top of page

Nuus


'Dis belangrik om in die onderwyssektor te belê'
Dis van uiterse belang om in die onderwyssektor te belê. So sê die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube. Sy het vroeër afgevaardigdes tydens die bekendstelling van die Onderwysuitkomstefonds toegespreek. Befondsing is van die regering, sakeondernemings en skenkers verkry om vroeë leerdienste uit te brei en uitkomste vir kinders van nul tot vyf jaar te verbeter. Die finansiering van R496-miljoen is daarop gemik om toegang tot gehalte Vroeë Kinderversorging en -onderwy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


'n Nuwe hof word in die metro bekend gestel
‘n Nuwe hof vir seksuele misdrywe gaan in Botshabelo, in die Mangaung Metro Munisipaliteit in die Vrystaat, geloods word. Die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, sal die hof amptelik Donderdag open. Dié gespesialiseerde hof sal kwesbare slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord met opgeleide personeel en toegewyde fasiliteite ondersteun. 'n Plasing op die departement van justisie se webtuiste sê Kubayi sal later in die dag by die Vrystaatse premier, Maqueen L

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


SA se bydrae tot die G20-webtuiste is verwyder
Alle inligting wat deur Suid-Afrika op die G20-webtuiste gelaai is, is verwyder. Dit kom nadat Amerika se president Donald Trump amptelik sy voorsitterskap begin het. Die G20-webwerf het tans slegs ʼn landingsblad, waar ʼn swart-en-wit foto van Trump verskyn met die teks, “Miami 2026. The best is yet to come”. Maroela Media berig die Amerikaanse departement van buitelandse sake het gesê dat Trump die G20 sal laat terugkeer na die kernmissie om ekonomiese groei en voorspoed te d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Die ANC ontken bewerings dat hulle beplan om Ramaphosa terug te roep
Die ANC het bewerings dat hulle die verwydering van Cyril Ramaphosa as president hierdie week sal bespreek, ontken. Die gerugte volg op bewerings dat sommige leiers in die party wil hê dat hy verwyder word. Die ANC sê dat hul Nasionale Algemene Raad wel sal vergader om die implementering van hul resolusies sedert hul laaste konferensie te hersien. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê dat Ramphosa tot en met die volgende formele leiersverkiesing die leier van die

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


'n Aktivis nooi die presidensie na 'n plaasmoord-verhoor in Bloemfontein
’n Aktivis teen plaasmoorde, Petrus Sitho, het buite die hooggeregshof in Bloemfontein gesê sy hart is seer omdat die president nie wil erken dat plaasmoorde ’n groot probleem is nie. Hy nooi die presidensie uit om die verhoor in die moordsaak van die bejaarde Christo en Christa Morrison van Glen naby Bloemfontein by te woon, sodat hulle die wreedheid van plaasmoorde kan verstaan. Netwerk24 berig die hof het Maandag gehoor die een verdagte, Motlalentoa Wolf, het in ’n erkenni

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Nog twee sluise by die Vaaldam is nou toe
Die Departement van Water en Sanitasie het nog twee sluise by die Vaaldam gesluit om uitvloei te verminder namate waterinvloei in die dam afneem. By die Bloemhofdam word uitvloei op 1 400 kubieke meter per sekonde gehandhaaf, nadat dit Maandagoggend verhoog is. Die departement sê hierdie beheerde vrystellings is bedoel om waterinvloei en -uitvloei in die damme veilig te reguleer terwyl die integriteit van die belangrikste waterinfrastruktuur verseker word. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Uitspraak in Zuma se appèl teen sy regskoste word voorbehou
Die Pretoria-hooggeregshof in Gauteng het uitspraak voorbehou in voormalige president Jacob Zuma se aansoek om te appelleer teen ‘n uitspraak wat hom gelas het om R28,9 miljoen in staatsbefondsde regskoste terug te betaal. Die appèl kom ná jare se litigasie oor die staat se befondsing van Zuma se talle hofstryde, waarvan baie uit bewerings van korrupsie en bedrog voortspruit wat na sy presidentskap terugdateer. Zuma se regspan het aan die hof gesê dat die betalings destyds de

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Die produksie van jou daaglikse brood is onder druk
Brood is ʼn stapelvoedsel vir miljoene Suid-Afrikaners, maar min besef dat die produsente wat hierdie produk se gewas verbou, onder geweldige druk verkeer. Die Suid-Afrikaanse koringbedryf verkeer in ʼn “krisistoestand”. Dit is te danke aan toenemende insetkoste, lae internasionale pryse en onvoldoende markbeskerming wat produsente in die gesig staar. Volgens die voorsitter van Graan SA, Richard Krige, is die huidige marktoestande onhoudbaar vir enige produsent wat probeer om k

