top of page

Alle Plasings


GIMNASTIEK: Suid-Afrika se senior vroue-artistiese gimnastiekspan skitter op die internasionale verhoog
Van Suid-Afrika tot Engeland het Span SA hul pad na 'n uitstekende resultaat gebaan. Suid-Afrika se senior vroue-artistiese gimnastiekspan het met trots silwer by die gesogte Rushmoor Rose Bowl International in Engeland gewen en hul talent op die internasionale verhoog ten toon gestel. Die Rushmoor Rose Bowl is een van Brittanje se bekendste gimnastiek-uitnodigings, wat elite-gimnaste van regoor die wêreld lok. Nou in sy 44ste jaar, ontwikkel die geleentheid steeds om aan die

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


SOKKER: Marumo Gallants deur na die Carling Knockout Cup-halfeindronde
Marumo Gallants het ‘n oortuigende 4-0 oorwinning oor Stellenbosch FC Woensdagaand by die Dokter Petrus Molemela-stadion behaal en vol selfvertroue na die Carling Knockout Cup-halfeindronde deurgedring. Ten spyte daarvan dat hulle onlangs vir die CAF Konfederasiebeker gekwalifiseer het, het Stellenbosch sterk begin met vroeë dreigemente van Devin Titus en Langelihle Phili, wat albei die doel net-net gemis het. Hul gemiste geleenthede het egter duur te staan gekom toe Gallants

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


TENNIS: Sinner vaar goed in die openingswedstryd van die Paryse Meesters-toernooi
Jannik Sinner het gister sy soeke na ‘n Paryse Meesters-titel en ‘n terugkeer na wêreldnommer een afgeskop met ‘n 6-4, 6-2 oorwinning oor Zizou Bergs. Die heersende kampioen Alexander Zverev het ook deurgedring na ‘n taai driestel-wedstryd. Na wêreldnommer een Carlos Alcaraz se verrassende uitskakeling in die rondte van 32, sou Sinner se eerste ATP 1000-titel in Parys hom terug na die top stoot. Jannik Sinner. FOTO: Sky Sports

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


'n Geliefde Bloemfonteiner met Down se sindroom is skielik oorlede
’n Geliefde man van Bloemfontein met Down se sindroom, Johan Coetzer, is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood. Volksblad berig sy afsterwe Woensdagaand was vermoedelik aan hartversaking, nadat hy 'n tyd lank met longontsteking in die hospitaal was. Jeannette Geldenhuys-Smit, 'n Bloemfonteinse weldoener wat ’n sterk band met Coetzer en sy ma, Dollie, gehad het, sê sy wil bydraes vir Coetzer se begrafnis insamel om hom die begrafnis te gee “wat hy verdien”. Hy en sy m

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Vyf is in hegtenis vir die diefstal van die Louvre-juwele
Frankryk se polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die diefstal van juwele ter waarde van $102 miljoen uit die Louvre-museum se Apollo-galery in Parys. The Guardian berig twee mans wat vroeër in hegtenis geneem is, het gedeeltelik skuld erken. Die gesteelde juwele bly vermis, maar owerhede hoop die jongste inhegtenisnemings sal lig werp. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Trump hou vol dat niks die wapenstilstand in die Midde-Ooste in gevaar kan stel nie
Nadat Hamas daarvan beskuldig is dat hulle die wapenstilstandooreenkoms in twee afsonderlike voorvalle oortree het, is ongeveer 104 Palestyne Dinsdagaand in ‘n vlaag Israeliese aanvalle in Gaza dood. Die Hamas-wapenstilstandskending het kort na onthullings gekom dat die oorskot wat die vorige nag deur die terreurgroep terugbesorg is, nie nuut was nie, maar bykomende oorskot wat aan ‘n gyselaar behoort het wie se gedeeltelike oorskot reeds vroeër in die oorlog deur die IDF her

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Nuwe Seta-raadslede lok kritiek uit
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het byna ‘n maand ná hul aanstelling, die name van nuwe Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETA)-raadslede bekend gemaak. Die vertraging het kritiek ontlok. Dit omdat die rade glo verskeie ANC-lede insluit, onder meer ’n voormalige burgemeester van KwaZulu-Natal, jeugliga-leiers en lede van provinsiale en streeksuitvoerende komitees. Die DA se adjunkwoordvoerder oor hoër onderwys, Karabo Khakhau, sê die party sal die saa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Koeberg Eenheid 1 is suksesvol by die nasionale kragnetwerk herkoppel
Eskom se Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale is weer aan die nasionale netwerk gekoppel. Die kragverskaffer sê dit is ‘n belangrike mylpaal in die verdere verbetering van die sekuriteit van Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening en die terugbesorging van 930 megawatt. Beide Koeberg-eenheid 1 en Eenheid 2 is tans aanlyn, met Eenheid 1 wat besig is om voorsiening op te bou. Sodra die eenheid volle uitset bereik sal die twee eenhede gesamentlik meer as 1 860 megawatt kap

