top of page


Alle Plasings


Die Departement van Landbou versterk hul veeartsenykundige span
Om marktoegang en uitvoerdoeltreffendheid te verbeter het die Departement van Landbou die aantal veeartse in sy Invoer-/Uitvoerbeleidseenheid van vier tot 16 verhoog. Volgens die departement sal die uitgebreide span help om uitvoermarkte wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking geraak is, te heropen deur marktoegangs-assesserings en -onderhandelinge te bespoedig. Amptenare sê die stap sal na verwagting die herstel van die rooivleis- en suiwelbedrywe ondersteun, werksgeleenth

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 3


Hlabisa loods ‘n forum om dienslewering te verbeter
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, het die AGSA–Cogta 10×10 Forum van stapel gestuur om munisipale bestuur, verantwoordbaarheid en dienslewering regoor Suid-Afrika te versterk. Die vennootskap tussen Cogta, die Ouditeur-generaal en provinsiale plaaslike regeringsdepartemente is daarop gemik om ouditbevindinge in praktiese verbeterings te omskep. Hlabisa sê die forum sal fokus op die uitskakeling van onbefondsde begrotings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 3


Lamola spreek kommer uit oor Zuma se besoek aan Indië
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het kommer uitgespreek oor die onlangse video van die voormalige president Jacob Zuma in Indië. Zuma is gesien waar hy ‘n tempel in Indië besoek saam met die korrupsie-beskuldigde sakeman, Ajay Gupta. Tydens die besoek het Zuma gesê hy is vol vertroue dat hy na die bewind sal terugkeer nadat hy ‘n seën ontvang het. Dit is vasgelê op videobeeldmateriaal, terwyl hy met publikasies in Indië gepraat het, w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 3


Die ANC sê hulle het nog nooit oop grense ondersteun nie
Die ANC het sy rekord oor die bekamping van onwettige immigrasie verdedig en sê dat hulle nog nooit oop grense ondersteun het sedert hulle in 1994 aan bewind gekom het nie. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het tydens ‘n media-inligtingsessie gepraat na aanleiding van onlangse teen-onwettige immigrasie-demonstrasies regoor die land. Vrae is geopper oor die regering se hantering van ongedokumenteerde buitelandse burgers oor die afgelope drie dekades. Mbalula blam

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 3


Pole beskryf SA as ‘n anker van stabiliteit op die vasteland
Die Poolse adjunk-eerste minister, Radoslaw Sikorski, het Suid-Afrika as ‘n anker van stabiliteit op die vasteland beskryf en sê Pole is gereed om sakebande te versterk. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is Donderdag gasheer vir Sikorski in Pretoria. Sikorski het die regering van nasionale eenheid se pogings om die ekonomie te laat groei geprys en vra vir meer direkte handel en tweerigtingbelegging. Hy sê Suid-Afrikaanse studente is we

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


MIDDAG SPORT: Sciver-Brunt is gereed vir hul Proteas-halfeindstryd, Erasmus bly kalm oor sy slot en Engeland haal in teen die DRK
In krieket-nuus: Engeland se kaptein, Nat Sciver-Brunt, sê sy het elke moontlike herstelmetode gebruik om ‘n kuitbesering te oorkom en is vol vertroue dat sy ten volle fiks is om teen Suid-Afrika in Donderdag se T20-wêreldbekerhalfeindstryd te speel. Die veelsydige speler sê die keuse van die span sal moeilik wees, aangesien Sophia Dunkley beïndruk het tydens haar tyd in die span, maar sy voeg by dat Engeland se diepte van talent die span se gehalte weerspieël, selfs al sou i

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 2


Die regering oorweeg tans nie 'n welvaartbelasting nie
Die regering oorweeg tans nie 'n welvaartbelasting nie. Dit is volgens die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, in reaksie op vrae van die EFF se Carl Niehaus. Business Tech berig Godongwana gesê daar is reeds verskeie instrumente in Suid-Afrika wat welvaart omvattend belas. Die konsep van 'n welvaartbelasting het wêreldwyd meer steun gekry te midde van toenemende wêreldwye ekonomiese ongelykheid. Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van inkomste-ongelykheid ter wê

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Byna twee miljoen belastingbetalers kry outomatiese aanslae
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê dat hulle outomatiese aanslae aan meer as 1,9 miljoen belastingbetalers gestuur het soos die 2026-belastingindieningseisoen begin. Ongeveer R8 miljard in terugbetalings is reeds binne 72 uur betaal. Die Inkomstediens verwag dat meer as ses miljoen belastingbetalers vanjaar outomatiese aanslae sal ontvang, deur inligting van werkgewers, banke en mediese skemas te gebruik om opgawes vooraf in te vul. Rosestad-nuus het vroeër berig de Inkomst