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Talle Bloemfonteiners se hekmotors word gesteel
Daar is ‘n toename in die aantal hekmotors wat in Bloemfontein gesteel word. Luidens ‘n mediaverklaring vind die voorvalle meestal tussen 02:00 en 06:00 in die oggend plaas. Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, sê die groen en swart Centurion-maak word geteiken. Die waarde van so ‘n motor wissel tussen R12 000 en R15 000. Van die strate waar voorvalle aangemeld is sluit in De Bruynstraat, Koos van der Waltstraat en Rhyno Kriellaan. ‘n Paar voorvalle is ook in Wesdene

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


‘n Vrystaatse speurder is wéér in hegtenis geneem
'n Vrystaatse speurder is vir die tweede keer in een maand in hegtenis geneem. Vista News berig die 58-jarige is verbonde aan die Eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies in Fouriesburg. Ondersoekbeamptes het 'n lasbrief verkry en sy woning deeglik deursoek. Verskeie sakke met bewysstukke is tydens die ondersoek ontdek en gekonfiskeer. Van die gekonfiskeerde items sluit in selfone, gebruikte wangmonsters, onafgehandelde saakdossiers, polisieregisters en ammunisie. In 'n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


‘n Gewilde Bloem-raadslid is oorlede
‘n Gewilde Bloemfonteinse DA-raadslid is aan kanker oorlede. Volksblad berig die 72-jarige Dalena Dennis het sedert Maart 2006 as raadslid in die Mangaung Metro Munisipaliteit gedien. Sy was ook een van die langsdienende raadslede in die metro. Volgens die provinsiale voorsitter van die DA en die party se kiesafdelingshoof in die metro, Werner Horn, was sy ‘n baie gewaardeerde en lojale kollega. Hy voeg by sy was ‘n vertroueling en ‘n vriendin vir almal. Dennis wat vir byn

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


BKS in die Vrystaat neem steeds toe
Die Vrystaat se bek-en-klouseer-uitbraak neem steeds toe, met die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling wat bevestig het dat die totaal nou op 118 gevalle staan. Die nuut bevestigde gevalle sluit volgens Nova News in: Frankfort, Edenville, Bothaville, Parys, Deneysville en Sasolburg, Tweeling asook Vrede. Die departement het belanghebbendes streng daaraan herinner dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder toepaslike dokumentasie ’n kriminele o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


Opknappings by die Bloemfonteinse dieretuin kry momentum
Noodsaaklike opgraderings by die dieretuin in Bloemfontein het begin. Volgens Central News is dit om nuwe lewe in die fasiliteit in te blaas. Die dieretuin, eens 'n belangrike trekpleister vir toeriste en plaaslike inwoners, het sy hekke in 2019 weens ernstige kommer oor hoe diere aangehou word en die algehele bestuur gesluit. Opknapping sal in fases uitgevoer word om seker te maak dat alles reg gedoen word. Die eerste fase is gemik op die basiese beginsels wat nodig is om b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


Fosa vra weer dat die doodstraf terug gebring word
Die Forum vir Suid-Afrika (Fosa) vra opnuut dat die doodstraf weer ingestel moet word vir persone wat opsetlik en doelbewus onskuldige mense vermoor. Dit kom nadat die minister van polisie, Firoz Cachalia, die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak het wat toon dat 64 mense elke dag in Suid-Afrika vermoor word. Maroela Media berig Fosa se nasionale leier, Tebogo Mashilompane, sê dat die reg op lewe, soos vervat in die Grondwet, “daagliks met straffeloosheid geskend word". H

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Die Jagersfontein-myn kan voortgaan ondanks 'n skokverslag
Die departement van water en sanitasie het die Jagersfontein-myn toegelaat om met werksaamhede voort te gaan, ondanks ’n skokkende verslag oor die 2022-stortingsdam-ongeluk. Newskoop berig die verslag, wat die naweek vrygestel is, dui aan dat bestuur moontlik van die gevaar bewus was en dat die dam sonder ’n geregistreerde ingenieur se ontwerp gebou is. Twee mense is dood en een vermis nadat die damwal gebreek het. Die verslag is aan die kabinet gestuur om nuwe regulasies te

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


'n Geliefde Vrystaatse maatskaplike werker se liggaam is gekry
'n Geliefde maatskaplike werker van Odendaalsrus in die Vrystaat se liggaam is met veelvuldige steekwonde gevind. Volksblad berig Ruth Glenda Roberts se ligaam is met 'n laken bedek en naby die R30-pad gevind. Roberts was ’n werknemer van die Vrystaatse departement van maatskaplike ontwikkeling by die Lejweleputswa-distrikskantoor. Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat, Mathabo Hlalele, beskryf Roberts as ’n toegewyde maatskaplike werker wat die mense van Lejw

