top of page


Nuus


Twee nuwe brûe word in Lesotho geopen
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar eweknie in Lesotho, Mohlomi Moleko, het Vrydag twee pas voltooide brûe in die Mokhotlong-distrik amptelik geopen. Die Mabunyaneng- en Khubelu-brûe vorm deel van Fase 2 van die Lesotho Highlands-waterprojek en sal deurlopende toegang verseker nadat die Polihali-dam se reservoir bestaande oorgange oorstroom. Majodina sal tydens haar driedaagse besoek ook die Polihali-dam, die wateroordragtonnel en hervestigingsgebiede

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


Die ad-hoc-komitee kan nie vasstel of Mchunu korrupte bande gehad het nie
Die parlement se ad-hoc-komitee sê daar is onvoldoende bewyse om vas te stel of die minister van Polisie wat met spesiale verlof is, Senzo Mchunu, korrupte verhoudings gehad het. Die komitee sê ook daar is geen bewyse van direkte kommunikasie wat hom aan Vusimuzi Cat Matlala koppel met betrekking tot betalings wat na bewering bedoel was om sy politieke ambisies te finansier nie. Die DA sê egter dat die afwesigheid van direkte kommunikasie nie ernstige institusionele kommer ui

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


Salga doen ’n beroep op partye om bekwame raadslede te kies
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) het ’n beroep op politieke partye gedoen om bekwame kandidate te kies om as raadslede in munisipaliteite te dien. Die organisasie het sy kommer uitgespreek oor raadslede wat versuim om hul pligte na te kom nadat hulle verkies is. Salga het vandeesweek sy provinsiale ledevergadering in Noordwes gehou. Die organisasie sê partye moet raadslede kies wat die verantwoordelikheid verstaan wat met die dien van hul gemeen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Trump belowe Amerikaners $5 00 indien Republikeine die verkiesing wen
Die Amerikaanse president Donald Trump belowe elke volwasse Amerikaner ’n uitbetaling van $5 000, sowat R81 000, indien die Republikeine albei kamers van die Kongres in November se middeltermynverkiesing wen. Die plan kan die Amerikaanse regering ongeveer R21,1 biljoen kos, maar Trump het nog geen besonderhede oor hoe dit befonds sal word, bekend gemaak nie. Visepresident JD Vance het die voorstel aan inkomste uit invoerbelasting gekoppel. Demokrate het dit as ’n leë belofte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Werkgewers skuld werkers miljarde aan agterstallige pensioenbydraes
Suid-Afrikaanse werkgewers skuld werkers miljarde aan agterstallige pensioenbydraes. Volgens die Owerheid vir Gedrag in die Finansiële Sektor raak die nie-betaling van die bydraes 590 000 pensioenfondslede. Die verskuldigde bedrag word op R8.33 miljard geraam. Werkgewers is wetlik verplig om afgetrekte pensioenfondsbydraes binne sewe dae na die einde van die maand oor te betaal. Die Pensioenfonds-ombudsman sê die probleem is wydverspreid in Suid-Afrika. Ter illustrasie. FOTO:

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Die SAUK waarsku oor TV-lisensie-e-posbedrog
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het die publiek gewaarsku oor ’n nuwe bedrogspul wat TV-lisensie-rekeninghouers teiken. Die uitsaaier sê ’n bedrieglike e-pos word versprei onder die dekmantel van amptelike SAUK TV-lisensie-korrespondensie. Die e-pos bevat bewerings oor beweerde uitstaande TV-lisensiebetalings, boetes en moontlike regstappe. Dit versoek ontvangers om ’n skakel te volg of ’n aanhangsel af te laai, wat hulle moontlik blootstel aan kwaadwillige sagte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Forum4SA vra hoër matriekvereistes
Forum for South Africa (Forum4SA) het die regering versoek om ’n omvattende hersiening van die huidige vereistes vir die slaag van matriek te doen. Die burgerlike beweging is bekommerd oor die voortgesette afhanklikheid van die 30%-drempel in sekere Nasionale Senior Sertifikaat-vakke. Dit voer aan dat dit leerders sonder die kennis en vaardighede laat wat nodig is om betekenisvol aan die ekonomie deel te neem. Forum4SA se Tebogo Mashilompane sê die regering moet werk om die m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Vrystaatse polisie tree op teen onwettige wildhandel
Die Vrystaatse polisie het ‘n man in hegtenis geneem en ‘n ander beboet in afsonderlike sake wat verband hou met die beweerde onwettige handel in en besit van wild. ‘n Man is in Reitz in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n luiperdskilpad te koop op Facebook Marketplace geadverteer het. Die polisie en die Wildlife Crime Information Network het die skilpad by sy huis gered. In Clarens is ‘n 19-jarige ‘n boete van R3 000 opgelê nadat hy na bewering ‘n jakkalswelp aangehou en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Operasies by die Universitas-hospitaal is weens diefstal uitgestel
Geen beplande operasies kan tans in enige van die 12 teaters by Universitas-Akademiese Hospitaal in Bloemfontein uitgevoer word nie, nadat koper- en vakuumpype gesteel en beskadig is. Volgens Bloemnuus Express sê die woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, alle groot operasies moes gekanselleer word en kleiner en noodoperasies is volgens gebeurlikheidsplanne hanteer. Die vakuumpype word tydens operasies gebruik om bloed en ander vloeistowwe weg te voer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


