top of page

Nuus


Die Metro se voorafbetaalde watermeter-situasie word aangespreek
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het 'n gesamentlike studiegroepvergadering aangebied om die situasie met voorafbetaalde watermeters in die stad te bespreek. Raadslede het die noodsaaklikheid beklemtoon dat die verantwoordelike departement 'n omvattende vervangingsprogram vir hierdie meters moet ontwikkel en implementeer, veral dié wat as stukkend of as omseil aangemeld is. Luidens die aanlyn artikel moet die omvattende program nuwe meterinstallasies ook insluit. Verder het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


‘n Verkragter sê hy lei geldelike verliese en word verwerp
‘n Welkom-prokukeur, wat erken het dat hy minderjariges verkrag het, het terwyl hy vir strafversagting getuig het, gesê hy het geldelike verliese gely, vriendskappe verloor en ‘n buitestander geword wat deur baie verwerp is. Netwerk24 berig Jan Maritz se vonnisverrigtinge het in die hooggeregshof in Bloemfontein begin. Hy is in Mei 2021 aan verskeie misdrywe, waaronder drie aanklagte van verkragting van minderjariges, skuldig bevind. Dit na hy skuld beken het. Die misdrywe i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


‘n Bloem-leerder ontvang ‘n gesogte beurs
‘n Leerder van Jim Fouché Hoërskool in Bloemfontein, Jaco Deysel, is een van ses leerlinge wat ‘n gesogte beurs van R5 miljoen by die Eskom Expo Internasionale Wetenskapskou se nationale finaal ontvang het. Bloemnuus berig Jaco was deel van ‘n groep van 20 wat die Vrystaat by die jaarlikse expo verteenwoordig het. Die expo word daarop gemik om toekomstige wetenskaplikes te ontdek en sluit deelnemers van laer en hoërskole in. Ongeveer 300 kandidate uit 35 streke in Suid-Afrik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


‘n Picasso-skildery verdwyn spoorloos
Die polisie in Spanje stel ondersoek in ná ’n Pablo Picasso-skildery spoorloos verdwyn het. Dit terwyl dit onderweg was van Madrid na Granada vir ’n kunsuitstalling. Maroela Media berig die olie-op-doek-skildery, Stillewe met Kitaar, met ’n geskatte waarde van ongeveer R12 miljoen, sou verlede week by ’n uitstalling van die CajaGranada-stigting vertoon word. Volgens die stigting kom al die kunswerke in die uitstalling uit privaat versamelings. Bronne by die nasionale polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Onderbefondsing laat die weermag sukkel
Die parlement se Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging sê die Suid-Afrikaanse Weermag is te erg onderbefonds om grenspatrollietake uit te voer. Die komitee het gister toesigbesoeke aan talle grensplekke naby die Limpoporivier afgelê. Die grens staar onwettige migrasie en die smokkelary van gesteelde voertuie en onwettige goedere in die gesig. Die komitee sê tekorte aan personeel, voertuie en moderne tegnologie, soos hommeltuie, beïnvloed hul pligte. Ter illustrasie. FO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Die hof vra hoe Zuma sal leef as hy sy skuld betaal
Die Gauteng-hooggeregshof bevraagteken hoe die voormalige president, sal leef as sy pensioenvoordeel aangeheg word om miljoene terug te betaal wat gebruik is om sy verdediging in die korrupsieverhoor te finansier. Zuma het eise teengestaan dat hy die meer as R28 miljoen wat die staat aan sy regskoste bestee het, terugbetaal. Die staatsadvokaat en die Presidensie sê Zuma het versuim om die geld te betaal nadat hulle ‘n aanmaningsbrief aan hom gestuur het. Intussen beweer Zum

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Studies toon die dollar kos te veel
Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), Lesetja Kganyago, sê die rand is onderwaardeer, met studies wat toon dit moet teen ongeveer R7 teenoor die dollar verhandel. Business Tech berig Kganyago sê die rand het die afgelope twee dekades gedepresieer. Hy het die Mundell-Fleming-raamwerk aangehaal, wat sê dat geld-eenheid-depresiasie tot groei behoort te lei, maar hy sê die rand – en die ekonomie – het verswak. Hy voeg by in die laat jare 2000 was dit diwels g

