top of page



Suid-Afrika sal Wêreldbankvergaderings bywoon
Suid-Afrika sal volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana, volgende jaar se Internasionale Monetêre en Wêreldbankvergaderings bywoon. Suid-Afrika sal egter nie aan die G20 Finansiële vergadering wat aan die kantlyn van hierdie geleenthede gehou sal word deelneem nie. Dit aangesien Amerika Suid-Afrika nie na die G20-vergaderings genooi het nie. Godongwana het bevestig dat hy nie geakkrediteer is om die G20-vergaderings by te woon nie. Enoch Godongwana. FOTO: Bloomb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Onderhandelinge met Amerika duur voort
Ten spyte van die onlangse toename in spanning tussen Suid-Afrika en Amerika duur handelsonderhandelinge voort. Dit volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana. Amerika het geweier om die onlangse G20-vergadering in Suid-Afrika by te woon en sê ook dat hulle die land nie na volgende jaar se geleentheid sal nooi nie. Godongwana sê Suid-Afrika is besig om sy nuwe ambassadeur in Amerika aan te stel. Hy voeg by Suid-Afrika sal sy G20-deelname in 2027 hervat nadat Amerika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


Die ANC beskuldig Trump van aggressie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om as ‘n aanvaller teen ‘n vreedsame, soewereine nasie op te tree. Mbalula het bygevoeg dat hulle besluit om in die openbaar te kommunikeer dat Suid-Afrika nie as ‘n lid na die G20 genooi sal word nie die ergste aggressie is. LUISTER: Intussen berig Maroela Media dat die woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die regering is b

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


SA se bydrae tot die G20-webtuiste is verwyder
Alle inligting wat deur Suid-Afrika op die G20-webtuiste gelaai is, is verwyder. Dit kom nadat Amerika se president Donald Trump amptelik sy voorsitterskap begin het. Die G20-webwerf het tans slegs ʼn landingsblad, waar ʼn swart-en-wit foto van Trump verskyn met die teks, “Miami 2026. The best is yet to come”. Maroela Media berig die Amerikaanse departement van buitelandse sake het gesê dat Trump die G20 sal laat terugkeer na die kernmissie om ekonomiese groei en voorspoed te d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Ramaphosa skrik nie vir Trump se G20-dreigement nie
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om deel te neem as ‘n volwaardige, aktiewe en konstruktiewe lid van die G20. Die Amerikaanse president Donald Trump het onlangs gedreig om Suid-Afrika se bywoning van volgende jaar se beraad in Miami te blokkeer. Ramaphosa het die nasie Sondagaand toegespreek en die land se setel aan die G20-tafel herbevestig. Die president sê dit moet duidelik gemaak word dat die land ‘n lid van die G20 is in eie naam en reg. LUISTER: Pr

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Cosatu waarsku politici om nie spanning met die VSA vir publisiteit te gebruik nie
Cosatu sê politici moet vermy om publisiteit te soek oor spanning met die VSA. Die vakbondfederasie sê die Presidensie moet voortgaan om pogings te lei om hierdie spanning aan te spreek. Rosestad-nuus het vroeër berig Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie. Dit het veroorsaak dat die spanning tussen die VSA en Suid-Afrika weier om te bedaar. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die verhouding

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Suid-Afrika sal nie na die volgende G20-beraad genooi word nie
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie. SABC News berig die Verenigde State het nie vanjaar se beraad in Johannesburg bygewoon het nie omdat die Suid-Afrikaanse regering, volgens Trump, weier om die verskriklike menseregteskendings wat deur Afrikaners verduur word, te erken of aan te spreek. Hy voeg by Suid-Afrika het geweier om die G20-presidentskap aan 'n senior verteenwoordiger van die Amerikaanse ambas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


