top of page


Alle Plasings


Ongeveer 500 Toyota-voertuie word vir veiligheid herroep
Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping van 518 Toyota-voertuie aangekondig. Die probleem behels onbehoorlike programmering van die voertuig se kombinasiemeter wat sekere Toyota RAV4-, Corolla Cross-, Corolla Hatchback-, Crown- en GR Corolla-voertuie raak. Volgens die Nasionale Verbruikerskommissie kan onnodige data herhaaldelik na ‘n geheuetoestel geskryf word as gevolg van onbehoorlike programmering van die kombinasiemeter, wat veroorsaak dat die geh

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


Stemlokale word binnekort gepubliseer
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) het aangekondig dat hulle die lys van stemlokale Vrydag sal publiseer voor die plaaslike regeringsverkiesing. Die minister van Samewerkende Regering, Velenkosini Hlabisa, het 4 November as die datum vir die verkiesing aangekondig. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, sê dat die publikasie van stemlokaalbesonderhede kiesers in staat sal stel om die liggings van hul aangewese stemlokale te bevestig en gemeenskappe me

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


RUGBY: Die Bokke behaal hul 12de agtereenvolgende oorwinning
Die Springbokke het hul twaalfde agtereenvolgende oorwinning behaal nadat hulle Argentinië in Buenos Aires met 17-10 geklop het. Volgens SA Rugby se webtuiste het die Bokke rustyd met 10-10 gelykop gestaan nadat Edwill van der Merwe ’n drie gedruk het. Sacha Feinberg-Mngomezulu het ook ’n strafdoel en doelskop bygedra. Cameron Hanekom het in die tweede helfte die deurslag gegee met sy eerste toetsdrie, nadat die Bokke se sterk skrumwerk die Pumas onder druk geplaas het. Die t

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


Malema moet hof toe nadat hy 'n skoolhoof valslik van verkragting beskuldig
Die EFF-leier, Julius Malema, gaan strafregtelik vervolg word nadat hy die Oos-Kaapse skoolhoof Jaco Pieterse valslik as ’n verkragter gebrandmerk het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Malema van crimen injuria aan te kla spruit uit vertoë wat die hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, Gerrie Nel, gerig het. Rapport berig Pieterse is op sosiale media verkeerdelik van die verkragting van een van sy leerlinge beskuldig. Hy het vervolgens uit sy pos as hoo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


'n VS munisipaliteit is die swakste in die land
Die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat is aangewys as die munisipaliteit in die land wat die swakste bestuur is. Dit is volgens die FW de Klerk-stigting se Plaaslike Regeringsverslag van 2026, wat die gevolge van ’n munisipaliteit se mislukkings dophou. Business Tech berig die stigting sê Maluti-a-Phofung is een van die ernstigste gevalle van opeenhopende munisipale mislukkings, gegewe die ontbrekende geouditeerde finansiële state, chroniese skuld vir g

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


Sneeu word in bergagtige dele van die VS verwag
Sneeu word in bergagtige dele van die Vrystaat verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die Wes- en Noord-Kaap sal eerste geraak word, met die toestande wat na die Oos-Kaap en binnelandse gebiede versprei. Ander provinsies wat ook moontlik geraak kan word, is KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die weer kan gelokaliseerde oorstromings, skadelike winde, rowwe see en reisontwrigtings veroorsaak. Die regering se woordvoerder, William Baloyi, versoek die publiek om weerwaarskuwings te m

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


'n Ligte aardbewing tref Welkom
’n Seismiese gebeurtenis het Vrydagoggend in die Welkom-gebied in die Vrystaat plaasgevind. Dit is deur die Raad vir Geowetenskappe (CGS) bevestig. The Citizen berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismografiese Netwerk het die bewing as ’n plaaslike magnitude van 3,3 geregistreer. Die episentrum was in die Welkom-goudmyngebied, sowat 5 kilometer suidwes van die myndorp Odendaalsrus. ’n Onafhanklike moniteringsplatform, VolcanoDiscovery, het 20 verslae van die seismiese gebeur

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


Die Bloemspruit-lugmagbasis se nuwe bevelvoerder neem die leisels oor
Die nuwe bevelvoerder van die Bloemspruit-lugmagbasis buite Bloemfontein het op ’n oorhandigingseremonie op die basis die pos amptelik aanvaar. Kolonel Andrew Segone het in Desember verlede jaar die leisels by brigadier-generaal Abel Naik oorgeneem nadat Naik na die pos van inspekteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag bevorder is. Die formele oorhandigingseremonie het Vrydag plaasgevind. Netwerk24 berig Naik was sedert 2018 die bevelvoerder van die lugmagbasis. Hy het i

