top of page


Alle Plasings


‘n VS man bedrieg sy meisie uit duisende rand
'n Man en sy vriend het na bewering sy meisie uit R290 000 bedrieg. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die man sy meisie van Welkom in die Vrystaat in Junie vanjaar oorreed om ’n finansiële belegging te maak. 'n Man bekend as mnr. Mark het die paartjie toe versoek om R1 miljoen te belê, met ’n verwagte opbrengs van R1,2 miljoen. Die slagoffer het altesaam R290 000 in 'n Visitor Point-beleggingsrekening inbetaal, met haar kêrel wat beloof om die oorblywen

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Die Ramaphosa-afsettingskomitee wil ’n hooggeregshof-uitspraak appelleer
Die parlement se afsettingskomitee wat die ondersoek na wangedragbewerings teen President Cyril Ramaphosa hanteer, het aansoek gedoen om verlof om ’n Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak te appelleer. Die uitspraak het die ondersoek tydelik gestuit. Die komitee het by ’n appèl van die ATM aangesluit wat reeds direk by die Konstitusionele Hof ingedien is. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, sê die interdik het verreikende gevolge vir die skeiding van magte en openbare aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


'Ramaphosa kan gevra word om voor die Parlement te verskyn'
Regsadvies aan die Parlement dui daarop dat President Cyril Ramaphosa net soos enige ander getuie ontbied kan word om voor die Parlement te verskyn. SABC-nuus berig die Afsettingskomitee is besig met die finalisering van sy administratiewe werk. Dit volg nadat die hooggeregshof in Kaapstad beslis het dat geen getuienis aangehoor kan word voordat die president se aansoek vir die hersiening van die Artikel 89 onafhanklike paneelverslag, afgehandel is nie. Die komitee het verled

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


‘McKenzie het nie antwoorde gegee oor sy Fifa-reis nie’
Die DA beskuldig die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan dat hy nie aan die parlement rekenskap gegee het oor sy Fifa-Wêreldbeker-reis nie. McKenzie en sy departement het sowat R31 miljoen bestee aan die reis na die onlangse sokkertoernooi, wat deur die Verenigde State, Mexiko en Kanada aangebied is. Die DA beweer dat McKenzie Dinsdag ’n parlementêre komiteevergadering verlaat het toe besprekings oor die Wêreldbeker-besteding begin het en nie terugge

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Teenstrydigheid heers rondom die DKD se oorname van die Mangaung-gevangenis
Daar is teenstrydighede rondom inligting van die departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se oorname van die Mangaung-gevangenis van G4S. Netwerk24 berig die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste, Kgomotso Anthea Ramolobeng, sê hulle is bewus daarvan dat ontevrede G4S-werkers sê hulle leef in onsekerheid en ervaar verskeie uitdagings nadat hulle glo sonder werk gelaat is. Die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Samuel

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Ramaphosa hou voet by stuk die Nasionale Gesondheidsversekering sal voortgaan
President Cyril Ramaphosa sê die regering sal voortgaan met die Nasionale Gesondheidsversekering, ondanks toenemende teenkanting en voortdurende regsuitdagings. Die president en die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het tydens die opening van die nuwe King Nyabela-hospitaal in Middelburg in Mpumalanga gesê die Nasionale Gesondheidsversekering is daarop gemik om gelyke toegang tot gesondheidsorg te bevorder. Dit moet ook die gaping tussen openbare en private gesondhei

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


‘n Karoo-granaatlikeur wen internasionaal
'n Unieke Suid-Afrikaanse granaatlikeur het internasionale erkenning ontvang toe dit twee gesogte goue sterre by vanjaar se Great Taste Awards in die Verenigde Koninkryk verwerf het. Granaatboer Gerhard Meyer van Karoo Wonderful Pomegranates sê dié toekennings gee erkenning aan sy besigheid se doel om die voorkeurhandelsmerk vir vars granate en granaatprodukte in Suid-Afrika te wees. Maroela Media berig beoordelaars se terugvoer was dat dit 'n merkwaardige prestasie is dat di

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


OGGEND SPORT: Die Bokke verwelkom sleutelspelers terug, Pakistan neem beheer en Die Red Bull Agri-Grit-kompetisie gaan plaasvernuf toets
Ons skop af met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het verskeie ervare Wêreldbeker-wenners vir Saterdag se toets teen Argentinië teruggeroep, insluitend Siya Kolisi, Eben Etzebeth en Lood de Jager. Die wedstryd in Buenos Aires sal ook aan spelers soos Sacha Feinberg-Mngomezulu, André Esterhuizen, Canan Moodie en Morné van den Bergh waardevolle speeltyd gee, terwyl ‘n aantal jonger spelers die geleentheid kry om te beïndruk. Erasmus glo die kragmeting is die ideale toe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 5


