top of page

Nuus


Die hof hoor Bester se eise
Thabo Bester het toegang geëis tot die selfoonrekords van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola. Hy wil ook toegang hê tot dokumente van die Presidensie en Misdaadintelligensie. Bester beweer die inligting is nodig om vir sy komende verhoor voor te berei. Intussen berig Nuusflits hy het ook toegang tot sy skootrekenaar en gevriesde bankrekeninge vereis. Bester en sy medebeskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend bedrog, w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


‘n Ondersoek na Shein en Temu is van stapel gestuur
'n Ondersoek na die Chinese e-handelsreuse Shein en Temu is deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) van stapel gestuur. In reaksie op vrae van TechCentral het dié kommissie se hoof klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, gesê die ondersoek is aangespoor deur aanlyn klagtes, en hou verband hou met onder andere bemarking, kwaliteit van produkte, etikettering en openbaarmakingsvoorwaardes. Die twee maatskappye is van die ondersoek in kennis gestel, en albei het onderneem

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


‘n BFN-verpleegster word ‘n jaar se salaris toegeken
'n Verpleegster is 'n jaar se salaris toegeken nadat sy onregverdig uit haar pos by die MUCPP Gemeenskapsgesondheidsentrum in Bloemfontein afgedank is. Daar is beweer dat sy glo MIV-medikasie gesteel het. Volgens Insider Chronicle was daar ook beweer dat die vermeende diefstal die doeltreffendheid en adminsitrasie in die gedrang gebring het, wat moontlik medikasie van pasiënte wat daarop geregtig is, ontneem het. Die saak is in die Arbeidshof in Kaapstad hersien, en dit het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Bewerings van korrupsie in die onderwysdepartement word ondersoek
Bewerings van korrupsie binne die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding word deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek. Volgens minister Buti Manamela ondersoek die eenheid ten minste 10 projekte wat vaardigheidsontwikkelingsverskaffers, Tvet-kolleges en koöperasies betrek. Die ondersoek gaan oor onreëlmatige uitgawes, bedrieglike kontrakte en wanbestuur van staatsfondse. Manamela sê van die geld word reeds verhaal. Buti Manamela. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Daar is 'n kritieke tekort aan ambulanse in die Vrystaat
Daar is ʼn kroniese, kritieke tekort aan ambulanse en nooddiensbeamptes in die Vrystaat. Dit is volgens ʼn onlangse verslag van die provinsiale Departement van Gesondheid. Die provinsie benodig 291 ambulanse en 2 328 beamptes vir optimale werking, maar daar is tans slegs 149 ambulanse en 1 523 personeel. Dit is ondanks ’n departementele begroting van meer as R14,6 miljard. Die DA se David Masoeu sê dat met die feestyd wat naderkom en verwagte swaar verkeer, is dit noodsaaklik o

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die DA onthul 'n reklamebord teen korrupsie
Die DA in Gauteng het ’n reklamebord in die suide van Johannesburg onthul as deel van hul veldtog om strafregtelike klagte te lê teen die persone wat betrokke is by die R2,3 miljard wat by die Tembisa-hospitaal gesteel is. Die DA sê die bewyse wat reeds gebruik is om op Hangwani Maumela se bates te beslag te lê, is genoeg dat hy in hegtenis geneem behoort te word. Die DA se Jack Bloom sê die party meen ook dat geregtigheid vir die fluitjieblaser Babita Deokaran vereis dat die

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Bester en Magudumana is weer in die hof
Thabo Bester en sy mede-beskuldigde, Nandipha Magudumana, verskyn Vrydag weer in die Hooggeregshof in Bloemfontein vir ’n verdere voorverhoor in hul saak oor Bester se 2022-tronkontsnapping. Albei het steeds hangende regskwessies, insluitend Magudumana se appèl by die Konstitusionele Hof. Bester betwis die toestande van sy aanhouding, terwyl Magudumana die wettigheid van haar inhegtenisneming in Tanzanië bevraagteken. ’n Verhoordatum kan eers vasgestel word wanneer hierdie aa

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Rig jou oë na die sterrehemel vir geestesgesondheid
In 'n baanbrekersprojek ondersoek die Universiteit Stellenbosch (US) hoe sterrekyk nie net stres kan verminder nie, maar ook gemoedstoestand verbeter en sosiale bande versterk. Novus Media berig die projek, getiteld "Astronomie vir Geestesgesondheid", is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die span toets verskeie gestruktureerde sterrekyksessies – van gemeenskapsbyeenkomste tot oornag-wegbreke – as moontlike hulpmiddel. Die voorlopige bevindings is positief: Binne 24 uur

