top of page

Nuus


Goeie nuus by die petrolpompe
Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne het die amptelike brandstofprysaanpassings gepubliseer wat Woensdag in werking sal tree. Petrolgebruikers sal pryse met 51 sent per liter sien verlaag. Intussen sal diesel ‘n kleiner verlaging van tussen 19 en 21 sent per liter sien. LP-gas sal ook met 61 sent per kilogram daal. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


'n Bloemfonteinse man is vas vir dwelmhandel
'n Man is in die Bloemfonteinse middestad in hegtenis geneem nadat 'n groot hoeveelheid van verskeie onwettige dwelms in sy besit gevind is. Die dwelms het 'n geskatte straatwaarde van ongeveer R200 000. Die polisie het ook op 'n groot bedrag kontant beslag gelê, wat vermoedelik die opbrengs van die onwettige dwelmhandel is. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die man sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklag van dwelmhandel ver

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Bloemskou 2026 se beplanning vorder flink
Beplanning vir die 2026 Bloemskou is reeds volstoom aan die gang. Die skou se hoof-uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê die skou vind volgende jaar van 23 April tot 2 Mei plaas. Dit onder die vrolike en opwinde Beach Party-tema wat beloof om ‘n somerpartytjie atmosfeer na Bloemfontein te bring. Vanjaar se skou het byna 6 000 vee-inskrywings in die landbou-afdeling en meer as 100 000 besoekers gehad. Volgende jaar se skou toon reeds groot belangstelling met landboukampioe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat moet na vore kom
Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat word deur die Valke versoek om na vore te kom. ’n Bethlehem-gebaseerde makelaarsmaatskappy, Blue Key Properties, het glo voornemende huiskopers gelok deur advertensies in ‘n plaaslike koerant. Wanneer mense belangstelling getoon het om te koop, is slagoffers na huise in Bethlehem en Phuthaditjhaba geneem vir besigtiging. Die mense het daarna ‘n aanbod om te koop geteken en geld in die bankrekeninge van die beskuldigdes gedepone

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Ondersoeke na die bron van ‘n tifuskoorsuitbraak word versterk
Die Departement van Gesondheid sê hulle het ondersoeke na die bron van die tifuskoorsuitbraak in die Stad Tshwane versterk. Volgens SABC News is 24 gevalle tot dusver bevestig – 14 in Bronkhorstspruit en 10 in Hammanskraal. Toetse op die stad se watervoorraad het geen epidemiologiese verband tussen die gevalle getoon nie. Daar word tans met die stad saamgewerk om die bron te identifiseer en areas soos onbeskermde putte, boorgate en oop waterbronne word ondersoek. Tifus word

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Statistieke Suid-Afrika trek swaar
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, kan moontlik later hierdie maand onder druk wees om Statistieke Suid-Afrika uit ’n ernstige geldkrisis te red. Dit wanneer hy die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring voorlê. Statistieke Suid-Afrika se jongste jaarverslag toon dat ’n tekort aan befondsing en hoë vakaturekoerse die gehalte van nasionale data bedreig. Die organisasie sê dit sukkel met verouderde IT-stelsels, personeeltekorte en vertragings in opnames soos dié oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Die Metro wil glo Naval Hill óók verkoop
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik van hul voorneme om 14 bates te verkoop of te verhuur. Een van hierdie is Naval Hill in die middel van die stad, wat die Franklin-natuurreservaat huisves. Die reservaat is volgens Bloemnuus een van net drie reservate oor die wêreld heen wat binne ‘n stad geleë is. Stigter van die Vriende van Franklin, Andri Grobbelaar, sê hulle sien net in die media van hierdie voorneme en daar was nog geen gesprekke met hulle n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Huldeblyke stroom steeds in vir ‘n geliefde Vrystaatse boervrou
Die 74-jarige boervrou, Tharina Terblance, se dood het nie net haar familie nie, maar ook talle in die landbougemeenskap geruk. Huldeblyke stroom steeds in vir die vrou wat haar naam met harde werk, geloof en durf in die Vrystaatse grond ingeploeg het. Maroela Media berig Terblance is verlede week oorlede nadat sy vroeër begin siek voel het. Volgens haar familie het sy toe ʼn hartklepoperasie ondergaan, maar dit was nie suksesvol nie. ʼn Boerdery wat in 1987 op 1 200 ha begi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