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


'n Qwaqwa-man sit lewenslank vir verkragting
‘n Man van Boiketlo Village in Qwaqwa is tot lewenslange gevangenisstraf vir verkragting en 15 jaar gevangenisstraf vir poging tot moord gevonnis. Volgens ‘n polisieverklaring het Themba Malinga in 2022 ‘n vrou wat hy geken het buite ‘n taverne gekonfronteer. Hy het haar mond met sy hand toegedruk en haar na ’n nabygeleë sloot gesleep, waar hy haar beveel het om haar klere uit te trek voordat hy haar verkrag het. Hy het haar daarna na sy woning geneem, waar hy haar verskeie k

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


Kuberkenners waarsku dat misdadigers koerierdienste inspan namate aanlyn inkopies groei
Kuberveiligheidskundiges waarsku dat misdadigers toenemend Suid-Afrikaners teiken deur koerierdienste te gebruik namate aanlyn inkopies aanhou groei. Bedrieërs stuur vals afleweringsboodskappe wat wettige koerierkennisgewings naboots, en mislei slagoffers om klein vrystellingsfooie te betaal voordat hulle hul bankbesonderhede steel. Terselfdertyd het die toename in huisaflewerings ook koeriers en afleweringsbestuurders teikens vir kapings en diefstal gemaak. Die kuberveilighe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


Die tienermeisie wat in Sabie gevind is, is vermoedelik verwurg
Die tienermeisie wat Maandagoggend by ’n vakansiehuis naby Sabie in Mpumalanga dood aangetref is, is vermoedelik verwurg en versmoor. Nova News berig polisie het nou ’n moordondersoek na die 17-jarige Cameron Waldeck-Cooks, ’n graad 11-leerder aan St Stithians Girls’ College in Gauteng, se dood geopen. ’n Onafhanklike forensiese patoloog wat deur haar ouers aangestel is, het voorlopig bevind dat Cameron weens verwurging en versmoring gesterf het. Die polisie het bevestig dat

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


Die ANC wil nie Madonsela as bewysleier hê nie
Die ANC beplan om aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, te skryf om formeel beswaar aan te teken teen die moontlike aanstelling van advokaat Griffiths Madonsela as die bewysleier vir die parlement se afsettingondersoek. Madonsela is aanbeveel om die bewysleier te wees in die ondersoek wat na verwagting president Cyril Ramaphosa se gedrag in die Phala Phala-diefstal in 2020 sal ondersoek. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê dit sal oneties

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 8


Minder vuurwapenlisensies word hernu
Al hoe minder vuurwapeneienaars hernu hul vuurwapenlisensies, wat volgens Gun Free South Africa 'n ernstige veiligheidsrisiko inhou. SABC News berig die organisasie se navorsing toon dat die hernuwing van vuurwapenlisensies sedert 2022 met sowat 75% afgeneem het. Honderde duisende vuurwapeneienaars het ná 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof nie hul lisensies hernu nie, al vereis die wet dit. Volgens Gun Free South Africa is vuurwapens waarvan lisensies nie hernu is nie,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Xhariep kry eers in 2031 'n nuwe munisipaliteit
Die Hooggeregshof in Bloemfontein het beveel dat 'n nuwe munisipaliteit in die Xhariep-distrik eers in 2031 gestig sal word. Dit beteken die komende plaaslike regeringsverkiesing sal met die bestaande 2021-grense van die Kopanong-munisipaliteit voortgaan. Die bevel volg op 'n ooreenkoms tussen die Vrystaatse regering en die Munisipale Afbakeningsraad ná 'n dringende hofaansoek deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake. Die VF Plus verwelkom die uitsp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


‘ANC-burgemeesterskandidate is deeglik gekeur’
Die ANC het deeglike keuringsprosesse vir sy burgemeesterskandidate gevolg voordat hulle voor die bekendstelling van die party se manifes op 23 Augustus aangekondig sal word. Volgens die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, is kandidate ondervra en volgens die ANC se keuringskriteria beoordeel. Mbalula voeg by die party is vol vertroue dat die proses geskikte kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 geïdentifiseer het. LUISTER HIER: Fikile Mbalula. FO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Brandstofpryse dui op ‘n styging in September
Motoriste kan hoër brandstofpryse in September in die gesig staar nadat die jongste data van die Sentrale Energiefonds onderverhalings vir beide petrol en diesel aan die begin van die maandelikse oorsigtydperk getoon het. Petrol toon tans stygings van tussen 40 en 51c per liter, terwyl dieselonderverhalings meer as R3 per liter oorskry. Die druk volg op ‘n styging in wêreldwye oliepryse nadat hernude spanning met Iran in die Straat van Hormoes brent-ruolie tot bo 84 dollar pe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Vrystaatse bedrieërs moet tronk toe oor eiendomsbedrog
Twee Vrystaters is saam tot 38 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle by eiendomsbedrog ter waarde van sowat R27 miljoen betrokke was. Volgens Parys Gazette is die direkteur van Blue Key Properties, Peters Viljoen, deur die Bethlehemse Streekhof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Dit terwyl eiendomsagent Samuel Mofokeng 18 jaar tronkstraf gekry het. Albei is ook skuldig bevind aan oortredings van die Wet op Eiendomspraktisyns, maar dié vonnisse sal gelyklopend uitgedien word