AfriForum vra dat Majodina afgedank word
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, eis dat die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, afgedank word. Dit volg ná ’n beweerde uitbarsting tydens ’n gemeenskapsbyeenkoms in Loerie in die Oos-Kaap. Die organisasie sê Majodina het teenoor ’n gemeenskapslid, wat na bewering gestremd is, met skeltaal uitgevaar. Die bestuurder van Omgewingsake by AfriForum, Lambert de Klerk, sê dié gedrag is strydig met die etiese kode vir ministers en doen ’n beroep op parlementslede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Bloemfonteiners met boorgate word aan die maandelikse heffing herinner
Bloemfonteiners wat boorgate op hul eiendomme het word daaraan herinner dat ’n boorgatdiensfooi betaalbaar is. Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung-metro is die fooi betaalbaar ongeag of die boorgat aan die eiendom se watervoorsieningstelsel gekoppel is. Die tarief geld egter slegs vir eiendomme waar geen munisipale watermeter geïnstalleer is nie. Die huidige tarief vir die 2026/27-boekjaar is R70 per maand. Bloemfonteiners word ook aangemoedig om seker te maak dat hul..

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Transnet rapporteer sy eerste wins in vier jaar
Transnet het ‘n wins van R4.6 miljard vir die finansiële jaar wat Maart 2026 eindig gerapporteer. Sy eerste jaarlikse wins in vier jaar. Transnet se finansiële hoof, Nosipho Maphumulo, het ook aangekondig dat die entiteit ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang het. Maphumulo het die prestasie aan personeel in die afdelings vir finansies, nakoming en strategie, sowel as die breër onderneming toegeskryf. Sy sê spoorvolumes het met byna 8 miljoen ton tot 168 miljoen ton toegen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Meer as 170 korrektiewe beamptes staar dissiplinêre stappe in die gesig
Altesaam 173 beamptes van Korrektiewe Dienste ondergaan tans dissiplinêre prosesse vir verskeie oortredings. Volgens die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, sluit dit oortredings van regulasies oor smokkelgoedere en die kompromittering van veiligheid in. Hy voeg by beamptes wat na die ontsnapping van Edward Madiba by die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum in die Noordwes geskors is, is dienooreenkomstig hanteer. LUISTER HIER: Madiba is intussen w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11


Die saak van ‘n Britse voortvlugtige is weens sy pleitooreenkoms vertraag
Die saak teen die Britse burger van Zimbabwiese afkoms, Ndodana Tshuma, is in die Johannesburgse-landdroshof tot 30 September en 1 Oktober uitgestel. Tshuma word in Brittanje gesoek vir die moord op sy vrou en twee dogters in Bedfordshire in Julie. SABC-nuus berig Thsuma het uit Brittanje gevlug kort voordat die liggame gevind is, en is ná 'n internasionale soektog in Johannesburg vasgetrek. Hy het skuld beken op vier aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van 'n v

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Saai vra dat Onderstepoort Biologiese Produkte geprivatiseer word
Saai het ʼn beroep op die regering van nasionale eenheid (RNE) gedoen om Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) te privatiseer. Saai voer aan dat die staatsbeheerde entstofvervaardiger se jarelange agteruitgang nou dele van Suid-Afrika se veebedryf lamlê. Maroela Media berig die landbou-organisasie sê OBP, wat aan die staat behoort, het oor meer as twee dekades sy doeltreffendheid en mededingendheid ingeboet en is nie meer die instelling van uitnemendheid wat dit eens was nie

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


'Afvalwater kan in laekoste-kunsmis omskep word'
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, het planne uiteengesit om behandelde afvalwater in laekoste-kunsmis en besproeiingswater vir opkomende boere te omskep. Die adjunkminister het by Nampo-Kaap gepraat. Bloom sê Suid-Afrika produseer jaarliks byna 640 000 ton munisipale afvalwaterslyk, wat tans as afval behandel word. Hy het proewe aangehaal wat toon dat behandelde slyk veilig op gewasse gebruik kan word. Die adjunkminister sê die departement ontwikkel ook l

