top of page



Melania se fliek mag nie in SA draai nie
"Die huidige politieke klimaat in Suid-Afrika" word aangevoer as die rede vir die skielike onttrekking van 'n dokumentêre fliek oor die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump. Die fliek, eenvoudig getiteld Melania , handel oor die 20 dae voor die inhuldiging van president Donald Trump se tweede termyn as president in 2025, alles vanuit Melania se perspektief. Dit sou more in fliekteaters begin draai. Die New York Times berig die hoof- uitvoerende beampte van Ster-Kinekor,

Saamgestel deur Ilde Roos
6 days ago


Trump beplan 'n 'Nuwe Gasa'
Die Verenigde State het ’n omvattende plan vir ’n sogenaamde Nuwe Gasa onthul. Dit behels die volledige herbou van die gebied. Die plan is by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos bekendgestel as deel van president Donald Trump se nuwe Vredesraad-inisiatief. Dit sluit woongebiede, nywerhede en toerismeontwikkeling in, asook die demilitarisering van Gasa. Hamas het voorheen geweier om wapens neer te lê sonder ’n onafhanklike Palestynse staat, terwyl internasionale reaksie op di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 23


SA wag op die VSA vir 'n datum vir handelsgesprekke
Die Suid-Afrikaanse regering sê hulle wag op die Verenigde State van Amerika om ‘n datum te verskaf om handelsgesprekke voort te sit. Suid-Afrika en Amerika is in gesprekke betrokke sedert Donald Trump verlede jaar as president van die wêreld se grootste ekonomie teruggekeer het. Hy het tariefverhogings ingestel op verskeie lande, insluitend Suid-Afrika. Suid-Afrika het sedertdien probeer om sy betrekkinge met Amerika reg te stel. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededin

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 22


Trump ondersoek 'n ooreenkoms met Groenland
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Washington ondersoek ’n moontlike ooreenkoms oor Groenland ná gesprekke met Navo-leiers. Trump sê die samesprekings het ’n raamwerk opgelewer wat op Arktiese veiligheid fokus, en hy het dreigemente oor invoertariewe teen Europese bondgenote laat vaar. Die BBC berig Trump het aangedui die moontlike ooreenkoms kan minerale regte insluit. Groenland het groot reserwes aardminerale, waarvan baie noodsaaklik is vir tegnologie, insluitend se

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 22


Trump hou vol hy wil Groenland beset
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy dreigemente om beheer oor Groenland te neem herhaal, en hou vol dat die gebied noodsaaklik is vir die VSA. Hy het egter geweier om te sê hoe ver hy bereid is om te gaan om beheer oor die gebied te verkry. Die opmerkings het spanning met Europa verhoog voor sy besoek aan die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Europese leiers, insluitend Frankryk se president Emmanuel Macron, waarsku teen toenemende onstabiliteit, terwyl Groenland

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 21


Venezuela: opposisieleier gee haar Nobel-prys vir Trump
In 'n gebaar uit erkenning vir sy unieke ywer vir haar land se vryheid, het die opposisieleier van Venezuela, María Corina Machado, haar Nobelprys vir vrede-medalje aan Amerika se president Donald Trump oorhandig. Maroela Media berig Machado se gebaar kom nadat Trump in soveel woorde gesê het dat die Nobelprys vir vrede verlede jaar eerder aan hom toegeken moes gewees het vir sy pogings is om agt oorloë te beëindig. Dit is egter aan Machado toegeken vir onder andere haar stry

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 16


Trump sê die geweld in Iran het tot 'n einde gekom
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy is deur betroubare bronne ingelig dat die dodelike geweld in Iran tot ’n einde gekom het. Hy voeg by daar is ook geen sprake van enige vorm van teregstelling nie. The Guardian berig Trump het ook – ten minste tydelik – aan enige militêre optrede teen Iran onttrek. Trump het voor die Withuis gepraat en wou nie verder uitbrei nie, maar hy het gesê die VSA moet nog die stellings verifieer. Trump het die afgelope dae gereeld gepraat