‘Veediefstal word erger oor die feestyd’
Gewelddadige voorvalle van veediefstal sal na verwagting in die Vrystaat toeneem namate die feesseisoen voortduur. So sê die president van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, nadat ’n plaaswerker ten tyde van ’n voorval van veediefstal naby Heilbron Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet is en sy 34-jarige vrou verkrag en met ’n mes gesteek is. Benewens dié voorval, is ’n voertuig met 11 skape ook voorgekeer en die insittendes in hegtenis geneem. Netwerk24 berig die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Die SAKP vra dat die Nasionale Gesondheidsversekering dadelik geïmplementeer word
Die SAKP vra dat die Nasionale Gesondheidsversekering onmiddellik geïmplementeer word. Honderde ondersteuners van die party het hierdie naweek in Klerksdorp in Noordwes vir die jaarlikse Rooi Oktober- veldtog saamgetrek. Die party se sekretaris-generaal, Solly Mapaila, sê die implementering van die nasionale gesondheidsversekering sal verligting aan miljoene Suid-Afrikaners bied. Hy het ook verskeie kwessies soos werkloosheid en armoede aangespreek en sê meer moet gedoen word

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Deborah Patta kry die trekpas by CBS News
Skaars twee maande nadat ’n bekroonde Suid-Afrikaanse TV-joernalis, Debora Patta, ’n nuwe kontrak met ’n Amerikaanse TV-netwerk gesluit het, het sy die trekpas gekry. Netwerk24 berig sy win glo regsadvies in nadat die TV-netwerk CBS News haar kontrak beëindig het. Sy is een van ongeveer 100 werknemers van CBS News wat hul pos kwyt is te midde van kostebesnoeiing, alhoewel The Independent berig Patta is vooraf meegedeel dat sy “veilig” is en nie uit diens gestel sou word nie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Afrikaners en hul ope brief is as nuttige idiote bestempel
'n Groep van 44 prominente Afrikaners én hul ope brief is deur ander prominente Afrikaners as "nuttige idiote" bestempel. Maroela Media berig dit kom nadat dit gister bekend geword het dat ʼn senior staatsamptenaar by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ʼn sentrale rol in die daarstel van dié brief gespeel het. Rapport berig ene Karen Burger het die konsep van die verklaring opgestel, en ʼn groep Afrikaners, onder wie Piet Croucamp, Max du Preez

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Die regering gaan besluit oor sy volgende stap in die Bushiri-uitleweringsaak
Die Suid-Afrikaanse regering sê dat hulle sal besluit oor hul volgende regstappe teen die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. Die Malawiese Hooggeregshof het Vrydag ‘n bevel tersyde gestel wat gelas het dat die paartjie aan Suid-Afrika uitgelewer moet word om aanklagte van bedrog en diefstal in die gesig te staar. Uitleweringsprosedures is aan die gang sedert die paartjie uit Suid-Afrika gevlug het nadat hulle in 2020 op borgtog vrygelaat is, hangende di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Renosterhoring mag nou wettiglik die land verlaat
Die internasionale handel in renosterhoring is nou wettig. Regter Pule Tlaletsi het in ’n waterskeidingsuitspraak in die hooggeregshof in Kimberley gelas die toepaslike owerheid in Suid-Afrika moet permitte vir die internasionale handel in renosterhoring uitreik. Die owerheid moet egter tevrede wees dat die horings van wit renosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is, afkomstig is. Netwerk24 berig die eienaar van die Rockwood-renosterreservaat en die applikant in die sa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Polisie ondersoek 'n dubbele moord by 'n Vrystaatse grenspos
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van dubbele moord en poging tot moord na ‘n noodlottige skietvoorval by die Ficksburg-grenspos-taxistaanplek. Die slagoffers is na bewering deur twee onbekende mans genader. Die verdagtes het aanvanklik met die slagoffers gepraat en gevra oor taxi’s na verskeie bestemmings. Die situasie het geëskaleer toe een van die verdagtes na bewering vir ‘n sigaret en toe geld gevra het. Terwyl die slagoffer besig was om die kantoordeur te sl

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Gary Player spoel sy mond uit oor swart ekonomiese bemagtiging
Die afgetrede Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler, Gary Player, sê Suid-Afrika moet ontslae raak van Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Hy het die opmerking Saterdag tydens sy 90ste verjaardagvieringe gemaak. Player het, as ‘n plaaseienaar en belegger in Suid-Afrika, afgelei dat die Suid-Afrikaanse regering sy beleide moet heroorweeg. Hy het ook beleide soos die Onteieningswet sonder vergoeding uitgelig. Die wet is reeds onderteken, maar het nog nie in werking getr

