top of page




Vrystaat-boere versuim glo om BKS-gevalle aan te meld
Dit wil voorkom asof sommige Vrystaat-boere versuim om vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld, wat volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling die beheer van die siekte bemoeilik. Die departement het intussen 25 nuwe bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, wat die totaal op 370 te staan bring. Volgens ‘n mediaverklaring bly beperkings op die beweging van diere in plek, terwyl ingeënte dosisse reeds in verskeie staatsve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


Nóg ’n Vrystaatse stad begin dienste afsny
Dis nie net in Bloemfontein waar beweerde wanbetalers se elektrisiteit afgesny word nie. In ’n mediaverklaring sê Welkom se plaaslike munisipaliteit besighede, instellings en staatsdepartemente skuld die munisipaliteit meer as R1 miljard aan uitstaande diensrekeninge. Dié agterstallige bedrae raak volgens dié Vrystaatse munisipaliteit sy vermoë om infrastruktuur te onderhou en noodsaaklike dienste te lewer. As deel van ’n finansiële herstelplan sal water- en kragdienste ontko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 19


’n Vrystaatse tronk word vasgevat
Talle onwettige items en dwelms is gevind toe die Vrystaatse Bizzah Makhathe korrektiewe sentrum in Kroonstad deursoek is. Volgens die Departement van Korrektiewe Dienste is ’n gesamentlike operasie uitgevoer om veiligheid en beheer binne die sentrum te versterk. Selfone, skerp voorwerpe, kontant en bankkaarte is gekonfiskeer, terwyl ’n groot hoeveelheid dagga en mandrax ook gevind is. Die operasie het beide die manlike en vroulike afdelings geteiken en is uitgevoer deur le

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


’n Luiperd loop los in die Vrystaat
’n Luiperd is op vrye voet nadat dit uit ’n grootkatfasiliteit op ’n plaas naby Reddersburg in die Vrystaat ontsnap het. Volgens die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die luiperd by Mooifontein plaas deur ’n beskadigde kamp ontsnap nadat erge weer bome omgewaai en die elektriese heining ontwrig het. Omgewingsbestuursinspekteurs en ’n soekspan is tans op die toneel om die luiperd op te spoor en veilig te vang. Motoriste en inwoners in die omgew

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


UV-navorsing vind hormoonversteurende chemikalieë in sanitêre produkte
Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het bevind dat gewilde sanitêre produkte moontlik hormoonversteurende chemikalieë bevat, selfs wanneer dit as “vry van skadelike chemikalieë” bemark word. Luidens ‘n aanlynartikel toon die studie, gepubliseer in Science of the Total Environment, dat elke produk wat getoets is, minstens twee endokrien-versteurende stowwe bevat het. Volgens prof. Deon Visser van die UV kan herhaalde, langtermynblootstelling kommer wek, aange

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


’n Veewagter vind ‘n pasgebore baba verlate in die veld
’n Pasgebore baba is naby ’n dreineringskanaal in die Vrystaatse Phuthaditjhaba munisipaliteit verlate gevind - nadat ’n veewagter hom hoor huil het. Volgens ’n mediaverklaring was die babaseuntjie in ’n blou kombers toegedraai en die naelstring was nog aangeheg. Polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en die baba is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die identiteit van die biologiese ma is nog onbekend. Die saak is op ’n klag van poging tot moo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


Vrystaatse boere beleef verligting ná welkome reënval
Boere in die Vrystaat vier fees nadat onlangse reënval broodnodige verligting, voor die groeiseisoen, vir lande gebring het. Volgens Netwerk24 het swaar reënbuie verlede week aansienlike reën oor gebiede naby Bloemfontein gebring, wat baie produsente toegelaat het om uiteindelik te begin plant namate grondtoestande verbeter. Plaaslike produsente sê die reën het hoop op sterker oesopkoms versterk, veral vir sonneblomme en mielies wat stadig was om te vestig na droë toestande.

