top of page


Alle Plasings


Die koalisiewetsontwerp moet vir eers wag
Die Koalisiewetsontwerp sal waarskynlik nie voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing goedgekeur word nie. Volgens parlementêre regsadviseur, Daksha Kassan, moet die wetsontwerp eers nog verskeie prosesse deurloop. Die wetsontwerp is daarop gemik om onstabiliteit wat deur koalisieregerings in munisipaliteite veroorsaak word, aan te spreek. Suid-Afrikaners gaan in November oor nuwe plaaslike regerings stem. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Vrystaatse boere moet voorsorg tref
Vrystaatse boere word gewaarsku om voorsorg te tref namate die koue in dele van die provinsie voortduur. Die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake sê die grootste kommer is die moontlike uitwerking van die strawwe weer op vee, veral beeste, skape en bokke. Boere word aangeraai om vee waar moontlik na beskutte gebiede te verskuif en seker te maak daar is genoeg droë beddegoed, voer en skoon drinkwater. Kleinboere met beperkte voerreserwes k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Die nasionale en provinsiale regering takel Vrystaatse paaie
Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, en die Vrystaatse LUR vir Paaie, Jabu Mbalula, lei vandag ’n beraad oor padveiligheid in Bloemfontein. Hierdie dinkskrum by die OR Tambo-gebou bring regeringsdepartemente, wetstoepassers en belanghebbendes bymekaar om samewerking op die provinsie se paaie te versterk. Daar word verwag dat die betrokke partye veral gaan kyk na die daaglikse uitdagings van padgebruikers en hoe om die Vrystaat se paaie vir almal veiliger te maak.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Repatriasie van immigrante kos reeds byna R300 miljoen
Die repatriasie van ongedokumenteerde immigrante het die land reeds net minder as R300 miljoen gekos. Volgens die Grensbestuursowerheid, oftewel die GBO, is die grootste deel van die geld aan die huur van busse bestee om immigrante na die tydelike repatriasiesentrum in Musina in Limpopo te vervoer. Die GBO het Dinsdag aan die parlement onthul dat meer as 4 000 immigrante te midde van die grootskaalse repatriasie steeds probeer het om die land onwettig binne te kom. Die Depart

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Landbank se likwidasiepraktyke is onder die soeklig
Die Nasionale Raad van Provinsies het ’n mosie goedgekeur wat eis dat die Landbank se omstrede likwidasiepraktyke dringend ondersoek word. Dit volg ná ernstige beweringe oor mislukkings in Suid-Afrika se hele likwidasiestelsel. Die DA se Igor Scheurkogel sê meer as 150 kommersiële plase het na bewering reeds verlore gegaan, weens wat hy as "twyfelagtige prosesse" beskryf. Die mosie vra nou vir onafhanklike forensiese ondersoeke, wetgewende hervorming, en moontlike kriminele o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Wêreldwye oliepryse skiet op
Iran hou vol dat die strategiese Straat van Hormoes gesluit sal bly tensy die Verenigde State van Amerika sy voorwaardes aanvaar om die huidige oorlog te beëindig. Die konflik het reeds in Februarie vlam gevat toe die Amerikaners en Israel teikens in Iran aangeval het, waarna Teheran teruggekap het deur olieskepe in die seestraat te blokkeer. Hierdie blokkade het intussen ’n styging in globale oliepryse veroorsaak. Spanning in die streek het Dinsdag vererger nadat die Iran-ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


OGGEND SPORT: Die All Blacks vermorsel die Sharks, die Proteas kondig hul Namibië-toergroep aan, en sportsterre pak mekaar vir gholf se Ikonebeker
Ons skop af met rugby: Die All Blacks het Dinsdagaand tydens die tweede helfte ‘n oorheersende vertoning gelewer en die Sharks met 54-0 op ‘n nat Kings Park in Durban vermorsel. Nieu-Seeland het teen rustyd met 14-0 voorgeloop voordat hulle volle beheer oor die moeilike toestande geneem en agt drieë gedruk het, sonder om die Sharks toe te laat om hul doellyn werklik te bedreig. Die oorwinning was ‘n beduidende verbetering op hul wankelrige sege van 38-21 oor die Stormers verl

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 12


Die Vrystaat wys hoe om aanlyn te bly
Die Vrystaat is amptelik die provinsie wat die minste onder Binnelandse Sake se aflyn-stelsels deurloop. Die aantal werksure wat weens dié voorvalle verlore gegaan het, het in die provinsie met 79% afgeneem. Al nege provinsies het ‘n afname getoon met stelselonderbrekings wat ná digitale opgraderings landwyd met 61% gedaal het. Minister Leon Schreiber sê verlore werksure het van meer as 35 000 in die 2024/25-boekjaar tot net minder as 14 000 in 2025/26 afgeneem. Die departeme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


