top of page

Alle Plasings


Die ACDP wil weet waarom net die Christelike sektor vir regulering geteiken word
Die ACDP het bevraagteken waarom die Christelike sektor vir regulering geteiken word, terwyl daar jaarliks dosyne seuns in inisiasierituele sterf, sonder enige behoorlike voorstelle tot dusver om dit aan te spreek. ACDP-LP Wayne Thring sê hulle het hierdie kwessie geopper tydens ‘n vergadering met die kommissie vir kultuur, geloof en taal (of CRL) nadat hulle kommer uitgespreek het oor pogings deur die CRL-kommissie om die kerk te reguleer. Thring het tydens die vergadering

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Tesourie trek tydelik 'n buitelandse pensioen-belasting-voorstel terug
Die Nasionale Tesourie het sy plan om die belastingvrystelling op buitelandse pensioene vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers te verwyder, tydelik teruggetrek. Die Tesourie sê dat die saak in ‘n hersiene vorm ná konsultasies weer voorgestel kan word. Hierdie besluit kom ná sterk openbare teenkanting en waarskuwings van kenners oor die negatiewe ekonomiese gevolge. Die voorstel is die eerste keer in Augustus gepubliseer as deel van die konsep-wysigingswetsontwerp op Belastingw

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


Suid-Afrikaners meen misdadigers word nie swaar genoeg gestraf nie
Statistieke Suid-Afrika se jongste Opname oor Bestuur, Openbare Veiligheid en Geregtigheid toon dat 55.2% Suid-Afrikaanse Huishoudings meen dat howe misdadigers nie voldoende straf nie. Die meeste meen dat strawwe wat opgelê word nie swaar genoeg is nie. Soveel as 71.2% van die respondente het aangedui dat die tronkstraf wat vir gewelddadige misdade opgelê word, te kort is. Suid-Afrikaners is wel tevrede dat daar meer skuldigbevindings is, en ook dat dit makliker is as ʼn paar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


Steenhuisen prys boere vir ‘n rekord graanoes
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, loof Suid-Afrika se graanprodusente vir die rekordoes wat hierdie seisoen gelewer is. Dit is ten spyte van die ekonomiese druk wat boere in die gesig staar as gevolg van stygende insetkoste en dalende kommoditeitspryse. Steenhuisen het die 2025-seisoen as ‘n ongelooflike prestasie beskryf. Die land se totale graan- en oliesaadoes het 23-miljoen ton oorskry, ‘n toename van 30% in vergelyking met verlede jaar. Hy het die veerkragtighe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


Die polisie verwyder dwelms van Heidedal se strate
Terwyl die Vrystaatse polisie met hul veiliger feesseisoen-aktiwiteite besig is, het hulle inligting oor dwelmsmokkelary in Morrisonstraat, Ashbury, ontvang. Die polisie het tydens hul soektog op verskeie dwelms beslag gelê insluitend dagga, mandrax-tablette en kristalmetamfetamien. Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covan, sê in ‘n mediaverklaring kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is, is ook gekonfiskeer. ‘n 33-jarige man is dadelik in hegtenis geneem, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


RUGBY: Foote tevrede met SA o.19’s voor toets teen Frankryk
Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, sê die SA o.19 Akademie-span se volle kontak-oefensessie met Frankryk se o.19’s was ‘n ideale toets voor Saterdag se internasionale wedstryd. Albei spanne het die sessie gebruik om hul eenhede te slyp, met die voorspelers wat skrums en lynstaan vasgevang het terwyl die agterspelers aanvallende en verdedigende spel in ‘n geesdriftige wedstryd gehardloop het. Foote sê dat die toer se hoofdoel is om spelhelderheid te verfyn, spanverb

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2025


KRIEKET: Trott verlaat Afganistan-rol na 2026 T20 Wêreldbeker
Jonathan Trott sal as Afganistan se hoofafrigter aftree na die 2026 T20 Wêreldbeker, wat ‘n einde bring aan ‘n ampstermyn wat in Julie 2022 begin het. Gedurende sy tyd in beheer het Trott die span gelei tot onvergeetlike oorwinnings oor Engeland, Pakistan en Sri Lanka tydens die 2023 EDI Wêreldbeker, en tot hul eerste halfeindstrydverskyning ooit by die 2024 T20 Wêreldbeker. Die voormalige Engelse kolwer sê dit was ‘n voorreg om met die Afghaanse span te werk, en hul passie e

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2025


SOKKER: Chiefs gereed vir moeilike Egiptiese toets in CAF Konfederasie Beker
Kaizer Chiefs-verdediger, Inacio Miguel, het ‘n uitdagende CAF Konfederasie Beker-loting verwelkom wat die span teen Zamalek en Al Masry, saam met Zambië se Zesco United in Groep D plaas. Miguel glo sterk dat tuisvertonings deurslaggewend sal wees, aangesien Chiefs daarna streef om ‘n indruk te maak in hul debuutgroepfase-veldtog. Hy het die noodsaaklikheid beklemtoon om resultate tuis en weg te verseker, en sê die span moet hard werk en die land goed verteenwoordig teen Afri