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


'n Vrystaatse man kry 'n swaar vonnis vir die moord op sy eks-meisie
Die hooggeregshof in die Vrystaat het ‘n 36-jarige man tot 23 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy eks-meisie. Abel Khidi Stheiso en Mantja Liesbeth Skosana het op 1 Maart ‘n argument gehad. Tydens die argument het Stheiso ‘n mes gegryp en Skosana agt keer gesteek. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê Stheiso het homself dieselfde dag aan die polisie oorgegee. LUISTER: Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Aanlyn-dobbelary wek kommer
Suid-Afrika se aanlyn dobbelbedryf het die afgelope jaar ongeveer R75 miljard in inkomste gegenereer. Die land se dobbelomset het R1,5 biljoen in die vorige finansiële jaar bereik. Die uitvoerende direkteur van Responsible Gambling, Sibongile Simelane-Quntana, sê dit wek dringende kommer oor regulering en verslawing. Sy waarsku dat kompulsiewe dobbelary ‘n kliniese probleem kan word wat saam met ander toestande, insluitend depressie en ernstige slapeloosheid, gepaard gaan. Si

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Charlie Kirk: 'n Postuum- Presidensiële Medalje van Vryheidword toegeken
Amerika se President Donald Trump het vandeesweek aan Charlie Kirk ‘n postuum Presidensiële Medalje van Vryheid toegeken, gegraveer met ‘n kruis. Dit is oorhandig tydens ‘n seremonie in die Withuis se Roostuin om ter herdenk wat die oorlede konserwatiewe aktivis se 32ste verjaardag sou gewees het. Trump, wat gesê het hy het “halfpad om die aardbol teruggejaag” gedurende die vroeë oggendure om Kirk se verjaardag te vier nadat hy ‘n vredesooreenkoms in Israel onderteken het, he

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Liebenberg: Beweerde bedrieër se broek word opgeveil
Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg se bates word opgeveil – van bokhorings en mynmasjinerie tot ’n broek. Netwerk24 berig die aanlyn veilings het Dinsdag begin. Dis deel van die proses om geld terug te kry vir die duisende beleggers wat glo deur Liebenberg bedrieg is. Die bates wat onder die hamer kom, sluit persoonlike besittings en luukse goedere in. Swaar grond-verskuiwings-masjinerie van Liebenberg se myn aan die Noord-Kaapse kus word opgeveil, en bates van sy

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Getuie X praat wel agter geslote deure
‘n Getuie, bekend as Getuie X, se getuienis voor die Madlanga-kommissie gaan Donderdag en Vrydag agter geslote deure voort. Die besluit volg ná ’n ooreenkoms tussen die kommissie, bewysleiers en ’n prokureur wat News24 en Daily Maverick verteenwoordig. Die twee mediagroepe het vroeër die week hul teenkanting teen geslote verhore bevestig. Die hoofbewysleier, advokaat Matthew Chaskalson, sê die getuienis hou verband met lopende polisiesake wat in gevaar gestel kan word indien

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Eunice se onderhoofmeisie wen Matrikulant van die jaar
Die onderhoofmeisie van die Eunice Hoërskool in Bloemfontein, Kiara Subramanian, is tydens 'n gala-geleentheid as die Matrikulant van die Jaar aangewys. Bloemnuus berig Kiara, wat volgende jaar medisyne aan die Universiteit van die Vrystaat wil studeer, sê sy voel dankbaar vir die eer wat haar te beurt geval het. Sy volg in die voetspore van 43 ander matrikulante wat oor die jare die toekenning gewen het. Onder die 14 finaliste wat van alle uithoeke van Suid-Afrika in Bloemf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