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 15


Trump kondig tariewe op Iran se handelsvennote aan
‘n Tarief van 25% op enige land wat sake met Iran doen is deur die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig. Maroela Media berig Trump het in ‘n plasing op sosiale media gesê die nuwe heffings sal handelsvennote wat sake met Amerika en die Islamiteise Republiek doen onmiddellik tref. Hy skryf ook die bevel is finaal – maar spesifiseer nie wie dit sal raak nie. Volgens die ekonomiese databasis, Trading Economics, is China, Turkye, Irak asook die Verenigde Arabiese Emi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Die BBC eis dat Trump se laster-geding geweier word
Die BBC het ʼn mosie ingedien om Donald Trump se regsgeding oor hoe sy toespraak in Januarie 2021 in ʼn Panorama-dokumentêr geredigeer is, te weier. Die Amerikaanse president het verlede maand ʼn regsgeding van vyf-miljard Amerikaanse dollar in ʼn hof in Florida aanhangig gemaak waarin hy die BBC van laster en die oortreding van ʼn handelspraktykwet beskuldig. Hofstukke wat ingedien is, voer aan dat die hof in Florida nie persoonlike jurisdiksie oor die BBC het nie, dat die hofl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14


Denemarke waarsku Trump
Denemarke se eerste minister, Mette Frederiksen, het president Donald Trump van die VSA aangesê om op te hou met dreigemente oor die oorname van Groenland. Sy sê die VSA het geen reg om enige deel van die Deense koninkryk te annekseer nie. Haar uitlatings volg ná hernude opmerkings deur Trump en ’n sosiale media-plasing wat Groenland in Amerikaanse kleure wys. Frederiksen beklemtoon Denemarke en Groenland is Navo-lede met ’n bestaande verdedigingooreenkoms met Washington. Int

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 5


Trump neem die Venezolaanse presidentspaar gevangene
Amerika se president Donald Trump sê sy land het Venezuela se president Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Flores, gevangene geneem, nadat hulle ʼn “grootskaalse aanval” op die Suid-Amerikaanse land van stapel gestuur het. Maroela Media berig Trump se bewering dat Maduro gevange geneem is, kom twee dae nadat Maduro probeer het om met Trump in gesprek te tree en samewerking aangebied het in die stryd teen dwelmhandel en onwettige migrasie. Intussen berig Newskoop Maduro het ‘n na

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 4


Trump ontvang Israel se hoogste eerbewys
Israel het sy hoogste burgerlike eerbewys aan president Donald Trump van Amerika toegeken. Dit kom nadat Trump en Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, in Florida vergader het. Maroela Media berig ná die vergadering het Trump aan 'n mediakonferensie gesê hy is nie bekommerd oor enigiets wat Israel doen nie. Netanyahu het beaam die ontmoeting was baie produktief, en het vir die eerste keer sy land se hoogste burgerlike eerbewys aan 'n nie-Israelse burger toegeken. Net

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 31, 2025


Die ANC beskuldig Trump van aggressie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om as ‘n aanvaller teen ‘n vreedsame, soewereine nasie op te tree. Mbalula het bygevoeg dat hulle besluit om in die openbaar te kommunikeer dat Suid-Afrika nie as ‘n lid na die G20 genooi sal word nie die ergste aggressie is. LUISTER: Intussen berig Maroela Media dat die woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die regering is b

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


SA se bydrae tot die G20-webtuiste is verwyder
Alle inligting wat deur Suid-Afrika op die G20-webtuiste gelaai is, is verwyder. Dit kom nadat Amerika se president Donald Trump amptelik sy voorsitterskap begin het. Die G20-webwerf het tans slegs ʼn landingsblad, waar ʼn swart-en-wit foto van Trump verskyn met die teks, “Miami 2026. The best is yet to come”. Maroela Media berig die Amerikaanse departement van buitelandse sake het gesê dat Trump die G20 sal laat terugkeer na die kernmissie om ekonomiese groei en voorspoed te d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Ramaphosa skrik nie vir Trump se G20-dreigement nie
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om deel te neem as ‘n volwaardige, aktiewe en konstruktiewe lid van die G20. Die Amerikaanse president Donald Trump het onlangs gedreig om Suid-Afrika se bywoning van volgende jaar se beraad in Miami te blokkeer. Ramaphosa het die nasie Sondagaand toegespreek en die land se setel aan die G20-tafel herbevestig. Die president sê dit moet duidelik gemaak word dat die land ‘n lid van die G20 is in eie naam en reg. LUISTER: Pr

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Suid-Afrika sal nie na die volgende G20-beraad genooi word nie
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie. SABC News berig die Verenigde State het nie vanjaar se beraad in Johannesburg bygewoon het nie omdat die Suid-Afrikaanse regering, volgens Trump, weier om die verskriklike menseregteskendings wat deur Afrikaners verduur word, te erken of aan te spreek. Hy voeg by Suid-Afrika het geweier om die G20-presidentskap aan 'n senior verteenwoordiger van die Amerikaanse ambas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