‘Die Nkaneng-tragedie lê die krisis in verlate myne bloot’
Volgens die vakbond Saftu beklemtoon die dood van ten minste 14 mynwerkers na die ineenstorting van ‘n ongebruikte myn by Nkaneng naby Rustenburg, Suid-Afrika se mislukking om verlate myne te beveilig. Saftu sê die tragedie toon dat onwettige mynbou nie deur polisiëring alleen aangespreek kan word nie, aangesien werkloosheid en armoede desperate werkers steeds ondergronds dryf. Die vakbond voeg by verlate myne moet beveilig en gerehabiliteer word en kriminele sindikate wat wi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Gure weer belemmer Centlec se herstelwerk
Gure weerstoestande bemoeilik Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, se herstelwerk. Dit volg nadat die nutsmaatskappy die afgelope twee dae 'n groot toename in foutverslae en diensklagtes ontvang het. Centlec sê in 'n mediaverklaring die reën en gladde, modderige paaie maak dit moeilik vir tegniese spanne om sommige gebiede te bereik. Tog is spanne oor die geaffekteerde gebiede ontplooi om foute te identifiseer en kragtoevoer so vinnig en veilig moontlik te herstel. Die ma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Vroedvroue kom in Bloemfontein byeen
Vroedvroue, beleidmakers, navorsers en gesondheidsvennote kom Woensdag in Bloemfontein byeen vir die Vereniging van Vroedvroue van Suid-Afrika se kongres. Die geleentheid duur tot Vrydag en fokus op moeder- en pasgeborenesorg, waaronder werksmagtekorte, opleiding, regulering en respekvolle kraamsorg bespreek sal word. Die kongres sal ook aandag gee aan die wêreldwye Een Miljoen Meer Vroedvroue-veldtog, digitale innovasie en kliniese opleiding, insluitend die bestuur van postp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


' 'n Private Afrikaanse universiteit behoort nie aanvaarbaar te wees nie’
ʼn Private Afrikaanse universiteit behoort nie aanvaarbaar te wees nie. Dit is die woorde van oudminister Naledi Pandor tydens die jongste episode van die African Renaissance-podsending, met skynbare verwysing na die onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia. Maroela Media berig Pandor meen swart Suid-Afrikaners behoort hul oor dié instelling uit te spreek. Sy sê in die podsending swart Suid-Afrikaners veg tans teen eeue van rassisme en kolonialisme. Sy beweer di

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


Die SAUK moet inligting van politieke partye tydens verskiesings uitsaai
Die Verkiesingskommissie sê die SAUK is verplig om inligting van politieke partye tydens verskiesings uit te saai. Die OVK sê die SAUK is nié vrygestel van verkiesingsverwante inligting van die onderskeie partye nie. Privaat-, gemeenskaps- en kommersiële uitsaaiers kan wel hul eie besluite in die verband neem. SABC-nuus berig 'n raadslid van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid, Ntombiza Sithole, sê die SAUK het die verantwoordelikheid om advertensies van politieke partye ui

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


Thailand skort die uitreiking van vuurwapenpermitte op ná ’n dodelike skoolskietery
Thailand se eerste minister, Anutin Charnvirakul, het die uitreiking van permitte vir die koop van vuurwapens opgeskort ná ’n dodelike skoolskietery verlede week. Hy het ook aangekondig dat bestaande lisensies hersien sal word en het ’n nuwe wapenbeheerwet met strenger beheermaatreëls en swaarder strawwe versoek. Die regering oorweeg ook nuwe skoolveiligheidsmaatreëls, insluitend die sifting van mense vir wapens wat onderwyspersele betree. Dit kom nadat ’n 14-jarige seun sy g

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


MIDDAG SPORT: ’n Groot uitdaging wag vir die Sharks, Swiatek storm na ‘n Toronto-halfeindstryd en Schwartzel se bal word viskos
Ons begin met rugby-nuus: Die Hollywoodbets Sharks staan Dinsdagaand in Durban voor 'n besondere uitdaging wanneer hulle die All Blacks in die tweede wedstryd van Nieu-Seeland se historiese toer deur Suid-Afrika pak. Die wedstryd begin om 19:00 by die Hollywoodbets Kings Park-stadion, met die All Blacks wat hul toer voort sit nadat hulle verlede week die Stormers met 38-21 in Kaapstad geklop het. Nieu-Seeland gebruik die wedstryd om voort te bou op daardie oorwinning, maar oo

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 11


Okosa is bewus van waninligting op sosiale media
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) is bewus van waninligting wat op verskeie sosialemediaplatforms versprei word. Okosa se voorsitter, Mothibi Ramusi, het dit gesê terwyl hy Dinsdag die parlement se Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë toegespreek het. Hy het onthul dat Okosa as ’n proaktiewe maatreël met die Onafhanklike Verkiesingskommissie in gesprek getree het. Hy sê Okosa sal ook met eienaars van sosialemediaplatforms in

