top of page

Nuus


Sace begin ondersoek om onderwysers se geestesgesondheid te bepaal
Die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwys (Sace) het ‘n ondersoek van stapel gestuur om die geestesgesondheid van onderwysers te bepaal te midde van klagtes van swaar onderwyswerklas, emosionele moegheid en uitbranding. Dit volg op die Universiteit Stellenbosch se onlangse studie wat bevind het dat 50 persent van onderwysers aangedui het dat hulle die beroep binne die volgende 10 jaar wil verlaat weens oormatige werklas. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ook

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 1, 2025


Tekort aan vaardighede by Suid-Afrika se Lugverkeers- en Navigasiedienste bedreig lugveiligheid
ʼn Ernstige tekort aan vaardighede by Suid-Afrika se Lugverkeers- en Navigasiedienste bedreig lugveiligheid en dienslewering. Volgens die 2025-jaarverslag het internasionale maatskappye Suid-Afrikaners gelok en bedankings het sleutelposte leeg gelaat. Suid-Afrika het luidens berigte van sy beste lugvaarttalent verloor aan beter betaalde poste in die Midde-Ooste. Dit sluit vlieëniers, lugvaartbeheerders en ingenieurs in. Die tekort het reeds tot ontwrigting van vlugprosedures b

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 1, 2025


'Jongmense verdien ‘n plek aan die tafel om beleide te help formuleer’
Adjunkpresident Paul Mashatile sê jongmense verdien ‘n plek aan die tafel om te verseker dat jeugkwessies voldoende aangespreek word. Mashatile het Vrydag ‘n toespraak gelewer by die Jeugbeleggingsindaba wat deur die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap aangebied is. Hy sê jongmense verteenwoordig die toekoms van die land, beide as vandag se leiers en leiers van môre. Mashatile het bygevoeg dat die regering nie sonder hulle kan praat en beleide rakende jongmense kan formuleer

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025


'n Vrystaatse polisiebeampte ontvang 'n internasionale eerbewys
'n Polisiebeampte van Welkom het die International Association of Auto Theft Investigators (IAATI) in Suid-Afrika se toekenning vir die beste motorkapingsondersoeker van die jaar ontvang. Dit kom nadat konstabel S.G. Bulose uitstaande ondersoekwerk op 'n komplekse motorkapingsaak gedoen het. Nova News berig sy werk het daartoe gelei dat twee verdagtes skuldig bevind is en elk tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is. Die seremonie is in Modimolle in Limpopo gehou. Buiten 'n trofee

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025


Duisende mans word by 'n Angus Buchan- saamtrek verwag
Ongeveer 30 000 mans sal na verwagting op die Kaapse Vlakte saamtrek om te luister na onder andere die evangelis Angus Buchan by ’n Mighty Men-saamtrek. Netwerk24 berig Buchan, wat onlangs twee beroertes gehad het, sal na verwagting Saterdag vir die eerste keer sedert 2018 in Kaapstad ’n preek lewer op die eerste Mighty Men-saamtrek op die Vlakte. Die geleentheid is daarop gemik om hoop, genesing en herstel te bring in ’n gemeenskap wat “gebuk gaan onder geweld, vaderloosheid

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025


Vrystaat Landbou sê boere vul die leemtes waar die regering misluk
Vrystaat Landbou (VL) is ongelukkig met die Vrystaatse regering se toenemende afhanklikheid van ideologiese projekte ten koste van basiese infrastruktuuronderhoud. Maroela Media berig die president van VL, Francois Wilken, sê boere word al hoe meer gedwing om op eie koste in te gryp waar die staat misluk. Hy sê ook hoewel die uitgebreide openbare werke- program goed is om plaaslike werkgeleenthede te skep, dit uiteindelik die armste burgers in ʼn greep van afhanklikheid van su

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025


Hand-voet-en-mondsiekte is by 'n Bloemfonteinse kleuterskool aangemeld
'n Kleuterskool in Bloemfontein het 'n brief aan ouers gestuur wat hulle inlig oor ’n geval van hand-voet-en-mond-siekte by dié skool. Netwerk24 berig Rainbow Kids in Parkwes het Donderdag gevra dat kinders wat simptome toon, by die huis gehou en ’n dokter geraadpleeg word. Hulle het ook goeie higiëne-gewoontes aanbeveel, soos om gereeld hande te was en hul mond te bedek wanneer hulle hoes of nies. Die brief sê voorts die Westdene-kliniek sal die skool besoek vir gesondheidsb

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025


Die Raad van Gesondheidsfinansiers vra duidelikheid oor die regering se planne om mediese belastingkrediete af te skaal
Die Raad van Gesondheidsfinansiers het aan Tesourie geskryf om dringend duidelikheid te kry oor planne om mediese belastingkrediete af te skaal ten einde die Nasionale Gesondheidsversekering te finansier. ’n Onlangse parlementêre aanbieding het voorgestel die afskaal kan volgende jaar April reeds begin, met hoë-verdieners as die eerste teiken. Die raad waarsku dat die vinnige verwydering miljoene sonder finansiële beskerming vir mediese uitgawes kan laat. Die raad se bestuurs

