top of page


Alle Plasings


Meer sigbare polisiepatrollies is vir Heuwelsig versoek
Meer sigbare polisiepatrollies en sekuriteit in Heuwelsig is gevra ná 'n aantal voorvalle en veiligheidskwessies in die gebied. In 'n boodskap van die DA-raadslid vir Wyk 20, Corize van Rensburg, doen sy 'n beroep op inwoners om eerder kerke, skuilings en betroubare nie-winsgewende organisasies te ondersteun wanneer hulle mense wat op straat woon wil help. Sy sê direkte skenkings van geld of kos kan onbedoeld daartoe bydra dat mense in woonbuurte saamkom, eerder as om toegang

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


’n Eeu-oue dokter sien steeds pasiënte
Die Pretoriase keel-, neus- en oorspesialis, John Callaghan, het Woensdag sy 100ste verjaardag gevier en is, sover bekend, die land se oudste praktiserende dokter. Volgens die Plus 50-tydskrif werk hy steeds vier dae per week by sy spreekkamers. Pasiënte, kollegas en sy persoonlike afrigter, Philip Steyn, het sy verjaardagvieringe bygewoon. Callaghan oefen twee keer per week en sê sy grootste vreugde is om dankbaar te wees vir die talent wat hy gekry het en om steeds werk te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Parlementslede stamp koppe
Parlementslede het koppe gestamp oor die vraag of DA-LP Ian Cameron homself as voorsitter van die Polisieportefeuljekomitee moet onttrek. Dit volg op bewerings by die Madlanga-kommissie dat Cameron verbind word met 'n beweerde komplot deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie om die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, te verwyder. Die MK-party se Vusi Shongwe wil hê Cameron moet hom onttrek totdat hy sy naam skoongemaak het. DA-LP Lisa Schickerling het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


‘n Moontlik vervalste handtekening lei tot verdere ondersoek
'n Moontlik vervalste handtekening het in 'n ondersoek na die aanstelling van die voormalige uitvoerende hoof van die Film- en Publikasieraad, Mashilo Boloka, opgeduik. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het dit in antwoord op parlementêre vrae van die DA onthul. Volgens die ondersoek was Boloka se aanstelling wettig en is geen bewyse van onbehoorlike eksterne invloed gevind nie. Malatsi sê die moontlik vervalste handtekening regverdig egter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Die ANC leer uit hul foute
Die ANC hersien sy vordering en lesse uit vorige termyne ter voorbereiding van vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Die party se Plaaslike Regeringsintervensiekomitee se adjunkvoorsitter, Stella Ndabeni, sê die hersiening sal help om ’n meer gefokusde en doeltreffende program vir die volgende termyn saam te stel, veral waar implementering ongelyk was. Ndabeni voeg by die ANC sal ook prestasie assesseer, integriteitsstandaarde konsekwent toepas en openlik oor die implemen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


OGGEND SPORT: Die Stormers maak veranderinge vir hul Pumas-wedstryd, die Proteas-afrigter sê Jansen is al ’n geruime tyd op sy radar en Paris behou die Superbeker-titel
Ons skop af met rugby: Die Stormers XXIII het vyf veranderinge aangebring vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas by Mbombela-stadion. Vier veranderinge kom in die voorspelergroep, met Wandile Mlaba, Keke Morabe, Mhlei Khuzwayo en Herman Lubbe wat terugkeer na die beginspan. Die vleuel, Joel Leotlela, maak sy eerste verskyning van die seisoen nadat hy die beseerde, Suleiman Hartzenberg, vervang het. Die afrigter, Tom Dawson-Squibb, sê die Stormers sal ‘n 80-minuut