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Ses SA'ners word steeds vermis ná die Nepal-vloede
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ses Suid-Afrikaanse burgers word steeds vermis ná verwoestende kitsvloede in Nepal. Die departement het met die Suid-Afrikaanse Polisiediens gereël om DNS-profiele van die vermistes se familielede in te samel, na aanleiding van ’n versoek van Nepal. Die departement sê daar is nog geen bevestiging oor die ses vermiste burgers nie. FOTO: Al Jazeera

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Eskom laat vaar boete-dreigemente vir sonkragstelsels
Eskom het sy sperdatum vir die registrasie van sonkragstelsels op dakke verleng, sy dreigemente van boetes en kragafsluiting weens nie-registrasie laat vaar, en die vereiste vir duur professionele goedkeuring geskrap. Die nutsmaatskappy sê egter hy kan steeds die kragtoevoer na enige sonkrag- of battery-installasie afsny wat volgens hom onveilig is. Business Tech berig die organisasie teen belastingmisbruik (Outa) sê dié bewering sal nie regtens standhou nie. Outa sê Eskom he

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Braai-entoesiaste gaan moet opdok vir ietsie op die kole
Suid-Afrikaanse braai-entoesiaste staar hoër kostes in die gesig, met die jongste Braai-indeks wat ‘n jaarlikse inflasiekoers van 3,1 % in Augustus toon. Die indeks volg die koste van vleis, groente en ander items wat tipies vir ‘n braai gebruik word. Pryse het tussen Julie en Augustus met 2,6 % gedaal, wat verligting gebring het ná vier maande van stygings. Die jaarlikse inflasiekoers het egter versnel vanaf 2,6 % in Julie en 1 % in Junie. Volgens die indeks dra stygende bra

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Orkney gaan vir oulaas nie snork nie
Orkney Snork Nie maak vir oulaas volgende maand 'n draai op televisie. Ná byna vier dekades maak Willie Esterhuizen gereed om afskeid te neem van die geliefde Van Tonder-familie. Nuus in Afrikaans berig die Van Tonder-familie keer terug vir 'n nuwe TV-fliek wat as ’n nostalgiese en finale groet aan die ikoniese familie beskryf word. Orkney Snork Nie het in 1989 sy televisiedebuut gemaak en het een van Suid-Afrika se bekendste Afrikaanse komediereekse geword. Die reeks, wat de

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Drie is vas vir moord in Fouriesburg
Drie mense is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontvoering en moord van ’n buitelandse burger in Fouriesburg in die Vrystaat. Die polisie sê die man se liggaam is Woensdag in ’n groot vullissak langs die R26 naby Uitkyk-plaas gevind. Sy bakkie is ook as gesteel aangemeld. Die polisie het ’n 18-jarige Graad 11-leerder by sy skool in hegtenis geneem, gevolg deur twee vermeende medepligtiges van 23 en 26 jaar oud. Een verdagte is met 27 rondtes ammunisie gevind. Die

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Die OVK gaan hof toe oor die ANC se regsuitdaging oor die kandidaatlys
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het hofstukke ingedien in reaksie op die ANC se regsuitdaging oor die kandidaatlys. Die party het die Verkiesingshof genader om te betwis waarom die OVK nie sommige van sy kandidate vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing vasgestel het nie. Die dispuut behels kandidaatvoorleggings vir ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Dit sluit in die agt burgemeesterskandidate van die Mangaung-metro Die ANC be

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


‘n Artritismiddel kan haarverlies omkeer
‘n Kliniese proef waaraan 1 399 mense met ernstige alopecia areata – of haarverlies – deelgeneem het, het bevind dat die artritismiddel upadacitinib aansienlike haargroei kan bewerkstellig. Deelnemers tussen die ouderdomme van 12 en 64 het ten minste die helfte van hul kophare verloor. Soveel as 44 % van wat 15 mg geneem het, het ná 24 weke’n haardekking van ten minste 80 % op die kopvel en wenkbroue bereik, in vergelyking met met 55 % by diegene wat die dosis van 30 mg ontva

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10


Die ANC se Mangaung-burgemeestersfinaliste is op die lys wat glo nie betyds ingedien is nie
Die ANC se agt burgemeestersfinaliste vir die Mangaung-metro verskyn op die proporsionele kandidaatlys wat volgens die OVK nie betyds ingedien is nie. Volgens Maroela Media hou die ANC se Vrystaatse woordvoerder, Thabo Meeko, vol die party het die kandidate wel betyds geregistreer en dat ’n tegniese fout aan die kant van die OVK hiervoor verantwoordelik was. Intussen het die party hom tot die Verkiesingshof in Bloemfontein gewend om die OVK se besluit te laat hersien. Indien

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 10
bottom of page

