top of page

Alle Plasings


Ondersoeke na die bron van ‘n tifuskoorsuitbraak word versterk
Die Departement van Gesondheid sê hulle het ondersoeke na die bron van die tifuskoorsuitbraak in die Stad Tshwane versterk. Volgens SABC News is 24 gevalle tot dusver bevestig – 14 in Bronkhorstspruit en 10 in Hammanskraal. Toetse op die stad se watervoorraad het geen epidemiologiese verband tussen die gevalle getoon nie. Daar word tans met die stad saamgewerk om die bron te identifiseer en areas soos onbeskermde putte, boorgate en oop waterbronne word ondersoek. Tifus word

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


SOKKER: Haaland-dubbel en Hammers-heldedade verlig Premierliga Sondag
Manchester City en West Ham United het albei gister deurslaggewende 3-1-oorwinnings behaal, met Pep Guardiola se span wat Bournemouth geklop het en Nuno Espirito Santo wat sy eerste oorwinning as West Ham-baas teen Newcastle gevier het. Erling Haaland het twee keer geslaan toe City herstel het van die nederlaag teen Aston Villa, terwyl Nico O’Reilly die uitslag verseël het met sy eerste doel van die seisoen om die kampioene na die tweede plek te skuif. By die Londen-stadion h

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


SOKKER: Orbit, AmaZulu en Arrows skitter in Premierliga-naweek
Orbit College het ‘n deurslaggewende 3-1 tuisoorwinning oor Magesi behaal, terwyl AmaZulu Chippa United met 3-0 geklop het om na die sesde plek op die Betway Premierliga-tabel te klim. Polokwane City is teen Richards Bay tot ‘n 1-1 gelykopuitslag beperk en Orlando Pirates het ‘n punt teen Mamelodi Sundowns verdien in ‘n 1-1 riller by Loftus Versfeld. TS Galaxy het teruggekeer na die wenpad met ‘n 2-0 oorwinning oor Stellenbosch, terwyl Golden Arrows die naweek afgesluit het m

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


NETBAL: Victor straal van trots as SUT Sportvrou van die Jaar
Die Baba Proteas netbalster, Karla Victor, sê dat die benoeming van die 2025 Sportvrou van die Jaar by die Sentrale Universiteit van Tegnologie, ‘n trotse oomblik is wat haar toewyding en harde werk erken. Die 21-jarige het die eerbewys by die universiteit se jaarlikse sporttoekennings in Bloemfontein ontvang. Victor het die verteenwoordiging van Suid-Afrika op die wêreldtoneel as een van haar grootste prestasies beskryf en gesê dit het haar daaraan herinner dat fokus en moei

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


Statistieke Suid-Afrika trek swaar
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, kan moontlik later hierdie maand onder druk wees om Statistieke Suid-Afrika uit ’n ernstige geldkrisis te red. Dit wanneer hy die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring voorlê. Statistieke Suid-Afrika se jongste jaarverslag toon dat ’n tekort aan befondsing en hoë vakaturekoerse die gehalte van nasionale data bedreig. Die organisasie sê dit sukkel met verouderde IT-stelsels, personeeltekorte en vertragings in opnames soos dié oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Die Metro wil glo Naval Hill óók verkoop
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik van hul voorneme om 14 bates te verkoop of te verhuur. Een van hierdie is Naval Hill in die middel van die stad, wat die Franklin-natuurreservaat huisves. Die reservaat is volgens Bloemnuus een van net drie reservate oor die wêreld heen wat binne ‘n stad geleë is. Stigter van die Vriende van Franklin, Andri Grobbelaar, sê hulle sien net in die media van hierdie voorneme en daar was nog geen gesprekke met hulle n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Huldeblyke stroom steeds in vir ‘n geliefde Vrystaatse boervrou
Die 74-jarige boervrou, Tharina Terblance, se dood het nie net haar familie nie, maar ook talle in die landbougemeenskap geruk. Huldeblyke stroom steeds in vir die vrou wat haar naam met harde werk, geloof en durf in die Vrystaatse grond ingeploeg het. Maroela Media berig Terblance is verlede week oorlede nadat sy vroeër begin siek voel het. Volgens haar familie het sy toe ʼn hartklepoperasie ondergaan, maar dit was nie suksesvol nie. ʼn Boerdery wat in 1987 op 1 200 ha begi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