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


VS polisie neem duisende in hegtenis tydens ’n hoëdigtheidsoperasie
Die polisie in die Vrystaat het 3 116 verdagtes in hegtenis geneem tydens ’n hoëdigtheidsoperasie regoor die provinsie, wat saamgeval het met landwye demonstrasies op 30 Junie. Die polisie sê sporadiese plundering en openbare geweld is in verskeie dorpe aangemeld, insluitend Odendaalsrus, Vredefort, Thabong en Petrus Steyn, wat gelei het tot 19 arrestasies wat verband hou met die onrus. Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Thabang Lesia, waarsku dat plundering, gew

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Moordenaars van 'n VS onderwyser sit lank
Die vier moordenaars van 'n onderwyser in Botshabelo, Fezile Mnyobisi, is swaar vonnisse in die Vrystaatse hooggeregshof opgelê vir 'n opspraakwekkende moord in 2023. Mnyobisi is in 2023 met meer as 30 steekwonde aan sy bolyf by 'n plaaslike hospitaal dood verklaar. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê twee huurmoordenaars is destyds in hegtenis geneem op aanklagte van moord en sameswering tot moord te pleeg, en die oorledene se swaer is ook later in hegtenis gen

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Popcru wil hof toe nadat sy lede werk by die Mangaung Korrektiewe Sentrum geweier is
Die vakbond Popcru gaan verdere regstappe doen om die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) te dwing om ten volle aan 'n Arbeidshofbevel te voldoen. Dit kom nadat Popcru deur sosiale media verneem het dat die oorname van die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein op 1 Julie plaasgevind het, en dat werkers van die vakbond toegang tot die fasiliteit geweier is toe hulle die oggend vir diens aangemeld het. Nova News berig die Vrystaatse Popcru-sekretaris, Sibongile Ram

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Maatskaplike Ontwikkeling verwelkom die nuwe minister se aanstelling
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê dit verwelkom die aanstelling van Dina Pule as die nuwe minister ná President Cyril Ramaphosa se veranderinge aan die Nasionale Uitvoerende Gesag. Pule is Woensdag saam met ander nuwe ministers en adjunkministers by die Uniegebou in Pretoria beëdig. Die departement sê hy sien uit na haar leierskap om Suid-Afrika se maatskaplike ontwikkelingsagenda te bevorder en ondersteuning aan kwesbare gemeenskappe te versterk. Die departeme

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Vrae ontstaan oor Bfn armlastiges se munisipale skuld wat afgeskryf word
Vrae word geopper oor hoe die Mangaung-metro kon toelaat dat behoeftige huishoudings se munisipale skuld so oploop dat individuele gevalle selfs meer as R1 miljoen oorskry. Dit kom nadat die raad gevra is om meer as R500 miljoen se munisipale skuld deur armlastige huishoudings af te skryf. Netwerk24 berig die metroraad is gevra om die munisipale skuld van meer as 20 000 residensiële eiendomme af te skryf nadat dié huishoudings nou op die munisipaliteit se armlastigheidsregist

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Finansiering van die Padongelukkefonds word hersien
Die Departement van Vervoer en die Padongelukkefonds (POF) het saam 'n formele hersiening van die POF se finansieringsraamwerk begin. Dit kom terwyl die regering moontlike veranderinge oorweeg aan die manier waarop die POF befonds word. IOL berig die POF word tans hoofsaaklik gefinansier deur 'n heffing op elke liter petrol en diesel wat in Suid-Afrika verkoop word. Hierdie heffing dra by tot uitbetalings aan slagoffers van padongelukke. Die minister van Vervoer, Barbara Cree

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 2


Nigerië wil vergoeding van Suid-Afrika eis
Nigerië sê hy gaan vergoeding van Suid-Afrika eis vir landsburgers wat ondernemings en eiendom agtergelaat het terwyl hulle die onlangse teenmigrante-betogings ontvlug het. Die Nigeriese regering sê die saak sal deur diplomatieke kanale met Suid-Afrika opgeneem word nadat eise van geraakte burgers gedokumenteer is. Meer as 600 Nigeriërs is reeds gerepatrieer, terwyl sowat 25 000 buitelanders van regoor Afrika die afgelope weke Suid-Afrika verlaat het. Suid-Afrikaanse owerhede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


Vuurwapenwette moet heroorweeg word
Voorgestelde veranderinge aan Suid-Afrika se vuurwapen- en privaat sekuriteitswette moet volgens die DA teruggetrek en heroorweeg word. Die party vra dat die wysigings aan die regulasies vir die Private Sekuriteitsbedryf se Reguleringsowerheid en die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer laat vaar word. Die DA se woordvoerder oor Polisie, Ian Cameron, sê die onlangse optogte teen onwettige immigrasie het gewys dat gemeenskappe en private sekuriteitsmaatskappye 'n belangrike

