top of page


Alle Plasings


SAOG-staatshoofde fokus op migrasie
Staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal na verwagting Maandag tydens hul beraad in Durban op migrasie fokus. SABC-nuus berig Suid-Afrika het voorgestel dat die saak op die hoogste vlak bespreek word. Malawi se twee vise-president van die SAOG se troika oor politiek,verdediging en veiligheid, Enock Chihana sê ledelande moet saamwerk om stabiliteit in die streek te bewerkstellig. Intussen is veiligheidsmaatreëls in Durban en by die beraad versk

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


SA se energiebeskikbaarheid het verbeter
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê energiebeskikbaarheid het in Suid-Afrika verbeter. Ramokgopa het die ANC se plaaslike regeringsmanifesoorsig toegespreek. Hy het die Energie-aksieplan geprys vir die oplossing van die land se energieprobleme. Ramokgopa sê Suid-Afrika se energiebeskikbaarheid het nou tot meer as 80 % verbeter. Kgosientsho Ramakgopa. FOTO: Mining Review Africa

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Zuma kap na Ramaphosa se leierskap
Sonder om president Cyril Ramaphosa by die naam te noem het die leier van die MK-party, Jacob Zuma, hom daarvan beskuldig dat hy geld onder sy bed wegsteek terwyl Suid-Afrikaners swaarkry. IOL berig die voormalige president het Sondag tydens ’n besoek aan ’n kerk in Mthatha in die Oos-Kaap ook kritiek uitgespreek oor die manier waarop die land regeer word. Zuma se opmerkings kom te midde van Ramaphosa se voortgesette hantering van die nasleep van die Phala Phala-skandaal. Dit

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Golden Gate het nou 'n 'foefieslaaid'
Besoekers aan die Golden Gate-Hoogland-Nasionale Park kan die Vrystaatse landskap nou vanuit ʼn heel ander hoek beleef, met ’n nuwe "foefieslaaid" wat hulle oor sewe kabels en platforms neem. Maroela Media berig SANParke het dié naweek die Golden Gate-"foefieslaaid" amptelik bekendgestel. Volgens die woordvoerder van SANParke, JP Louw, begin die Golden Gate-"foefieslaaid" op ʼn hoogte van ongeveer 1 300 m bo seevlak. Volgens Louw is die nuwe foefieslaaid ʼn aanvulling tot die be

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Die SAKP sal kerkleiers ook as verkiesingskandidate stel
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) sê dat hulle hul lede, tradisionele-, kerk- en gemeenskapsleiers as kandidate in die verkiesing sal stel. Die party sê hulle berei voor om vir stemme te veg in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Die party sal vir die eerste keer onafhanklik aan die verkiesing deelneem, en het hierdie naweek hul verkiesingsmanifes bekendgestel. Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Madlanga-kommissie: Good-party vra vir 'n permanente tribunaal
Die Good-party se Kaapstadse burgemeesterskandidaat, Brett Herron, wil hê die Madlanga-kommissie moet in ’n permanente polisie-integriteitstribunaal omskep word. Hy sê die tribunaal kan korrupte amptenare help uitwis en beweerde samewerking tussen polisie en bendes ondersoek. Herron wil ook hê die terugtrekking van korrupsie-aanklagte teen ’n voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid, die stad se konstruksiemafia en ander beweerde ongerymdhede moet ondersoek word. Hy sê K

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


OGGEND SPORT: Die Bulls is ’n teleurgesteld na hul nederlaag teen die Cheetahs, Bangladesj behaal ’n geskiedkundige oorwinning en Arsenal begin hul seisoen met ‘n oorwinning
Ons kyk na van die naweek se sport-hoogtepunte: Ons skop af met rugby: Die Vodacom Bulls het hul teleurstelling uitgespreek ná hul nederlaag teen die Cheetahs in die Black Label Curriebeker die naweek. Die twee spanne het Sondag in die vyfde ronde van die kompetisie kragte gemeet. Die Cheetahs het die wedstryd weg van die huis gewen met 62 punte teenoor die tuisspan se 52. Die Bulls-afrigter, Phiwe Nomlomo, sê die nederlaag was teleurstellend. LUISTER HIER: In krieket:

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 17


Tupac Shakur se verhoor begin drie dekades ná sy dood
Meer as 30 jaar nadat een van Amerika se invloedrykste kletsrymers, Tupac Shakur, in Las Vegas doodgeskiet is, gaan openingsbetoë in die verhoor na verwagting Maandag begin. EWN berig die verrigtinge sal waarskynlik nie duidelikheid bring oor wie die doodskote in 1996 afgevuur het nie. Aanklaers beoog egter om te bewys dat Duane Davis die moord beveel en die vuurwapen wat in die deurry-skietery gebruik is, verskaf het. Hy staar lewenslange gevangenisstraf sonder die moontlikh

