top of page

Nuus


Swak finansiële bestuur beteken die Vrystaat sal tesourie-geld verbeur
Weens ‘n gebrek aan finansiële dissipline sal die Vrystaatse regering in die huidige boekjaar R32 miljoen aan die nasionale tesourie verbeur. VF PLus-lid van die provinsiale wetgewer, Armand Cloete, sê solank die ANC in beheer van die Vrystaatse beursie bly, sal druk op die Vrystaatse begroting toeneem en geld wat vir skole, paaie en dienste bedoel was, sal verbeur word en uiteindelik in ander provinsies aangewend word. Bloemnuus berig met ‘n salarisrekening van R29 miljard,

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


TLU SA sê boere ervaar die regering as afwesig
TLU SA het in 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa gesê dat boere ʼn afwesige regering ervaar wanneer dit by hulle veiligheid en ondersteuning kom. Dit, terwyl die ongeveer 35 000 kommersiële boere seker meer as 90% van die voedsel van Suid-Afrika produseer, wat as seker die grootste strategiese bate van die land beskou kan word. Luidens Maroela Media is die organisasie ernstig bekommerd oor die land se bestuur, veiligheid en die posisie van landbouprodusente. Hy waarsku

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Dieresiektes in die Vrystaat moet geprioritiseer word
Die Vrystaatse departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake moet die stryd teen die uitbrekings en verspreiding van dieresiektes in die provinsie prioritiseer. Die DA sê bek-en-klouseer het verwoestende gevolge vir boerderybedrywighede en plaaslike ekonomieë. Boere in die Vrystaat is bekommerd oor die nuwe uitbrekings van die siekte ‘n paar weke gelede as gevolg van die vervoer van vee uit ander provinsies. Die DA se Roy Jankielsohn sê die departement het d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


'n Multidissiplinêre padblokkade is in die Vrystaat gehou
Die Vrystaatse polisie het ‘n multidissiplinêre padblokkade langs die R26- en R70-roetes in die Ficksburg-gebied uitgevoer. As deel van die deurlopende Veiliger Feesseisoen-operasies, is die padblokkade gehou met die doel om misdaadvoorkomingspogings te versterk en die wet af te dwing. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Grensbestuursowerheid en Provinsiale Verkeersbeamptes. Die operasie het gefokus op die bekamping v

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Stadige ekonomiese groei bekommer vir Cosatu
Cosatu is bekommerd oor die land se stadige ekonomiese groei. Die jongste Bruto Binnelandse Produk (BBP)-data toon groei van 0.5% vir die derde kwartaal van die jaar. Dit is die vierde toename in ekonomiese groei vir vier agtereenvolgende kwartale. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê egter dat dit te stadig is om ‘n betekenisvolle impak op werkskepping te hê. LUISTER HIER: Matthew Parks. FOTO: EWN

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


SA en Mosambiek moet vrede in Afrika bevorder
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Mosambiek moet deur middel van dialoog, bemiddeling en vredesbewaring voortgaan om vrede op die vasteland te bevorder. Hy het Woensdag die openingsrede by die Suid-Afrika-Mosambiek Bi-Nasionale Kommissie in Maputo gelewer. Volgens Ramaphosa beroof burgerlike onrus, konflik en oorlog hele generasies van vrede, stabiliteit en ontwikkeling. Hy voeg by pogings moet verdubbel word om hierdie uitdagings aan te pak en respek vir internasi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Kritiek laat die ANC dink
Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê volgehoue kritiek op die land se rasgebaseerde wette laat sommiges binne die ANC daaroor dink. Die wetgewing oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging het onlangs onder toenemende kritiek van sakeleiers, belangegroepe en politieke partye deurgeloop. Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het sedertdien aangekondig dat die regering beplan om die wetgewing te hersien. Daar word verwag dat sy departement die eerste fase van die he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


'Die nulgegradeerde voedselprodukte-lys moet uitgebrei word'
Die FairPlay Movement vra dat die lys van BTW-nulgegradeerde voedselprodukte uitgebrei word om sommige hoenderprodukte in te sluit. Volgens die belangegroep is hoender die gewildste bron van proteïen. FairPlay glo deur sekere hoenderprodukte nulgegradeerd te maak, dit die regering sal help om wanvoeding aan te pak. Dit sê wanvoeding het ‘n besonder negatiewe impak op kinders en tieners wat deur ontwikkeling gaan. Die Navorsingsraad vir Geesteswetenskappe skat dat ten minste 2

