top of page


Alle Plasings


Aansoeke vir spesiale stemme open binnekort
Kiesers word aangemoedig om betyds vir 'n spesiale stem in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing aansoek te doen. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel die OVK, sê spesiale stemme sal op 2 en 3 November uitgebring word. Volgens die OVK sal spesiale stemme vir alle stemgeregtigde kiesers beskikbaar wees. Mense wat weens siekte of 'n gestremdheid nie na 'n stemlokaal kan gaan nie, kan ook vir 'n spesiale stem aansoek doen. Aansoeke open op 12 September en sluit in O

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


NSFAS wag steeds op byna R50 miljard
Meer as 823 000 mense skuld die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, oftewel NSFAS, byna R50 miljard aan studielenings. Die lenings is tussen 1991 en 2017 toegestaan voordat die regering in 2018 gratis hoër onderwys vir studente uit arm en werkersklasgesinne ingestel het. NSFAS sê meer as 551 000 van die skuldiges is tans in diens, maar net 12 760 staatsamptenare het in Junie vanjaar betalings gemaak. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


Ondernemings laat verbruikers in die steek
Al hoe meer Suid-Afrikaners wend hulle tot die Verbruikersgoedere- en Dienstombud vir hulp, maar baie klagtes bly steeds onopgelos omdat ondernemings nie saamwerk nie. Eyewitness News berig die ombud het gedurende die 2025/26-boekjaar meer as 15 000 klagtes ontvang – 26% meer as die vorige jaar. Meer as 13 000 sake is afgehandel en byna R13 miljoen is deur terugbetalings en vervangings vir verbruikers verhaal. Byna een uit elke vyf klagtes wat vir beregting geskik was, moes e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


‘n Aardbewing in Colombië eis die lewe van talle
Minstens 132 mense is oorlede en meer as 480 beseer nadat ’n aardbewing van 7.4 op die Richterskaal Colombië Maandag getref het. Die aardbewing het op ’n diepte van 103km plaasgevind, met van die grootste skade in Pereira, waar minstens 40 mense oorlede is en 65 geboue ineengestort het. Colombië se president ’n nasionale ramp verklaar terwyl reddingspanne na oorlewendes in die puin soek. Die skuddings is tot in Venezuela, Ecuador en Panama gevoel. FOTO: NPR

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


Twee mans verskyn in Vrystaatse howe oor kinders se dood
Twee mans sal na verwagting Dinsdag in Vrystaatse howe verskyn ná die dood van twee jong kinders. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, is 'n man in hegtenis geneem nadat die liggaam van 'n sewejarige meisie die naweek onder 'n bed in 'n huis in Bultfontein aangetref is. Haar 14-jarige suster het die liggaam ontdek, waarna die polisie na die toneel ontbied is. Die man staan tereg op aanklagte van moord en verkragting. Intussen sê polisiewoordvoerder, luitenant-k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


OGGEND SPORT: Fourie keer terug na die Springbok-groep, Sri Lanka kry ‘n nuwe spelersliggaam en Messi neem afskeid van sy pa
Ons skop af met rugby: Die ervare veelsydige voorspeler, Deon Fourie, is vir die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks in die Springbok-groep opgeneem, nadat hy weens ‘n lang besering langs die kantlyn moes staan. Die 39-jarige, wat as losvoorspeler en haker kan speel, sluit Dinsdag by die groep in Johannesburg aan en het Suid-Afrika laas tydens die 2023-Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland verteenwoordig. Fourie het Vrydag vir die DHL Stormers teen die All Blacks na topvlak-rugb

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 11


Die SRD-toelaag is steeds onder die vergrootglas
Die Good-party wil hê die Nasionale Tesourie moet sy appèl teen 'n hofuitspraak oor die maatskaplike noodverligtingstoelaag, oftewel die SRD-toelaag, terugtrek. Die Gauteng-hooggeregshof het verlede jaar beslis dat sommige van die regulasies wat die maandelikse toelaag van R370 beheer, ongrondwetlik en ongeldig is. Die hof het die regering ook gelas om toegang tot die toelaag uit te brei. Volgens die Tesourie kan die uitspraak die regering sowat R93,5 miljard per jaar kos. Go

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


Skuts ding mee in Bloemfontein
Skuts van regoor Suid-Afrika ding in Bloemfontein mee om nasionale eer tydens die Suid-Afrikaanse Gevegsgeweervereniging, oftewel SANCRA, se nasionale kampioenskap. Die kompetisie het Maandag by die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug geopen. Spanne van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Nasionale Weermag en die Departement van Korrektiewe Dienste uit al nege provinsies neem deel. Brigadier Veronica Sharneck sê in ‘n mediaverklaring die geleentheid is meer as net 'n kompetisi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


