top of page


Nuus


Twaalf is vas vir onwettige mynbouaangeleenthede
'n Totaal van 12 verdagtes is in hegtenis geneem tydens Operasie Prosper, ’n gesamentlike operasie teen onwettige mynbou waarby die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en private sekuriteit betrokke is. Die arrestasies is in die Lejweleputswa-distrik in die Vrystaat gemaak, met verdagtes wat teregstaan op aanklagte van die besit van vermoedelike goudhoudende materiaal, immigrasie-oortredings, die besit van vermoedelike gesteelde eiendom, die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Cogta: 'Kaderontplooiing in munisipaliteite moet afgeskaf word'
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, sê kaderontplooiing in munisipaliteite moet afgeskaf word. Hlabisa het aan die Kaapstadse Persklub gesê dat dit sal verseker dat munisipaliteite oorleef. Volgens die minister sal niks oorleef as daar swak regering in munisipaliteite is nie. Hlabisa sê munisipaliteite benodig bekwame werkers, nie ontplooide kaders nie. Velinkosini Hlabisa. FOTO: The Witness

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Kodering en robotika word deel van die skoolkurrikulum
Kodering en robotika sal binne die volgende drie jaar deel vorm van die Suid-Afrikaanse kurrikulum by alle laerskole. So sê die adjunkminister van Basiese Onderwys, Reginah Mhaule, tydens die bekendstelling van 'n nuwe Sentrum vir Kunsmatige Intelligensie, Kodering en Robotika by die Khulile Primêre Skool in Gqeberha in die Oos-Kaap. SABC News berig Mhaule sê dat die regering saam met die private sektor kodering en robotika uitbrei om leerders vir 'n tegnologiegedrewe toekoms

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Gesondheidswerkers en pasiënte vlug uit ‘n Ebola-hospitaal
'n Woedende skare het Ebola-pasiënte en gesondheidswerkers gedwing om uit 'n hospitaal in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo te vlug. Dit bemoeilik pogings om die jongste Ebola-uitbreking te bekamp. Die geweld het uitgebreek nadat 'n vrou aan Ebola in die hospitaal oorlede is. Verskeie Ebola-pasiënte het ontsnap, terwyl mediese personeel die hospitaal moes ontruim. Die jongste Ebola-uitbraak in die land het reeds meer as 2 000 bevestigde gevalle en die lewe 79

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


‘n Vrystaatse padprojek se waarborge is glo vervals
'n Bedrogsaak is teen die voormalige kontrakteur van die Excelsior-Tweespruit-padprojek aanhangig gemaak. Volgens Netwerk24 sê die Vrystaatse regering die prestasie- en retensiewaarborge wat vir die kontrak ingedien is, was na bewering vervals of het nie bestaan nie. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, sê die saak is by wetstoepassingsowerhede aangemeld en word ondersoek. Hy voeg by die regering sal ook probeer om enige finansiële verliese wat w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


SA is vasbeslote om sy ekonomie te laat groei
Volgens President Cyril Ramaphosa is Suid-Afrika vasbeslote om sy ekonomie te laat groei. Hy het die Spesiale Ekonomiese Sones Prestasietoekennings toegespreek wat tydens die tweede Spesiale Ekonomiese Sones-konferensie gehou is. Die toekenningseremonie het gevier hoe die sones as ’n dryfkrag van industrialisering en ekonomiese groei dien. Ramaphosa voeg by sulke sones is meer as net industriële terreine. LUISTER HIER: Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Die Vergoedingsfonds ontken dat bodspesifikasies gemanipuleer word
Die Vergoedingsfonds het bewerings verwerp dat verkrygingsprosesse gemanipuleer en bodspesifikasies verander word om spesifieke diensverskaffers te bevoordeel. Volgens die fonds word verkrygingsbesluite deur gevestigde bestuursstrukture geneem en nie deur individue wat onafhanklik optree nie. Die fonds ontken ook bewerings dat dié strukture omseil word om voorafbepaalde uitkomste te bereik. Verder sê die fonds die aanstelling van sy hoof- finansiële beampte het 'n oop en mede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Bestuurders sonder lisensies is in Bloem beboet
Boetes van byna R5 000 is tydens 'n polisiepadblokkade in Navalsig, Bloemfontein, uitgereik. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, is bestuurders beboet vir oortredings soos die bestuur van voertuie sonder geldige rybewyse en ongelisensieerde voertuie. Altesaam 114 voertuie en 160 mense is tydens die operasie op die N1 deursoek. Covane sê die padblokkade het ook daarop gemik om dwelms, onwettige vuurwapens en gesteelde goedere op te spoor. Dit terwyl so