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Leë polisiehuise in Bloemfontein word glo geplunder
Eiendom van die polisie word glo deur haweloses beset en geplunder in Bloemfontein. Netwerk24 berig in mees onlangste geval het ‘n huis in die Universitas-woonbuurt afgebrand. Luidens ‘n WhatsApp-groep word die huis al maande gevandaliseer, met onwettige besetters wat ingetrek en vuur in die huis gemaak het. Die huis is die naweek deur vlamme veswelg. Voorsitter van die Universitas-en-Universitas-Wes-woonbuurtvereniging, Frikkie Einsenberg, sê onwettige studentebehuising in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Vermeende inbrekes loop hul rieme styf in Bloem
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle inligting oor ‘n huisbraak in die Wilgehof-gebied ontvang het. Luidens ‘n mediaverklaring het die Parkweg Trio-taakspan ‘n wenk ontvang oor die voertuig wat die verdagtes bestuur het. Lede het vinnig gereageer en die voertuig opgespoor. Na 'n kort jaagtog is die verdagtes aangekeer. Die twee is onmiddellik in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes het vermoedelik gesteelde eiendom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


KRIEKET: Die Proteas-vroue vir die eerste keer tot die eindstryd van ‘n wêreldbeker-toernooi
Laura Wolvaardt het gister uitsonderlike leierskap getoon met ‘n briljante 169 toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies verpletter het om hul eerste eendagwedstryd vir vroue se wêreldbeker-eindstryd te haal. Met ‘n totaal van 319-7 het Suid-Afrika se boulers Engeland vir 194 lopies in 42.3 boulbeurte uitgehaal. Marizanne Kapp het 42 lopies bygedra, en daarna vyf paaltjies geneem vir 20 lopies. Die 35-jarige Kapp is nou met 44 paaltjies agter haar naam die voorste paaltjievraat

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


RUGBY: Williams is opgewonde om Japan by die ikoniese Wembley-stadion te trotseer
Springbok-skrumskakel Grant Williams sien gretig uit na die wedstryd teen Japan by Londen se Wembley-stadion hierdie naweek. Williams, wat gekies is om op die bank te begin, beskryf dit as ‘n eer en ‘n voorreg om die Bok-groep te haal. Die afskop is Saterdagaand om 18:10. Terwyl hy opgewonde is om vir die eerste keer by Wembley te speel, bly Williams waaksaam oor Japan se vinnige skrumskakels. Grant Williams. FOTO: SA Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


TENNIS: Nicolas Mahut neem afskeid van professionele tennis
Die Fransman Nicolas Mahut het totsiens gesê aan professionele tennis na ‘n dubbelspelnederlaag by die Parys Meesters. Die 43-jarige, met vyf Grand Slam-dubbelspeltitels oor 25 jaar, word veral onthou vir die langste wedstryd in tennisgeskiedenis teen John Isner by Wimbledon 2010. Mahut se laaste wedstryd, wat tuis saam met Grigor Dimitrov gespeel is, het Dinsdag geëindig met ‘n 6-4, 5-7, 10-4 nederlaag teen Hugo Nys en Edouard Roger-Vasselin. Nicolas Mahut. FOTO: The Times

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


‘n Diabeet van Botshabelo kry glo per ongeluk ARV’s
Die familie van 'n 67-jarige diabetiese man van Botshabelo sê hulle is verpletter nadat hul pa se gesondheid versleg het deur per ongeluk antiretrovirale middels (ARV's) te gebruik. SABC News berig die man se seun het weke nadat sy pa siek geword het eers besef dat hy ARV’s gedrink het. Die bejaarde man het glo per ongeluk ARV’s in plaas van sy chronise diabetiese medikasie by ‘n plaaslike kliniek ontvang. Die man is hospitaal toe gehaas nadat hy sere ontwikkel het en nie ko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Die SAID moet miljoene rande terugbetaal na klagtes
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet na klagtes, R168 miljoen aan tien belastingbetalers terugbetaal. Dit volgens die kantoor van die Belastingombudsman se jaarverslag vir 2024/25. Volgens die Belastingombudsman het hulle oor die jaar 4 913 belastingklagtes ontvang, waarvan 46% aanvaar, en daarna met aanbevelings na die Inkomstediens terugbesorg is. Die meeste van die top 10 terugbetalings het betrekking op belasting op toegevoegde waarde, gevolg deur korporatiewe in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Die Russe toets ‘n onderwater-kernwapen
Rusland het nou ook ʼn kernkrag-aangedrewe onderwaterhommeltuig suksesvol getoets. Maroela Media berig dit is ondanks waarskuwings van Washington, die tweede toets van ‘n nuwe kernwapenstelsel. Volgens Rusland se president, Wladimir Poeten, was daar ook ‘n toets vir ‘n ander voornemende stelsel uitgevoer. Dié onbemande onderwatertoestel, Poseidon, is ook met ‘n kernkrageenheid toegerus. Poetin sê die toestel kan teen ʼn hoër spoed as konvensionele duikbote beweeg en enige kont