‘n Boer van die Vrystaat is oorlede na ‘n trein sy stroper tref
ʼn Gedenkdiens word vir ‘n jong-boer van die Vrystaat gehou, na die stoper waarop hy was deur ‘n goederetrein naby Page in Noord-Dakota, VSA, getref is. Maroela Media berig volgens plaaslike nuuspublikasies het die impak van die botsing die lokomotief aan die brand laat raak en het ongeveer 20 waens ontspoor. Die 33-jarige Stephan van den Berg is op die toneel dood verklaar. Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die VSA (Saccusa) sê hulle is diep bedroef oor die hartv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Gwede Mantashe se hofaansoek misluk
Die voorsiter van die ANC en minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, se hofuitdaging om dele van die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping te laat skrap, het misluk. Dit het betrekking op dele in die verslag waar sy naam genoem word. Die hooggeregshof in Johannesburg het sy aansoek van die hand gewys, en gesê Mantashe het nie die regte prosedure gevolg nie. Die Zondo-kommissie het in sy verslag aanbeveel dat die veiligheidsopgraderingswerk wat die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Jong Bloemfonteiners is in ‘n huisbrand oorlede
Die 30-jarige ma wie se twee kinders vroeër die week in 'n huisbrand in Caleb Motshabi, Bloemfontein, oorlede is, sal eersdaags in die hof op aanklag van kinderverwaarlosing en strafbare manslag verskyn. Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die ma glo die kinders alleen by die huis gelaat en kon gemeenskapslede slegs die oudste kind van agt jaar uit die brandende huis red. Die departement se LUR Jabu Mbalulu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die UV bereik ‘n ooreenkoms met studente
Die Uitvoerende Komitee van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Kampusstudenterade van hul drie kampusse het 'n ooreenkoms bereik oor die implementering van die uitfasering van voorlopige registrasie. SABC News berig daar is ooreengekom dat voorlopige registrasie oor 'n tydperk van twee jaar (2026-2027) uitgefaseer sal word. Die universiteit sê vanaf 1 Januarie 2026 sal alle studente op 'n volledig geregistreerde stelsel wees. Intussen sal die agt betogers, vermoed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verwelkom ‘n voormalige werknemer se hofuitspraak
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die Arbeidshof se uitspraak in sy saak teen sy voormalige stafhoof, Zanele Simmons, verwelkom. Die Departement het Simmons verlede maand na bewerings van ernstige wangedrag geskors. Die bewerings het die beweerde ongemagtigde gebruik van minister Nokuzola Tolashe se elektroniese handtekening ingesluit. Sy word ook daarvan beskuldig dat sy ‘n personeellid se curriculum vitae vervals het. Simmons het die departement hof toe gesl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die hoof van misdaadintelligensie word glo bevooroordeel
Die prokureur wat die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, en sy twee medebeskuldigdes verteenwoordig, beweer dat haar kliënte bevooroordeel word. Zandile Mshololo het die opmerking gemaak nadat die hof die saak rakende die verslapping van hul borgtogvoorwaardes uitgestel het. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie omdat hulle iemand in misdaadintelligensie aangestel het wat nie die korrekte kwalifikasies gehad het nie. Msholol

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die Vrystaatse skooltaalbeleid word gekritiseer
Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die taalbeleid in sommige skole in die Vrystaat. Volgens die komitee laat die beleid slegs Afrikaans en Engels as onderrigtale van graad vier tot twaalf toe. Ander tale word slegs tussen graad een en drie gebruik. Die komitee glo die beleid diskrimineer teen Afrikatale en bevoordeel Afrikaanssprekende leerders. Hulle voeg by hoewel hulle nie ‘n probleem met Afrikaans het nie, moet alle tale gelyk behandel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


MTV se laaste note weerklink binnekort
MTV, die wêreld se eerste 24-uur-musiekuitsaaier, gaan ná amper 40 jaar vyf van sy kanale staak. Die BBC berig MTV Music, MTV 80s, MTV 90s, Club MTV en MTV Live sal almal ná 31 Desember 2025 nie meer uitsaai nie. Die vlagskip-kanaal, MTV HD, sal egter op die lug bly. Die skuif reflekteer 'n verandering in kykgewoontes, met musiekvideo's wat hoofsaaklik op YouTube en sosiale media eerder as op televisie gekyk word. FOTO: BBC

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Amerika trek 'n Suid-Afrikaner se visum terug ná opmerkings oor Kirk
Die Amerikaanse staatsdepartement het 'n Suid-Afrikaner se visum terug getrek. Dit nadat Nota Nhlamulo Baloyi na bewering die sluipmoord op die medestigter van die konserwatiewe studenteorganisasie Turning Point USA, Charlie Kirk, "gevier" het. Volgens The Citizen het Kirk se moord verskeie reaksies ontlok, en die Amerikaanse regering het ten minste ses sosialemediagebruikers dopgehou wat die sluipmoord vier, en gesê dié visa-houers is nie meer welkom in die land nie. Onder d

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Varkhok-saak: 'Dit was dalk 'n ongeluk'
“Dit was nie die bedoeling nie, maar dit het gebeur.” Dit is die getuienis van Adriaan de Wet, op ‘n vraag oor of dit die bedoeling was om mense op die betrokke aand dood te skiet. De Wet is ingevolge artikel 204 van die Strafproseswet ’n staatsgetuie in die saak waarin twee mans van die moord op die twee vroue aangekla word. Die vroue se liggame is in Augustus verlede jaar in ‘n varkhok op ‘n hoewe gevind. Zacharia Johannes Olivier en William Musora staan tereg vir die moord

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Duisende kandidate skryf hierdie jaar matriek-eindeksamen
Die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi) het bekend gemaak dat altesaam 790 144 matrieks geregistreer is om hierdie jaar die Nasionale Seniorsertifikaateksamen af te lê. Net minder as 17 500 van hierdie kandidate is deur die onafhanklike eksamenraad geregistreer. Daar is ook ʼn groot aantal kandidate wat ouer is of weer skryf om hul punte te verbeter, wat die totale aantal kandidate op 903 561 bring wat die eindeksamen aflê. Umalusi het van 11 Augustus tot die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025
bottom of page