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 14


‘n Vrystaatse prokureur koop glo ‘n ondersoekbeampte om
ʼn Vrystaatse prokureur van Ventersburg is tydens ‘n lokval-operasie vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem. Volgens polisiewoordvoerder lt.kol. Thabo Covane verteenwoordig die prokureur drie beskuldigdes wat teregstaan op aanklagte van inbraak en die besit van vermoedelik gesteelde landbousaad ter waarde van meer as R2-miljoen. Die saad is glo van plase in Bothaville, Viljoenskroon en Ventersburg gesteel. Die ondersoekbeampte wat die saak van die gesteelde saad hanteer, so

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


Varkvleispryse kan styg
Suid-Afrikaanse verbruikers kan binnekort meer vir varkvleis betaal. Dit volg nadat Afrika-varkpes-uitbrake die aanbod in verskeie provinsies, insluitend die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal, ontwrig het. Bedryfsleiers sê selfs klein verliese in produksie kan pryse opstoot, met groothandel-varkvleispryse wat reeds die afgelope weke gestyg het. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie sê varkvleis in die formele mark bly veilig om te eet. Ekonome waarsku dat stygende

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


Die ligte vonnis van ‘n Vrystaat-boer ontketen woede
Woede is op sosiale media ontketen oor die vonnis wat ’n Dealesville-boer ontvang het ná hy aan dieremishandeling skuldig bevind is. Volgens The Citizen het die Dealesville Landdroshof in die Vrystaat hom ’n boete van R2 000 of agt maande gevangenisstraf opgelê, wat vir drie jaar opgeskort is. Inspekteurs van die Nasionale Raad van DBV's sê hulle het varke in ’n uiters verwaarloosde toestand aangetref — sonder kos, water of skuiling, en gedwing om karkasse te vreet om te oor

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 11


Vrystaatse paaie eis weer lewens
Polisie by Tierpoort in die Manaung Metro Munispaliteit ondersoek ‘n geval van tref-en-trap op die N1. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in ‘n verklaring met hul aankoms op die toneel Vrydagaand het hulle op menslike oorskot in die pad afgekom, met geen voertuig in die omgewing nie. Die oorskot is deur personeel van patologiedienste geneem, en ‘n saak van strafbare manslag is geopen. Intussen berig Netwerk24 in ‘n ander ongeluk buite Kroonstad Saterdagaa

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 9


Die Vrystaat kry nuwe windplase
‘n Nuwe hernubare-energie-inisiatief is aangekondig vir die gebied tussen Heilbron en Petrus Steyn in die Vrystaat. Volgens Heilbron Herald het EDF Power Solutions en Red Cap Energy ooreengekom om saam vier windplase in die provinsie te ontwikkel. Die samewerking volg nadat albei maatskappye sedert 2023 afsonderlike projekte in dieselfde streek beplan het. Deur kragte saam te snoer sal die ontwikkelaars grondgebruik optimaliseer en die ekonomiese lewensvatbaarheid van die pr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 7


'n Sloot in die pad eis 'n voertuig
'n Voertuig het in 'n sloot in Ladybrand in die Vrystaat beland nadat die pad daar oopgegrawe is, na bewering om 'n gebarste pyp reg te maak. Maluti berig waarskuwingslint was aanvanklik by die toneel aangebring, maar inwoners sê dit is reeds verwyder. Daar was ook glo geen waarskuwingstekens opgerig nie. Die bestuurder van die voertuig is na bewering aangemoedig om 'n saak teen die munisipaliteit te open. Gemeenskapslede is gefrustreerd oor wat hulle beskryf as die volgehoue

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 6


Drie is vas vir die aanranding van 'n VS boer
Drie verdagtes is op ‘n plaas in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat 'n boer op sy plaas ernstig aangerand is. Die huis is ook beroof. ‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die boer het sy plaas onbeman gelaat terwyl hy 'n werknemer gaan oplaai het. Met sy terugkoms het hy gesien twee skootrekenaars word uit die plaaskantoor vermis. Hy is terug na die lande waar hy sy werknemer gelos het, wat toe sê hy het drie verdagte

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 6


Vrystaatse plaaswagte het ‘n besige aand
Heilbron Plaaswag het ’n besige nag beleef nadat hulle Donderdag in die vroeë oggendure by verskeie misdaadvoorvalle moes ingryp. Die Heilbron Herald berig dat lede van dié plaaswag kort ná middernag ontbied is toe beeste op ’n plaas buite Heilbron aangejaag is. Een verdagte is in hegtenis geneem, en 14 koeie en vyf kalwers is veilig teruggevind. Later is nog vier mans in hegtenis geneem vir onwettige betreding op ’n ander plaas, terwyl nóg vier mans in hegtenis geneem is na

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 5
bottom of page