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


'n Onbekende meisie is in die Vrystaat gevind
'n Jong kind is in Tumahole in die Vrystaat gevind. Die meisie se ouderdom word op min of meer ses jaar oud geskat, en dit is onbekend waar sy vandaan is. Volgens 'n polisieverklaring is daar tans geen aktiewe soektogte na 'n vermiste kind in die Parys-omgewing nie. Woordvoerder, sersant Thabo Covane, sê die kind het dringend mediese sorg by die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings van mediese personeel ontvang. Die publiek word gevra om na polis

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Die media vra om verskoning vir sy uitlatings oor Solidariteit
News24 moes vir die soveelste keer vanjaar om verskoning vra, nadat een van sy susterpublikasies valslik berig het dat Solidariteit bewerings oor ʼn wit volksmoord in Suid-Afrika aan president Donald Trump propageer. Maroela Media berig die joernalis Fred Khumalo het in 'n meningstuk oor Solidariteit se omstrede rassebanier in City Press gesê Solidariteit buig feite om sy ideologiese agenda te pas. News24 het gevolglik Vrydag ʼn inskrywing op sy webwerf geplaas waarin City Pres

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Ramaphosa skrik nie vir Trump se G20-dreigement nie
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om deel te neem as ‘n volwaardige, aktiewe en konstruktiewe lid van die G20. Die Amerikaanse president Donald Trump het onlangs gedreig om Suid-Afrika se bywoning van volgende jaar se beraad in Miami te blokkeer. Ramaphosa het die nasie Sondagaand toegespreek en die land se setel aan die G20-tafel herbevestig. Die president sê dit moet duidelik gemaak word dat die land ‘n lid van die G20 is in eie naam en reg. LUISTER: Pr

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Manamela sê die departement is slaggereed vir die akademiese jaar
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, sê studente sal ‘n akademiese jaar ervaar wat voorbereid is op hul behoeftes. Manamela het joernaliste in die parlement ingelig oor die departement se gereedheid vir die 2026 akademiese jaar. Hy het ‘n oorlogskamer opgestel waar kwessies wat gewoonlik tydens die registrasietydperk ondervind word, bestuur sal word. Manamela sê hy wil vertroue tussen studente en die departement herbou deur jaarlikse bekommernisse soos.

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


'n Bank se KI-sekuriteitstelsel keer miljoene rand se bedrog
Capitec sê sy Kunsmatige Intelligensie- (KI) gedrewe sekuriteitstelsel het daarin geslaag om vanjaar R300 miljoen se kliëntbedrog te stop. Volgens die bank het die stelsel 80 000 muilrekeninge geblokkeer en 200 000 swendelaarbetalings voorkom. Sy ingenieurs het gevorderde bedrogopsporingsmodelle, wolkgebaseerde kliëntverifikasies en gedragsanalise gebou. Die bank sê hierdie pogings het die miljoene rand se verliese voorkom. FOTO: Capitec

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Suid-Afrikaners verkry visumvrye toegang tot Indonesië
Suid-Afrikaners het visumvrye toegang tot Indonesië verkry ná ‘n nuwe ooreenkoms tussen die twee regerings. BusinessTech berig Indonesië se visepresident het die verandering by ‘n sakeforum in Johannesburg aangekondig. Hy het bevestig dat beide lande ooreengekom het om visumvereistes vir kort besoeke kwyt te skeld. Suid-Afrikaners wat voorheen na die land gereis het, moes ‘n visum met aankoms kry, met bewys dat hulle genoeg fondse en verblyf gehad het. Die nuwe reëls verwyder

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Nasa-rover ontdek bewyse van mini-weerlig op Mars
‘n Nasa-tuig het moontlik vir die eerste keer bewyse van weerlig in die Mars-atmosfeer aangeteken. Navorsers van Frankryk het 28 uur se opnames van die tuig, wat sedert 2021 oor die rooi planeet beweeg, geanaliseer. Die tuig se mikrofoon het die geluide van elektriese ontladings, met die bynaam mini-weerlig, opgevang. Volgens die wetenskaplikes word die elektriese ontladings gewoonlik geassosieer met stofduiwels en stofstormfronte. Hulle sê die ontdekking kan die atmosferiese

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Die Valke neem vier in hegtenis wat by die Russiese frontlinie wou aansluit
Die Valke het vier mans by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem wat na bewering op pad na Rusland was om by die land se militêre magte aan te sluit. Die arrestasies kom te midde van bewerings dat 17 ander mans na bewering deur SAfm-omroeper Duduzile Zuma-Sambudla gemanipuleer is om by die Russiese frontlinie aan te sluit. Amptenare het die mans voor vertrek ondervra, en dié inligting het deel gevorm van ‘n aktiewe ondersoek na hul beweerde planne om by ‘n buitel

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025
bottom of page