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Sassa dank amptenare oor bedrog af
Vier Sassa-amptenare is afgedank nadat 'n interne ondersoek hulle met bedrog van R33 miljoen verbind het. Volgens 'n mediaverklaring het die ondersoek bevind dat die amptenare glo saam met eksterne sindikate die toelaestelsel gemanipuleer het. Die vier het by die Nebo-plaaslike kantoor in Limpopo gewerk. Hulle het teen hul afdanking geappelleer, maar die besluit is gehandhaaf. Sassa sê hy volg 'n geen-verdraagsaamheidsbenadering teen bedrog en korrupsie om te verseker dat toe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Wetenskaplikes kry suiker in die ruimte
Wetenskaplikes het vir die eerste keer 'n eenvoudige suikermolekule in die ruimte ontdek. Die molekule, eritrulose, is met radioteleskope in Spanje opgespoor in 'n wolk van gas en stof naby die middelpunt van die Melkweg. Navorsers sê die ontdekking wys dat die boustene van lewe reeds in die ruimte kan vorm voordat sterre en planete ontstaan. Dit ondersteun ook die teorie dat komplekse molekules sonder biologiese prosesse kan ontstaan. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Bekwame amptenare is by munisipaliteite nodig
Munisipaliteite word aangespoor om bekwame en gekwalifiseerde amptenare aan te stel. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het die oproep gemaak as deel van hervormings om plaaslike regering te versterk. Hy sê munisipaliteite moet 'n duidelike skeiding tussen politieke leierskap en administrasie handhaaf. Die minister voeg by munisipaliteite moet ook inkomste-invordering verbeter, terwyl die uitdagings van armoede en werkloosheid i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Die polisie soek 'n man ná hy glo 'n vrou geklap het
Die polisie is op soek na 'n man wat glo 'n vrou by 'n winkel in Bloemfontein geklap het. Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê die voorval het in Maart vanjaar by 'n eetplek langs die N8 by Estoire plaasgevind. Die vrou en twee kollegas het in 'n ry gestaan toe 'n man glo voor hulle bedien wou word. 'n Woordewisseling het ontstaan waarna hy die vrou glo in die gesig geklap het. Omstanders het na bewering ingegryp en die man gekeer. Die polisie vra enigiemand met inl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Rooibos is op pad na die ruimte
Suid-Afrikaanse rooibos-saad sal later vanjaar na die Internasionale Ruimtestasie gestuur word as deel van die nuwe Rooibos in die Ruimte-program. Die saad sal aan mikrogravitasie en ruimtestraling blootgestel word voordat dit na die aarde terugkeer, waar wetenskaplikes dit met sade hier sal vergelyk. Die projek word deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, MaxIQ Space en die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap gelei. Leerders van sewe skole in die Cederberg sal ook aan di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


‘n Reeksinbreker van Bloem kry nóg 15 jaar tronkstraf
'n Reeksinbreker is tot 'n bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat DNS-bewyse hom met verskeie inbrake in Bloemfontein verbind het. Die 33-jarige Roysten "Billy" Collins het tussen 2017 en 2025 huise, studenteverblyf en besighede in Brandwag, Universitas en Westdene geteiken en elektronika en ander waardevolle items gesteel. Hy dien reeds 'n tronkstraf van 15 jaar uit vir soortgelyke misdade. Volgens die polisie word nog meer as sewe sake waarin hy vermoedelik betrokke wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Die Parlement bespreek 69 munisipaliteite se befondsing
Die parlement se gesamentlike toesigkomitees sal Vrydag vergader om die Nasionale Tesourie se besluit te bespreek om tydelik billike deelfinansiering van 69 munisipaliteite terug te hou. Minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sal aanbiedings tydens die vergadering lei. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie sal ook parlementslede inlig.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Uitspraak is voorbehou in Ramaphosa se Phala Phala-interdik
Die Wes-Kaap-hooggeregshof het uitspraak voorbehou in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlement se Artikel 89-afsettingsproses te stop. Ramaphosa wil hê die afsettingskomitee se werk moet opgeskort word terwyl hy die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-skandaal betwis. Die aansoek is Woensdag en Donderdag aangehoor. Opposisiepartye het die aansoek as ‘n vertragingstaktiek beskryf en aangevoer dat dit bedoel is om aanspreeklikhei