‘Veediefstal word erger oor die feestyd’
Gewelddadige voorvalle van veediefstal sal na verwagting in die Vrystaat toeneem namate die feesseisoen voortduur. So sê die president van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, nadat ’n plaaswerker ten tyde van ’n voorval van veediefstal naby Heilbron Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet is en sy 34-jarige vrou verkrag en met ’n mes gesteek is. Benewens dié voorval, is ’n voertuig met 11 skape ook voorgekeer en die insittendes in hegtenis geneem. Netwerk24 berig die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Die SAKP vra dat die Nasionale Gesondheidsversekering dadelik geïmplementeer word
Die SAKP vra dat die Nasionale Gesondheidsversekering onmiddellik geïmplementeer word. Honderde ondersteuners van die party het hierdie naweek in Klerksdorp in Noordwes vir die jaarlikse Rooi Oktober- veldtog saamgetrek. Die party se sekretaris-generaal, Solly Mapaila, sê die implementering van die nasionale gesondheidsversekering sal verligting aan miljoene Suid-Afrikaners bied. Hy het ook verskeie kwessies soos werkloosheid en armoede aangespreek en sê meer moet gedoen word

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Deborah Patta kry die trekpas by CBS News
Skaars twee maande nadat ’n bekroonde Suid-Afrikaanse TV-joernalis, Debora Patta, ’n nuwe kontrak met ’n Amerikaanse TV-netwerk gesluit het, het sy die trekpas gekry. Netwerk24 berig sy win glo regsadvies in nadat die TV-netwerk CBS News haar kontrak beëindig het. Sy is een van ongeveer 100 werknemers van CBS News wat hul pos kwyt is te midde van kostebesnoeiing, alhoewel The Independent berig Patta is vooraf meegedeel dat sy “veilig” is en nie uit diens gestel sou word nie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Afrikaners en hul ope brief is as nuttige idiote bestempel
'n Groep van 44 prominente Afrikaners én hul ope brief is deur ander prominente Afrikaners as "nuttige idiote" bestempel. Maroela Media berig dit kom nadat dit gister bekend geword het dat ʼn senior staatsamptenaar by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ʼn sentrale rol in die daarstel van dié brief gespeel het. Rapport berig ene Karen Burger het die konsep van die verklaring opgestel, en ʼn groep Afrikaners, onder wie Piet Croucamp, Max du Preez

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Die regering gaan besluit oor sy volgende stap in die Bushiri-uitleweringsaak
Die Suid-Afrikaanse regering sê dat hulle sal besluit oor hul volgende regstappe teen die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. Die Malawiese Hooggeregshof het Vrydag ‘n bevel tersyde gestel wat gelas het dat die paartjie aan Suid-Afrika uitgelewer moet word om aanklagte van bedrog en diefstal in die gesig te staar. Uitleweringsprosedures is aan die gang sedert die paartjie uit Suid-Afrika gevlug het nadat hulle in 2020 op borgtog vrygelaat is, hangende di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


RUGBY: Die Springbokke wen ‘n oortuigende wedstryd teen Japan
Die Springbokke het hul einde-van-die-seisoen-toer afgeskop met ‘n oortuigende 61-7 oorwinning teen Japan in Londen. Die Bokke het agt drieë en ‘n strafdrie oorgesteek, met debutant, Zachary Porthen en Sacha Feinberg-Mngomezulu, onder die sleutelpresteerders in nat toestande. Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het hierdie wedstryd buite die internasionale venster gereël as ‘n opwarming vir die kragmeting teen ‘n Franse span wat op wraak uit is vir hul Wêreldbeker-kwartei

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


KRIEKET: Proteas Vroue maak geskiedenis in Wêreldbeker-eindstryd
Krieket Suid-Afrika het die Proteas Vroue gelukgewens met hul merkwaardige lopie na die IKR Vroue Krieket Wêreldbeker-eindstryd, waar hulle as naaswenners teen die gasheer Indië geëindig het. Dit was Suid-Afrika se eerste verskyning ooit in ‘n Wêreldbeker-eindstryd, wat ‘n veldtog gevul met rekordbrekende vertonings en onwrikbare spangees afgesluit het. Kaptein, Laura Wolvaardt, het van voor af gelei met 169-lopies en as die toernooi se voorste lopiemaker geëindig, terwyl Mar

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


GHOLF: Oosthuizen blink uit in die Hongkong-Ope
Louis Oosthuizen het sy goeie gemoed ná die Bokke se oorwinning oor Japan voortgesit deur saam derde te eindig in die Hongkong-Ope. Hy het die rondes vir ’n totaal van 261 houe afgesluit, terwyl Noord-Ierland se jong, Tom McKibbin, met 253 houe die titel ingepalm het. Die Amerikaner, Peter Uihlein, was tweede op 260 houe, met Oosthuizen, Tomoyo Ikemura en MJ Maguire saam derde op 261. Onder die ander Suid-Afrikaners was Charl Schwartzel op 265 en Ian Snyman op 273, terwyl, As

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


Renosterhoring mag nou wettiglik die land verlaat
Die internasionale handel in renosterhoring is nou wettig. Regter Pule Tlaletsi het in ’n waterskeidingsuitspraak in die hooggeregshof in Kimberley gelas die toepaslike owerheid in Suid-Afrika moet permitte vir die internasionale handel in renosterhoring uitreik. Die owerheid moet egter tevrede wees dat die horings van wit renosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is, afkomstig is. Netwerk24 berig die eienaar van die Rockwood-renosterreservaat en die applikant in die sa

