top of page

Nuus


Suid-Afrika is uiteindelik van die gryslys geskrap
Suid-Afrika is van die berugte gryslys geskrap. Dit na meer as twee jaar van intense ondersoek deur die Finansiële Aksietaakmag (FATF). Eyewitness News berig die wêreldwye finansiële misdaadwaghond het Suid-Afrika in Februarie 2023 op die lys geplaas omdat die land nie voldoen het aan internasionale standaarde rakende die voorkoming van geldwassery en terrorismefinansiering nie. Dit het Suid-Afrika meer as twee jaar geneem om die ongewenste etiket af te skud, nadat 22 dringe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 26, 2025


Die nuwe matriekuistslae-saak word eersdaags aangehoor
Die saak oor die openbare bekendmaking van matriekuitslae sal van Maandag af in die Pretoria-hooggeregshof aangehoor word. Die geskil het in 2022 begin toe die Departement van Basiese Onderwys probeer het om publikasie te keer, maar die hof het beslis dat die bekendmaking van uitslae met eksamennommers die privaatheid van leerders beskerm. Die Inligtingsreguleerder het aan die einde van verlede jaar probeer verhoed dat die departement die 2024-matriekuitslae bekend maak - die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 26, 2025


‘n Vermiste Bloemfonteinertjie se liggaam is in bosse gevind
Die vermiste Bloemfonteinertjie, driejarige Katleho Leew, se liggaam is gevind. Volgens polisiewoordvoerder, Lt Col Thabo Covane, het ‘n soektog gelei deur Kaptein Jerry Motaung van die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings, hulle vroeg Saterdagoggend na digte bosse ‘n entjie van die Glen-lokasie geneem. ‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Katleho seksueel aangerand en vermoor is. Misdaadtoneelkundiges is tans opsoek na leidrade wat die onderso

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


‘n Voormalige gesondheids-werknemer word vir bedrog vervolg
'n Voormalige werknemer van die Departement van Gesondheid wat glo haar matriek senior sertifikaat vervals het, het in die Sasolburg-landdroshof verskyn. Volgens NovaNews het die 49-jarige Manini Monco-Mahlaku glo ‘n ander persoon se senior sertifikaat vervals en dit as haar eie ingedien, waarna sy as ‘n basiese ambulansassistent aangestel is. Die bedrog het in 2022 aan die lig gekom. Teen die tyd het die departement reeds 'n verlies van meer as R2,2 miljoen gely. Ten spyte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


Die Metro skommel hul burgemeesterskomitee
In ‘n poging om die uitvoerende komitee te versterk het die Mangaung Metro Munisipaliteit se burgemeester, Gregory Nthatisi, sy burgemeesterskomitee herskommel. SABC News berig Nthatisi het tydens ‘n media-inligtingsessie in Bloemfontein gesê die veranderinge word aangebring ingevolge Artikel 60 van die Munisipale Strukturewet. Onder die belangrikste veranderinge is adjunkburgemeester Lulama Titi-Odili nou hoof van Finansies, terwyl Logan Kruger na Openbare Veiligheid en Ver

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


‘n Verkleurmannetjie reis van Bloemfontein na KwaZulu-Natal
‘n Verkleurmannetjie wat vroeër die jaar deur die polisie in Bloemfontein gekonfiskeer is, is nou terug tuis in Howick, KwaZulu-Natal. Die Nasionale Museum in Bloem sê in ‘n plasing op sosiale media amptenare het hulle gekontak om die interessante “akkedis” te identifiseer – wat hulle gedoen het. Volgens natuurbewaringsbeamptes is dit ‘n Natal Midlands Dwarf Chameleon wat slegs in KwaZulu-Natal voorkom, en wat tans as ‘n bedreigde spesie gelys is. Die verkleurmannetjie het na

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


Suid-Afrika gaan gebuk onder dwelms
Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê Suid-Afrika gaan gebuk onder dwelms. Cele het voor die parlement se ad hoc-komitee wat polisie-korrupsie ondersoek, getuienis gelewer. Hy het gepleit vir meer pogings om die dwelmprobleem aan te pak, en sê die land het ‘n speelgrond vir bendegeweld en dwelms geword. Hy voeg by dat hy in 1994, terwyl hy polisieopleiding in Londen ondergaan het, gewaarsku is dat dit sou gebeur. Bheki Cele. FOTO: ProAgri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


Outa vaar uit teen die heraanstelling van Inseta uitvoerende hoof
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê hulle is teleurgesteld oor die heraanstelling van die hoof-uitvoerende bestuurder van die Versekeringssektor se Onderwys- en Opleidingsowerheid (Inseta). Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het onlangs aangekondig dat Gugu Mkhize vir nog ’n vyfjaartermyn as uitvoerende hoof heraangestel sal word. Outa glo dit was nie die regte besluit nie, en volgens Outa se Wayne Duvenhage is dit duidelik, gegewe die ernstige best