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Banke reageer verskillend oor kitsbanke
Sommige banke beweeg stadig weg van kitsbanke in Suid-Afrika, terwyl ander die geleentheid aangryp om hulself verder in die kontantmark te vestig. Van Suid-Afrika se groot vyf tradisionele banke met uitgebreide kitsbanknetwerke het Nedbank, Absa en FNB hul netwerk sedert 2023 verklein. Standard Bank en Capitec het egter teen die tendens ingegaan en hul netwerke uitgebrei. Die wegbeweeg van kitsbanke is deel van ’n breër verskuiwing na aanlynbankdienste, wat ’n aansienlik laer

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


‘n Vrou is van ‘n gyselaarsdrama in die VS gered
‘n Vrou is ná etlike ure van ‘n gyselaarsdrama in Jacobsdal in die Vrystaat gered. Volgens woordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is polisie Sondag omstreeks 11:45 na die Ratanang-woonbuurt ontbied. Volgens voorlopige inligting is ’n 25-jarige vrou na bewering in die skouer geskiet deur ’n 28-jarige polisiekonstabel wat in Hanover in die Noord-Kaap gestasioneer is. Gyselaarsonderhandelinge is begin, en omstreeks 20:30 het die verdagte sy dienspistool oorhandig en homself

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


‘n Man is dood geskiet en sy vrou beseer in Welkom
'n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek nadat 'n ’n man noodlottig geskiet is en sy vrou by hul huis in Welkom in die Vrystaat beseer is. Volgens 'n polisieverklaring het beamptes met hul aankoms by 'n huis in Bedelia 'n man roerloos op die vloer aangetref met verskeie skietwonde aan die kop. Hulle het ook ’n vrou op die rusbank aangetref met ’n skietwond aan haar regterbobeen. Die man is deur noodmediese dienste op die toneel dood verklaar, en die vrou is na die

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Bosa verwerp voorstelle vir die privatisering van munisipale dienste
Build One South Africa (Bosa) het voorstelle om sommige munisipale dienste te privatiseer verwerp. Die DA het vroeër vandeesmaand tydens die bekendstelling van sy manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing aangekondig dat hy die lewering van sommige munisipale dienste wil privatiseer. Die party stel ’n groter rol vir die private sektor in die finansiering, instandhouding en bedryf van munisipale dienste voor. Bosa sê privatisering beteken nie noodwendig beter dienslewering

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Bystanddood is nou wettig in Frankryk
Sekere volwassenes met ongeneeslike toestande in Frankryk het nou die reg op bystanddood. Die wetgewing is Vrydag goedgekeur. Die konstitusionele raad het die wet in sy geheel gehandhaaf, maar terselfdertyd beslis dat sommige bepalings verder verduidelik moet word. Maroela Media berig die Franse parlement het die wet aanvaar ná jare se debat oor die land se benadering tot die einde van die lewe. Die uitspraak beteken Frankryk sluit by lande soos Nederland, België, Switserland

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


SA'ners se koopkrag het skerp afgeneem
Suid-Afrikaners se koopkrag het sedert 2000 skerp afgeneem, met inflasie wat oor die afgelope 26 jaar 285 % bereik het. Statistieke Suid-Afrika se data toon dat R100 in 2000 vandag sowat R385 se waarde sou hê. Voedselpryse het egter veel vinniger gestyg. Brood het 589 % en melk 611 % duurder geword. ’n Mandjie wat in 2000 R81,73 gekos het, kos in 2026 soveel as R484,90. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17


Markte fokus op ekonomiese syfers
Suid-Afrikaanse markte fokus hierdie week op inflasie, kleinhandelverkope en groothandeldata. Statistieke Suid-Afrika publiseer Woensdag Julie se inflasiesyfer, wat na verwagting van 5% in Junie tot tussen 4.3 - 4.8% sal daal, deels weens laer brandstofpryse. Kleinhandelverkope sal na verwagting in Junie van 2.3% tot 2.5% verbeter. Intussen bly internasionale markte onder druk weens die konflik in die Midde-Ooste. Ter illustrasie. FOTO: iStock

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


SA se voorgeskrewe minimum voordele-stelsel vir mediese skemas moet verander
Suid-Afrika se voorgeskrewe minimum voordele-stelsel vir mediese skemas staar dringende hervorming in die gesig. Die Raad van Gesondheidsorgfinansiers waarsku dat die regulasies sedert 2003 geen groot veranderinge ondergaan het nie. Voorgeskrewe minimum koste het skerp gestyg en maak nou meer as 60% van mediese skema-begrotings uit, in vergelyking met ongeveer 40% in 2003. Verouderde reëls dra by tot stygende gesondheidsorgkoste en hoër uitgawes vir lede. Ter illustrasie. FOT