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Matlala het bewyse dat hy Mchunu se ANC-presidensiële ambisies gefinansier het
Die omstrede sakeman, Vusimuzi Cat Matlala, het aan polisieondersoekers gesê dat sy bankstate bewys lewer dat hy die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se ANC-presidensiële ambisies gefinansier het. Die Madlanga-kommissie van ondersoek het hierdie week opnames van onderhoude met Matlala aangehoor. Die onderhoude het gedurende Mei vanjaar plaasgevind, met polisieondersoekers wat slegs as Getuies C, B en A geïdentifiseer is. Matlala sê dat hy bewyse het deur middel v

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


Die Departement van Vervoer maak beduidende vordering met die agterstand van bestuurslisensiekaarte
Die Departement van Vervoer het beduidende vordering bevestig met die vermindering van die massiewe agterstand van bestuurslisensiekaarte. Dit is ook een stap nader daaraan om Binnelandse Sake te laat help met die druk van kaarte om die onbetroubare en ou drukmasjien wat tans in werking is, te omseil. Dit dui op ‘n groot verandering in die manier waarop kaarte gemaak sal word en kan moontlik die wagtyd vir nuwe kaarte in die toekoms verkort. Die minister van Vervoer, Barbara

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


13 verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in die Heilbron-distrik
Dertien verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in die Heilbron-distrik in die Vrystaat. Die aanval het tot die dood van ’n plaaswerker gelei, terwyl sy 34-jarige vrou seksueel aangerand en gesteek is. Sy is in ’n plaaslike hospitaal behandel en verkeer tans in ’n stabiele toestand. Volgens die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD, Generaal-majoor Solly Lesia, is ’n grootskaalse soektog onmiddellik ná die voorval geloods, met noue samewerking tussen die

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


Suid-Afrikaners moet die feestydperk met omsigtigheid benader
Kenners waarsku Suid-Afrikaners om die feestydperk met omsigtigheid te benader. Swart Vrydag sal vanjaar op 28 November plaasvind en het in ‘n baie kort tyd uiters gewild geword. Ekonomiese druk, hoë skuldvlakke en die toename in aanlyn-swendelary beteken dat kopers versigtig moet beplan om finansiële probleme te vermy. Die ekonoom, Dawie Roodt, sê dat ten spyte van die aantrekkingskrag van afslag en die toename in aanlyn inkopies, hy vanjaar ‘n gedempte aanvraag verwag. Intu

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


Die regering maak vordering in die stryd teen die konstruksiemafia
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is vordering gemaak in die stryd teen die sogenaamde konstruksiemafia. Volgens die minister is meer as 850 verdagtes in hegtenis geneem en daar was reeds 240 skuldigbevindings sedert verlede jaar verseker. Macpherson het onthul dat dit gelei het tot ‘n vermindering van 80% in projekontwrigtings. Hy sê die land is nou op ‘n punt waar die mafia nie meer konstruksieprojekte sal stop nie. Macpherson voeg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


AfriForum vat die Mangaung Metro Munisipaliteit hof toe
AfriForum se Bloemfontein-tak het hofstukke op die Mangaung Metro Munisipaliteit beteken. Dit aangesien die metro volgens hulle versuim om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer. Asook dat hulle glo weier om aansoeke vir kwytskelding van die dié diens te oorweeg. Luidens ‘n mediaverklaring volg die regstappe nadat talle inwoners aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder van privaat diensverskaffers gebruik te maak. Afri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


Nuwe reëls vir universiteitsverslagdoening poog om krisisse te versag
Om aanspreeklikheid en deursigtigheid by Suid-Afrikaanse universiteite te versterk is nuwe konsepregulasies deur die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, aangekondig. Die voorgestelde reëls sal vereis dat instellings meer gereeld verslae indien. Dit vereis ook dat besteding aan konsultante en regskoste openbaar gemaak moet word, en insette van studente en personeel moet insluit. Manamela sê die doel is om bestuursprobleme vroeg op te spoor, in plaas daarvan om te reag

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


Shepherd Bushiri het ‘n uitleweringstryd teen die Suid-Afrikaanse regering gewen
Die selfverklaarde profeet, Shepherd Bushiri, en sy vrou, Mary, het Vrydag ‘n uitleweringstryd teen die Suid-Afrikaanse regering in Malawi gewen. Die Hooggeregshof van Malawi het die bevel van 12 Maart wat deur die Lilongwe-landdroshof gemaak is, tersyde gestel. Dit het gelas dat Bushiri en sy vrou aan die Suid-Afrikaanse regering oorgelewer moet word om verhoor te word vir verskeie oortredings teen hulle, insluitend bedrog en geldwassery. Die Hooggeregshof van Malawi het ond

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 1, 2025
bottom of page