‘n VS Man vermoor glo sy pa ná 'n stryery oor ‘n sigaret
'n Man van Vredefort in die Vrystaat het na bewering sy bejaarde pa so erg aangerand dat hy dae later aan sy beserings beswyk het. Die bewering is dat die oorledene en sy seun oor ’n sigaret gestry het. Volgens woordvoerder sersant Josephine Rani het polisielede Sondag op ’n klagte van ’n beweerde aanranding gereageer. Met hul aankoms het beamptes die 61-jarige slagoffer, Ndode Lenong, op ’n bed aangetref met kopbeserings en ’n geswelde gesig. Hy is na bewering deur sy seun m

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Amnestie Internasionaal is bekommerd oor teistering weens immigrasiestatus
Amnestie Internasionaal het kommer uitgespreek oor bewerings van groepe wat mense teister weens vermeende immigrasiestatus. Die menseregte-organisasie sê hierdie groepe teiken onwettig migrante, sake-eienaars en gemeenskappe. Die kommer volg op berigte van groepe wat bewys van identiteit van vermeende immigrante aanvra, intimidasie en gedwonge uitsettings uit huise of besighede. Die organisasie sê hierdie optrede is ‘n skending van menseregte en die oppergesag van die reg. Te

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Solidariteit vra dat werksomstandighede by Unisa ondersoek word
Die vakbond Solidariteit versoek die regering om die werksomstandighede by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) te ondersoek en sê dat personeel oormatige werklas, uitbranding en erge stres ervaar. Die vakbond sê ‘n opname onder sy lede het kommer oor personeeltekorte en die verslegtende welstand van werknemers bevestig. Solidariteit se netwerkorganiseerder vir die professionele sektor, Anique Niemand, sê die vakbond beplan om sy bevindinge aan die minister van Hoër Onder

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


SA se koringoes is die kleinste in ‘n eeu
Suid-Afrikaanse boere het die kleinste koringoes in byna ‘n eeu geplant, met die oppervlakte onder verbouing wat met 8 % gedaal het tot 473 900 ha vir die 2026-’27-seisoen. Agbiz sê stygende insetkoste, goedkoop invoere en swak weer het aanplantings verminder, hoewel geen onmiddellike koringtekorte verwag word nie. Suid-Afrika sal na verwagting ongeveer 1,8 miljoen ton koring oes en ‘n verdere 1,9 miljoen ton invoer om aan die plaaslike aanvraag te voldoen. Ter illustrasie. F

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Motoriste word aangeraai om die N1 by Winburg te vermy
Motoriste word aangeraai om die N1 by Winburg te vermy weens gemeenskapsbetogings in die gebied. Volgens polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli probeer betogers die suidwaartse rybaan met klippe, brandende voorwerpe en versperrings blokkeer. Openbare Orde Polisiëring is op die toneel om die situasie te bestuur en die pad weer oop te stel. Die onrus volg nadat 'n gemeenskapsvergadering onder leiding van die Vrystaatse premier gehou is. Motoriste wat suid na Bloemfontein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Banktakke vir Slim ID-aansoeke kan nou aanlyn opgesoek word
Suid-Afrikaners kan nou maklik aanlyn uitvind waar hul naaste banktak is wat Slim ID-kaarte uitreik. Die Departement van Binnelandse Sake het 'n nuwe aanlyn diens bekend gestel wat intyds opgedateer word namate meer banke by die program aansluit. Altesaam 372 banktakke bied reeds Slim ID-dienste aan, met meer as 500 000 aansoeke wat sedert Maart verwerk is. Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, moedig Suid-Afrikaners aan om hul groen strepieskode-ID-boekies met d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Cassim wil studente se betalingsprobleme oplos
Die adjunkminister van Hoër Onderwys, Yusuf Cassim, sê studente moet die ondersteuning ontvang wat aan hulle belowe is. Hy het die kantore van die Vervoeronderwys- en Opleidingsowerheid in Randburg besoek nadat sy kantoor klagtes oor vertragings met beursbetalings en vakleerlingskaptoelaes ontvang het. Hy meen die besoek was nodig om die uitdagings beter te verstaan en blywende oplossings te vind. Cassim beklemtoon dat die regering moet toesien dat elke student die ondersteun

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Jong wetenskaplikes blink uit by die Eskom-ekspo in Bloemfontein
Altesaam 98 leerders het hul navorsings- en probleemoplossingsvaardighede by vanjaar se Eskom-ekspo vir die Bloemfontein-streek ten toon gestel. Volgens Bloemnuus Express is die streekswetenskapskou die naweek by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie aangebied. Altesaam 15 goue, 25 silwer- en 14 bronsmedaljes is toegeken. Van die leerders wat spesiale toekennings ontvang het, is Rebecca Anne Botha, wat tuisonderrig ontvang en as beste vroulike deelnemer aangewys is, Jemma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


