top of page


Alle Plasings


'n Jong man is doodgeskiet nadat hy glo lemoene wou steel
'n Man sal in aanhouding bly nadat 'n 24-jarige man tydens 'n beweerde lemoendiefstal in Delportshoop doodgeskiet is. Die DFA berig Albanie Gundry is na bewering geskiet nadat hy en 'n vriend deur 'n gat in 'n heining toegang tot 'n erf verkry het. Ná die voorval is verskeie vuurwapens, waaronder gewere, vir forensiese ondersoek gekonfiskeer. Inwoners sê huise in die woonbuurt word gereeld deur inbrekers geteiken en dat huisbrake algemeen voorkom. Sommige inwoners glo die hui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 26


Plaaslike TB-studie verander wêreldwye behandeling
'n Suid-Afrikaanse tuberkulose-studie het gehelp om wêreldwye behandeling vir middelweerstandige TB te verander. Die bevindinge van die BEAT Tuberculosis-proef is in die New England Journal of Medicine gepubliseer. Die ses maande lange studie is deur die Wits Universiteit saam met die Nasionale Departement van Gesondheid gelei en het meer as 400 deelnemers in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal betrek. Navorsers sê die resultate het die Wêreldgesondheidsorganisasie se behandelingsr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 26


Die saak teen 16 beskuldigdes in die omstrede polisietendersaak uitgestel
Die geskorste nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, en sy 15 medebeskuldigdes het Vrydag weer in die Pretoriase Landdroshof verskyn. Die saak is tot 28 Augustus uitgestel nadat die staat aangedui het dat hy die aanklagte teen Masemola en sy medebeskuldigdes wil wysig. Masemola staan tereg op aanklagte kragtens die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, terwyl die ander beskuldigdes van bedrog, korrupsie en geldwassery aangekla word. Die groep word verbind met d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 26


Werknemers is glo weens administratiewe probleem laat betaal
Werknemers van die Mangaung-metro se salarisse is glo laat betaal weens 'n administratiewe probleem met die betalingsproses. Nova News berig die stadsbestuurder, Sello More, sê die probleem was tegnies van aard en nie die gevolg van 'n tekort aan fondse nie. More voeg by die metro verstaan die angs en ongerief wat die laat betalings vir werknemers en hul gesinne veroorsaak het en vra om verskoning daarvoor. Hy sê amptenare werk daaraan om die betalingsproses so vinnig moontli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 26


Boerboeleienaars reik uit na Vrystaat-bejaardes
Deelnemers aan die internasionale boerboelskou in Parys het winterwarmte na bejaardes in die Vrystaat gebring deur kos en komberse aan minderbevoorregtes te skenk. Die Parys Gazette berig die Suid-Afrikaanse Boerboel Telersgenootskap het 'n ete aan die welsynsorganisasie Vrystaat Versorging in Aksie oorhandig, asook 50 komberse wat onder bejaardes versprei sal word. Die skenking vorm deel van die internasionale boerboelskou wat dié naweek by die AfriDome in Parys aangebied wo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 26


Suid-Afrika is die wêreld se vriendelikste land
Suid-Afrika is aangewys as die wêreld se vriendelikste land in ‘n wêreldwye studie deur die finansiëlediensteverskaffer Remitly. Navorsers het meer as 3 000 mense in 27 lande ondervra deur die aangenaamheidsafdeling van die Groot Vyf Persoonlikheidstoets te gebruik. Suid-Afrika het 34,63 uit 40 behaal, voor Griekeland, Kroasië, Mexiko en Swede. Deelnemers is beoordeel op eienskappe soos besorgdheid oor ander, bereidwilligheid om te help en die vermoë om mense op hul gemak te

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


Gems word gekritiseer oor virtuele vergaderings
Die Staatsdiensvereniging het die Mediese Skema vir Staatswerknemers (Gems) gekritiseer vir hul besluit om hul jaarlikse algemene vergadering op virtuele platforms te hou. Die vergadering is geskeduleer om op 31 Julie plaas te vind. Gems hou sedert die Covid-19-pandemie jaarlikse algemene vergaderings op virtuele platforms. Die Staatsdiensvereniging se Claude Naiker sê die besluit toon ’n gebrek aan verantwoordbaarheid en deursigtigheid. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: W

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


Vordering word gemaak in die ontwrigting van bedrogsindikate in Binnelandse Sake
Die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake sê ’n onlangse verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) toon dat vordering gemaak word om georganiseerde sindikate te ontwrig. Die komitee sê die kommer wat voorheen geopper is oor die uitreiking van bedrieglike dokumente, het gehelp om die bestaan van hierdie netwerke bloot te lê. Die sindikate het probeer om die Departement van Binnelandse Sake se prosesse te omseil om permitte, ID’s en ander immigrasieverwante dokumentasie