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


VF Plus: 'Die staat moenie by Bokkieweek inmeng nie'
Die VF Plus sê die staat behoort nie by die Bokkieweek-sporttoernooi in te meng of deelnemers te benadeel nie. Die party reageer op oproepe deur regeringsverteenwoordigers, onder andere Gautengse premier Panyaza Lesufi en minister Gayton McKenzie, vir optrede en ‘n ondersoek na die toernooi. Volgens die VF Plus is Bokkieweek ‘n selfbefondsde, vrywillige inisiatief wat in die burgerlike sfeer funksioneer en deur die Grondwet beskerm word. Die party meen die regering moet hom t

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Die VS het die meeste munisipaliteite waar ingegryp word
Die Vrystaat het die meeste munisipaliteite waar ingegryp word. Dit is volgens die departementshoof van die Vrystaatse departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Tshepiso Ramakarane, tydens 'n vergadering met Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae, en die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Saki Mokoena. Netwerk24 berig Mokoena het ’n uiteensetting gegee van sommige van die uitdagings waarmee

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'n Ontbinde liggaam is in die VS gevind
'n Plaaswerker van Tweelingskop-plaas buite Bethlehem het die ontbinde liggaam van 'n onbekende man ontdek. Hy het sy werkgewer onmiddellik daarvan in kennis gestel. Volgens 'n polisieverklaring was die slagoffer geklee in 'n lemmetjiegroen T-hemp, grys broek en pienk sokkerskoene. Die Bohlokong-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen, en 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood te bepaal. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'n Moordslagoffer is langs 'n Bfn voetgangerroete gevind
Die liggaam van 'n onbekende man is deur 'n voetganger in Grasslands in Bloemfontein ontdek. Volgens 'n polisieverklaring het beamptes op die toneel aangekom nadat 'n klagte van moord ontvang is. Die oorledene is op sy rug op die grond aangetref, met verskeie steekwonde aan sy nek en die linkerkant van sy bors. Die slagoffer is gevind langs 'n besige voetgangerroete wat gereeld deur inwoners gebruik word om na Meadowsweg te stap waar hulle taxi's neem. Geen inhegtenisnemings

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Amazon stel 'n satelliet-internetdiens in SA bekend
Amazon gaan ʼn satelliet-internetdiens in Suid-Afrika bekend stel en sodoende ’n mark betree waar mededinger Elon Musk se Starlink steeds sukkel om regulatoriese goedkeuring te kry. Maroela Media berig die Amerikaanse e-handelsreus se lae-aardwentelbaan-satellietnetwerk, Amazon Leo, het ten doel om internettoegang te verskaf aan klante in gebiede met beperkte of geen internetverbinding nie. Amazon, wat deur die Amerikaanse miljardêr Jeff Bezos gestig is, sal met die Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'n Bfn man is vas vir moord op sy vrou
'n Man is in Grasslands in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die moord op sy vrou. Volgens 'n polisieverklaring het lede gereageer op 'n klagte van 'n vermoedelike moord. Met hul aankoms is die polisie deur 'n huurder ontmoet, wat beweer toe hy by die huis aankom, hy die verdagte buite aangetref het waar hy swaar onder die invloed van alkohol was en geslaap het. Die huurder is toe na die hoofhuis, waar hy 'n vrou op haar rug op die bed aangetref het, onder komberse toegegoo

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Eskom Green is goedgekeur om hernubare energieprojekte te versnel
Eskom het die vereiste goedkeurings ontvang om Eskom Green as ’n volfiliaal te vestig wat befondsing vir grootskaalse hernubare energieprojekte kan insamel. Die kragverskaffer sê die stap is ’n belangrike mylpaal in sy ontbondelingsstrategie en sal help om private beleggings deur middel van publiek-private vennootskappe te lok. Eskom Green beoog om tot 32 gigawatt hernubare energiekapasiteit teen 2040 te ontwikkel, wat Suid-Afrika se energie-oorgang ondersteun, energiesekerhe

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'Belastingbetalers moenie vir die George-gebouineenstorting betaal nie'
Die Good-party het ’n voorstel teengestaan om byna R10,8 miljoen se openbare fondse wat bestee is om die terrein van die George-gebouineenstorting skoon te maak en te rehabiliteer, af te skryf. Die ramp het 34 lewens in Mei 2024 geëis. Die George Munisipaliteit se Finansiële Komitee het die voorstel hierdie week tydens ’n raadsvergadering ter tafel gelê. Die raad het sy besluit oor die saak uitgestel. Good se Chantelle Kyd sê belastingbetalers moet nie betaal vir die munisipa

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16
bottom of page