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


‘n Driejarige Bloemfonteinertjie word vermis
‘n Driejarige Bloemfonteinse dogtertjie, Katleho Leeuw, word vermis. Volgens polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, het haar ma haar laas Donderdag middag gesien terwyl sy saammet kinders in hul agterplaas in die Glen Lokasie gespeel het. Sy het ‘n geel T-hemp, blou jeans en swart skoene aangehad. Katleho het volgroeide melktande, 'n ronde gesig en is donker van gelaat. Die polisie versoek die publiek om te help om haar op te spoor. Enige inligting kan op die MySAPS-toe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Suid-Afrikaners moet gereed maak vir ‘n toename in die inflasiekoers
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku dat Suid-Afrikaners 'n effense toename in die inflasiekoers in die komende jaar moet verwag. Volgens SABC News het die bank hul opwaartse herstelling hersien en verwys na verhoogde elektrisiteitspryse as die primêre dryfveer. Hoofekonoom, Chris Loewald, het aangekondig dat inflasie nou na verwagting volgende jaar 3.6% sal bereik. Dit is 'n marginale toename van die bank se vroeëre projeksie van 3.3%. Globale inflasie het die afgelope j

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Nóg mense sal na Lourierpark gestuur word
Nóg mense sal volgens Mangaung Metro Munisipaliteit se burgemeester, Gregory Nthatisi, na Lourierpark gestuur word. Dit terwyl die huidige grondbesetters teen die einde van jaar na die Mountain View-gebied verskuif moet word. Volksblad berig Nthatisi het glo die uitlating tydens ‘n toesigbesoek gemaak. Alhoewel nie Nthatisi of die munisipale bestuurder, Sello More, nog op navrae hieroor gereageer het nie, sê DA-LPW, Dave McKay, hy het nie ‘n probleem dat nog mense op die stu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


‘n Gevangene ontsnap by die Bloemfontein landdroshof
Dit was chaos by die landdroshof in Bloemfontein toe ‘n gevangene uit aanhouding ontsnap het. Die hofgebou is Donderdag afgesper en ontruim nadat Brilliant Chikwauo voor sy hofverskyning uit die hofsaal ontsnap het. Netwerk24 verneem hy het glo ‘n sleutel in die hande gekry en homself vrygelaat voordat hy by een van die agterste hekke uitgeglip het. Hy was veronderstel om 26 aanklagte van diefstal en beskadiging van infrastruktuur te verskyn. Snuffehonde, asook die blitspatr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Verdagtes is op heterdaad met vervalste dokumente in Bloem betrap
Vinnige optrede deur lede van die Parkweg Misdaadvoorkoming het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die besit en vervaardiging van vervalste amptelike dokumente gelei. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring ‘n man het die polisiestasie in Central Park besoek om ‘n bestuurslisensie te sertifiseer. ‘n Polisielid het vermoed dat dit vervals is en het die verkeersdepartement gekontak wat die vermoede beaam het. ‘n Ondersoek het lede n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad begin momentum kry
Ná volgehoue druk van die VF Plus het die herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad in die Vrystaat momentum begin kry. Maroela Media berig ná maande se monitering is daar sigbare verbeterings aan die pad van 48 km wat vir jare ’n bron van frustrasie vir inwoners en boere was. Die herstelprojek het reeds in 2019 begin en sou oorspronklik in 2022 voltooi gewees het. Die werk het egter vir byna twee jaar tot stilstand gekom nadat die Vrystaatse Departement van...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Vrystaat-boere stort hul harte uit oor veediefstal
Vrystaat-boere het hul harte voor die parlement se gekose komitee oor veiligheid en justisie uitgestort oor die toename in veediefstal en misdaad aan die Lesotho-grens. Netwerk24 berig verteenwoordigers van Agri-SA, Vrystaat Landbou en die polisie was onder andere teenwoordig om terugvoer te lewer. Een van die boere het begin huil toe hy vertel hoe sy vee gesteel is. Hy waarsku dat Suid-Afrika uiters kwesbaar vir bedreigings bly solank grensbeheer met Lesotho nie versterk ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Reaksie op geweld en boelie-gedrag in skole gaan versterk word
Die Departement van Basiese Onderwys beplan om hul nasionale reaksie op geweld en boeliegedrag in skole te versterk. Hierdie besluit volg ná die boelie-voorval by Milnerton Hoërskool in die Wes-Kaap. Minister Siviwe Gwarube het reeds die Raad van Onderwysministers opdrag gegee om te verseker dat geweld en boeliegedrag gesamentlik deur alle provinsies aangespreek word. Die departement se Lukhanyo Vangqa sê Gwarube het ook haar departement opdrag gegee om te evalueer hoe teen-b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Joshlin se verjaardag is hartroerend gevier
ʼn Hartroerende herdenkingsdiens met ʼn spesiale verjaardagliedjie, ʼn boom van hoop, kerse en wit ballonne. Só het die gemeenskap van Diazville in Saldanha aan die Weskus gister die dogtertjie met die blougroen oë en ligte vel se agtste verjaardag gevier. Joshlin Smith het op 19 Februarie verlede jaar uit die Middelpos-informele nedersetting verdwyn en word ná ʼn grootskaalse soektog steeds vermis. Maroela Media berig leerders en personeellede van Diazville Primêre Skool het in