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 31, 2025


Bloemfonteiners is nie gelukkig oor die verkoop van die Tempe-vliegveld nie
Die DA, saam met die Tempe-vliegveld en Groenvlei-gemeenskappe, het formele besware ingedien teen die Mangaung Metro Munisipaliteit se voorstel om dié vliegveld in Bloemfontein te verkoop. Dit glo vir 'n privaat landgoedontwikkeling. DA-raadslid, Johan Pretorius, sê in ‘n mediaverklaring meer as 50 skriftelike besware is reeds ingedien. Hy voeg by om die terrein vir privaat ontwikkeling te herbestem sal nie net Tempe se lugvaartstatus bedreig nie maar ook plaaslike werksge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Vuurwapenverwante misdaad neem toe
As Suid-Afrika ernstig is oor die beskerming van mense teen vuurwapenverwante misdaad, moet hulle, volgens kenners, onmiddellik nuwe strategieë implementeer. The Citizen berig die aanmerking volg na die polisie se nasionale hoof van ballistiek, Brigadier Mishak Mkhabela, gesê het dat die aantal vuurwapens wat deur die polisie gekonfiskeer is, nadat dit in kriminele aktiwiteite gebruik is, toegeneem. Hy het toegegee dat sy span sukkel met 'n aantal sake wat wag vir 'n ballist

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Prinsesse vlug uit die Verenigde Koninkryk
Prins Andrew se dogters, Beatrice en Eugenie, het stilweg hul tuisland verlaat terwyl hul pa van sy koninklike titels gestroop en hy uit sy koninklike wonings gesit is. News.com.au berig die susters het die skandaal vermy deur twee verskillende vakansies te neem. Hulle sal steeds hul koninklike titels behou ten spyte daarvan dat hul ouers hulle s'n verloor het. Die nuus van die koninklikes se reise het gekom kort voordat Buckingham-paleis Donderdag aangekondig het dat Konin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


‘n Bejaarde is oorlede na ‘n passasierskip haar per ongeluk op ‘n eiland vergeet
’n 80-jarige vrou van Sydney is dood op Lizard-eiland aan Australië se Groot Koraalrif aangetref nadat sy per ongeluk deur haar passasierskip agtergelaat is. Maroela Media berig Suzanne Rees het van die Coral Adventurer afgestap vir ’n uitstappie saam met ander passasiers. Sy het glo siek gevoel tydens die staptog en is aangeraai om terug te draai. Die skip het die eiland sowat vyf uur later verlaat, glo sonder om ’n passasiersopname te doen. Haar liggaam is die volgende d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Mense spring in om ‘n Vrystater en sy hond te help
Mense in het ingespring en gehelp nadat 'n Vrystater se hond deur ‘n motor getref is. Volgens Good Things Guy het die man by verskeie skuilings om hulp gevra maar niemand kon help behalwe die Virginia DBV. Sonder huiwering het die man 15km met Option in sy arms na hulle toe gestap. Die DBV kon Option nie sonder dringende veeartsenykundige sorg help nie, en dis toe dat hulle die gemeenskap aanlyn om hulp gevra het. Binne ure na die pleidooi het emmers vol hoop ingestroom. Op

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


‘n Seun van Bloem verdrink byna by ‘n gastehuis
‘n 10-jarige seun het byna by ‘n gastehuis in Bloemfontein verdrink. Hy sterk tans aan in ‘n waakeenheid in die stad. Volgens Netwerk24 het die seun en sy gesin glo in die gastehuis tuisgegaan. Die eienaars van die gastehuis in Universitas het op ‘n WhatsApp-groep om hulp gevra, waarna verskeie nooddienste na die toneel gestuur is. Een van die mense op die toneel het gesê dat die kind vir omtrent twee minute onder die water was. Bystanders het dadelik KPR begin toepas, die k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Korrupsie belemmer munisipale prestasie
Korrupsie, finansiële wanbestuur, ‘n gebrek aan administratiewe kapasiteit en onvoldoende aanspreeklikheid belemmer munisipale prestasie. Dit volgens die adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê benewens ander uitdagings belemmer al hierdie dinge ook dienslewering. Mashatile het mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy voeg by die Nasionale Dialoog is byeengeroep om hierdie uitdagings aan te spreek en sleutelbeginsels vas te stel. Van die sleutelbeginsels slui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Suid-Afrikaners word aangemoedig om finansiële doelwitte te stel
Suid-Afrikaners word aangemoedig om hierdie Finansiële Beplanningsmaand te gebruik om nuwe finansiële doelwitte te stel, en hul vordering vir die toekoms dop te hou. ʼn Onlangse Sanlam-opname het bevind dat 60% van die respondente skuld as hul grootste finansiële uitdaging geïdentifiseer het. Dit terwyl 62% gesê het dat hulle daarna streef om impulsiewe besteding te beperk. Sanlam se hoof van Kanaal- en Segmentbemarking, Lee Hancox, sê baie Suid-Afrikaners sukkel met skuld,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


