midde van gewelddadige tonele
Israel se sokkerwêreld het in woede uitgebars nadat die polisie Sondag se Tel Aviv-derby tussen Maccabi en Hapoel gekanselleer het te midde van gewelddadige tonele by Bloomfield-stadion. Beamptes het oproer, fakkels en beserings aangemeld toe die stadion ontruim is, met polisie wat probeer het om dertigduisend ondersteuners te beheer. Hapoel se bestuur het die polisie daarvan beskuldig dat hulle oorreageer het en gesê, dat hul taktiek ‘n sokkerwedstryd in ‘n slagveld verander

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 21, 2025


TENNIS: Holger Rune het bevestig dat hy ‘n volledig gebarste Achilles-tendon het
Holger Rune het bevestig dat hy ‘n volledig gebarste Achilles-tendon tydens die Nordiese Ope-halfeindronde opgedoen het. Rune sal volgende week ‘n operasie ondergaan voordat hy ‘n lang rehabilitasieproses begin. Intussen het Italië se kaptein, Filippo Volandri, aangekondig dat Jannik Sinner vanjaar se Davisbeker-eindstryd sal oorslaan nadat hy sy nasie na agtereenvolgende titels gelei het, met verwysing na die tol van ‘n veeleisende seisoen. Italië se groep sal eerder Lorenzo

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 21, 2025


KRIEKET: Sri Lanka het hul eerste oorwinning van die Vrouekrieketwêreldbeker behaal
Sri Lanka het hul eerste oorwinning van die Vrouekrieketwêreldbeker behaal met ‘n opwindende oorwinning van sewe lopies oor Bangladesj in Navi Mumbai. Die span se kaptein, Chamari Athapaththu, het ‘n verstommende laaste boulbeurt gelewer en vier paaltjies in vier balle geneem, terwyl Bangladesj vyf paaltjies vir slegs twee lopies verloor het toe hulle slegs nege vir die oorwinning benodig het. Die uitslag lig Sri Lanka na die sesde plek in die puntelys, gelyk op punte met Nie

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 21, 2025


Letsoha-Mathae is tevrede met die provinsie se ouditverslae
Die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae verwelkom die oudit-uitkomste van die 2024-'25 finansiële jaar. Dit is deur die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke in Bloemfontein voorgelê. Nova News berig Letsoha-Mathae is tevrede met die algemene verbetering in oudit-uitkomste regoor die provinsie, wat sy sê toon verbeterde finansiële bestuurspraktyke en sterker kultuur van verantwoordbaarheid binne departemente. 'n Kritieke area vir verbetering is egter die behoefte o

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21, 2025


Die Padongelukfonds se voormalige hoof wil nie voor Skoor verskyn nie
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) sê dis kommerwekkend dat die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukfonds, Collin Letsoalo, weier om voor hul ondersoek te verskyn. Letsoalo betwis Skoor se gesag om die fonds se finansiële sake te ondersoek. Hy is in April geskors ná die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na ‘n huurkontrak vir die fonds se streekgebou in Johannesburg. Die SOE het bevind dat Letsoalo ingemeng het met die verkrygingsproses en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Jong professionele mense is huiwerig om eiendom te koop
’n Onlangse studie het aan die lig gebring dat Suid-Afrika se jong professionele mense meer huiwerig is om hul eerste eiendom te koop. Volgens die Universiteit van Kaapstad se Eerste 100 Salarisse”-verslag, het die gemiddelde ouderdom waarop jong professionele mense hul eerste huis koop, van 33 na 37 verskuif. Byna die helfte van die 700 gegradueerdes wat ondervra is, het ten minste twee jaar geneem nadat hulle hul eerste werk gevind het om uit hul ouers se huis te trek, ter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Daar is nóg bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat
Nóg sewe gevalle van bek-en-klouseer is op plase in die Vrystaat bevestig. Volgens Landbouweekblad sluit dit ses nuwe gevalle in die Viljoenskroon-distrik en een by Sasolburg in, wat beteken dat daar nou in totaal 49 gevalle in die Vrystaat is. Die uitvoerende hoof van die Rooivleisbedryfsdienste - RMIS, Dewald Olivier, sê daar is ook ‘n moontlike geval by Leeudoringstad op hul stelsel aangemeld. Hy voeg by terwyl nuwe gevalle bevestig word, raak staatslaboratoriums toeneme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Fedsas is boos oor onbestede geld
Terwyl miljoene Suid-Afrikaanse leerders in oorvol, vervalle klaskamers sit en van ʼn voedingsprogram vir kos afhanklik is, word die provinsiale onderwysdepartemente skerp gekritiseer oor die sowat R150 miljoen wat vir die 2024-’25-boekjaar terugbetaal moes word. Maroela Media berig die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van SuidAfrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, het die situasie skerp veroordeel. Van die geld wat onbestee terugbetaal is, was juis bedoe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