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


Die sperdatum kom om werkers by die Vergoedingsfonds te registreer
Huishoudings in Suid-Afrika wat 'n huishoudelike werker in diens het, het tot 30 Junie om seker te maak hul werknemer is by die Vergoedingsfonds geregistreer en om hul jaarlikse opgawe van verdienste (ROE) in te dien. Business Tech berig die sperdatum geld vir alle werkgewers wat onder die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes val. Sedert 2021 is huishoudelike werkers geregtig op vergoeding ingevolge die wet indien hulle beseer word of 'n siekte opdoen terwyl hul

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


Die UV spog met 'n mikroskoop wat die eerste in sy soort in Afrika is
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het 'n gespesialiseerde mikroskoop onthul wat na bewering die eerste van sy soort in Afrika is. Daarmee saam is 'n opgegradeerde nematologielaboratorium geopen. Nematologie is die studie van mikroskopiese rondewurms wat in grond en water voorkom en waarvan sommige gewasse kan beskadig. Good Things Guy berig die Leica LMD6-laser-mikrodisseksiemikroskoop is 'n hoogs gespesialiseerde instrument wat navorsers in staat stel om spesifieke sell

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


Franse polisie verban alkoholgebruik
Die polisie in Parys in Frankryk het openbare alkoholgebruik vanaf Vrydag verbied. Die Franse stad sê dit is ’n poging om gesondheidsprobleme te verminder wat verband hou met die voortdurende hittegolf in die land en dele van Europa. Frankryk het Woensdag sy warmste temperature vir die tweede agtereenvolgende dag aangeteken. Klimaatkundiges skryf die uiterste hitte in Europa aan klimaatsverandering toe. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


n Vragskip wat deur die Straat van Hormuz beweeg het, is aangeval
'n Vragskip wat deur die Straat van Hormuz beweeg het, is aangeval. Die BBC berig die Singapoer-geregistreerde skip het ondanks die aanval sy reis voortgesit. Geen beserings is aangemeld nie. Volgens Amerikaanse mediaberigte het Amerikaanse amptenare gesê Iran was verantwoordelik vir die aanval op die skip. Die Iraanse liggaam wat verantwoordelik is vir die bestuur van die seestraat het intussen gesê skepe wat buite die aangewese vaarroetes beweeg, sal nie veilige deurgang ge

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


OGGEND SPORT: Brits se honderdtal dryf die Proteas tot ‘n oorwinning, die Junior Bokke is gereed om hul titel te verdedig en, Ecuador en die Ivoorkus bereik die uitklopfase
Ons slaan af met krieket-nuus: Tazmin Brits het ‘n uitstekende onoorwonne 114 lopies van 69 balle opgelewer om die Proteas na 209-1 te stuur, wat die grondslag lê vir ‘n oortuigende oorwinning van 88 lopies oor Nederland. Brits het ‘n vennootskap van 121 met kaptein, Laura Wolvaardt, gedeel toe Suid-Afrika hul hoogste totaal ooit by ‘n T20-Wêreldbeker vir Vroue aangeteken het. Chloe Tryon het 2-16 behaal, terwyl Ayabonga Khaka drie keer in die laaste boulbeurt geslaan het om

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 26


Watertenkwaens jaag 'n VS munisipaliteit miljoene uit die sak
Die huur van watertenkwaens het die Setsoto-munisipaliteit in die Vrystaat meer as R14 miljoen in ’n jaar uit die sak gejaag. Die munisipale bestuurder, Nomvula Malatjie, sê die aanstelling van die twee kontrakteurs vir die watertenkwaens is deur ’n interne ouditeur en die ouditeur-generaal geoudit en dit is nie as onreëlmatig beskou nie. Sy het ook aangedui dat die munisipaliteit van plan is om sy eie watertenkwaens aan te skaf. DA-raadslid in die munisipaliteit, José Coetze

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


'n TikTokker sê wit mans moet ook die land verlaat
'n Sosialemediagebruiker met die naam Solomozi The Revolutionary het op TikTok gesê alle wit Afrikaners, maar spesifiek mans, moet Suid-Afrika teen 30 Junie verlaat. Die video het sedertdien soos ʼn veldbrand op talle platforms versprei. Maroela Media berig die man stel homself in die video voor as ʼn lid van die EFF se militêre vleuel. Die party het egter nie ʼn amptelike militêre vleuel nie. Solomzi maak dit ook duidelik dat die EFF nie sy stellings onderskryf nie. Hy sê wit A

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


'n Man is vas vir die dubbele moord op jong boeties
'n Man is in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die dubbele moord op twee jong seuns. Die nege-jarige Reanetswe Lakaje en 14-jarige Thabiso Lakaje is Woensdag deur 'n sekuriteitswag naby die deur van hul huis aangetref. Hul hande en monde was met lap vasgebind. Die sekuriteitswag het die plaasbestuurder onmiddellik in kennis gestel. Volgens 'n polisieverklaring is die oudste broer dood op die toneel aangetref, terwyl sy jonger broer na 'n plaaslike hospitaal ge