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 13


SA se nuwe reismagtiging sal grense én die ekonomie versterk
Volgens President Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika se nuwe Elektroniese Reismagtiging beide ekonomiese openheid en nasionale veiligheid versterk. Hy het tydens die bekendstelling van die stelsel bygevoeg dit sal die afdwinging van immigrasie- en arbeidswette verbeter, terwyl grensbestuur ook versterk word. Die digitale reismagtiging is daarop gemik om Suid-Afrika meer oop te maak vir wettige reisigers, terwyl owerhede beter gereedskap kry om immigrasie te bestuur en die land s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Padsterftes in die Vrystaat styg
Meer as 400 mense is tussen 1 Januarie en 26 Julie vanjaar op Vrystaatse paaie oorlede. Dit is 56 meer as dieselfde tydperk verlede jaar, toe 351 padsterftes aangeteken is. Dit beteken padsterftes in die provinsie het met 16 persent toegeneem. Die Thabo Mofutsanyana- en Fezile Dabi-distrikte is verantwoordelik vir twee derdes van die provinsie se padsterftes. Die syfers is tydens 'n belanghebber-betrokkenheidsessie oor padveiligheid in Bloemfontein bekend gemaak. Volgens die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Wilcocksweg hou steeds ’n gevaar in
Byna 'n jaar ná die Mangaung-metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, se besoek aan Wilcocksweg in Bayswater, is daar volgens die VF Plus steeds geen ingryping om die pad veiliger te maak nie. Volgens Bloemnuus-Express sê VF Plus-raadslid Elizabeth Snyman-Van Deventer daar was sedert die besoek verlede jaar ses ongelukke op die besige pad, waarvan twee op dieselfde dag was. Twee mense is glo ook in dié tyd in afsonderlike ongelukke oorlede. Snyman-Van Deventer het in 'n skryw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Gevangenes sukkel om te bel
Gevangenes sukkel om hul families te kontak nadat bevind is dat slegs 388 van 2 050 telefone by korrektiewe fasiliteite operasioneel is. Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die uitfasering van Telkom se koperinfrastruktuur het gereelde onderbrekings veroorsaak. Hulle beplan om 'n bod vir 'n nuwe gevangene-kommunikasiestelsel te adverteer. Intussen het die Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste tydens 'n toesigbesoek aan die Brandvlei-korrektiewe sentrum in die Wes-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Miljoene word met 'n skouspelagtige sonsverduistering bederf
Miljoene mense in Brittanje en Europa is bederf met die grootste sonsverduistering wat dié streek sedert 1999 gesien het. Volgens BBC was meer as 90% van die son gister deur die maan bedek in groot dele van Brittanje. Terwyl die gedeeltelike verduistering oor groot dele van Europa sigbaar was, was die hoogtepunt in dele van Ysland en Spanje. Daar kon gelukkiges 'n seldsame totale sonsverduistering aanskou. Dit is die eerste keer in meer as twee dekades dat 'n verduistering va

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Phala Phala: Die hof verwerp ‘n poging die afsettingsverhore te laat herleef
Die Konstitusionele Hof het ‘n appèl deur politieke partye en die parlement se afsettingskomitee teen ‘n tussentydse interdik wat openbare verhore in president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-afsettingsondersoek stop, van die hand gewys. Die hof sê dit is nie in belang van geregtigheid om die appèl op hierdie stadium aan te hoor nie. Die interdik sal van krag bly terwyl die Wes-Kaap-hooggeregshof Ramaphosa se hersieningsaansoek oorweeg wat die verslag wat die ondersoek onderlê

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


MIDDAG SPORT: Steyn sê selfs De Klerk kan beter word, Svitolina dring deur na Toronto se halfeindronde en die SA Opkomende-vroue beklink die reeks
Ons begin met rugby-nuus: Toyota Cheetahs-afrigter Frans Steyn glo selfs die voormalige Springbok-skrumskakel Faf de Klerk kan nog verbeter, terwyl die Cheetahs hul spel in die Curriebeker wil opskerp. De Klerk het Sondag op die nippertjie 'n drie gedruk om die Cheetahs met 31-26 oor die Stormers XXIII by Athlone-stadion te laat seëvier. Hy is ook as Speler van die Wedstryd aangewys. SA Rugby Magazine berig Steyn het weer sy voormalige Springbok-spanmaat se invloed sedert sy

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 12


Okosa hou voet by stuk: Ongebruikte databondels moet een keer gratis oorgedra word
Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) staan vas by sy nuwe reëls wat telekommunikasiemaatskappye sal dwing om ongebruikte databondels minstens een keer gratis oor te dra. Dit is ondanks hofstappe deur MTN en Vodacom. Netwerk24 berig ’n Vodacom-woordvoerder sê die regsgeding gaan nie daaroor om teen verbruikersbeskerming gekant te wees nie, maar hulle is bekommerd dat sekere dele van die regulasies dalk moeilik in die praktyk konsekwent toegepas kan wor

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


Informele nedersettings hou veiligheidsrisiko vir weermagfasiliteite in
Die Departement van Verdediging sê informele nedersettings wat inbraak maak op die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se fasiliteite regoor Suid-Afrika, bly ’n groot nasionale veiligheidsrisiko. Die departement het die parlement Woensdag ingelig. Die departement sê die nedersettings bedreig operasionele gereedheid, verhoog kriminele aktiwiteite en plaas druk op verdedigingsinfrastruktuur. Dit sê ’n Regerings Interdepartementele Werkgroep is gestig om ’n nasionale reaksie te ko

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


Die SUT onderneem om verblyftoelaes direk aan geaffekteerdes te betaal
Die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) in die Vrystaat het onderneem om verblyftoelaes direk aan 1 392 geaffekteerde studente op sy Welkom-kampus te betaal. Die studente, wat in ongeakkrediteerde verblyf woon, is sedert die begin van die jaar sonder toelaes. Die adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, Yusuf Cassim, het die kampus Dinsdag besoek en die dringendheid van die saak beklemtoon, nadat slegs 260 studente bevestigde betalings ontvang het. Die Nasionale