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman te gebruik
Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman se betrokkenheidswerkswinkels te gebruik om hul diensleweringsbekommernisse uit te spreek, en te help om 'n meer responsiewe en mensgesentreerde munisipaliteit te bou. Hierdie werkswinkels is luidens ‘n plasing op sosiale media na die aanstelling en aankondiging van die Mangaung Metro Munisipaliteit se ombudsman, Charlie Naidoo, begin. Die eerste werkswinkel is Dinsdag by die Indaba-ouditorium in die Bram Fischer-gebou gehou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Vuurwapens is by ‘n Vrystaatse munisipale gebou gesteel
Die polisie in die Vrystaat het ‘n klopjag vir sake-inbraak van stapel gestuur na vuurwapens glo by die Moqhaka Parke munisipaliteitsgebou in Kroonstad Sentraal gesteel is. ‘n Werknemer van die munisipaliteit het glo die misdaad ontdek toe hy by die werk opgedaag het. Hy het eers opgemerk dat die alarmbeheerkas beskadig was en die deur na die Wapenkamer/Amnestiekamer met geweld oopgemaak is. Binne die Wapenkamer is ontdek dat twee staalkluise oopgeforseer is. Polisiewoordvoer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Groenewald sê die tronk se ooreenkoms met G4S moet natuurlik verstryk
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die ooreenkoms vir die private bestuur van die Mangaung-gevangenis moet natuurlik verval. Netwerk24 berig Groenewald het Dinsdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste gesê die beste opsie vir die departement, asook belastingbetalers, is dat die kontrak met die maatskappy G4S natuurlik verval. Die departement van korrektiewe dienste het aanvanklik sowat twee jaar gelede besluit om dit te kans

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


SA is nie na die eerste G20-sherpa-vergadering genooi nie
Suid-Afrika sal nie by die eerste G20-sherpa-vergadering onder die Amerikaanse presidentskap teenwoordig wees nie, ondanks versoeke vir deelname. Die vergadering vind op 15 en 16 Desember in Washington plaas, en Suid-Afrika is uitgesluit. Amerikaanse president Donald Trump het vroeër bevestig dat Suid-Afrika nie na die 2026-leiersberaad in Miami genooi sal word nie. Die departement van internasionale betrekkings en samewerking sê Suid-Afrika bly by die G20 se beginsels en waa

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly
Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly. LP’s het Dinsdag teen Bosa se voorgestelde resolusie gestem om die slaagsyfer van 30% na 50% te verhoog. Die MK-party, EFF, IVP, ActionSA, Rise Mazansi, Bosa en die ATM het almal ten gunste van die voorstel gestem, maar hulle stemme was nie genoeg nie. 'n Totaal van 190 LP’s het teen die voorstel gestem met 87 ten gunste daarvan. Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, het in sy motivering vir die voorstel gesê die land moet hoër verwagt

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


'n Christelike hip-hop-kunstenaar kap na opmerkings oor 'n KI-gospelsanger
’n Christelike hip-hop-kunstenaar dring daarop aan dat God KI kan gebruik om “Sy punt oor te dra”. In ’n onlangse Instagram-plasing het die Christelike hip-hop-kunstenaar en vervaardiger Derek Minor gereageer op Forrest Frank se kommer oor die opkoms van ’n kunsmatige intelligensie-kunstenaar in die Christelike musiekbedryf. Frank is in sy video-plasing hoogs skepties oor Solomon Ray se plek boaan die iTunes Christelike musiektrefferlyste. Ray is ’n KI-persona wat deur die.

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Oud-polisielede is ná 30 jaar later aan moord skuldig bevind
Meer as 30 jaar ná die moord op 'n anti-apartheidsaktivis is twee voormalige polisiebeamptes vir hul aandeel skuldig bevind. Maroela Media berig oudsersante Abram Engelbrecht en Pieter Stander is in die hooggeregshof van Pretoria aan die moord op Caiphus Nyoka in 1987 skuldig bevind. Nog 'n beskuldigde, Johan Marais, is in Julie vanjaar direkte tronkstraf opgelê nadat hy in 2019 oor sy aandeel in Nyoka se moord gebieg het. Marais het aangevoer hy was destyds onder die indruk

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Gemeenskapslede word glo verhoed om Parkweg skoon te maak
Gemeenskapslede van Bloemfontein wat skoonmaakwerk naby die Toerismesentrum en Stadion-swembad in Parkweg wou verrig, is glo deur munisipale werknemers gekonfronteer en verhoed om die veldtog voort te sit. DA-raadslid in die stad, Frans Bothma, sê die DA het met die skoonmaakaksie begin ná verskeie klagtes deur die gemeenskap oor die vuil toestande in Parkweg. Volksblad berig met hul aankoms by die Stadion-swembad is gemeenskapslede glo deur die swembad-toesighouer gekonfront