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die VSA se tariewe begin nou in SA se betalingsbalans wys
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die nuwe Amerikaanse tariewe begin nou in Suid-Afrika se betalingsbalans wys, met voertuig- en vervoertoerustinguitvoere wat in die derde kwartaal ’n knou gekry het. ’n Skerp styging in platinumgroepmetaal-uitvoere na die VSA het egter die impak versag. Die lopende rekeningtekort het tot R57 miljard verklein, hoofsaaklik weens laer dividendbetalings aan buitelandse beleggers. Dit is 0,7% van die land se BBP. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Glen-kinders: 'n Verdagte wag steeds vir psigiatriese waarneming
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Joy Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, bly langer in aanhouding terwyl hy wag vir ’n plek in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks. Netwerk24 berig Kholisiwe Jonas moet psigiatriese waarneming van 30 dae ondergaan. Hy is tans in die Grootvlei-gevangenis. Hy kan nie verhoor word voordat hierdie waarneming nie voltooi is nie. Daar is vroeër berig dat Katleho se liggaam op 26 Oktober in ’n bos

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die ANC beskuldig Trump van aggressie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om as ‘n aanvaller teen ‘n vreedsame, soewereine nasie op te tree. Mbalula het bygevoeg dat hulle besluit om in die openbaar te kommunikeer dat Suid-Afrika nie as ‘n lid na die G20 genooi sal word nie die ergste aggressie is. LUISTER: Intussen berig Maroela Media dat die woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die regering is b

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die Inkomstediens kan trusts penaliseer
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn konsepkennisgewing uitgereik wat vaste administratiewe boetes voorstel vir trusts wat versuim om belastingopgawes in te dien. Die konsep bepaal dat trusts, wat nie opgawes vir die 2023-belastingjaar en verder indien nie, gepenaliseer kan word as hulle die sperdatum met 21 werksdae na ʼn finale versoek mis. Tax Consulting SA sê die stap toon dat die inkomstediens voorberei om strenger voldoeningsmaatreëls te aktiveer wat lank reeds deur d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Bye zoem in die metro se parke
Die Manguang Metro Munisipaliteit het berigte van verhoogde byaktiwiteit in plaaslike parke en ontspanningsgebiede ontvang. In 'n kennisgewing waarsku die munisipaliteit dat bye aggressief kan raak as hulle versteur word. Hulle doen 'n beroep op mense om nie die bye self te nader, uit te lok of te probeer verwyder nie. Vir mense se veiligheid kan die metro se opgeleide byhanteringspan vir enige hulp gekontak word. Die munisipaliteit voeg by, danksy die span se vinnige reaksie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Ramaphosa spreek mans in BFN toe
President Cyril Ramaphosa is Donderdag, 4 Desember, in Bloemfontein om die hooftoespraak by die Vrystaatse Provinsiale Mans Indaba te lewer. Luidens ‘n mediaverklaring van die Presidensie vind die Indaba by die Limo Green-park plaas. Die vlagskip geleentheid van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog, is daarop gemik om mans en seuns as aktiewe vennote in die stryd teen Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord te mobiliseer. Die geleentheid bring

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Meta verwyder tieners se Facebook en Instagram-rekeninge
‘n Week voordat Australië se amptelike tiener sosiale media verbod begin het die tegnologiereus, Meta, begin om kinders onder 16 jaar van sy platforms te verwyder. Dit sluit Instagram, Facebook en Threads in. BBC berig na raming sal 150 000 Facebook-gebruikers en 350 000 Instagram-rekeninge geraak word. Maatskappye kan boetes van tot 25-miljoen pond in die gesig staar as hulle nie redelike stappe doen om te keer dat kinders onder 16 rekeninge het nie. Volgens Meta sal nakom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


‘n Bloem-ouma punt weer tone
Na sy laas as ‘n jong meisie ballet gedoen het, het ‘n ouma van Bloemfontein weer haar tone op die verhoog gepunt. Bloemnuus berig die 66-jarige Lizzie Castelyn sê sy het na Covid erg depressief geraak. ‘n Familielid het toe voorgestel dat sy iets doen wat haar vreugde verskaf, en dit is toe dat sy aan haar jonger dae as ballerina gedink het. Sy het vroeër vanjaar ingeskryf vir volwasse dansklasse en sê dit was vasbyt en lang ure. Die afgelope naweek was vir Castelyn ‘n hoog

