top of page

Nuus


Mashatile sê die ANC doen nie genoeg nie
Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC het nie genoeg gedoen om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter nie. Hy het Maandagaand tydens die gedenklesing ter ere van voormalige ANC-president-generaal Oliver Reginald Tambo gepraat, en ‘n beroep op ANC-lede gedoen om verantwoordelikheid te neem vir hul mislukkings en wyses te vind om dit reg te stel. Mashatile voeg by daar is ‘n behoefte vir die party om hulself weer aan Tambo se leringe toe te wy en hulself te herbou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Geestesgesondheidskwessies eis ‘n tol op entrepreneurs
Geestesgesondheidskwessies eis 'n swaar tol op Suid-Afrika se entrepreneurs, met nuwe navorsing wat toon dat die probleem die land nou meer as misdaad of maatskaplike toelaes kos. IOL berig volgens die Oktober Health 2025-verslag word beraam dat geestesgesondheidsuitdagings Suid-Afrika ongeveer R250 miljard per jaar kos, wat lei tot 'n verlies van 452 miljoen werksure. Kenners sê entrepreneurs is van die wat die hardste getref word, aangesien hulle voortdurende druk ondervin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Laer brandstofpryse kan ‘n hupstoot in planttyd gee
Die verwagte brandstofprysverlaging in November van sowat 33c per liter vir diesel en 57c per liter vir 95-oktaan petrol is goeie nuus vir die landbou. Dit veral waar ’n tydperk van die gebruik van groot hoeveelhede brandstof in die planttyd van die somergrane en oliesade, sowel as die oes van wintergrane en oliesade voorlê. Landbouweekblad berig hoofekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, skryf die verwagte verlaging in brandstofpryse toe aan ’n relatiewe sterker rand teenoor

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Ma’s wat bababokse gebruik kan dalk binnekort aangekla word
’n Voorgestelde wysiging aan die Kinderwet bepaal dat moeders wat bababokse gebruik, van kinderverlating aangekla kan word. Hierdie houers is veilige, klimaatbeheerde kompartemente wat in ’n organisasie se muur ingebou is en ouers toelaat om ’n pasgebore baba anoniem en veilig agter te laat. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wil nou hê dat hierdie bokse verwyder word, omdat dit glo kinderverlating aanmoedig. Organisasies meen egter dat die houers sedert 1999 minst

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Bek-en-klouseer is op ‘kritieke punt’ in Vrystaat
Vrystaat Landbou sê hulle is uiters bekommerd oor die toename in die uitbreking van bek-en-klouseer in verskeie streke in die provinsie. Dit ná die jongste syfers 56 bevestigde gevalle in nege gebiede toon. Die organisasie bestempel dit as ʼn kritieke punt. Maroela Media berig die organisasie se adjunkpresident, Friedl von Maltitz, sê die departement se versuim om bewegingsbeperkings en kwarantynsones doeltreffend af te dwing het die siekte teen ʼn kommerwekkende tempo laat ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Die Wet op Beskerming en Openbaarmaking versterk moet word
Die versterking van die bestaande Wet op Beskerming en Openbaring sal ‘n groot bydrae lewer tot die beskerming van fluitjieblasers. So sê die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Andries Nel, tydens die jaarlikse Fluitjieblasersberaad in Johannesburg. Nel voeg by die vertraging in die herbelyning van die huidige wetgewing is van ernstige kommer en hou steeds gevaar in vir diegene wat inligting oor korrupsie wil deel. Hy glo dat die versorging van fluitji

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Polisie vind miljoene rand se gesteelde kruideniersware terug
Die polisie in die Vrystaat het ‘n verdagte vragmotor op die N1 onderskep. Die bestuurder kon nie ‘n faktuur vir die vrag of die vragmotor toon nie. Die eienaar van die vragmotor is gekontak, en hy het bevestig dat die vrag aan hom behoort, maar dit was nie sy vragmotor se kop nie. Die 31-jarige verdagte is toe in hegtenis geneem en aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. ‘n Vrag gemengde kruideniersware ter waarde van ongeveer R2 miljoen is teruggevind. Die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Nog Vrystaatse dorpe steier onder watertekorte
Nog Vrystaatse dorpe gaan die afgelope weke gebuk onder watertekorte. Dié keer het dorpe in die Tokologo-munisipaliteit na bewering die afgelope maand dikwels geen water gehad nie. Netwerk24 berig dit is glo weens 'n gebreekte afvoerpyp. In sommige gebiede van Dealesville was daar glo 12 dae lank geen water nie. Dié gebiede het glo op 20 Oktober slegs 15 minute lank water gehad. Die inwoners van die Dihlabeng-munisipaliteit, wat Fouriesburg en Clarens insluit, sukkel ook met