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


AfriForum lê klag van minagting van die hof teen Julius Malema
AfriForum het ’n minagtingsaansoek teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Dit volg nadat die EFF en Malema glo weer mense tot onwettige grondbesetting aangehits het, ondanks ’n hofbevel wat sulke oproepe verbied. AfriForum sê Malema het op 23 Julie tydens ’n EFF-lesing aan die Universiteit van Limpopo in Polokwane verwys na jong mense wat eendag ’n plaas in Stellenbosch sal betree en beset. Die organisasie vra ’n R500 000 boete vi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


Die SAID vat die BTW-stryd na die Konstitusionele Hof
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie vra die Konstitusionele Hof om ’n 2025-uitspraak van die Hooggeregshof tersyde te stel. Die hof het beslis dat die minister van Finansies se bevoegdheid om die BTW-koers eensydig te verander sonder parlementêre goedkeuring, ongrondwetlik en ongeldig is. Die minister van Finansies het probeer om BTW oor twee jaar tot 17% te verhoog en daarna tot 16%. Albei begrotings het misluk, wat tot die huidige regstryd gelei het.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


Christene berei voor vir 50 dae van gebed
Suid-Afrikaanse Christene word aangemoedig om 50 dae lank voor die plaaslike regeringsverkiesing in gebed te verenig. Die Prayer and Repentance-beweging se Rachel Kalidass sê die veldtog sal van 14 September tot 3 November plaasvind, voor die verkiesing op 4 November. Sy voeg by een van die kragtigste bydraes wat Christene tot hul gemeenskappe kan maak, is om te bid. Die City Connect-inisiatief poog intussen om gelowiges, kerke, bedieninge en gebedsgroepe regoor Suid-Afrika r

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


Michael W. Smith waarsku dat aanbidding nie deur bekendheid gedryf moet word nie
Die 68-jarige Christelike musiekveteraan, Michael W. Smith, sê een van die grootste gevare vir ‘n aanbiddingsleier kan juis die ding wees wat sukses aandui: aandag en bekendheid. Smith het al 15 miljoen albums verkoop plus vier Grammy-toekennings en meer as 45 Dove-toekennings gewen. The Christian Post berig dat sy loopbaan gehelp het om kontemporêre Christelike musiek te definieer, met liedjies soos “Friends” en die aanbiddingslied “Agnus Dei”. Na meer as vier dekades van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


Nuwe BKS-gevalle is in die Bloemfontein-gebied aangemeld
Drie nuwe gevalle van bek-en-klouseer is in die Bloemfonteinse staatsveeartsgebied bevestig, wat die totaal op 30 te staan bring. Volgens die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake is nog twee nuwe gevalle in Welkom en een in Kroonstad bevestig. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 770 te staan. Van dié gevalle is 551 opgelos, terwyl die eiendomme waarop 219 gevalle nog aktief is, onder kwarantyn is. Die departe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


Strenger beheer oor die spazawinkelfonds word verwelkom
Die Parlement verwelkom strenger beheer oor die Spazawinkel-ondersteuningsfonds om te verseker dat die geld kwalifiserende Suid-Afrikaanse besighede bevoordeel. Dit volg op bewerings dat sommige fondse aan besighede wat deur buitelandse burgers bedryf word, deur Suid-Afrikaanse fronte uitbetaal is. Die Departement van Kleinsake-ontwikkeling het die Portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling meegedeel dat 930 uitbetalings, ter waarde van sowat R57 miljoen, teen 31 Julie gem

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 16


Trump wil Hormuz as Amerikaanse grondgebied verklaar
President Donald Trump sê hy sal die Straat van Hormuz as Amerikaanse grondgebied verklaar nadat Iran verslaan is. Eyewitness News berig Trump het dié opmerkings tydens ’n politieke saamtrek in New York gemaak. Hy beweer die Verenigde State beheer die belangrike waterweg deur ’n vlootblokkade en sê geen skepe kan deurgaan sonder Amerikaanse toestemming nie. ’n Onbenoemde Withuis-amptenaar het later gesê Trump het ’n grap gemaak. Iran het egter sterk op die opmerkings gereagee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


’n Vragmotorbestuurder sterf in skietery in Hamilton
’n Vragmotorbestuurder is oorlede nadat gewapende mans hom en sy kollega in Hamilton, Bloemfontein, aangeval het. Volgens polisiewoordvoerder, Luitenant-kolonel Thabo Covane, was die twee mans vroeër die week besig om ’n vragmotor met ’n hoenderaflewering na Ficksburg te laai toe ’n wit sportnutsvoertuig langs die vragmotor stilgehou het. Die insittendes het op die vragmotor losgebrand. Die bestuurder is deur ’n koeël getref en het aan sy beserings beswyk. Twee gewapende mans

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15
bottom of page