G20: Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle presidentskap aangebied
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle G20-presidentskap afgehandel en lande gelei tot ooreenkoms oor komplekse globale kwessies. Hy het Maandag in sy weeklikse nuusbrief besin oor die land se G20-presidentskap, wat gefokus het op die temas van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Meer as 130 vergaderings het duisende afgevaardigdes dwarsdeur die jaar na die land gelok voor die G20-leiersberaad. Volgens Ramaphosa was die G20 belangrik vir Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Ntshavheni sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie. Albei lande bly deel van die G20-troika, wat die Verenigde Koninkryk (VK) insluit. Suid-Afrika behoort saam met die VSA en die VK te werk oor die volgende twee jaar wanneer die G20-voorsitterskap oorneem. Ntshavheni sê die deelname van ander lande kan nie afgewater word nie, en Suid-Afrika se stem sal gehoor word. Sy het ook die Withuis-sekretaris Karoline Leavit

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


G20: Die eerste besoekers land in Suid-Afrika
Verskeie leiers van toonaangewende ekonomieë het in Suid-Afrika aangekom om hierdie naweek se G20-beraad in Johannesburg by te woon. Leiers wat reeds in die land is, sluit in die Australiese premier, Anthony Albanese, en die president van die Europese Unie-kommissie, Ursula von der Leyen. Intussen het President Cyril Ramaphosa saam met Von der Leyen en die President van die Europese Raad, António Costa, vergader. Hulle het die versterking van die vernootskap tussen Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: Die Withuis sê Ramaphosa versprei ‘fopnuus’
Die Amerikaanse Withuis beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy “fopnuus” versprei deur te sê dat Amerika op die nippertjie ’n U-draai gemaak en besluit het om aan die G20-beraad in Johannesburg deel te neem. SABC News berig Ramaphosa het laat Donderdagmiddag aangekondig dat Amerika ’n ommeswaai oor sy G20-deelname gemaak het nadat Trump einde verlede week ’n algehele boikot afgekondig het. Volgens Netwerk24 het die woordvoerder van die Withuis, Karoline Leavitt, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: 'Sosiale beraad is 'n historiese mylpaal'
President Cyril Ramaphosa beskryf die G20- sosiale beraad as ‘n historiese mylpaal vir globale samewerking. Die idee van die sosiale beraad het in Brasilië begin, en Suid-Afrika het dit van 14 sosiale groepe na 22 uitgebrei. Suid-Afrika se sosiale beraad spog met die bekendstelling van sewe Nalatenskapsprojekte. Ramaphosa sê die beraad is moontlik die beste G20-beraad ten alle tye, want dit bring lande bymekaar met ‘n fokus op inklusiwiteit, eenheid en die gees van Ubuntu. LU

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


Die VSA gaan glo nou die G20 bywoon
Bronne het glo aan SABC News bevestig dat die Verenigde State van Amerika (VSA) nou die G20-beraad in Johannesburg wil bywoon. Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump voorheen gesê het dat die VSA nie sou deelneem nie. President Trump het vroeër aangekondig dat geen amptenaar aan enige G20-vergadering sou deelneem nie. Dit is nie duidelik wie die VSA in die besprekings sal verteenwoordig nie. Intussen het The Guardian vroeer berig dat Suid-Afrika die VSA daarvan be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


‘Suid-Afrika is gereed vir die G20’
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika is gereed om internasionale besoekers wat die G20-beraad hierdie naweek bywoon te verwelkom. Die G20-beraad sal Saterdag en Sondag in Johannesburg plaasvind. Sy sê die lugvaartsektor het alle kritieke voorbereidings voltooi om aan die streng standaarde te voldoen wat vir die historiese geleentheid verwag word. LUISTER: Intussen dreig Amerikaanse president Donald Trump dat ʼn konsensus-verklaring met die G20-leiersberaar