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Vier mense sterf in 'n motorongeluk op die N1
Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag ná 'n motorongeluk op die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat. Volgens 'n polisieverklaring was passassiers in twee motors vasgevang. 'n Voorlopige ondersoek dui aan dat die motors in teenoorgestelde rigtings beweeg het toe die ongeluk gebeur het. Drie mense is op die toneel dood verklaar, terwyl 'n vierde in die hospitaal aan sy beserings beswyk het. Die ander vyf passassiers, insluitend twee minderjariges, is

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Suid-Afrika stel die wêreld se eerste suikerriet-energiedrankie vry
Die Suid-Afrikaanse landbousektor het 'n wêreldwye eerste behaal met die bekendstelling van ʼn energiedrankie wat van suikerriet gemaak word. Shesha, wat in KwaZulu-Natal vervaardig en geblik word, is volgens vervaardigers die resultaat van jare se navorsing, volharding en geloof in plaaslike moontlikhede. Maroela Media berig 'n suikerrietboer en raadslid van SA Canegrowers, Kiki Mzoneli, sê Shesha se bekendstelling kom op ‘n tydstip waarop verbruikers toenemend op soek is na

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Drie mense is dood toe hul helikopter op 'n plaas neerstort
’n Bekende wildveearts, sy assistent en ’n jong vlieënier is dood toe die helikopter neergestort het waarin hulle glo van Daniëlskuil in die Noord-Kaap na Olifantshoek onderweg was. Netwerk24 berig Alwyn Venter en sy assistent, Angelo Robbertse, en die vlieënier, Anlo Ferreira, was Sondag van Elandsvlakte na Olifantshoek onderweg toe dit neergestort het. Die woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), Sisa Majola, sê die helikopter is erg beskadig met die impak van die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Suid-Afrika is die eerste land in Afrika om 'n baanbreker-MIV-inspuiting goed te keur
Suid-Afrika het die eerste land in Afrika, en slegs die derde wêreldwyd, geword wat die baanbrekende MIV-inspuiting, Lenacapavir, geregistreer het. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad, Sahpra, het die middel op 21 Oktober goedgekeur. Die departement van gesondheid beplan om dit vroeg volgende jaar bekend te stel, met dosisse vir meer as 400 000 mense wat deur die Global Fund verskaf word. Die departement se Foster Mohale sê kliniese proewe het bevind dat die mid

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Moody’s twyfel oor Eskom se vermoë fondse uit kapitaalmarkte in te samel
Die graderingsagentskap Moody’s het twyfel uitgespreek oor Eskom se vermoë om oor die volgende drie jaar fondse uit kapitaalmarkte in te samel. Die agentskap sê die staatsbeheerde kragverskaffer se planne om miljarde rande vir infrastruktuurbelegging te bekom, sal moeilik wees om te bereik. Moody’s sê Eskom se bedrywighede in terme van skuldinvordering, bestuur en regulatoriese voorwaardes sal moet verander. Eskom beoog om sy beleggingsgraadstatus te herwin en die afhanklikhe

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 27, 2025


Dele van Bloemfontein is eersdaags sonder water
As gevolg van herstelwerk aan die Heuwelsig-pompstasiepyplyn sal sekere dele van Bloemfontein Dinsdag sonder water wees. Luidens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sluit dit Heuwelsig, Dan Pienaar en omliggende gebiede in. Watertoevoer sal van 8:00 vir 12 ure, weens die sluiting van kritieke kleppe, beinvloed word. Die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, sê die metro vra omverskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak, en doen ‘n beroep op inwo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


Ramaphosa ontvang ‘n eredoktorsgraad
President Cyril Ramaphosa sê hy aanvaar die eredoktorsgraad wat hy van die Universiteit van Malaya in Maleisië ontvang het, met groot nederigheid. Die president is tans op ’n werksbesoek aan Maleisië om diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande te versterk. Die universiteit het Maandag die eredoktorsgraad in erkenning van sy visionêre leierskap in nasionale ontwikkeling aan hom toegeken. Dit eer ook Ramaphosa se toewyding aan demokrasie en menseregte, veral sy voorspraak

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


Numsa bereik ‘n dooiepunt in loononderhandelinge
Die vakbond vir metaalwerkers, Numsa, sê dat hulle hierdie naweek ‘n dooiepunt in loononderhandelinge met die motorbedryf bereik het. Numsa het die bedryf se voorstel van ‘n verhoging van 6.5% vir die eerste jaar en ‘n verhoging van 5% vir die volgende twee jaar verwerp. Volgens die vakbond is die verhogings laer as die verhogings wat in die ingenieurs-, staal- en plastieksektore aangebied word. ‘n Numsa-woordvoerder waarsku dat die vakbond as ‘n laaste uitweg kan staak, en v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