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


'Die Gesondheidsdept. moet tred hou van dié wat uit Tvet-kolleges val
Bosa sê die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding moet rekening hou met die aantal jongmense wat uit Tvet-kolleges val. Volgens die party sê die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, dat die departement nie data het om uitvalsyfers te bereken nie. Die minister sê dit moet reggestel word. Bosa se woordvoerder, Graham Charters, sê die party sal hierdie kwessie in die parlement opneem. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


Kroonstad loop deur onder ‘n reeks brande
Kroonstad is binne die bestek van ’n week deur ’n reeks brande getref, met ’n huis, woonstel, twee lapas en die koshuis van ’n plaaslike laerskool onder die eiendomme wat beskadig of verwoes is. Die reeks brande het kommer in die gemeenskap laat ontstaan, veral te midde van die koue winterweer wanneer inwoners toenemend van verwarmers en ander verhittingstoestelle gebruik maak. Netwerk24 berig die brand by die Primêre Skool Moqhaka se Opsaal-koshuis het die grootste aantal me

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


Patricia de Lille verwelkom die aanstelling van ’n nuwe SA Toerismeraad
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom die kabinet se goedkeuring van die aanstelling van ’n nuwe Suid-Afrikaanse Toerismeraad. Die nuwe lede het nou hul driejaartermyn begin, wat die tussentydse raad se ampstermyn tot ’n einde bring. De Lille het die tussentydse raad bedank vir hul diens oor die afgelope jaar en sê dat dit gehelp het om die organisasie te versterk. Sy glo die nuwe raad sal help om Suid-Afrikaanse toerisme te ondersteun gedurende ’n kritieke

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


‘n Brand rig groot skade aan naby die Bloedrivier-terrein
'n Brand het aansienlike skade aan infrastruktuur naby die woning van die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal se bestuurder aangerig. Die terrein bied nou ʼn beloning van R20 000 nadat daar vermoed word dat die brand doelbewus gestig is. Dit is aangesien olie glo op verskeie plekke rondom die erf en op die kampeerterrein aangetref is. Maroela Media berig die finansiële bestuurder by die Bloedrivier-erfenisterrein, Judean Janse van Vuuren, sê die vlamme was dakhoogte bu

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


Forum4SA ondersteun NUM se teenkanting teen die privatisering van Eskom
Forum for South Africa (Forum4SA) sê dat hulle die mynwerkersvakbond NUM se teenkanting teen die ontbondeling en privatisering van Eskom ondersteun. Die organisasie glo dat kragvoorsiening en strategiese nasionale elektrisiteitsinfrastruktuur in openbare besit moet bly. Dit voeg by dat elektrisiteit nie hoofsaaklik in die hande van private belange geplaas moet word wie se hoofverantwoordelikheid is om winste te genereer nie. Forum4SA se Tebogo Mashilompane sê private elektris

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12


Duisende skole bedien maaltye uit ongesertifiseerde kombuise
Meer as 7 000 skole in ses provinsies bedien maaltye aan kinders uit kombuise wat nie as veilig vir voedselvoorbereiding gesertifiseer is nie. News24 berig dat slegs 1 616 van die byna 8 900 openbare skole wat betrokke is by die Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSVP) in hierdie provinsies ’n aanvaarbaarheidsertifikaat het. Limpopo het die laagste voldoeningskoers, met slegs 167 van 3 472 skole wat gesertifiseer is. Intussen het geeneen van die skole in vier distrikte in die Oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


‘n Jong Suid-Afrikaner wil geskiedenis maak
Die 18-jarige Kaapstadse swemmer Amber-Rose Berry gaan later vandeesmaand probeer om die jongste Suid-Afrikaner te word wat die Engelse Kanaal swem. Haar poging is vir tussen 21 en 27 Augustus beplan, afhangend van die weer, getye en seetoestande. Berry het reeds die rekord as die jongste vrou wat 'n solo-oortog van Valsbaai voltooi het. Sy het sowat 34km van Miller's Point naby Simonstad na Rooiels geswem. Berry sal dié keer in Dover in Engeland begin en na die Franse kus sw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12


Die koalisiewetsontwerp moet vir eers wag
Die Koalisiewetsontwerp sal waarskynlik nie voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing goedgekeur word nie. Volgens parlementêre regsadviseur, Daksha Kassan, moet die wetsontwerp eers nog verskeie prosesse deurloop. Die wetsontwerp is daarop gemik om onstabiliteit wat deur koalisieregerings in munisipaliteite veroorsaak word, aan te spreek. Suid-Afrikaners gaan in November oor nuwe plaaslike regerings stem. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 12
bottom of page