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


KRIEKET: George Linde is tevrede met die Proteas se vertoning by T20I
George Linde het sy tevredenheid uitgespreek nadat die Proteas gister ‘n oortuigende oorwinning van 55 lopies oor Pakistan in die eerste T20I in Rawalpindi behaal het. Ten spyte daarvan dat hulle sleutelspelers soos Aiden Markram en Ryan Rickelton gemis het, het Suid-Afrika ‘n sterk telling van 194/9 behaal. Pakistan het gesukkel om tred te hou en is almal uit vir 139. Linde, wat 3/31 geneem het, het Suid-Afrika se diepte en opwindende jong talent geprys. George Linde. FOTO:

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


ATLETIEK: Marsha Muller word die eerste SA vrou om 200 km in 24 uur te breek
Die Suid-Afrikaanse ultra-atleet Marsha Muller het haar naam in die geskiedenisboeke geplaas nadat sy 'n onvergeetlike vertoning by die IAU 24-uur Wêreldkampioenskappe in Albi, Frankryk, gelewer het. Muller het 'n verstommende 202.196 kilometer in 24 uur afgelê het. Haar merkwaardige poging het nie net die nasionale rekord gebreek nie, maar haar ook die eerste Suid-Afrikaanse vrou gemaak wat die 200 km-kerf in die uitmergelende uithouvermoë-item oortref het. Wat die prestasie

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


TENNIS: Alcaraz verloor openingswedstryd by die Paryse Meesterstoernooi
Die wêreld nommer een Carlos Alcaraz het erken dat hy glad nie ‘n verbintenis met die bal gevoel het nadat hy Dinsdag sy openingswedstryd by die Parys Meesterstoernooi verloor het nie. Hy is met 4-6, 6-3, 6-4 verslaan deur Brittanje se Cameron Norrie, wat 31ste geplaas is. Ten spyte daarvan dat hy ‘n sesmalige Grand Slam-wenner is, kon Alcaraz nog nie daarin slaag om die Parys Meesters-titel in vyf probeerslae te wen nie. Hy loop die risiko om sy top-plek te verloor as Jannik

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


Slegte nuus vir braai-liefhebbers
Die jongste Braai-indeks wys dat pryse vir tradisionele braai-benodighede weer in Oktober gestyg het. Die gebruiklike braai-indeks het 1,2% maand-tot-maand en 1,6% jaar-tot-jaar toegeneem, hoofsaaklik weens duurder beesvleis, wors en hoender. Groente soos uie en aartappels het effens verligting gebring, maar vleis bly die grootste drywer van voedselinflasie. Ekonome sê paniekaankope ná bek-en-klouseer-uitbrekings het bygedra tot die styging, al bly algehele inflasie laer. Ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Peuter is dood nadat sy agt uur in 'n kar vasgekeer is
’n Driejarige meisie is dood nadat sy glo sowat agt uur in ’n motor by n hospitaal in Polokwane, Limpopo, vasgekeer was. Netwerk24 berig volgens die polisie het ’n dokter by die hospitaal die kind op die agtersitplek van ’n motor met toe vensters opgemerk. Die peuter is op die toneel dood verklaar, vermoedelik weens erge hitte-uitputting en ’n gebrek aan suurstof. Die ma het glo haar kind omstreeks 07:00 in die motor gelos toe sy haar na die hospitaal vir ’n oorhandiging geha

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Aanrandingsaak teen polisielede sloer nou al agt jaar
Die nimmereindigende saak teen agt polisiebeamptes, wat na bewering drie slagoffers in Edenburg in die Vrystaat in 2017 aangerand het, is weereens uitgestel. Die saak sal nou in Februarie volgende jaar aangehoor word. Bloem Express berig dit het aan die lig gekom dat die beskuldigdes tydens die verrigtinge prokureurs uitgeruil het, wat tot uistel gelei het. Die slagoffers het hul misnoë met die herhaalde uitstellings uitgespreek, aangesien die saak nou al meer as sewe jaar sl

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Man is vas vir dwelmbesit in Hospitaalpark
'n Man is in Hospitaalpark in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Luidens 'n polisieverklaring het die polisie en lede van die K9-eenheid tydens hul uitvoering van Safer Festive Season- aktiwiteite leidrade opgevolg oor 'n persoon wat in besit van dwelms was, en 'n woonstel is deursoek. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê beslag is op dwelms met 'n totale straatwaarde van ongeveer R30 000 gelê. Die man is in hegtenis geneem en sal bin

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Nuwe fotovoltaïese aanleg is net buite Parys geopen
Die Damlaagte- fotovoltaïese aanleg net buite Parys in die Vrystaat is die eerste hernubarekrag-aanleg wat onder Sasol en Air Liquide se gesamentlike hernubare-energieverkrygingsprogram van 900 MW aanlyn gestel word. Dié sonkragaanleg van 97,5 MW verskaf hernubare krag aan Sasol Secunda Operations, waar Air Liquide die grootste suurstofproduksie-eenheid in die wêreld bedryf. Netwerk24 berig dit is Maandag amptelik geopen. Luidens ’n verklaring is dié inisiatief ’n sleutelfakt

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025
bottom of page