'n Bejaarde vrou van Frankfort is vermoor
'n Bejaarde vrou van Frankfort in die Vrystaat is vermoor. Die polisie van Mafube sê 'n klag is Woensdag ontvang, en met hul aankoms op die toneel is die liggaam van 'n 71-jarige vrou op die vloer gevind. Haar nek, hande en voete was vasgebind. Die polisie vra hulp in die soektog na verdagtes wat met die insident verbind kan word. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


'n Wit UV-student sê ander moet ook minderbevoorregte swart studente bystaan
'n Tweedejaar-BA-student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs opslae gemaak het toe sy die enigste wit student was wat aan die betogings teen die universiteit se voorgestelde registrasiebeleid deelgeneem het. Shanay Heydenrych, wat self deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) gefinansier word, sê sy verstaan die pyn en frustrasie agter die betogings. Netwerk24 berig Heydenrych sê dit is veral ontstellend wanneer ander wit studente negati

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Die oorsaak van die ongeluk op die N3 moet nog bepaal word
Die polisie moet nog die oorsaak van die ongeluk bepaal waarin agt mense op die N3-snelweg tussen Van Reenenspas en Montrose in die Vrystaat dood is. Ses ander mense is beseer en na die Thebe-hospitaal in Harrismith geneem nadat 'n minibus-taxi en 'n vragmotor Donderdagoggend gebots het. SABC News berig 'n woordvoerder vir die verkeersinspektoraat, Sindi Msimang, sê die vragmotor was na bewering op 'n steilte toe dit krag verloor het. Dit het toe agteruit gerol en met die aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


'n Geliefde Bloemfonteiner met Down se sindroom is skielik oorlede
’n Geliefde man van Bloemfontein met Down se sindroom, Johan Coetzer, is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood. Volksblad berig sy afsterwe Woensdagaand was vermoedelik aan hartversaking, nadat hy 'n tyd lank met longontsteking in die hospitaal was. Jeannette Geldenhuys-Smit, 'n Bloemfonteinse weldoener wat ’n sterk band met Coetzer en sy ma, Dollie, gehad het, sê sy wil bydraes vir Coetzer se begrafnis insamel om hom die begrafnis te gee “wat hy verdien”. Hy en sy m

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Vyf is in hegtenis vir die diefstal van die Louvre-juwele
Frankryk se polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die diefstal van juwele ter waarde van $102 miljoen uit die Louvre-museum se Apollo-galery in Parys. The Guardian berig twee mans wat vroeër in hegtenis geneem is, het gedeeltelik skuld erken. Die gesteelde juwele bly vermis, maar owerhede hoop die jongste inhegtenisnemings sal lig werp. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Trump hou vol dat niks die wapenstilstand in die Midde-Ooste in gevaar kan stel nie
Nadat Hamas daarvan beskuldig is dat hulle die wapenstilstandooreenkoms in twee afsonderlike voorvalle oortree het, is ongeveer 104 Palestyne Dinsdagaand in ‘n vlaag Israeliese aanvalle in Gaza dood. Die Hamas-wapenstilstandskending het kort na onthullings gekom dat die oorskot wat die vorige nag deur die terreurgroep terugbesorg is, nie nuut was nie, maar bykomende oorskot wat aan ‘n gyselaar behoort het wie se gedeeltelike oorskot reeds vroeër in die oorlog deur die IDF her

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30, 2025


Nuwe Seta-raadslede lok kritiek uit
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het byna ‘n maand ná hul aanstelling, die name van nuwe Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETA)-raadslede bekend gemaak. Die vertraging het kritiek ontlok. Dit omdat die rade glo verskeie ANC-lede insluit, onder meer ’n voormalige burgemeester van KwaZulu-Natal, jeugliga-leiers en lede van provinsiale en streeksuitvoerende komitees. Die DA se adjunkwoordvoerder oor hoër onderwys, Karabo Khakhau, sê die party sal die saa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025


Koeberg Eenheid 1 is suksesvol by die nasionale kragnetwerk herkoppel
Eskom se Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale is weer aan die nasionale netwerk gekoppel. Die kragverskaffer sê dit is ‘n belangrike mylpaal in die verdere verbetering van die sekuriteit van Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening en die terugbesorging van 930 megawatt. Beide Koeberg-eenheid 1 en Eenheid 2 is tans aanlyn, met Eenheid 1 wat besig is om voorsiening op te bou. Sodra die eenheid volle uitset bereik sal die twee eenhede gesamentlik meer as 1 860 megawatt kap

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025
bottom of page