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2025


‘n Storm rig groot skade in die Oos-Vrystaat aan
Inwoners is nog besig met skadeberaming na ‘n storm groot skade aan eiendom aan die Oos-Vrystaatse dorp Rosendal aangerig het. Netwerk24 berig die donderstorm het voor die naweek ongeveer 10 huise beskadig en vier huise se dakke heeltemal afgewaai. Daar is gelukkig geen beserings aangemeld nie. Inwoners van die dorp sê hulle het nog nooit so ‘n erge storm ervaar nie. Sommige meen dit was ‘n tornado wat deur die dorp beweeg het. Daar het die afgelope naweek ook swaar hael in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


SA sien ‘n toename in steun vir militêre bewind
Die jongste Afrobarometer-opname het aan die lig gebring dat steun vir militêre bewind in Suid-Afrika van 28% in 2022 tot 49% vanjaar toegeneem het. Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê dit beteken egter nie dat Suid-Afrikaners hul hardverdiende demokratiese vryhede wil prysgee nie. Volgens die sentrum se uitvoerende direkteur, Chris Hattingh, toon die opname dat burgers gefrustreerd is met beperkte sosio-ekonomiese vooruitgang in die land. Hy sê landsburgers verlang na meer e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


FlySafair se kajuitpersoneel staak oor betaling en werkskedules
FlySafair se kajuitbemanning het hul gereedskap neergelê. SABC News berig die stakende werkers wat die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningvereniging verteenwoordig, eis hoër lone en die hersiening van die rooster. Volgens FlySafair verwag hulle geen ontwrigtings in hul vlugskedule nie. Die lugredery sê ook dat meer as twee derdes van hul kajuitbemanning hulle daartoe verbind het om aan te hou werk. Dit sluit nie-vakbondlede en vakbondlede in wat formeel die maatskappy se 5.7%...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


NUM se loononderhandelinge met Eskom begin
Die mynwerkersvakbond NUM het sy loononderhandelinge met Eskom begin. Die vakbond dring aan op ‘n salarisverhoging van 15% en ‘n behuisingstoelaag van R7 000 per maand vir sy lede. SABC News berig die huidige meerjarige ooreenkoms van 7% sal in April volgende jaar verstryk. Volgens NUM is die verhoging nodig om werknemers te beskerm teen die stygende lewenskoste, insluitend hoër voedsel-, brandstof- en elektrisiteitspryse. Die vakbond se woordvoerder, Livhuwani Mammburu, sê g

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


AfriForum sleep die metro hof toe oor vullisverwydering
AfriForum se tak in Bloemfontein het regstappe van stapel gestuur teen die Mangaung-metro weens sy “volgehoue versuim” om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer, asook die weiering om aansoeke vir kwytskelding van dié diens te oorweeg. Netwerk24 berig dit kom nadat talle inwoners, met AfriForum se ondersteuning, aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder private diensverskaffers te gebruik. Volgens AfriForum se distrikskoö

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Die Konstitusionele Hof moet besluit oor Cholota se uitlewering uit die VSA
Die voormalige persoonlike assistent van die gewese Vrystaatse premier, Ace Magashule, sê daar was nog nooit ʼn wet in Suid-Afrika wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die mag gee om die uitlewering van voortvlugtiges uit ander lande aan te vra nie. Moroadi Cholota het dié stelling in hofstukke na die Konstitusionele Hof gemaak. Dit is in antwoord op die NVG wat die hof genader het om haar uitlewering uit die VSA wettig en geldig te laat verklaar. Die saak word Dinsdag in

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Hamer-aanval: Nog niemand is in hegtenis geneem nie
Die familie van die vrou van Bothaville in die Vrystaat wat in Julie vanjaar met ’n hamer oor die kop geslaan en verkrag is, voel verslae en gefrustreerd omdat niemand nog weens die aanval in hegtenis geneem is nie. Volksblad berig die 60-jarige vrou, wat op 26 Julie in haar huis aangeval is, ly aan erge angs en is bang om alleen te wees, sê haar man. Polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, sê daar is nog DNS-toetse uitstaande voordat iemand in hegtenis geneem kan word. 'n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Die regering van nasionale eenheid bly gefokus en sterk
Die leiers van die tien politieke partye wat die regering van nasionale eenheid lei, het hul verbintenis tot die sewende administrasie en die diens aan die mense van Suid-Afrika herbevestig. Hulle het Sondag en Maandag vergader. Alle partye het hul volle verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig en besluit om meer gereeld te vergader. Die leiers het onderneem om dienslewering, werkskepping, voedselsekerheid en misdaadbekamping te versnel. Hulle sê die reg

