top of page

Nuus


Leë polisiehuise in Bloemfontein word glo geplunder
Eiendom van die polisie word glo deur haweloses beset en geplunder in Bloemfontein. Netwerk24 berig in mees onlangste geval het ‘n huis in die Universitas-woonbuurt afgebrand. Luidens ‘n WhatsApp-groep word die huis al maande gevandaliseer, met onwettige besetters wat ingetrek en vuur in die huis gemaak het. Die huis is die naweek deur vlamme veswelg. Voorsitter van die Universitas-en-Universitas-Wes-woonbuurtvereniging, Frikkie Einsenberg, sê onwettige studentebehuising in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Vermeende inbrekes loop hul rieme styf in Bloem
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle inligting oor ‘n huisbraak in die Wilgehof-gebied ontvang het. Luidens ‘n mediaverklaring het die Parkweg Trio-taakspan ‘n wenk ontvang oor die voertuig wat die verdagtes bestuur het. Lede het vinnig gereageer en die voertuig opgespoor. Na 'n kort jaagtog is die verdagtes aangekeer. Die twee is onmiddellik in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes het vermoedelik gesteelde eiendom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


‘n Diabeet van Botshabelo kry glo per ongeluk ARV’s
Die familie van 'n 67-jarige diabetiese man van Botshabelo sê hulle is verpletter nadat hul pa se gesondheid versleg het deur per ongeluk antiretrovirale middels (ARV's) te gebruik. SABC News berig die man se seun het weke nadat sy pa siek geword het eers besef dat hy ARV’s gedrink het. Die bejaarde man het glo per ongeluk ARV’s in plaas van sy chronise diabetiese medikasie by ‘n plaaslike kliniek ontvang. Die man is hospitaal toe gehaas nadat hy sere ontwikkel het en nie ko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Die SAID moet miljoene rande terugbetaal na klagtes
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet na klagtes, R168 miljoen aan tien belastingbetalers terugbetaal. Dit volgens die kantoor van die Belastingombudsman se jaarverslag vir 2024/25. Volgens die Belastingombudsman het hulle oor die jaar 4 913 belastingklagtes ontvang, waarvan 46% aanvaar, en daarna met aanbevelings na die Inkomstediens terugbesorg is. Die meeste van die top 10 terugbetalings het betrekking op belasting op toegevoegde waarde, gevolg deur korporatiewe in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Die Russe toets ‘n onderwater-kernwapen
Rusland het nou ook ʼn kernkrag-aangedrewe onderwaterhommeltuig suksesvol getoets. Maroela Media berig dit is ondanks waarskuwings van Washington, die tweede toets van ‘n nuwe kernwapenstelsel. Volgens Rusland se president, Wladimir Poeten, was daar ook ‘n toets vir ‘n ander voornemende stelsel uitgevoer. Dié onbemande onderwatertoestel, Poseidon, is ook met ‘n kernkrageenheid toegerus. Poetin sê die toestel kan teen ʼn hoër spoed as konvensionele duikbote beweeg en enige kont

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Slegte nuus vir braai-liefhebbers
Die jongste Braai-indeks wys dat pryse vir tradisionele braai-benodighede weer in Oktober gestyg het. Die gebruiklike braai-indeks het 1,2% maand-tot-maand en 1,6% jaar-tot-jaar toegeneem, hoofsaaklik weens duurder beesvleis, wors en hoender. Groente soos uie en aartappels het effens verligting gebring, maar vleis bly die grootste drywer van voedselinflasie. Ekonome sê paniekaankope ná bek-en-klouseer-uitbrekings het bygedra tot die styging, al bly algehele inflasie laer. Ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Peuter is dood nadat sy agt uur in 'n kar vasgekeer is
’n Driejarige meisie is dood nadat sy glo sowat agt uur in ’n motor by n hospitaal in Polokwane, Limpopo, vasgekeer was. Netwerk24 berig volgens die polisie het ’n dokter by die hospitaal die kind op die agtersitplek van ’n motor met toe vensters opgemerk. Die peuter is op die toneel dood verklaar, vermoedelik weens erge hitte-uitputting en ’n gebrek aan suurstof. Die ma het glo haar kind omstreeks 07:00 in die motor gelos toe sy haar na die hospitaal vir ’n oorhandiging geha

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Aanrandingsaak teen polisielede sloer nou al agt jaar
Die nimmereindigende saak teen agt polisiebeamptes, wat na bewering drie slagoffers in Edenburg in die Vrystaat in 2017 aangerand het, is weereens uitgestel. Die saak sal nou in Februarie volgende jaar aangehoor word. Bloem Express berig dit het aan die lig gekom dat die beskuldigdes tydens die verrigtinge prokureurs uitgeruil het, wat tot uistel gelei het. Die slagoffers het hul misnoë met die herhaalde uitstellings uitgespreek, aangesien die saak nou al meer as sewe jaar sl