Koue en nat weer duur voort
Owerhede doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om uiters versigtig te wees terwyl strawwe winterweer in verskeie dele van die land voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir swaar sneeu, vriesende toestande, reën en sterk winde, wat reeds reis en padverkeer ontwrig. Owerhede waarsku dat weer- en padtoestande vinnig kan verander, en dat paaie wat tans oop is, later gesluit kan word. Motoriste word aangeraai om nie-noodsaaklike reise te vermy en slegs a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 11


‘n Tekort aan noodsaaklike medisyne neem toe
Suid-Afrika ervaar 'n groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne, met die farmaseutiese bedryf wat waarsku dat stygende vervaardigingskoste die beskikbaarheid van sekere produkte bedreig. Volgens eNCA is vervaardigers onder druk omdat gereguleerde medisynepryse nie tred hou met inflasie en stygende produksiekoste nie. Die voorsitter van Pharmisa, Stavros Nicolaou, sê dit is die langste lys medisynetekorte wat hy in sy vier dekades in die bedryf gesien het. Hy waarsku dat verv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Bloemfonteiners help 'n kat uit die boom
'n Kat wat die hele dag hoog in 'n boom in Pellissier vasgesit het, is laat Sondagaand veilig gered. Dit danksy 'n span Bloemfonteiners wat saamgespan het om te help. Volgens die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging, oftewel die DBV, het 'n inwoner hulp gevra nadat niemand die kat kon afkry nie. Die Fichardtpark/Hospitaalpark Buurtvereniging se Marius Earle het sy verlengleer gebring, terwyl die DBV se leerlinginspekteur Direkta Martins in die boom geklim en die kat gere

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Gemeenskappe moet hul woonbuurte van bendes terugneem
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om hul gemeenskappe van bendes terug te eis. Hy het die beroep gedoen tydens 'n besoek aan die familie van een van die twee polisielede wat Vrydag in Reiger Park in Gauteng doodgeskiet is. Twee burgerlikes is ook in die skietery oorlede. Volgens Cachalia moet mense saam met die polisie werk om die plaag van bendegeweld, dwelmhandel en dwelmverslawing in gemeenskappe te beëindig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Motoriste én sneeusoekers word gewaarsku
Motoriste en sogenaamde sneeusoekers word aangeraai om nie na sneeugebiede te reis nie, aangesien gevaarlike wintertoestande reeds verskeie paaie raak. Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer sê die R617 naby Kokstad is gesluit nadat sneeu begin uitsak het en 'n vragmotor vasgeval het. Volgens die departement is die pad gesluit om te voorkom dat motoriste en sneeusoekers in die gebied vasgekeer word. Mense word ook aangeraai om hul reise uit te stel. eNCA berig dat swaar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Beweerde daggahandel laat 'n Vrystaatse beampte in boeie beland
'n Korrektiewe beampte is by die Sasolburg Korrektiewe Sentrum in hegtenis geneem nadat hy na bewering met dagga handel gedryf het. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani het die polisie op 'n klagte gereageer en die 52-jarige man op die perseel van die sentrum aangekeer. Altesaam 803 sakkies dagga met 'n geraamde straatwaarde van sowat R8 000 is in beslag geneem. Die beampte staan tereg op aanklagte van die besit van en handel in dagga en sal binnekort

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


'n Paroolganger is wéér in hegtenis op aanklag van verkragting
'n Man wat verlede jaar op parool vrygelaat is nadat hy vir verkragting skuldig bevind is, is weer in hegtenis geneem. Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaatse Valke is die 35-jarige Gregony Deck in Masilo naby Theunissen aangekeer. Hy was 'n gesoekte verdagte in 'n ondersoek na beweerde mensehandel, verkragting en roof. Lede van die Valke se Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad, met die hulp van die Taktiese Reaksiespan, het hom ná inligting oor sy beweerde skui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Vroue se stryd is nog lank nie verby nie
Hoewel Suid-Afrika groot vordering met vroueregte gemaak het, is die stryd vir gelykheid en veiligheid nog lank nie verby nie. President Cyril Ramaphosa het tydens die nasionale Vrouedagviering gesê vroue beklee vandag sleutelrolle in onder meer die regbank, regering, wetenskap, landbou en die sakewêreld, maar staar steeds groot uitdagings in die gesig. The Citizen berig vroue besit steeds nie 'n gelyke deel van die land se welvaart, grond of ondernemings nie, terwyl baie min