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


‘SA het misluk om die stryd teen werkloosheid te wen’
Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê Suid-Afrika het misluk om die stryd teen werkloosheid oor die afgelope dekade te wen. Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag aangekondig dat Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer in die tweede kwartaal van 2026 tot 33,6 % gestyg het, teenoor 32,7 % in die eerste kwartaal. Hy sê die toenemende gaping tussen die arbeidsmagdeelnamekoers en die absorpsiekoers toon dat meer mense die arbeidsmark betree sonder om werk te kry. Malulek

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


Landbou sukkel glo weens 'n gebrek aan buitelandse werkers
Fabrieke, plase en selfs gewone huishoudings sukkel glo om werkers te kry nadat duisende buitelanders binne enkele weke die land verlaat het. Hulle het gevlug weens gewelddadige betogings teen immigrante en strenger optrede deur immigrasiebeamptes. Netwerk24 berig een boer aan die noordkus sê hy het feitlik oornag tot 80% van sy werkers wat suikerriet sny, verloor. Hy sê produksie en voorraad het só verswak dat dit moeilik gaan wees vir die meulens om oop te bly. 'n Ander boe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


Danny K se vrou is oorlede
Die sanger en sakeman Daniel Koppel, beter bekend as Danny K, se vrou Lisa is op 41-jarige ouderdom oorlede. Nova News berig die musikant het bevestig Lisa ná ’n drie jaar lange stryd teen kolorektale kanker oorlede is. Die familie het die diagnose tot nou toe privaat gehou. Sy is oor die naweek oorlede. Maroela Media berig Lisa het regte studeer en het onder meer by haar pa se firma gewerk. Sy was ook ’n model, ambassadeur vir verskeie produkte en het onder meer haar eie sko

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


Twee van die VS is in afsonderlike voorvalle glo dood gesteek
Twee slagoffers is in afsonderlike voorvalle in die Vrystaat dood nadat albei met steekwonde gevind is. Volgens polisiewoordvoerder sersant Sinah Mpakane is 'n man in die eerste voorval in die straat in Rouxville gevind met 'n steekwond aan die regterkant van sy nek. Hy is op die toneel dood verklaar. Lede van die polisie het die verdagte onmiddellik opgespoor en in hegtenis geneem. ’n Saak van moord is by die Rouxville-polisiekantoor geregistreer. In die tweede voorval is di

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


SA'ners moet hul veiligheid in die sneeu en koue prioritiseer
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het Suid-Afrikaners aangespoor om uiterste versigtigheid te beoefen en hul veiligheid te prioritiseer. Dit volg op swaar sneeuval en uiterste koue wat dele van die land raak. Volgens Hlabisa hou die weerstoestande verband met ’n afsnylaagdrukstelsel en ’n toenemende hoëdrukstelsel. Hy sê die impak van die weerstelsel sal na verwagting tot môre voortduur. Die minister se woordvoerder, Pearl Masek

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 11


‘n Bendelid op parool skiet glo twee polisielede
'n Bekende bendelid wat volgens die polisie op parool was, is in hegtenis geneem in verband met die moorde op twee polisielede en twee vroue in Reiger Park. Nuusflits berig twee R5-gewere wat aan die polisie behoort, is tydens 'n operasie in Germiston teruggevind. Die man het volgens die polisie verskeie uitstaande sake wat nog voor die hof dien, waaronder twee aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen. Die ondersoek na die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


Forum4SA is bekommerd oor uitgelekte Misdaadintelligensie-inligting
Forum4SA sê hy is bekommerd oor bewerings dat vertroulike misdaadintelligensie-inligting moontlik met parlementslede gedeel is. Die bewerings het tydens die verrigtinge van die Madlanga-kommissie van ondersoek na vore gekom. Forum4SA sê die kwessie laat ernstige vrae ontstaan oor die integriteit en vertroulikheid van ondersoeke. Die organisasie waarsku dat die bekendmaking van vertroulike inligting aan ongemagtigde persone openbare vertroue in wetstoepassings- en toesighouden

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


Stormskade in Koppies word nog bepaal
Die Suid-Afrikaanse Rooikruis is besig om die omvang van stormskade in Koppies in die Vrystaat te bepaal nadat sterk wind en reën die gebied getref het. SABC News berig verskeie huise is beskadig en dakke is afgeruk. Die Rooikruis sê humanitêre hulp word reeds aan inwoners verleen wat deur die gure weer geraak is. Volgens die organisasie werk vrywilligers saam met rampbestuur en plaaslike munisipaliteite om die skade te bepaal en hulp aan behoeftige huishoudings te verleen. D

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11
bottom of page


