top of page

Alle Plasings


Die UV neem kameelperd-navorsing na nuwe hoogtes
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal eersdaags amptelik die kameelperdnavorsingsprogram en infrastruktuurfasiliteit by die Amanzi Privaat Wildreservaat, naby Bloemfontein, bekendstel. Die program is 'n eerste van sy soort ter wêreld, en is toegewy aan die bevordering van plaaslike en internasionale studie en bewaring van kameelperde. Luidens ‘n aanlyn artikel merk die bekendstelling die volgende fase in 'n navorsingsreis wat die UV reeds aan die voorpunt van kameelperdw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Hein Griesel se tweede bundel is hier
In Bloemfontein is die naam Hein Griesel sinoniem met die Aasvoëlklub maar dit is nie al nie. Deur die jare het hy ‘n verskeidenheid kreatiewe dinge aangepak. Bloemnuus berig een daarvan was sy digbundel Die Vlieg wen in die ent , waarvan byna 500 kopieë verkoop is. Hy het ook ‘n Afrikaanse “Rock” Opera met die titel Bloemfontein Beach H otel geskryf. Nou het hy weer kreatief geraak en ‘n distopiese kortverhalebundel Water: 13 + 1 kortverhale met byt geskryf wat deur Nale

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


RUGBY: Erasmus het rugby se voorste nasies aangespoor om na ‘n verenigde globale seisoen te beweeg
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het rugby se voorste nasies aangespoor om na ‘n verenigde globale seisoen te beweeg, om groter balans en konsekwentheid na die internasionale kalender te bring. Sy kommentaar volg op SANZAAR se onlangse aankondiging van ‘n nuwe skedule, wat die Rugby’s Greatest Rivalry-toer en die voorgestelde Nasieskampioenskap insluit. Erasmus glo dat die Rugbykampioenskap in Februarie en Maart gespeel moet word, in lyn met die Sesnasies, om te versek

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2025


GIMNASTIEK: Die IOK het versoek om nie sportbyeenkomste in Indonesië aan te bied nie
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het internasionale sportfederasies versoek om nie sportbyeenkomste in Indonesië aan te bied nie. Dit volg nadat Indonesië Israeliese gimnaste verbied het om aan 'n wêreldkampioenskap wat vandeesmaand daar plaasvind, deel te neem. Rosestad Sport het vroeër berig dat Indonesië Israeliese gimnaste se visas geweier het om steun aan Palestina te wys. Die IOK sê in 'n verklaring hy sny ook alle gesprekke af oor enige moontlike Olimpiese Sp

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2025


F1: Verstappen wil die naweek verdere druk op Piastri en Norris plaas
Max Verstappen wil die naweek verdere druk op die McLaren-duo Oscar Piastri en Lando Norris plaas, wat moontlik Ferrari, wat al 'n jaar sonder 'n oorwinning sit, se verlies gaan laat voortduur. Verstappen, wat 'n viermalige Formule Een-wêreldkampioen is, was aan die einde van Augustus nog 104 punte agter Piastri, maar het die agterstand sedertdien tot 40 verklein. Hy mik nou om 'n vierde oorwinning in die laaste vyf Grands Prix te behaal. Die laaste Ferrari-wenner was Carlos

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2025


Zuma moet miljoene rande terugbetaal
Oudpresident Jacob Zuma moet miljoene rande in regskoste, wat die staat destyds in sy korrupsieverhoor bestee het, terugbetaal. Maroela Media berig die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag beslis Zuma moet binne 60 dae ’n bedrag van amper R30 000 000 aan die staatsprokureur terugbetaal en dat daar op sy bates beslag gelê mag word indien hy die spertyd misloop. Regter Anthony Millar het gelas dat die staatsprokureur ’n bevel uitreik vir die beslaglegging op en verkoop van Z

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


‘n Werklose Bloem-student het weer hoop
‘n Oud-Kovsie student wat twee maande gelede by ‘n verkeerslig in Bloemfontein met ‘n sertifikaat in die hand om werk gesmeek het, is deesdae gelukkig by sy nuwe werk. Netwerk24 berig Odirile Poghiso werk nou amptelik ‘n maand by Kloppers in die Loch Logan-waterfront. Kloppers se uitvoerende hoof, Rochelle Klopper, het die berig oor Poghiso gesien en dit aan hul menslikehulpbronbeampte gestuur – waarna Imelde van den Berg hom toe ‘n werk aangebied het. Poghiso sê hy is dol