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Privaatskole sal gedwing word om te deregistreer
Nie net gaan privaatskole in Suid-Afrika wat vir BTW geregistreer is gedwing word om te deregistreer nie, hulle gaan ook vorige BTW-eise aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet terug betaal. Volgens BusinessTech is dit as gevolg van ‘n belastingverandering wat in die 2025-belastingwette voorgestel word. Die wette poog om foutiewe BTW-eise deur skole om te keer. Baie skole eis tans BTW terug op uitgawes en kommersiële aktiwiteite. Nuwe wysigings sal dit egter verand

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Miljoene kriminele sake bly onopgelos
Meer as 13-miljoen kriminele sake is die afgelope 10 jaar onopgelos in Suid-Afrika gesluit. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het dit onthul terwyl hy ‘n vraag in die parlement beantwoord het. Volgens Cachalia was 61.7% van die meer as 21-miljoen sake wat gedurende hierdie tydperk geopen is, gesluit en onopgelos. Volgens die Build One South Africa (BOSA)-party, sukkel die polisie om tred te hou met die misdaadvlakke in die land. Ter illustrasie. FOTO: Face

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Mchunu sit sy Madlanga-verskyning voort
Die minister van polisie wat tans op spesiale verlof is, Senzo Mchunu, sal na verwagting Donderdag weer voor die Madlanga-kommissie verskyn. Hy het Woensdag in Pretoria getuig en sy besluit om die politieke moorde taakspan te ontbind verdedig. Mchunu het aangevoer dat die taakspan onwettig gefunksioneer het en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree het, met sy aanvanklike ses maande-mandaat wat herhaaldelik verleng is. Hy het getuig dat die taakspan uit ander programm

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


'n Franse wapenmaatskappy en Zuma wil weer appèlleer
Die Franse wapenmaatskappy, Thales, en voormalige president Jacob Zuma gaan weer aansoek doen om verlof tot appèl. Hierdie stap is teen die Pietermaritzburgse hooggeregshof se verwerping van hul aansoek om korrupsie-aanklagte teen hulle te laat vaar. Die aanklagte hou verband met Suid-Afrika se wapenaankope in 1999. SABC News berig twee direkteure, Alain Thetard en Pierre Moynot, is intussen dood, wat inbreuk op 'n billike verhoor kan maak. In sy uitspraak in Junie het regter

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Groenewald wil buitelandse misdadigers uit SA tronke verwyder
Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy sal graag wil sien dat al 27 000 buitelandse gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke na hul geboortelande terug gestuur word om die oorbevolking van gevangenisse te verlig. Hy sê egter om so 'n proses te bespoedig sal aanpassings tot sekere wette vereis, wat tyd neem. EWN berig Groenewald het Woensdag vrae in die parlement beantwoord. Hy voeg by die land moet meer korrektiewe fasiliteite bou om oorvol gevangenisse a

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


'n Suid-Afrikaner hou 'n nuwe Guinness-rekord
'n Bekende haarkapper van Pretoria het die Guinness-wêreldrekord vir die meeste haarsnitte onder water verbreek. Ná meer as 10 maande se beplanning, duikopleiding en samewerking het André Green 31 onderwater-haarsnitte in 60 minute gedoen. Good Things Guy berig hy het in die proses ook geld vir die Abraham Kriel Bambanani-liefdadigheidsorganisasie ingesamel. Vrywilligers wat hul hare laat sny het is almal gekwalifiseerde duikers. Die vorige rekord was 27 snitte. FOTO: Good Th

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Swak finansiële bestuur beteken die Vrystaat sal tesourie-geld verbeur
Weens ‘n gebrek aan finansiële dissipline sal die Vrystaatse regering in die huidige boekjaar R32 miljoen aan die nasionale tesourie verbeur. VF PLus-lid van die provinsiale wetgewer, Armand Cloete, sê solank die ANC in beheer van die Vrystaatse beursie bly, sal druk op die Vrystaatse begroting toeneem en geld wat vir skole, paaie en dienste bedoel was, sal verbeur word en uiteindelik in ander provinsies aangewend word. Bloemnuus berig met ‘n salarisrekening van R29 miljard,

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


TLU SA sê boere ervaar die regering as afwesig
TLU SA het in 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa gesê dat boere ʼn afwesige regering ervaar wanneer dit by hulle veiligheid en ondersteuning kom. Dit, terwyl die ongeveer 35 000 kommersiële boere seker meer as 90% van die voedsel van Suid-Afrika produseer, wat as seker die grootste strategiese bate van die land beskou kan word. Luidens Maroela Media is die organisasie ernstig bekommerd oor die land se bestuur, veiligheid en die posisie van landbouprodusente. Hy waarsku

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025
bottom of page