G20: Die Withuis sê Ramaphosa versprei ‘fopnuus’
Die Amerikaanse Withuis beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy “fopnuus” versprei deur te sê dat Amerika op die nippertjie ’n U-draai gemaak en besluit het om aan die G20-beraad in Johannesburg deel te neem. SABC News berig Ramaphosa het laat Donderdagmiddag aangekondig dat Amerika ’n ommeswaai oor sy G20-deelname gemaak het nadat Trump einde verlede week ’n algehele boikot afgekondig het. Volgens Netwerk24 het die woordvoerder van die Withuis, Karoline Leavitt, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Trump onderteken die wetsontwerp om Epstein-dokumente vry te stel
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n wetsontwerp onderteken wat die Departement van Justisie beveel om alle lêers rakende die ontslape seksmisdadiger, Jeffrey Epstein, te openbaar. Die wet vereis dat dokumente, insluitend onderhoudstranskripsies, interne kommunikasie, vluglogboeke en materiaal wat tydens klopjagte verkry is, binne 30 dae in ’n deursoekbare formaat uitgereik word. Trump, wat vroeër die vrystelling teengestaan het, het van standpunt verander ná druk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Die omstrede Epstein-dokumente word vrygestel
Die Amerikaanse Kongres het met oorweldigende steun gestem om alle ongeklassifiseerde regsdokumente oor die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, vry te stel. Volgens die BBC het die Huis die besluit met 427 teen een aanvaar, net dae nadat president Donald Trump sy langdurige weerstand laat vaar het. Die Senaat het dit vinnig bekragtig, wat beteken dat Trump dit binnekort kan onderteken. Oorlewendes van Epstein se beweerde misbruik was in Washington om groter deursigti

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Die VN steun Trump se plan vir Gasa
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het ’n resolusie goedgekeur wat Amerika se president Donald Trump se 20-punt-plan vir Gasa steun. Dit sluit die stigting van ’n internasionale stabilisasie-mag in. Dertien lede het dit gesteun, terwyl Rusland en China hul van stemming weerhou het. Die VN sê dit is ’n belangrike stap om die skietstilstand te versterk, maar Hamas het dit verwerp en beweer die plan ondermyn Palestynse regte en plaas Gasa onder internasionale voogdyskap. Di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


‘Ramaphosa gaan nog nie bedank nie’
President Cyril Ramaphosa sal nie ná die G20-leiersberaad later vandeesmaand uit sy posisie tree nie. Die president se spesiale gesant na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Bejani Chauke, het Woensdag op die sosiale mediaplatform X gerugte oor Ramaphosa se bedanking van die hand gewys, en dit ontstellend en ongegrond genoem. Hy beweer dat die gerugte daarop gemik is om die suksesvolle opbou van die eerste G20-beraad ooit op die vasteland in die gedrang te bring. Intussen beri

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Trump hou vol dat niks die wapenstilstand in die Midde-Ooste in gevaar kan stel nie
Nadat Hamas daarvan beskuldig is dat hulle die wapenstilstandooreenkoms in twee afsonderlike voorvalle oortree het, is ongeveer 104 Palestyne Dinsdagaand in ‘n vlaag Israeliese aanvalle in Gaza dood. Die Hamas-wapenstilstandskending het kort na onthullings gekom dat die oorskot wat die vorige nag deur die terreurgroep terugbesorg is, nie nuut was nie, maar bykomende oorskot wat aan ‘n gyselaar behoort het wie se gedeeltelike oorskot reeds vroeër in die oorlog deur die IDF her

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Ramaphosa sê G20-beraad sal voortgaan sonder Trump
President Cyril Ramaphosa sê die G20-beraad sal voortgaan volgende maand, of die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan bywoon of nie. Ramaphosa het die opmerkings Maandag in Maleisië gemaak. Trump het reeds in September aangekondig dat hy nie die leiersberaad op 22 en 23 November sal bywoon nie. Die visepresident, JD Vance, sal wel die beraad bywoon. Ramaphosa sê hy hoop dat Trump se afwesigheid nie die sukses van die beraad en die gesamentlike deklerasie wat daartydens a

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 28, 2025


Israel keur vredesplanne vir Gasa goed
Israel se kabinet het die wapenstilstand en gyselaarvrylatingsplan vir Gasa goedgekeur. Dit is volgens ’n verklaring uit eerste minister,...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 10, 2025
bottom of page