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


KI kan binnekort ernstige mediese toestande ure vooruit voorspel
'n Kunsmatige intelligensie (KI)-model wat ernstige mediese toestande ure voordat dit ontwikkel kan voorspel, kan binnekort in Suid-Afrika gebruik word. Die stelsel wag nog op goedkeuring nadat dit ná 'n suksesvolle kliniese studie by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukteraad ingedien is. Die tegnologie sal intensiewesorgpasiënte monitor en kan onder meer die risiko van hart- of asemhalingsversaking, sepsis, infeksies en abnormale hartritmes vroeg identifiseer. Netcare het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Suid-Afrikaners verval in ‘n skuldstrik
Kenners waarsku dat Suid-Afrikaners in ‘n skuldstrik verval, waar krediet toenemend gebruik word om basiese daaglikse uitgawes te dek, eerder as om langtermynbates te finansier. Volgens die Universiteit van Pretoria se hoof van die Departement Aktuariële Wetenskap, Conrad Beyers, word huishoudelike skuld ‘n krisis waar werkende mense toenemend leen om te oorleef. Hy sê krediet word toenemend nie gebruik om huise te koop of besighede te bou nie, maar om vir kos, elektrisiteit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Banksy se groeiende skoonmaakrekening laat die debat oor kuns of vandalisme weer opvlam
Die vurige debat oor of die straatkunstenaar Banksy se werk eintlik openbare kuns of bloot vandalisme is, het weer in Brittanje opgevlam. Dit volg nadat nuwe syfers wys dat slegs drie van sy kunswerke die Britse belastingbetalers reeds sowat R3.7 miljoen aan skoonmaakwerk en sekuriteit gekos het. Volgens BBC News is die grootste enkele uitgawe gekoppel aan 'n muurskildery by die Hooggeregshof, waar die koste om dit te probeer verwyder en sekuriteit reeds meer as R2.1 miljoen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 10


Armdruk is nie net vir sports nie
Armdruk word gewoonlik net gedoen om bietjie spiere te bult tussen vriende. Maar buiten om op 'n tong-in-die-kies-manier 'n geskil op te los, is dié sport eintlik baie populêr. Die lede van die Vrystaatse armdrukspan het goed presteer tydens die naweek se nasionale kampioenskap in Mpumalanga. Die kampioenskap is deur die South Africa Armwrestling Federation aangebied en het deelnemers van regoor die land gelok. Armdrukkers het in verskeie ouderdoms-, gewigs- en geslagskategor

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


Bela: Die regulasies spreek nie klaskamerprobleme aan nie
Die nuwe konsepregulasies ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) spreek nie die daaglikse probleme wat onderwysers in klaskamers ervaar voldoende aan nie. Dit is volgens onderwyskenner Mary Metcalfe. Volgens eNCA sê Metcalfe dat die konsepregulasies se voorskrifte oor wat die fisiese infrastruktuur behoort te wees, vir die meerderheid provinsies uiters uitdagend is. Metcalfe voeg by onderwysers moet behoorlik behandel word, soos dit in die 15 jaar oue bele

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


Bfn se Nike-meisie vaar goed internasionaal
Die jong Bloemfonteinse atleet wat deur die internasionale sporthandelsmerk Nike geborg word, het Sondagoggend aan die Wêreldatletiek o. 20 kampioenskap in Oregon, Amerika, deelgeneem. Rumé Burger het gelykop sewende geëindig in die eindronde van die 200 m naellope. Volgens die C&N Nasionale Meisieskool Oranje se Facebook-blad het Rumé haar uitdun in ‘n persoonlike beste tyd van 23.17 sekondes gewen. In haar halfeindronde het sy met ‘n tyd van 23.18 vir die eindronde gekwalif

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


Cosatu is bekommerd oor beplande media-werkbesnoeiings
Die vakbond Cosatu is bekommerd oor die voorgenome werkbesnoeiings in die media-industrie. Media24 en eNCA het onlangs planne aangekondig om honderde poste te sny. Volgens 'n verklaring van Cosatu is die voorgestelde afleggings ’n verwoestende terugslag vir werkers, die joernalistiekberoep en demokrasie. Hy sê ook dit kom op 'n tydstip wanneer juis ’n sterk, onafhanklike en diverse media nodig het om diegene in magsposisies aanspreeklik te hou en ’n stem aan gewone burgers te

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9


'n VS skool is glo beroof
Die Koffiefontein Combined School in die Vrystaat is na bewering beroof. Die instapkluis in die kantoor is oopgebreek, terwyl die klein kluis wat aan die muur vasgebout was, heeltemal van die muur verwyder is. Daar is glo 12 skootrekenaars, twee selfone en kontant uit die kluis verwyder. Volgens 'n polisieverklaring sê die skoolhoof, Hester van Wyk, dat toe sy Donderdagmiddag die skool verlaat, was alles in orde. Met haar aankoms by die skool die volgende dag, het sy opgemerk

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9
bottom of page