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Man is vas vir dwelmbesit in Hospitaalpark
'n Man is in Hospitaalpark in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Luidens 'n polisieverklaring het die polisie en lede van die K9-eenheid tydens hul uitvoering van Safer Festive Season- aktiwiteite leidrade opgevolg oor 'n persoon wat in besit van dwelms was, en 'n woonstel is deursoek. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê beslag is op dwelms met 'n totale straatwaarde van ongeveer R30 000 gelê. Die man is in hegtenis geneem en sal bin

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


'n Nuwe fotovoltaïese aanleg is net buite Parys geopen
Die Damlaagte- fotovoltaïese aanleg net buite Parys in die Vrystaat is die eerste hernubarekrag-aanleg wat onder Sasol en Air Liquide se gesamentlike hernubare-energieverkrygingsprogram van 900 MW aanlyn gestel word. Dié sonkragaanleg van 97,5 MW verskaf hernubare krag aan Sasol Secunda Operations, waar Air Liquide die grootste suurstofproduksie-eenheid in die wêreld bedryf. Netwerk24 berig dit is Maandag amptelik geopen. Luidens ’n verklaring is dié inisiatief ’n sleutelfakt

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


Uitspraak oor die saak oor die publikasie van matriekuitslae is voorbehou
Uitspraak is in die Pretoria-hooggeregshof voorbehou in die saak tussen die Inligtingsreguleerder en die Departement van Basiese Onderwys, met AfriForum en Maroela Media as respondente. Die dispuut handel oor of die publikasie van matriekuitslae deur die gebruik van eksamennommers die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) oortree. Die Reguleerder meen dit skend leerders se privaatheid, terwyl die departement en mediagroepe aanvoer dat dit in die openbare bel

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


BKS: Boere soek antwoorde
Suid-Afrikaanse boere vra bedryfsliggame om rekenskap te gee van fondse wat bedoel is om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp. Hulle sê, volgens SABC News , hulle betaal al jare lank vir voorkomingspogings, maar daar is min deursigtigheid oor hoe die fondse gebruik word. Daar is tans 274 onopgeloste uitbrake waarvan 56 in die Vrystaat is. Beperkte enstofbeskikbaarheid vererger ook die situasie. Volgens prokureur, Ann-Suhet Marx, betaal boere tans statutêre heffings,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Suid-Afrika se vaardigheidstekort neem toe
Suid-Afrikaanse maatskappye waarsku teen ’n toenemende vaardigheidstekort. Volgens die jongste Xpatweb Critical Skills-opname het 84% van groot werkgewers, insluitend JSE-genoteerde en multinasionale firmas, hierdie jaar gesukkel om geskikte plaaslike talent te vind. Dit is in vergelyking met 79% verlede jaar. Ingenieurs-, inligtingstegnologie- en ambagsrolle bly die moeilikste om te vul, terwyl gesondheidsorg- en finansiële sektore ook groter tekorte toon. Xpatweb sê die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Bytmerkte lei polisie na ‘n Bloemfonteinertjie se vermeende moordenaar
Bytmerke verbind die man, wat daarvan beskuldig word dat hy die die driejarige Katleho Leeuw verkrag en vermoor het, met die misdaad. Volksblad berig die 30-jarige Kholisiwe Jonas het vlugtig in die Bloemfontein landdroshof op aanklagte van moord en verkragting verskyn. Luidens inligting wat in die hof bekend gemaak is, is Jonas in 2018 aan statutêre verkragting skuldig bevind. Hy is toe ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê. Daar is ook ‘n beskermingsbevel teen hom. Leeu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Die hoeveelheid tienerswangerskappe in die Vrystaat is skokkend
Die Departement van Basiese Onderwys bly diep bekommerd oor die duisende skoolgaande leerlinge wat swanger word. Netwerk24 berig die minster van onderwys, Siviwe Gwarube, het onthul dat daar van April verlede jaar tot Maart vanjaar net oor die 2 800 kinders swanger geraak het. Die kinders was almal tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar. Intussen berig Newskoop die DA in die Vrystaat beweer die provinsiale departement versuim om aan die kinderwet te voldoen. Die wet vereis d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


‘n Vrystaatse munispaliteit versuim om salarisse betyds te betaal
'n Vrystaatse munisipaliteit het weereens sy werkers woedend gemaak deur nie salarisse betyds te betaal nie. Sunday World berig die Mafube-plaaslike munisipaliteit, geleë in die Fezile Dabi-distrik, het personeel in 'n memorandum ingelig dat die lone negatief beïnvloed sal word nadat die koffers opgedroog het. Die memorandum noem verder dat die bestuur erken die situasie kan ongerief veroorsaak. Dit het ook werknemers verseker dat alle pogings aangewend word om die finansiël

