top of page


Alle Plasings


Lande omseil glo Amerikaanse tariewe
Die Withuis beweer meer as 40 lande het China glo gehelp om Amerikaanse invoertariewe te omseil deur goedere deur lande met laer tariewe te stuur. Dit sluit onder meer Kanada, Indië, Mexiko, Japan en Suid-Korea in. Volgens skattings wat deur die Withuis aangehaal word, kan goedere ter waarde van tot 300-miljard dollar, sowat R5.2 triljoen, op dié manier verskuif wees. Die Withuis sê die praktyk behels onder meer die herverpakking van goedere of die gebruik van derde lande om

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Sassa kry ekstra hande om met lang rye te help
Sassa gaan landwyd 1 000 kontrakwerkers aanstel om lang rye by sy kantore te help verkort. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het die aankondiging Donderdag tydens 'n besoek aan Kaapstad gedoen. Sassa-werknemers het tydens die besoek gekla oor personeeltekorte, onvoldoende toerusting en 'n gebrek aan ondersteuning van bestuur. Intussen berig Eyewitness News dat Sassa slim-rybestuur en biometriese tegnologie ingestel het om dienslewering te verbeter en wagt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Bloemspruit se geskiedenis word as ingenieurslandmerk gevier
Die Bloemspruit-stormwaterkanaal is as 'n historiese siviele ingenieurslandmerk erken. Die Mangaung metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, het Donderdag saam met verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese en ingenieurstudente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie 'n gedenkplaat by die kanaal onthul. Die kanaal is ná die verwoestende oorstromings van 1904 ontwikkel en het volgens Nthatisi Bloemfontein sedertdien teen opeenvolgende o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Die parlement kritiseer Nsfas oor adviseursbetalings
Die Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys sê die administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas), professor Hlengani Mathebula, het onwettig en onbehoorlik opgetree deur vier adviseurs voor goedkeuring te betaal. Die komitee is ingelig oor die vordering sedert Nsfas in Mei onder administrasie geplaas is. Hulle het aanbeveel dat die adviseurs die geld wat ontvang is, onmiddellik terugbetaal en dat stappe teen Mathebula gedoen word. Intussen sê die min

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


OGGEND SPORT: Die Stryd om uitspeelplekke in die Curriebeker verhit, Taylor gaan die All Blacks teen die Bulls aanvoer en, Shelton en Swiatek wen die Kanadese Ope-titels
Ons skop af met rugby: Elke ligapunt in die Carling-Curriebeker is van kardinale belang, met die Fidelity ADT Lions wat Saterdag die Sanlam Boland Kavaliers huisves, terwyl die Suzuki Griquas die Hollywoodbets Sharks XV ontvang. Die Airlink Pumas kom oor die naweek teen die DHL Stormers XXIII te staan en die Vodacom Bulls XV pak Sondag die Toyota Cheetahs op Loftus Versfeld. Die Cheetahs het na die tweede plek beweeg, terwyl die Bulls steeds sonder ‘n oorwinning is, wat die

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 14


Uitdagings moenie net voor die regering se deur gegooi word nie
Suid-Afrika moet verder as die regering kyk wanneer gemeenskappe se uitdagings bespreek word. SABC News berig dit is volgens professor Sethulego Matebesi van die Universiteit van die Vrystaat. Hy sê die rol van basiese instellings soos gesinne, onderwys, godsdiens en politiek moet ook ondersoek word. Volgens Matebesi kan ’n wanbalans tussen dié instellings tot chaos in die samelewing bydra. Hy het tydens ’n gemeenskapsseminaar wat deur die Vrystaatse Wetgewer in Bloemfontein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Liebenberg het nie ‘n psigiatriese toestand nie
Die vermeende diamantsmokkelaar Louis Liebenberg is toerekeningsvatbaar verklaar en kan sy verhoor volg. Maroela Media berig sy psigiatriese verslag is in die hofrekord van die Bronkhorstspruit-landdroshof ingelees nadat hy in die Weskoppies-psigiatriese hospitaal vir waarneming was. Volgens die verslag is geen psigiatriese toestand by die 62-jarige Liebenberg gediagnoseer nie. Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is in Oktober 2024 in hegtenis geneem en staan saam met sewe medebesk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Die werkloosheidskrisis vereis meer as net nog ’n regeringsstimuluspakket
Volgens die voorsitter van die parlement se Gekose Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel, Sonja Boshoff, vereis Suid-Afrika se werkloosheidskrisis meer as net nog ’n regeringsstimuluspakket. Sy sê meer as 60% van jongmense tussen 15 en 24 jaar wat werk soek, kan nie werk kry nie. Onbetroubare elektrisiteit, swak spoor- en hawens, misdaad, korrupsie, burokrasie en mislukte munisipale dienste belemmer ekonomiese groei. Die voorsitter het bygevoeg dat openbare werkprogra