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Nala moet hul plan teen kabeldiefstal verskerp
Die VF Plus verwag dat die Nala Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat die aanbevelings in 'n verslag oor die beskerming van munisipale infrastruktuur sonder versuim sal implementeer. Die munisipale raad het die ad hoc-komitee se verslag aanvaar nadat die VF Plus 'n mosie ingedien het ná 'n toename in kabeldiefstal en ander voorvalle gedurende 2025. Die verslag beveel onder meer beter toegangsbeheer, toesigkameras, gereelde inspeksies en sterker beskerming van munisipale in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Vroue word aangemoedig om hul gesondheid eerste te stel
Terwyl Suid-Afrikaners die naweek, 9 Augustus, Vrouedag vier, word vroue aangemoedig om hul gesondheid eerste te stel en nie te wag totdat 'n mediese toestand ernstig raak voordat hulle hulp soek nie. Volgens die Onafhanklike Gemeenskapsapteek-vereniging begin veerkragtigheid met goeie gesondheid. Die vereniging beklemtoon dat gemeenskapsaptekers 'n belangrike rol speel om vroue aan te moedig om betyds mediese advies en behandeling te kry. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


‘n Bloemfonteiner is onder die land se top boereworsmakers
'n Bloemfonteiner is onder die land se top boereworsmakers nadat sy resep tot die eindronde van vanjaar se Championship-boereworskompetisie deurgedring het. Volgens Bloemnuus Express is Luhan Pretorius van Fichardtpark een van die tien finaliste. Pretorius, wat as afdelingsbestuurder van Checkers se Meat Market in Bloemfontein werk, sê hy gebruik al die afgelope 25 jaar dieselfde boereworsresep. Die finaliste ding volgende naweek mee om as wenner van Checkers se Championship-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Bankmisdaad kos Suid-Afrikaners miljarde
Digitale bankmisdaad het Suid-Afrikaners verlede jaar R2,4 miljard gekos. Volgens 'n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Bankrisikoinligtingsentrum, of SABRIC, bly hierdie tipe misdaad die grootste enkele bedreiging vir die plaaslike bankbedryf. Misdaad wat met banktoepassings verband hou, was vir meer as 70% van die aangemelde digitale bankverliese verantwoordelik. Kaartbedrog het ook met 18% toegeneem en verliese van R1,7 miljard beloop. Die verslag wys egter ook dat po

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


Gauteng kry ‘n reuse-energie-inspuiting uit China
Namate Suid-Afrika sy transmissie-infrastruktuur uitbrei om nuwe energiekapasiteit te ondersteun, sal ses Chinese maatskappye fabrieke in Gauteng vestig. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die verbintenis is tydens die Suid-Afrika-China Elektrisiteitsbeleggingskonferensie in Beijing bevestig. Volgens die minister is die enigste oorblywende stap om die nodige grond vir die aanlegte te identifiseer. Intussen berig SABC News die nuwe fabrieke sa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7


MIDDAG SPORT: Die All Blacks se terugkeer laat ‘n ou rugbytradisie herleef, dit is weer Curriebeker-tyd, en SA mik vir sterk vertonings voor die FedEx-bekeruitspele
Ons begin met rugby-nuus: Vrydagaand se kragmeting tussen die DHL Stormers en Nieu-Seeland is meer as net 'n toerwedstryd – dit is die herlewing van 'n rugbytradisie wat vir bykans 30 jaar ontbreek het. Vir die eerste keer in drie dekades toer die All Blacks weer op die tradisionele wyse deur Suid-Afrika en pak hulle vier plaaslike franchises voordat hulle later die maand in 'n vier-toetsreeks teen die Springbokke te staan kom. Dié toer laat 'n rugbytradisie herleef wat dekad

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 7


‘n Jong vrou wat na bewering ontvoer is, is terug gevind
'n Jong vrou van Johannesburg wat na bewering buite haar eie voordeur ontvoer is, is terug gevind. Alex van Heerden is laas op Woensdag gesien toe sy uit 'n Uber by haar huis in Northcliff geklim het. Op beeldmateriaal kan gesien word hoe dit lyk of minstens drie onbekende mans haar in ’n motor in dwing en weg jaag die oomblik toe sy by haar hek uit die Uber klim. Briefly berig die Uber-bestuurder, wat die insident aanskou het, het onmiddellik na die naaste polisiestasie gery

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 7
bottom of page