RUGBY: Die voormalige Junior Springbok-kaptein, Zachary Porthen, het sy eerste senior nasionale oproep ontvang
Die voormalige Junior Springbok-kaptein, Zachary Porthen, het sy eerste senior nasionale oproep ontvang toe Rassie Erasmus ‘n 36-man-groep vir volgende maand se Castle Lager Outgoing-toer aangewys het. Erasmus het die groep beskryf as ‘n gebalanseerde mengsel van ervaring en jeug. Porthen word vergesel deur terugkerende spelers, Ben-Jason Dixon, Johan Grobbelaar en Gerhard Steenekamp, terwyl verskeie groot name soos Kurt-Lee Arendse en Jean Kleyn terug is van besering. Die

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 20, 2025


KRIEKET: Engeland klop Indië, Suid-Afrika se Vroue krieketspan skitter terwyl reën Colombo-aksie bederf
Engeland het hul plek in die Vrouewêreldbeker-halfeindronde bespreek met ‘n spannende oorwinning van vier lopies oor Indië. In Colombo het aanhoudende reën ‘n staking van Pakistan se wedstryd teen Nieu-Seeland afgedwing, wat die Wit Varings gelyk op punte met Indië gelaat het. Suid-Afrika het vir Sri Lanka in ‘n reënverkorte 20-boulbeurt-wedstryd bestorm, en die wedstryd met ‘n foutlose oorwinning van 10 paaltjies afgesluit. Kaptein, Laura Wolvaardt, het beïndruk met ‘n spran

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 20, 2025


MOTORSPORT: Raul Fernandez het sy eerste MotoGP-oorwinning behaal
Raul Fernandez het sy eerste MotoGP-oorwinning behaal toe hy gister die Australiese Grand Prix gewen het. Die Spaanse jaer het uit die vierde wegspringposisie begin en die voortou geneem, terwyl Fabio Di Giannantonio en Marco Bezzecchi die podium voltooi het. Suid-Afrika se Brad Binder het agtste geëindig, ná ’n moeilike kwalifisering. Marc Márquez bly met 545 punte aan die bopunt van die kampioenskapslys, met die volgende wedren wat volgende naweek in Maleisië beslis word. R

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 20, 2025


‘n Uitsonderlike vrouewetenskaplike by die UV word vereer
Finalejaar-PhD-student aan die department dierkunde en entomologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) , Runé van der Merwe, is as een van agt ontvangers van die L’Oréal-Unesco-prys vir Vroue in die Wetenskap 2025 aangewys. Volgens Netwerk24 word die eer toegeken aan uitsonderlike vrouewetekenskaplikes aan die begin van hul loopbaan en wie se navorsing innoverend, volhoubaar en van groot waarde vir die samelewing is. Van der Merwe se werk fokus op bevolkingsekologie en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Die SAWD waarsku oor erge donderstorms in die Vrystaat
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) spoor mense aan om voor te berei vir moontlike gevaarlike weerstoestande regoor die land. Die weerdiens het geel vlak twee en vier waarskuwings uitgereik vir erge donderstorms oor die Vrystaat, Gauteng asook die Noordwes en Noord-Kaap. Hierdie provinsies kan swaar reënbuie, skadelike winde, hael en gereelde weerlig verwag. Hulle waarsku ook dat die slegte weerstoestande oorstromings kan veroorsaak en infrastruktuur kan beskadig. Motoriste

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Ramaphosa moet verantwoordelikheid vir die Onteieningswet aanvaar
AfriForum sê die feit dat president Cyril Ramaphosa erken het dat ’n gedeelte van die nuwe Onteieningswet moontlik ongrondwetlik is, bevestig hul vroeëre kommer oor die wet. Die president het in hofstukke wat deel vorm van AfriForum se saak teen die wet, erken dat Artikel 19 verkeerdelik bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat ’n grondeienaar dit in die hof kan betwis. Die organisasie beweer die president het die wet onderteken ten spyte van hierdie moontlike grondwetlike

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


Diewe buit juwele helder oordag uit die Louvre-musuem
In net ongeveer sewe minute het rowers met kettingsae by die Louvre-museum in Parys in Frankryk ingebreek en etlike stelle waardevolle juwele gebuit. Maroela Media berig die inbraak het laat gisteroggend gebeur. Geen besoekers of personeel van die museum is tydens die rooftog beseer nie. Die museum is hierna vir die res van die dag gesluit, terwyl daar na die verdagtes gesoek word. Die polisie het wel later ʼn kroon wat aan keiserin Eugenie, Napoleon III se vrou, behoort het,

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


Die soektog na die steengroef-verdrinkte se liggaam is gestaak
Die soektog na die liggaam van 'n 20-jarige man wat in die steengroef by die Twin City-winkelsentrum in Heidedal verdrink het, is gestaak. Die provinsiale woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, sersant Mahlomola Kareli, het dit bevestig, maar sê die polisie moniteer nog ontwikkelinge by die steengroef. Nova News berig die oorledene se identiteit is nog onbekend. Rosestad-nuus het vroeër berig die vermoede bestaan dat die liggaam deur sterk strome na 'n dieper area van die s

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025
bottom of page