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Salarisverhogings by die Nasionale Biblioteek van SA moet ondersoek word
Die Staatsamptenare Vereniging het ’n beroep op die Openbare Beskermer gedoen om die salarisverhogings van bestuurders by die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika (NLSA) te ondersoek. Die oproep volg op berigte dat die NLSA sy uitvoerende hoof se salaris van R1.8 miljoen rand tot R2.6 miljoen per jaar verhoog het. Die finansiële hoof se salaris is ook verhoog. Die vakbond beweer dat die salarisverhogings moontlik nie aan die standaarde voldoen wat van ’n openbare instelling v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Huiskopers staar groter verbande in die gesig
Suid-Afrikaanse huiseienaars betaal meer op hul verbande namate stygende eiendomspryse maandelikse terugbetalings verhoog, ten spyte daarvan dat rentekoerse die afgelope jaar onveranderd gebly het. Navorsing deur eXp Realty South Africa toon dat die gemiddelde maandelikse terugbetaling met 4.2% gestyg het tot ongeveer R15 875 rand op ‘n 20-jaar lening. Dit is ‘n toename van ongeveer R640 per maand, of R7-680 per jaar. Die gemiddelde huis kos nou ongeveer R1.7 miljoen, met kop

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Four Paws vra vir sterker regeringsoptrede
Die dierewelsynsorganisasie Four Paws vra Suid-Afrikaners en die regering om verantwoordelike troeteldiereienaarskap te bevorder voor Internasionale Dag vir Hawelose Diere, wat die naweek plaasvind. Volgens die organisasie dryf onbeheerde teling, die verlaat van diere, beperkte steriliseringsdienste en ’n gebrek aan opvoeding die rondloper-dierkrisis. Data van Statistieke Suid-Afrika toon dat 7.4 miljoen honde en 2 miljoen katte in Suid-Afrika aangehou word, maar dit sluit ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Die onderwysvakbond sê leë onderwysposte lei tot onstabiliteit
Die onderwysvakbond Naptosa sê poste in die onderwys wat nie gevul is nie lei tot onstabiliteit in die sektor. Naptosa het gereageer op die onthulling dat daar meer as 27 000 vakante onderwysposte is, terwyl duisende onderwysers werkloos is. Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het aan die Parlement gesê in Junie was die vakaturekoers 7 %. Die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng word die swaarste getref. Naptosa se uitvoerende direkteur, Basil Manuel, sê hul groo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


Onderwysersalarisse is onder die loep
Die Staatsamptenarevereniging stem nie saam met ekonoom Dawie Roodt oor sy menings oor onderwysersalarisse nie. Dit volg op berigte dat Roodt voorgestel het dat die salarisse van opvoeders gehalveer moet word om die regering in staat te stel om meer onderwysers aan te stel. Die vakbond sê hulle stem egter saam dat meer onderwysers aangestel moet word. Die vereniging se Claude Naiker sê hulle stem nie saam met die voorstel om die onderwysers se salarisse te sny nie. LUISTER HI

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


‘n Nuwe naam is ook vir Lady Grey voorgestel
Die Oos-Kaapse Provinsiale Geografiese Namekomitee het bevestig dat hy sal voortgaan met die hernoeming van verskeie dorpe in die provinsie, onder andere die geskiedkundige Lady Grey. Die voorgestelde naam is Inkosi Makhobeni. Business Tech berig Lady Grey is gevestig op ’n plaas wat in 1857 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk gekoop is om ’n nuwe gemeente te stig. Die dorp is ’n jaar later, in 1858, gestig. Dit is vernoem ter ere van Eliza Lucy Grey, die vrou van sir Geo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


MIDDAG SPORT: Die Bulls is gereed vir hul kragmeting teen die All Blacks, Swiatek en Shelton haal die Kanadese eindstryde en Nederland kry ‘n nuwe sokkerafrigter
Ons begin met rugby-nuus: Die Vodacom Bulls het ‘n sterk span aangekondig om Saterdag op Loftus Versfeld teen die All Blacks te speel, met kaptein, Marcell Coetzee, aan die stuur van ‘n groep wat vier Springbokke, Willie le Roux en die terugkerende Hanro Liebenberg insluit. Baie van die aandag sal op losskakel, Curwin Bosch, gevestig wees, met sy terugkeer ná twee jaar in Frankryk na Suid-Afrika en sal saam met skrumskakel, Embrose Papier en losvoorspeler Jeandre Rudolph, spe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 13


Tjokkertoneelspelers deel hul liefde vir die verhoog met Bfn gehore
Die Bloemfontein-streeksfees van die sesde ATKV-Tjokkertoneel het onlangs die Wynand Mouton-teater by die Universiteit van die Vrystaat laat gons. Altesaam 282 tjokkers het in 10 produksies hul stories, verbeelding en liefde vir die verhoog met gehore gedeel. Volgens die ATKV se webtuiste vorm die Bloemfontein-fees deel van ’n nasionale seisoen waarin 1 325 tjokkers in 60 produksies regoor Suid-Afrika die kans kry om hul eerste – of volgende – tree as jong teatermakers te gee