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Bewerings van nepotisme word in die Vrystaat ondersoek
Die Departement van Arbeid het 'n ondersoek na bewerings van begunstiging en nepotisme rakende onlangse aanstellings van kliëntediensbeamptes in die Vrystaat ingestel. SABC News berig dit volg na bewerings van inwoners van Zastron en Petrusburg dat aanstellingsprosesse gebrekkig was en bevraagteken waarom slegs mense van buite die provinsie gekwalifiseer het vir poste wat graad 12 as 'n hoogste kwalifikasie vereis. Gevolglik het die waarnemende direkteur-generaal, Jacky Moli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Opknappings by die Parkweg-polisiestasie is steeds nie klaar nie
Die gekose komitee oor veiligheid en justisie sê die vertragings in die opknapping van die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein is kommerwekkend. Die komitee het vroeër vandeesweek die Parkweg-polisiestasie, die Mangaung Eenstop-kindergeregtigheidsentrum en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Tempe-infanteriebasis besoek. Lede het die doeltreffendheid en prestasie van veiligheids- en geregtigheidsinstellings regoor die land beoordeel. Die komitee se waarnemende voorsitt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Klein Jana oppad terug plaas toe nadat haar pa haar raak gery het
Die 19 maande oue Jana Steyn, wat net twee maande gelede amper by die dood omgedraai het ná ’n fratsongeluk op haar ouers se plaas naby Koster in Noordwes, is op pad terug plaas toe. Maroela Media berig Jana se ma, Kelly Steyn, sê nie een van die terapeute sien enigiets raak wat nie reg is nie. Inteendeel, sy herstel vinniger as wat hulle gedink het sy gaan. Die terapeute sê sy versterk letterlik by die uur. Jana se pa, Shaun, het in Augustus per ongeluk met sy bakkie oor haa

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Bloemfonteinse onderwysers beweer hulle word geteiken
’n Groep onderwysers van die Dr. Böhmer Vaardigheidskool in Bloemfontein beweer hulle is, sonder bewyse, van rassisme en seksuele teistering beskuldig. Dié aantygings het tot hul skorsing en “onherstelbare skade” aan hul professionele reputasie gelei. Hulle voel hulle is die teikens van ’n “heksejag” nadat hulle glo onreëlmatighede en finansiële wanbestuur by die skool aangemeld het. Netwerk24 berig die onderwysers sê hul pogings om die saak deur die Vrystaatse onderwysdepart

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


'n Nuwe Chistelike tekenprent kom na Prime Video
’n Nuwe tekenprent-afleidingsprogram van die trefferreeks The Chosen , want handel oor die lewe van Jesus, genaamd The Chosen Adventures , is pas op Prime Video vrygestel. Die skepper van beide programme, Dallas Jenkins, sê The Chosen Adventures volg die 9-jarige Abby en haar beste vriend, Joshua, waar hulle Jesus in die antieke stad Kapernaüm ontmoet. Met die stemme van Yvonne Orji, Jordin Sparks, en Chosen -sterre Jonathan Roumie en Elizabeth Tabish, meng die reeks humor,

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Milnerton: Vermeende boelies is voorlopig geskors
Die agt leerlinge van Milnerton High School, wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n 16-jarige leerder aangerand het, is voorlopig uit die skool geskors. TygerBurger berig die onderwysdepartement van die Wes-Kaap (WCED) het Woensdag bevestig die saak word met die erns wat dit verdien, hanteer. Die Milnerton-polisie bevestig ook hulle ondersoek 'n saak van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. Dit kom nadat beeldmateriaal op sosiale media versprei h

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Varkhok-saak: Die hof hoor die staatsgetuie sou vrykom
Adriaan de Wet, die staat se getuie in die sogenaamde varkhok-moordsaak, het Woensdag onder kruisondervraging bevestig daar was planne waarvolgens Zacharia Olivier “die val vir alles sou vat" en De Wet sou vrykom. Maroela Media berig De Wet het oor die planne aan Olivier se vrou aan die begin van dié jaar uit die tronk geskryf. In een brief skryf hy dat hy hoop hy en Olivier is nog op dieselfde bladsy nadat Olivier belowe het om die val te vat. In ondervraging het De Wet nie

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


RUGBY: Mapimpi word geskors vir 5 wedstryde, Bulls staar skorsing in die gesig en Leeus sukkel met beserings
Die Springbok- en Sharks-vleuelspeler, Makazole Mapimpi, is ‘n skorsing van vyf wedstryde opgelê vir ‘n gevaarlike duikslag in die VRK-nederlaag teen Ulster. Die skorsing beteken dat hy Saterdag se kragmeting met die Scarlets en die Bokke se November-toer sal misloop. Sy afwesigheid beteken dat die Sharks hul agterlyn moet herskommel, met Edwill van der Merwe en Jordan Hendrikse wat waarskynlik rolle sal ruil. Die Bulle wag intussen op amptelike bevestiging van die VRK oor be

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2025


KRIEKET: Australië verseël hulle plek in die Vrouewêreldbeker halfeindstryd
Australië het hul oorheersing by die Vrouewêreldbeker onderstreep met ‘n oorwinning met ses paaltjies oor Engeland, danksy uitstekende honderdtalle van Ashleigh Gardner en Annabel Sutherland. Australië, Engeland en Suid-Afrika het halfeindstrydplekke verseël, wat Indië en Nieu-Seeland laat om ‘n uitklopwedstryd vir die laaste plek te betwis. Suid-Afrika se oplewing is gebou op diepte en konsekwentheid, met Nadine de Klerk, Marizanne Kapp en Laura Wolvaardt wat die hoofrolle s