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Die ondersoek na Waarheids- en Versoeningskommissie-sake kry die wind van voor
Die ondersoek na Waarheids- en Versoeningskommissie-sake sê hulle is gefrustreerd oor swak samewerking van sleutelregeringsdepartemente. Die ondersoek, is deur president Cyril Ramaphosa ingestel om beweerde inmenging in vervolgings wat die kommissie voorgestel het te ondersoek. Hulle sê verskeie departemente het nie op versoeke om inligting gereageer nie. Dit sluit die polisie, die Departement van Justisie, die Presidensie en die parlement se Justisiekomitee in. ʼn Woordvoe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Babakos moet herevalueer word
Navorsers by Stellenbosch doen ‘n beroep op die herevaluering van babakos vir hul potensiële skade aan jong kinders se eetgewoontes. Die navorsers het bevind dat 36% van babakos bygevoegde geurmiddels bevat. Hulle sê die soet geur kan veroorsaak dat babas soeter kosse bo hul natuurlike geure verkies. Dit kan dus hul eetgewoontes beïnvloed soos hulle ouer word. ‘n Navorser vir die departement Voedselwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, Wilana Barnard, sê baie kosse i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Mans wat selfoontorings in vier provinsies stroop sit nou in die tronk
Mans wat selfoontorings in minstens vier provinsies, insluitend die Vrystaat, gestroop het, is tronk toe gestuur. Netwerk24 berig die drie is elk gister tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, inbraak en diefstal. Hulle is in Junie 2019 aangekeer nadat die Valke ‘n georganiseerde-misdaadsindikaat blootgelê het. Die sindikaat het battery by selfoontorings in nie net die Vrystaat nie maar ook in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die We

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


'n Nigeriese televangelis sê die NVG verstaan nie sy vryspraak nie
Uitspraak is voorbehou ná die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek teen die vryspraak van die Nigeriese televangelis, Timothy Omotoso. IOL berig Omotoso se prokureur het Maandag aan die Gqeberha Hooggeregshof gesê dat die NVG nie die uitspraak verstaan nie. Byna sewe maande nadat die Nigeriese pastoor en sy medebeskuldigdes van 63 aanklagte, insluitend verkragting, menshandel en afpersing, vrygespreek is, probeer die vervolging die uitspraak tersyde stel. Die staat h

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 28, 2025


Amsa word beveel om afgedankte werkers weer in diens te neem
Die Arbeidshof het die staalreus, ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa), beveel om werkers wat verlede Dinsdag afgedank is, weer in diens te neem. Amsa het werkers by die Newcastle- en Vereeniging-aanlegte ontslaan terwyl hulle bedrywighede in die land afskaal. Die hof het bevind dat behoorlike konsultasieprosesse nie gevolg is nie. Dit het Amsa beveel om weer met die vakbond vir metaalwerkers, Numsa, oor die afleggings te konsulteer. Numsa se Phakamile Hlubi-Majola sê die vakbond

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 28, 2025


'n Katarak-blitz verbeter tientalle Bloemfonteiners se sig
Die Cure Daghospitaal in Brandwag in Bloemfontein het in een dag 24 katarak-operasies uitgevoer. 'n Totaal van 48 pasiënte sal dié operasie ontvang. Bloemnuus berig die oftalmoloog Wayne Marais en narkotiseur Simanga Vuthela, asook bystandpersoneel van dié hospitaal, het Maandag met die katarak-blitz begin, en dit duur Dinsdag voort. Marais, wat ook die hoof van die departement oftalmologie aan die Universiteit van die Vrystaat is, sê die vorming van katarakte is deel van die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 28, 2025


Ramaphosa sê G20-beraad sal voortgaan sonder Trump
President Cyril Ramaphosa sê die G20-beraad sal voortgaan volgende maand, of die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan bywoon of nie. Ramaphosa het die opmerkings Maandag in Maleisië gemaak. Trump het reeds in September aangekondig dat hy nie die leiersberaad op 22 en 23 November sal bywoon nie. Die visepresident, JD Vance, sal wel die beraad bywoon. Ramaphosa sê hy hoop dat Trump se afwesigheid nie die sukses van die beraad en die gesamentlike deklerasie wat daartydens a

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 28, 2025


‘n Nuwe kontrakteur vir die Vrystaat se ‘swakste pad’ word glo gou aangewys
Daar is onderneem om die week met verenigings oor die stand van sake met die R708-padbouprojek tussen Clocolan en Marquard te vergader. Netwerk24 berig volgens die bestuurslid van die Clocolan-boerevereniging, Chris Bender, is geen reëlings glo egter nog getref nie. Die pad word as die swakste pad in die Vrystaat beskou, én die departement se brouwerk met die bou en tenderproses het die gemeenskap warm onder die kraag. Luidens berigte het die Vrystaatse Departement van...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025
bottom of page