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


STOEI: Lenerd van Schalkwyk verower silwer by die Great British Wrestling Grand Prix
Die Suid-Afrikaanse jong stoeier, Lenerd van Schalkwyk, het ’n silwermedalje verower tydens die Great British Wrestling Grand Prix in Manchester. Hy het in die U20 vryestyl-afdeling vir 57kg meegeding en ’n indrukwekkende vertoning gelewer om die tweede plek te verseker. Van Schalkwyk beskryf die toernooi as kleiner in formaat, maar met baie sterk internasionale deelname. Hy sê die ervaring was besonder waardevol. Volgens hom was sy fiksheid en spoed op ’n goeie vlak, en senu

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2025


SOKKER: Suid-Afrika maak geskiedenis met Wêreldbeker-oorwinning oor Bolivia
Die Suid-Afrikaanse onder-17-span het hul FIFA o.17 Wêreldbeker-veldtog in styl geopen met ‘n 3-1 oorwinning oor Bolivia, wat die nasie se eerste oorwinning ooit in ‘n openingswedstryd van die Wêreldbeker was. Ten spyte daarvan dat hulle tot tien man verminder is na Sive Pama se rooi kaart, het Emile Witbooi eerste toegeslaan voordat Neo Bohloko die voorsprong vroeg in die tweede helfte verdubbel het Bolivia het een teruggetrek, maar Shaun Els het die uitslag met ‘n kalm afro

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2025


Brendan Peyper is voorlopig gesekwestreer
Die sanger Brendan Peyper is voorlopig gesekwestreer. Dit volg op ’n aansoek wat die eienaar van SA Concerts, Eduard Hugo, vroeër teen hom ingedien het weens skuld van bykans R355 000 wat Peyper glo nie kon delg nie. Hugo se prokureur, Steven McLoughlin, het Maandag gesê Peyper het tot 2 Maart 2026 om redes aan die hof te gee oor hoekom die bevel teen sy boedel nie finaal gemaak moet word nie. Peyper se prokureur, Eloise Cilliers, het ná die uitspraak in die hooggeregshof in

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


TENNIS: Sinner herwin wêreldnommer 1 terwyl Mboko eerste WTA-titel verkry
Jannik Sinner het sy vyfde Meesters 1000-kroon beklink en teruggekeer na die bopunt van die ATP-ranglys, nadat hy Felix Auger-Aliassime met 6-4, 7-6 in die Paryse Meesters-finaal Sondag verslaan het. Sy oorwinning lig hom bo Carlos Alcaraz in die puntelys en verleng sy onoorwonne reeks op binnenshuise bane voor die ATP-finaal in Turyn. In vrouetennis het die 18-jarige, Victoria Mboko, haar eerste WTA 250-titel by die Hong Kong-Ope verower, deur Cristina Bucsa in drie stelle t

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2025


Goeie nuus by die petrolpompe
Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne het die amptelike brandstofprysaanpassings gepubliseer wat Woensdag in werking sal tree. Petrolgebruikers sal pryse met 51 sent per liter sien verlaag. Intussen sal diesel ‘n kleiner verlaging van tussen 19 en 21 sent per liter sien. LP-gas sal ook met 61 sent per kilogram daal. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


'n Bloemfonteinse man is vas vir dwelmhandel
'n Man is in die Bloemfonteinse middestad in hegtenis geneem nadat 'n groot hoeveelheid van verskeie onwettige dwelms in sy besit gevind is. Die dwelms het 'n geskatte straatwaarde van ongeveer R200 000. Die polisie het ook op 'n groot bedrag kontant beslag gelê, wat vermoedelik die opbrengs van die onwettige dwelmhandel is. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die man sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklag van dwelmhandel ver

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 4, 2025


Bloemskou 2026 se beplanning vorder flink
Beplanning vir die 2026 Bloemskou is reeds volstoom aan die gang. Die skou se hoof-uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê die skou vind volgende jaar van 23 April tot 2 Mei plaas. Dit onder die vrolike en opwinde Beach Party-tema wat beloof om ‘n somerpartytjie atmosfeer na Bloemfontein te bring. Vanjaar se skou het byna 6 000 vee-inskrywings in die landbou-afdeling en meer as 100 000 besoekers gehad. Volgende jaar se skou toon reeds groot belangstelling met landboukampioe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat moet na vore kom
Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat word deur die Valke versoek om na vore te kom. ’n Bethlehem-gebaseerde makelaarsmaatskappy, Blue Key Properties, het glo voornemende huiskopers gelok deur advertensies in ‘n plaaslike koerant. Wanneer mense belangstelling getoon het om te koop, is slagoffers na huise in Bethlehem en Phuthaditjhaba geneem vir besigtiging. Die mense het daarna ‘n aanbod om te koop geteken en geld in die bankrekeninge van die beskuldigdes gedepone

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025
bottom of page