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Polisie ondersoek 'n dubbele moord by 'n Vrystaatse grenspos
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van dubbele moord en poging tot moord na ‘n noodlottige skietvoorval by die Ficksburg-grenspos-taxistaanplek. Die slagoffers is na bewering deur twee onbekende mans genader. Die verdagtes het aanvanklik met die slagoffers gepraat en gevra oor taxi’s na verskeie bestemmings. Die situasie het geëskaleer toe een van die verdagtes na bewering vir ‘n sigaret en toe geld gevra het. Terwyl die slagoffer besig was om die kantoordeur te sl

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Gary Player spoel sy mond uit oor swart ekonomiese bemagtiging
Die afgetrede Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler, Gary Player, sê Suid-Afrika moet ontslae raak van Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Hy het die opmerking Saterdag tydens sy 90ste verjaardagvieringe gemaak. Player het, as ‘n plaaseienaar en belegger in Suid-Afrika, afgelei dat die Suid-Afrikaanse regering sy beleide moet heroorweeg. Hy het ook beleide soos die Onteieningswet sonder vergoeding uitgelig. Die wet is reeds onderteken, maar het nog nie in werking getr

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3, 2025


Matlala het bewyse dat hy Mchunu se ANC-presidensiële ambisies gefinansier het
Die omstrede sakeman, Vusimuzi Cat Matlala, het aan polisieondersoekers gesê dat sy bankstate bewys lewer dat hy die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se ANC-presidensiële ambisies gefinansier het. Die Madlanga-kommissie van ondersoek het hierdie week opnames van onderhoude met Matlala aangehoor. Die onderhoude het gedurende Mei vanjaar plaasgevind, met polisieondersoekers wat slegs as Getuies C, B en A geïdentifiseer is. Matlala sê dat hy bewyse het deur middel v

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


Die Departement van Vervoer maak beduidende vordering met die agterstand van bestuurslisensiekaarte
Die Departement van Vervoer het beduidende vordering bevestig met die vermindering van die massiewe agterstand van bestuurslisensiekaarte. Dit is ook een stap nader daaraan om Binnelandse Sake te laat help met die druk van kaarte om die onbetroubare en ou drukmasjien wat tans in werking is, te omseil. Dit dui op ‘n groot verandering in die manier waarop kaarte gemaak sal word en kan moontlik die wagtyd vir nuwe kaarte in die toekoms verkort. Die minister van Vervoer, Barbara

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


13 verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in die Heilbron-distrik
Dertien verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in die Heilbron-distrik in die Vrystaat. Die aanval het tot die dood van ’n plaaswerker gelei, terwyl sy 34-jarige vrou seksueel aangerand en gesteek is. Sy is in ’n plaaslike hospitaal behandel en verkeer tans in ’n stabiele toestand. Volgens die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD, Generaal-majoor Solly Lesia, is ’n grootskaalse soektog onmiddellik ná die voorval geloods, met noue samewerking tussen die

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


Suid-Afrikaners moet die feestydperk met omsigtigheid benader
Kenners waarsku Suid-Afrikaners om die feestydperk met omsigtigheid te benader. Swart Vrydag sal vanjaar op 28 November plaasvind en het in ‘n baie kort tyd uiters gewild geword. Ekonomiese druk, hoë skuldvlakke en die toename in aanlyn-swendelary beteken dat kopers versigtig moet beplan om finansiële probleme te vermy. Die ekonoom, Dawie Roodt, sê dat ten spyte van die aantrekkingskrag van afslag en die toename in aanlyn inkopies, hy vanjaar ‘n gedempte aanvraag verwag. Intu

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 2, 2025


Die regering maak vordering in die stryd teen die konstruksiemafia
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is vordering gemaak in die stryd teen die sogenaamde konstruksiemafia. Volgens die minister is meer as 850 verdagtes in hegtenis geneem en daar was reeds 240 skuldigbevindings sedert verlede jaar verseker. Macpherson het onthul dat dit gelei het tot ‘n vermindering van 80% in projekontwrigtings. Hy sê die land is nou op ‘n punt waar die mafia nie meer konstruksieprojekte sal stop nie. Macpherson voeg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


AfriForum vat die Mangaung Metro Munisipaliteit hof toe
AfriForum se Bloemfontein-tak het hofstukke op die Mangaung Metro Munisipaliteit beteken. Dit aangesien die metro volgens hulle versuim om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer. Asook dat hulle glo weier om aansoeke vir kwytskelding van die dié diens te oorweeg. Luidens ‘n mediaverklaring volg die regstappe nadat talle inwoners aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder van privaat diensverskaffers gebruik te maak. Afri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025
bottom of page