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Korrupsie-gekoppeldes kan steeds werk vir die regering doen
Tientalle individue en maatskappye wat betrokke is by staatskaping en Covid-19-verkrygingskandale bly ten volle in aanmerking om met die regering handel te dryf. ActionSA het dit onthul nadat hulle ʼn skriftelike parlementêre antwoord van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ontvang het. Volgens die party is slegs 18 individue en maatskappye op die Nasionale Tesourie se lys van beperkte verskaffers geplaas. Dit is ten spyte daarvan dat die Spesiale Ondersoekeenheid fo

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Eskom werk aan ʼn plan om lasvermindering te stop
Eskom sê dit mik om lasvermindering teen 2027 te beëindig. Die energieverskaffer sê dit sal gebeur deur ’n nuwe strategie wat die verspreidingsnetwerk sal versterk en die stelsel met slim-meters en digitale tegnologie sal moderniseer. Dit volg ná die onlangse instelling van gefaseerde kragonderbrekings in dele van Johannesburg weens onwettige verbindings, vandalisme en slegte weer. Meer as ’n miljoen slim-meters is reeds geïnstalleer. ʼn Woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena,

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


‘n Jong Bloemfonteiner verskyn vir strafbare manslag in die hof
Die 20-jarige Tristan Kearney het vir die eerste keer in die Bloemfontein streekshof verskyn. Dit op drie aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur asook die verontagsaming van ‘n padverkeersteken. Netwerk24 berig sy verskyning spruit ‘n ongeluk in Januarie waarin drie kinders oorlede is, toe ‘n bakkie die motor waarin die kinders op pad skool toe was, getref het. Rosestad-nuus het vroeër berig die ongeluk het op die N8 by die Aljo’s Spar, net buite B

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Elke hond kry sy dag
Verdagtes wat vroeër vanjaar deur die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) betrap is terwyl hulle met honde gejag het, het skuldig gepleit. Die DBV het na 'n deeglike ondersoek aanklagte van dieremishandeling teen beide aanhangig gemaak. Luidens die DBV se sosiale media blad is hulle is bly om te laat weet dat die saak nou in die Edenbrugse landdroshof, in die Vrystaat, afgehandel is. Die twee is elk tot 'n boete van R3 000 of 6 maande gevangenisstraf gevonnis, w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Bloemfonteiners moet genoeg water stoor
Bloemfonteiners in die Suide word aangeraai om genoeg water te stoor. Dit aangesien die Mangaung Metro Munisipaliteit ‘n kennisgewing oor ‘n 12-uur lange wateronderbreking vir die Vrydag uitgereik het. Hierdie onderbreking sal van 6:00 die oggend wees, en is vir noodsaaklike onderhoudswerk. Onder andere is onderhoud nodig om die betroubaarheid van die stelsel te verseker, voortdurende lekkasies te verminder en die netwerk teen toekomstige mislukkings te beskerm. Die Manguang

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Sanral rol hul tik-en-gaan-funksie uit
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het aangekondig dat tolhekke nie meer magnetiese kaarte vir betaling aanvaar nie. Die verandering het reeds Maandag in werking getree toe hulle hul nuwe tik-en-gaan-funksie uit gerol het. Dit sal padgebruikers toelaat om tolgelde met hul bankkaart of mobiele toestel te betaal deur vinnige en veilige kontaklose tegnologie te gebruik. Die oorgang is deel van Sanral se pogings om te voldoen aan toekomstige bankregulasies wat d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Die metro se polisie fnuik ‘n rooftog
‘n Misdaadbestrydingstaakspan van die Manguang Metro Munisipaliteit het gewapende rowers gefnuik. Dit etlike weke na juwelierswinkels by twee verskillende winkelsentrums beroof is. Inligting is ontvang dat bonusse op spesifieke datums aan werknemers betaal sal word en ‘n groep rowers het om die geteikende besighede begin sirkel. ‘n Rooi Fiat Punto is as die verdagtes se voertuig geïdentifiseer, en is op pad na die nywerheidsgebied in Botshabelo afgetrek. Die vyf verdagtes en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Kovsies wat glo ‘n bom slinger gaan eers vir Kersfees huis toe
Die ses studente van die Universiteit van die Vrystaat wat glo tydens ‘n studente-onrus ‘n petrolbom na die hek van die universiteit geslinger het, sal eers vir Kersfees huis toe gaan voor hul saak weer verskyn. Netwerk24 berig die ses het Maandag vlugtig in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Die staat het nie teen die uitstel beswaar gemaak nie en dus is die saak tot 3 Maart 2026 uitgestel. Die studente is kort nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is op ‘n waarskuwi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025
bottom of page