‘n Uithou-vrou van Bloem is oppad Antartika toe
‘n Sakevrou van Bloemfontein, Woutri Mugglestone, is hard aan die oefen vir die Ultra Ice-ultramarathon in Antartika. Netwerk24 berig sy sal oor ‘n week of twee die Vrystaatse hitte vir die Antarktiese koue verruil om in een van die koudste en mees afgeleë wedlope ter wereld te gaan deelneem. Die 50-jarige Mugglestone is die eniste vrou uit Suid-Afrika wat aan die ysige ultramarathon gaan deelneem en het vir die 50km-wedloop ingeskyf. Sy oefen tans ‘n koelkamer waar die te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


Bewerings oor polisiekorrupsie kan die stryd teen misdaad vertraag
Indien die onthullings by die Madlanga-kommissie, wat besonderhede oor polisiekorrupsie blootlê, waar is, sal dit Suid-Afrika se stryd teen misdaad vertraag. So sê die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mabalula. SABC News berig President Cyril Ramaphosa het die kommissie gestig in reaksie op bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, dat Suid-Afrika se strafregstelsel verdag is. Hy beweer dit is as gevolg van kriminele sind

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


Langenhovenpark kry dalk nog ‘n uitbreiding
Met infrastruktuur wat reeds swaar strek, is inwoners van Langenhovenpark, Bloemfontein, bekommerd dat nog ‘n uitbreiding dalk in die woonbuurt gebou gaan word. Netwerk24 berig die uitbreiding, genaamd Ceciliapark, sal glo op ‘n oop stuk grond agter die vierwielmotorfietsbaan en -klub, Stuck in the Mud, gebou word. Die stuk grond is egter nog altyd geoormerk vir ontwikkeling maar daar is nog geen aanduiding van wanneer dit gaan plaasvind nie. Volgens die DA se Jan-Hendrik Cr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


‘n Tiener is vir dwelmhandel in Bayswater aangekeer
‘n Tienerseun, met ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms en kontant, is in die Bayswater-gebied deur die Provinsiale Anti-Bende-eenheid (AGU) in Bloemfontein aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die AGU op inligting gereageer, en met die aankoms van die lede by die gegewe adres het hulle met ‘n soektog begin. Hulle het beslag gelê op dwelms en net oor die R93 000. Die 18-jarige is formeel aangekla en word vir dwelmhandel aangehou. Die saak is by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


'n Militêre vragmotor ry glo nie spesiaal om boomstompe te verwyder nie
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het berigte ontken dat ’n militêre vragmotor meer as 1 200 kilometer van Oudtshoorn na Pretoria gereis het om boomstompe uit ʼn generaal-majoor se erf in Waterkloofrif te verwyder. Die weermag sê die vragmotor, wat aan die Logistieke Ondersteuningsformasie in Lyttelton behoort, was reeds in Pretoria toe dit opdrag gekry het om die stompe te verwyder wat die straat buite een van sy wonings versper het. Die weermag sê die voertuig was vroe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


Suid-Afrika se G20-presidentskap is belangrik
Die komende G20 beraad is belangrik aangesien Suid-Afrika die eerste Afrika-land is wat die G20-leiersberaad aanbied. So sê die vakbond Solidariteit. Dit is ’n historiese geleentheid om die kontinent se invloed in globale besluite te versterk en internasionale vertroue en belegging te bevorder. Die vakbond waarsku egter dat die voorsitterskap ook die land se politieke en beleidsuitdagings, insluitend wanbestuur en gespanne bilaterale verhoudings, in die kollig plaas. Presi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 27, 2025


‘n Bloem-sekuriteitsmaatskappy spoor ‘n gesteelde motorfiets binne minute op
Bloemsec se Rapid Response Unit het vroegoggend ‘n steelde motorfiets opgespoor. Luidens ‘n plasing op hul sosiale media blad is die motorfiets as gesteel in Malanstraat, Wilgehof, aangemeld. Binne minute het hulle met behulp van Cartrack die motorfiets langs die N1 naby die Makro-brug gevind. Die Bloemfontein blitspatrolie is in kennisgestel en ‘n saak is by die Parkweg-polisie geopen. Ondersoeke is tans aan die gang om verdagtes met die diefstal te verbind. Intussen het B

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 26, 2025


Uitbreidings by die Welkom-lughawe is glo onwettig
Alle voorgestelde planne, opknappings en uitbreidings van die Welkom-lughawe in die Vrystaat is glo onwettig, sonder formele goedkeuring van die land se lugvaart- en vervoerowerhede. Tog blyk dit of die omstrede Welkom-vraglughaweprojek van miljarde rande buite die behoorlike regulatoriese raamwerk voortgaan. News24 berig verder toesig oor lughaweveiligheid en lisensiëring berus by die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) en die Departement van Vervoer. SACAA-kommu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 26, 2025
bottom of page