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2025


SOKKER: Liverpool beëindig vier-wedstryd verlies met 'n 5-1 oorwinning
Liverpool het ‘n vier-wedstryd verlies beëindig met ‘n 5-1 Kampioeneliga-oorwinning by Eintracht Frankfurt, terwyl Chelsea daardie telling by Stamford Bridge teen Ajax geëwenaar het. Bayern Munich het Club Brugge met 4-0 geklop, terwyl Real Madrid Juventus met 1-0 geklop het. Tottenham was die enigste Engelse span wat nie gewen het nie, in ‘n doellose gelykopuitslag by Monaco, terwyl Sporting, Galatasaray en Athletic Bilbao almal oorwinnings in middelweek Europese aksie behaa

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2025


Steengroef-verdrinking: Heidedallers blameer die munisipaliteit
Die gemeenskap van Heidedal in Bloemfontein sê die sluiting van die swembad in dié woonbuurt is 'n groot bydraende faktor in die verdrinking van die 20-jarige Benjamin van Wyk in 'n nabygeleë steengroef-dam verlede week. Volksblad berig werknemers by die Heidedal-swembad blameer die Mangaung-munisipaliteit, aangesien Van Wyk en sy vriende noodgedwonge by die steengroef-dam moes gaan swem omdat die swembad weens die swak toestand waarin dit is, gesluit is. 'n Werknemer wat ano

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Necsa verwelkom Eskom se Geïntegreerde Hulpbronplan
Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa) verwelkom Eskom se 2025 Geïntegreerde Hulpbronplan wat deur die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, aangekondig is. Die plan bied ‘n omvattende en gebalanseerde raamwerk om Suid-Afrika se energietoekoms te verseker op grond van al sy energiebronne, insluitend kernkrag. Necsa sê die Geïntegreerde Hulpbronplan is ‘n gewaagde plan wat die rol van kernenergie in die bereiking van Suid-Afrika se energiesek

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Vleispryse styg steeds
Suid-Afrika se jaarlikse inflasie het in September effens gestyg, terwyl die styging in vleispryse onverpoosd voortduur. Statistieke Suid-Afrika het die jongste syfers Woensdag aangekondig. Die gemiddelde vleisprysinflasie het 11,7% bereik, die hoogste jaarlikse koers sedert Januarie 2018. Bees-kookvleis is nou 32,2% duurder as ‘n jaar gelede, en ander vleispryse begin ook versnel. Die hoofdirekteur vir prysstatistieke, Patrick Kelly, sê die jaarlikse pryse vir lam- en varkvl

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


KANSA en Footprints 2 Africa vat hande
KANSA het hul nuwe vennootskap met Footprints 2 Africa aangekondig, en sê saam verseker hulle dat stoma-pasiënte regoor Suid-Afrika toegang tot veilige en betroubare stoma-voorrade kry. Luidens ‘n aanlyn artikel word te veel mense steeds gedwing om pynlike tydelike oplossings te gebruik – maar met vennootskappe soos hierdie verander hulle lewens en herstel hulle waardigheid. Alle voorrade is deur ruim skenkings en die onvermoeide poging van ongelooflike vrywilligers in die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


Mchunu sê hy het nie bande met ‘n dwelmkartel nie
Die tydelik geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, het bewerings dat hy bande met ‘n dwelmkartel in die land het ontken. Hy het vir sy laaste dag van getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, het tydens ‘n perskonferensie beweer dat Mchunu bande met ‘n dwelmkartel gehad het. Hy beweer ook dat Mchunu die politieke moorde-taakspan in Desember ontbin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


Die Pretoria-dieretuin het nie ‘n tekort aan voer nie
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi), wat verantwoordelik is vir die bestuur van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, het bevestig dat daar nie ‘n tekort aan voer vir die diere is nie. Nuusflits berig dit volg nadat ’n boodskap op sosiale media versprei is waarin gemeenskappe gevra is om dringend voer vir die buffels en kameelperde te skenk. Volgens Sanbi het ’n inwoner van Tshwane, wat al voorheen takke aan die dieretuin geskenk het, op ’n gemeensk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


SWEM: Rebecca Meder, het nóg ’n medalje gewen tydens die Wêreldbeker-kortbadbyeenkoms
Suid-Afrika se Olimpiese swemmer, Rebecca Meder, het nóg ’n medalje gewen tydens die Wêreldbeker-kortbadbyeenkoms in die Verenigde State. Meder het in Indianapolis ’n bronsmedalje in die 200m-borsslag los geswem, nadat sy 'n week tevore op die eerste byeenkoms twee bronsmedaljes gewen het. Sy het 'n eindtyd van 2:18.88 aangeteken. Meder se konsekwente vertonings oor die byeenkomste het haar die 14de plek van die vroue-afdeling geplaas. Met haar sterk vertonings bevestig sy ha

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 22, 2025
bottom of page