More sê die Mangaung-metro sal met die SOE saamwerk
Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal met die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, saamwerk nadat nege tenders wat met die Mangaung-metropolisie verband hou, onder die vergrootglas geplaas is. Die stadsbestuurder, Sello More, sê in 'n mediaverklaring die metro erken en respekteer die SOE se grondwetlike mandaat om bewerings van wanadministrasie, korrupsie en ander onwettige optrede te ondersoek. More voeg dit sal onvanpas wees om kommentaar te lewer terwyl die ondersoek aan die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Postbank herinner Sassa-begunstigdes om oor te skakel na nuwe kaart
Postbank doen ’n beroep op sowat 280 000 Sassa-begunstigdes wat steeds die ou Goue Kaart gebruik om voor die 31ste Augustus-sperdatum na die nuwe swart kaart oor te skakel. Meer as 1.5 miljoen begunstigdes het reeds die verandering gemaak. Postbank sê mense moenie tot die laaste dag wag nie, aangesien dit vertragings kan veroorsaak. Begunstigdes wat reeds hul toelaes deur ’n ander bank ontvang, hoef nie oor te skakel nie. Ter illustrasie. FOTO: The South African

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


MIDDAG SPORT: BokSmart 9 versterk spelersveiligheid, Tunnicliffe inspireer ‘n oorwinning en Eala en Fritz vier mylpaaltitels
Ons begin met rugby-nuus: SA Rugby het die nuutste weergawe van sy gratis aanlyn program vir spelersveiligheid, BokSmart 9, amptelik bekendgestel, wat bygewerkte riglyne vir afrigters, skeidsregters, mediese personeel, spelers en administrateurs bied. Die kursus dek sleutelonderwerpe soos die hantering van harsingskuddings, ernstige beserings, nekversterking, veiligheid tydens skrums en duikslae, vrouerugby en veiligheidsregulasies in rugby. Volgens SA Rugby versterk BokSmart

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 4


Chinese werkgewers moet Suid-Afrikaners eerste aanstel
Die Departement van Indiensneming en Arbeid doen 'n beroep op Chinese sake-eienaars om Suid-Afrikaners eerste in diens te neem. Adjunkminister Jomo Sibiya sê hoewel die regering Chinese beleggings in Suid-Afrika verwelkom, sal werkgewers nie toegelaat word om die land se arbeidswette te oortree nie. Volgens die departement is die Chinese sakegemeenskap geïdentifiseer as 'n sektor waar meer nakoming nodig is weens die groot aantal arbeidsklagtes wat landwyd ontvang is. Volgens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Miljoene nuwe kiesers word by die kieserslys gevoeg
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê meer as twee miljoen nuwe kiesers is sedert 2024 by die kieserslys gevoeg. Die OVK sê dat hulle hul registrasieteiken van 29 000 stemgeregtigde kiesers oortref het. Die kommissie het hul laaste kiesersregistrasie-naweek voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing gehou. Stemgeregtigdes kan steeds tot Vrydag aanlyn op die OVK-portaal registreer. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Europa vra vir sterker grensveiligheid
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, vra vir sterker grensveiligheid nadat tienduisende migrante verlede week vanuit Marokko die Spaanse enklawe Ceuta binnegegaan het. Spanje sê sowat 69 500 migrante het sedertdien na Marokko teruggekeer, terwyl 72 mense aan die Spaanse kant en 11 in Marokko oorlede is. EU-binnelandse ministers sal vandag noodgesprekke per videokonferensie voer. Von der Leyen sê sterker buitegrense, vroeë waarskuwingstelsels en optr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Strenger strawwe wag vir strooipos-oproepe
Direkte bemarkers kan administratiewe boetes van tot R1 miljoen of 10% van hul jaarlikse omset opgelê word indien hulle Suid-Afrika se nuwe teen-strooiposreëls oortree. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het wysigings aan die regulasies van die Wet op Verbruikersbeskerming gepubliseer. Volgens die regsfirma Wright Rose-Innes plaas die wysigings beduidende nakomingsverpligtinge op ondernemings. Die firma waarsku dat versuim om aan die nuwe reëls te v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


‘n VS polisielid dreig glo om ‘n kollega te skiet
Die familie van ’n administratiewe klerk by die polisiekantoor in Philippolis in die Vrystaat vrees vir haar lewe nadat ’n adjudantoffisier glo vroeër gedreig het dat hy haar en ander beamptes gaan doodskiet. Netwerk24 berig die man het glo verlede week aan die klerk gesê hy moet in ’n psigiatriese hospitaal in Bloemfontein opgeneem word, anders gaan hy mense skiet. Hy is glo na ’n psigiatriese hospitaal verwys omdat hy probleme met die stasiebevelvoerder het. Hy het ook glo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4
bottom of page