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


Twee meisies tree aan om teen Grey rugby te speel
Vir die eerste keer in 'n Bloemfonteinse seunskool se bykans 170 jaar het twee meisies as deel van 'n internasionale rugbyspan teen sy span kragte gemeet. Die meisies is die tweeling Sabine en Annick Desmarais van die Western Cowboys van Mauritius, en die plaaslike span is Grey Kollege se o. 13C-span. Netwerk24 berig die Grey-seuns het die gemengde eilandspan Woensdag met 44-0 geklop. Dit was ’n klipharde wedstryd in die Vrystaatse koue met harde duikslae, ’n geel kaart wat a

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


Nehawu gaan betoog nadat ‘n pasiënt glo ‘n verpleegster seksueel geteister het
Die werkersvakbond Nehawu in die Vrystaat sal Vrydag by die Odendaalsrus-landdroshof betoog. Die vakbond staan borgtog teen vir ‘n pasiënt wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 60-jarige professionele verpleegster by die Thusanong-hospitaal wreed aangerand en seksueel geteister het. Die vakbond sê die verpleegster, wat volgende maand sou aftree, het fisiese en emosionele trauma in die aanval opgedoen. Nehawu sal ook ‘n memorandum aan die Vrystaatse LUR vir Gesondheid indien

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


'Die land se waterkrisis moet tot ’n nasionale ramp verklaar word'
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen ’n beroep dat die land se verslegtende waterkrisis tot ’n nasionale ramp verklaar word. Die kommissie sê die omvang van die krisis vereis ’n breër en meer gekoördineerde regeringsreaksie ingevolge die Wet op Rampbestuur. Ondersoeke toon dat talle munisipaliteite nie betroubare waterdienste kan lewer nie weens verouderde infrastruktuur, onvoldoende befondsing, ’n tekort aan tegniese vaardighede, skuld en groot waterverliese. Die kom

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


Die VS se werkloosheidsyfer het gestyg
Die Vrystaat se werkloosheidsyfer het gestyg tot 37,3 %, met 42,9 % van jongmense tussen 15 en 34 jaar oud wat nie in diens, onderwys of opleiding is nie. Die DA sê die syfers beklemtoon die behoefte aan dringende munisipale hervorming om ekonomiese groei en werkskepping te ondersteun. Die party voer aan dat besighede nie kan uitbrei in gebiede waar munisipaliteite nie betroubare basiese dienste lewer nie. Die DA se David van Vuuren sê finansieel verantwoordelike munisipalite

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


‘n Minister sê die hersiening van die Witskrif oor Plaaslike Regering is ’n rewolusionêre stap
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, beskryf die hersiening van die Witskrif oor Plaaslike Regering as ’n rewolusionêre stap vir munisipaliteite. Hlabisa sê die dokument het uitgebreide insette van akademici, arbeid en die burgerlike samelewing ontvang. Die minister sê die hersiene Witskrif sal later vandeesmaand aan die kabinet voorgelê word en op 15 September bekendgestel word, sodra dit goedgekeur is. LUISTER HIER: Velenkosini H

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


Politieke partystudiegroepe moet vermy word
Staatsamptenare word gewaarsku om nie politieke partystudiegroepe by te woon nie. Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie, Jan de Villiers, sê deelname aan informele partypolitieke vergaderings kan amptenare se objektiwiteit, professionaliteit en apolitiese aard benadeel. Sy kommentaar volg op kommer van die Staatsdienskommissie oor staatsamptenare wat aan sulke vergaderings deelneem. De Villiers sê staatsamptenare moet onpartydige advies aa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Gespesialiseerde spanne is na ‘n Rustenburg-myn ontplooi
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het bykomende gespesialiseerde spanne na Rustenburg in Noordwes ontplooi. Die spanne sal reddings-, herwinnings- en ondersoekoperasies by ’n ongebruikte myn versterk, waar 14 vermeende zama-zamas vroeër vandeesweek oorlede is. Agt oorlewendes is op die toneel gevind. Reëlings duur voort om die oorledenes te identifiseer en nadoodse ondersoeke uit te voer. ’n Polisiewoordvoerder, generaal-majoor N

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13


Groter beperkings op alkoholverkope word gevra
Die DG Murray Trust se Rethink Your Drink-veldtog het groter beperkings op alkoholverkope en -advertensies gevra. Volgens die veldtogbestuurder Kashifa Ancer dra swaar alkoholgebruik en drankmisbruik by tot verhoogde skade in die samelewing. Sy voeg by dat die onwettige alkoholvervaardigings- en -verkoopbedryf steeds ’n groot dryfkrag agter hoër vlakke van alkoholgebruik is. Ancer sê die vermindering van swaar drinkery is nodig om alkoholverwante trauma en geweld, asook die r

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13
bottom of page