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


Google brei beleggings in Suid-Afrika uit
Google gaan 'n nuwe konnektiwiteitsentrum in die Oos-Kaap bou en sowat R3 miljoen in 'n digitale innovasiesentrum in Soweto belê. Die projekte vorm deel van die tegnologiereus se belegging in Kunsmatige Intelligensie (KI), konnektiwiteit en vaardigheidsontwikkeling, en sal toegang tot tegnologievaardighede en sakegeleenthede uitbrei. Die maatskappy sê die beleggings vorm deel van sy groter uitbreiding in Afrika, met Suid-Afrika wat 'n leidende rol speel. Google voeg by dat hy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


Ongebruikte selfoonnommers kan verval
Selfoonnommers kan voortaan gedeaktiveer word indien dit vir 90 opeenvolgende dae nie gebruik word nie. Volgens die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, Okosa, geld dit vir nommers waarop geen aktiwiteit plaasvind wat inkomste vir 'n selfoonnetwerk genereer nie. Voorafbetaalde gebruikers moet ná 60 dae van onaktiwiteit gewaarsku word, gevolg deur 'n verdere kennisgewing van 30 dae en minstens twee herinnerings voordat 'n nommer gedeaktiveer word. Okosa sê gebru

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


'n Bergingsprojek in die Mangaung-metro word bevraagteken
Kommer is uitgespreek oor die Mangaung Metro Munisipaliteit se R18,5 miljoen-bergingsprojek nadat meer as R1,1 miljoen reeds aan konsultante betaal is sonder dat enige bergingsgerief opgerig is. Volgens 'n mediaverklaring van die VF Plus is die dienskontrakte van twee konsultante reeds drie jaar aan die gang, maar die projek het nog nie die konstruksiefase bereik nie. Die metro wil die kontrakte nou tot September 2027 verleng. Die projek behels die oprigting van 'n sentrale b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


OGGEND SPORT: Die Proteas-vroue aanvaar die rol as buiteperde, Djokovic skitter en vier sterf tydens vieringe in Meksikostad
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Protea-vroue kaptein, Laura Wolvaardt, glo die druk sal op die gasheerland, Engeland, rus wanneer die spanne in die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd kragte meet, by ‘n uitverkoopte skare by The Oval wat die tuisspan sal steun. Wolvaardt is vol vertroue dat Suid-Afrika weer vir Engeland kan verras, aangesien hulle die span reeds in die halfeindstryde van die 2023 T20-Wêreldbeker en die 2025 Eendag Internasionale Wedstryd-Wêreldbeker geklop het.

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 2


Ongedokumenteerde immigrante vertraag grensverwerking
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê die groot aantal ongedokumenteerde immigrante wat by die Beitbrug-grenspos verwerk word, veroorsaak vertragings by die fasiliteit. Hy het dit gesê tydens 'n toesigbesoek aan die grenspos. Schreiber sê amptenare moet elke persoon se immigrasiestatus verifieer, vingerafdrukke neem, polisiekontroles uitvoer en reisdokumente bevestig. Hy voeg by dat sommige immigrante nie paspoorte het nie en dat Binnelandse Sake saam met hul

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


'n Bloem-gastehuiseienaar is op borgtog vrygelaat
'n Gastehuiseienaar wat daarvan aangekla word dat hy ongedokumenteerde buitelanders in Bloemfontein gehuisves het, is op R10 000 borgtog vrygelaat. Volgens 'n Vrystaatse polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het Lyndon Odili in die Bloemfontein-landdroshof verskyn, en is sy saak is tot 31 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Odili, wat met die Mangaung-metro se adjunk uitvoerende burgemeester, Lulama Titi Odili, getroud is, staan tereg op 18 aanklagte ingevolge die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


Aarto gaan voort soos geskeduleer
Die implementering van Fase Twee van die Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (Aarto) sal volgens die Padverkeersoortredingsowerheid soos geskeduleer voortgaan Dit volg op ‘n uitspraak van die Gauteng-hooggeregshof wat die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) se dringende aansoek van die rol geskrap het. Salga het gepoog om die uitrol te stop weens kommer oor gereedheid, infrastruktuur en befondsing. Die hof het egter bevind dat daar ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2


‘n Voormalige Vrystaatse hofklerk gaan tronk toe
'n Voormalige klerk van die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy nie aan die voorwaardes van haar opgeskorte vonnis voldoen het nie. Volgens die Valke is Nthabiseng Adeline Motaung skuldig bevind aan bedrog en geldwassery nadat sy tussen 2018 en 2019 sowat R135 000 van die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat gesteel het. Die hof het haar opgeskorte vonnis afgedwing nadat sy versuim het om die gesteelde geld terug

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 2
bottom of page