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


Ramaphosa sê 30 Junie bly 'n normale werksdag
President Cyril Ramaphosa sê maatreëls is in plek om te verseker dat 30 Junie ‘n normale werksdag is. Hy het bygevoeg dat veiligheidsmagte gereed is. Ramaphosa het gister op mondelinge vrae in die parlement gereageer. Hy sê hy glo sterk dat Suid-Afrikaners vreedsame mense is wat nie xenofobies of afrofobies is nie. LUISTER HIER: President Cyril Ramaphosa. FOTO: Business Tech

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


BKS: Nuwe beheermaatreëls is goedgekeur
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het nuwe nasionale bek-en-klouseerbeheermaatreëls goedgekeur wat daarop gemik is om vee te beskerm terwyl ekonomiese verliese vir boere verminder word. Die raamwerk vervang vorige riglyne en skep ‘n enkele stel reëls vir die bestuur van uitbrekings. Steenhuisen sê die maatreëls bied boere groter sekerheid, praktiese herstelopsies en wetenskaplik-gebaseerde siektebestuur terwyl dieregesondheid en -handel beskerm word. John Steenhuise

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


'n SA vrou appelleer haar NZ moordskuldigbevinding
Die vrou wat skuldig bevind is aan die moord op haar drie dogters kort nadat die gesin van Suid-Afrika na Nieu-Seeland verhuis het, gaan haar skuldigbevinding appelleer. Lauren Dickason voer aan dat daar ’n regsmisgreep was. IOL berig die appèl sal in Februarie 2027 aangehoor word, enkele maande voordat sy vir parool in aanmerking kom. Die saak het internasionaal opslae gemaak. Dickason, ’n mediese dokter van beroep, is tot 18 jaar in ’n geestesgesondheidsfasiliteit gevonnis.

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 26


MIDDAG SPORT: De Klerk lei die Barbarians teen Wallis, spelers intensifiseer hul Wimbledon-protesaksie en Mexico verseel die boonste plek in Groep A
In rugby-nuus: Die dubbele Wêreldbeker-wenner Springbok, Faf de Klerk, sal die Barbarians aanvoer wanneer hulle Saterdag teen Wallis op Twickenham te staan kom, en sal ‘n groep van 19 internasionale spelers van 11 verskillende lande lei. Die mede-Springbok, Vincent Koch, is ingesluit in ‘n kragtige voorspeler-groep, terwyl afrigter, Scott Robertson, sê die span is gekies om Wallis fisies uit te daag terwyl hulle steeds ‘n vermaaklike soort rugby speel. Wallis en die Britse

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 25


'n VS man sit vir moord op sy jong stiefseun
'n Man van Thaba Nchu in die Vrystaat is deur die hooggeregshof in Bloemfontein lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy sesjarige stiefseun. Volgens 'n verklaring het polisielede met hul aankoms by 'n huis in Selosesha ’n woedende skare buite die huis aangetref. Daar is vasgestel dat die verdagte, Lebohang Keoreng, deur gemeenskapslede agternagesit, gevang en aangerand is. Die polisie het ingegryp, hom uit die skare se hande gered en vir mediese behandeling na ’n pl

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


'n Man is ná 'n dekade vas
'n Man is in Botshabelo in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy vir byna 'n dekade lank die polisie ontduik het. Volgens 'n polisieverklaring was die verdagte gesoek vir ernstige misdade waaronder ontvoering en verskeie verkragtings. Dalixolo Ngamlani was gesoek in verband met ’n saak wat reeds in 2017 in die Kopanong-gebied geopen is nadat hy na bewering sy voormalige meisie ontvoer en haar teen haar wil in ’n hut aangehou het. Ngamlani is uiteindelik by ’n plaaslike ini

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


'n VS munsipaliteit ontbind
Die Ngwathe plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat moet ontbind. Die konstitusionele hof het eenparig beslis dat die munisipaliteit se appèl geen redelike kans op sukses het nie. Dit bring ’n einde aan ’n regstryd van verskeie jare wat begin het toe die burgerregte-organisasie AfriForum in Mei 2024 die saak na die Hooggeregshof in Bloemfontein geneem het. Nova News berig die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings het Di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


'n Jerusalem-klip kan meer vertel van koning Hiskia
‘n Nuwe studie toon dat ‘n 2 750 jaar oue staande klip wat suid van Jerusalem ontdek is, nuwe argeologiese bewyse kan verskaf wat verband hou met die Bybelse koning Hiskia se pogings om Joodse aanbidding in Jerusalem te sentraliseer. Die studie voer aan dat die artefak moontlik as ‘n "massebah" gefunksioneer het – 'n godsdienstige kenmerk wat algemeen in die antieke Nabye Ooste gebruik is. As die interpretasie korrek is, kan die skynbare vernietiging daarvan ooreenstem met Hi

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25
bottom of page