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


Zuma gaan met sy regspan vergader oor die hofbesluit oor sy regskostes
Die voormalige president, Jacob Zuma, sê hy sal eers met sy regspan vergader voordat hy besluit hoe om te reageer op die hofbevel wat hom beveel het om byna R29 miljoen aan die staat terug te betaal. Die Gauteng-hooggeregshof het Zuma hierdie week beveel om R28,9 miljoen terug te betaal wat deur die staatsprokureur vir sy korrupsieverhoor betaal is. Die saak hou verband met die langdurige wapentransaksie-saak. Zuma sê hy was oorsee toe die besluit geneem is en sal met sy prok

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


’n Erg ontbinde lyk is by De Brug ontdek
’n Erg ontbinde lyk is op die terrein van die De Brug-weermagbasis buite Bloemfontein ontdek net dae nadat twee mans in die stad in hegtenis geneem is met ammunisie en ontstekers van mortiere wat van die basis gesteel is. Volksblad berig die burgerlike se lyk is op die oefenterrein van die weermag se mobilisasie-eenheid gekry. Polisiewoordvoerder, Lt.kol. Thabo Covane, sê ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is by die Bainsvlei-polisiekantoor oopgemaak om die man se i

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


'n Bloemfonteinse trou-venue se bestuurder word aangekla van diefstal
'n Bestuurder van die Goosehill Wedding and Guest Farm buite Bloemfontein word daarvan beskuldig dat sy fakture gemanipuleer sodat kliënte sowat R150 000 in haar persoonlike rekening betaal het. News24 berig die eienaar van Goosehill, Johan Goosen, beweer voorts die betrokke bestuurder, Monique Fouché, het haar eie kaartbetaalmasjien gehad waarmee sy betalings aanvaar het. Goosen sê Fouché het bedank nadat hy agtergekom het dat sy na bewering ’n wasmasjien, tuimeldroër en kos

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


Milnerton: Seuns almal op borgtog vrygelaat om eksamen te skryf
’n Groep seuns van die Milnerton High School het die skoolsaal vir die hofsaal verruil toe hulle in die beskuldigdebank van die landdroshof in Kaapstad ingeskuif het. Die agt gr. 10- en gr. 11-leerlinge het gister verskyn op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat opspraakwekkende video’s vandeesweek op sosiale media versprei is. Netwerk24 berig twee van die seuns het in die jeughof verskyn omdat hulle nog minderjarig is, terwyl die ander ses as volw

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


'n Bloemfonteinse skool word onverwags deur die polisie besoek
Die polisie in die Vrystaat het ‘n onaangekondigde skoolsoektog by die Roseview Primary School in Bloemfontein uitgevoer. Die skoolveiligheidsbeampte van die Parkweg-stasie, sersant Tsholohelo Taba, het ‘n aantal klagtes van die skoolbeheerliggaam ontvang, wat onsedelike blootstelling onder leerders ingesluit het. Die beampte het toe verskeie wetstoepassingbelanghebbendes vir ‘n intervensie genooi. Die soektog is opgevolg deur bewusmaking met Graad 6- en 7-seuns. Die fokus va

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


Jan Taks waarsku teen vals finale aanmaningsbriewe
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en Tax Consulting SA waarsku belastingbetalers in die land om op hul hoede te wees vir vals finale aanmaningsbriewe. Hulle sê met die belastingseisoen wat hierdie week vir nie-voorlopige belastingbetalers sluit, bedrieglike aktiwiteite toeneem. Belastingbetalers wat die sperdatum gemis het om hul belasting in te dien, of diegene wie se belastingsake nie gefinaliseer is nie, word geteiken deur vals briewe wat beweer dat hulle finale eise en ke

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


Steengroef-verdrinking: Benjamin se liggaam is gevind
Die liggaam van Benjamin van Wyk, wat verlede week in die berugte Witherow-steengroef buite Heidedal, verdrink het, is gevind. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sal ‘n nadoodse ondersoek bepaal wat die presiese oorsaak van sy dood was. Van Wyk het saam met vriende in die groef geswem toe hy onder die water verdwyn het. Sy vriende het hom probeer red maar kom nie by hom uitkom nie. Die soektog het verlede week begin en is met die hulp van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025
bottom of page