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Ramaphosa sê die ANC kan nie soos 'n mafia bestuur word nie
President Cyril Ramaphosa het lede binne die ANC uitgedaag om vir hom ʼn datum te verskaf waarop hy moet bedank. Dit volg ná gerugte die ronde gedoen het dat hy direk ná die G20-beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, as president gaan bedank. Hy het aan lede van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee gesê diegene wat teen hom is, moet hom direk nader en ophou om, soos hy dit beskryf, in hoekies te fluister. Die NUK het die naweek in Germiston vergader. Ramaphosa sê di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Suid-Afrika is reg vir die G20 ten spyte van afwesighede
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika is gereed om later hierdie maand ‘n suksesvolle G20-beraad aan te bied. Newskoop berig Mashatile het Donderdag by die Knysna-beleggingskonferensie gesê dat die land gereed is om Afrika en die res van die wêreld sy warm gasvryheid te betoon. Mashatile sê Suid-Afrikaners moet die wêreld wys dat hulle die land bou waarvan Nelson Mandela gedroom het. Intussen berig News24 dat China se president, Xi Jinping, ook nie die beraad gaan byw

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Die G20-beraad sal met of sonder die VSA voortgaan
Volgens President Cyril Ramaphosa sal die Verenigde State se besluit om die komende G20-beraad in Johannesburg te boikot, nie keer dat die beraad voortgaan nie. Washington se stap volg ná meningsverskille met Pretoria oor die beraad se agenda, wat die VSA as teen-Amerikaans beskryf het. Die beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, is die eerste wat op Afrika-bodem gehou word. Ramaphosa sê die VSA se afwesigheid is hulle verlies en dat belangrike wêreldbesluite steeds genee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Solidariteit beplan 'n groot rasveldtog tydens die G20-beraad
Solidariteit het aangekondig dat hulle ‘n volskaalse rasveldtog tydens die G20-beraad hierdie maand beplan. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, aan die media gesê het dat hierdie veldtogte onbelangrik en sinneloos is. Solidariteit se veldtogaksie sal op rasse-onregverdigheid fokus. Hulle sal Maandag ‘n dokumentêr in Pretoria bekendstel en ‘n reeks groot advertensieborde op hoofroetes na die G20-beraad plaas wat die regering se rasse-onre

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


‘Ramaphosa gaan nog nie bedank nie’
President Cyril Ramaphosa sal nie ná die G20-leiersberaad later vandeesmaand uit sy posisie tree nie. Die president se spesiale gesant na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Bejani Chauke, het Woensdag op die sosiale mediaplatform X gerugte oor Ramaphosa se bedanking van die hand gewys, en dit ontstellend en ongegrond genoem. Hy beweer dat die gerugte daarop gemik is om die suksesvolle opbou van die eerste G20-beraad ooit op die vasteland in die gedrang te bring. Intussen beri

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Ramaphosa sê G20-beraad sal voortgaan sonder Trump
President Cyril Ramaphosa sê die G20-beraad sal voortgaan volgende maand, of die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan bywoon of nie. Ramaphosa het die opmerkings Maandag in Maleisië gemaak. Trump het reeds in September aangekondig dat hy nie die leiersberaad op 22 en 23 November sal bywoon nie. Die visepresident, JD Vance, sal wel die beraad bywoon. Ramaphosa sê hy hoop dat Trump se afwesigheid nie die sukses van die beraad en die gesamentlike deklerasie wat daartydens a

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 28, 2025


Suid-Afrika se G20-presidentskap is belangrik
Die komende G20 beraad is belangrik aangesien Suid-Afrika die eerste Afrika-land is wat die G20-leiersberaad aanbied. So sê die vakbond Solidariteit. Dit is ’n historiese geleentheid om die kontinent se invloed in globale besluite te versterk en internasionale vertroue en belegging te bevorder. Die vakbond waarsku egter dat die voorsitterskap ook die land se politieke en beleidsuitdagings, insluitend wanbestuur en gespanne bilaterale verhoudings, in die kollig plaas. Presi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025
bottom of page

