top of page


Alle Plasings


Afrikaanse Taaldag-vieringe duur in Bloemfontein voort
Afrikaanse Taaldag-vieringe word vandag by die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein voortgesit. Mense kan van 13:00 tot 17:00 Saterdag by die Planetariumsaal op Naval Hill ’n draai maak, waar daar onder meer ’n groot private boekverkoping en prettige speletjies aangebied word. Daar is ook ’n kort taalvoordrag en sang. Volgens inligting wat deur die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gedeel is, word 14 Augustus simbolies as die verjaardag va

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


Klassieke Suid-Afrikaanse boeke kry ’n nuwe lewe
Drie klassieke boeke wat Suid-Afrika se literêre erfenis vir meer as ’n eeu help vorm het, kry nuwe lewe. Die boeke is Jock of the Bushveld deur Sir Percy FitzPatrick, The Story of an African Farm deur Olive Schreiner en Mhudi deur Sol T. Plaatje. Volgens ’n berig deur Polity word die drie titels onder Jonathan Ball Publishers se bekende Ad Donker-druknaam heruitgegee. Jock of the Bushveld, wat oorspronklik in 1907 verskyn het, vertel die verhaal van FitzPatrick en sy lojale

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


’n Bloemfonteiner word as Woordmeester bekroon
’n Bloemfonteiner is as een van Akademia se Woordmeesters vir 2026 bekroon. Volgens inligting wat deur die hoëronderwysinstelling gedeel is, is Morné van Rooyen een van nege finaliste wat Vrydag op dié instelling se Leriba-kampus in Pretoria aan die finaal deelgeneem het. Meer as 1 000 mense het vanjaar landwyd vir die kompetisie ingeskryf. Van Rooyen het die publiekkategorie gewen, terwyl Rian Knoesen die skoolleerderskategorie en Ildamarí Botha die studentekategorie gewen h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


UN-Habitat kan help om informele nedersettings te transformeer
Suid-Afrika se vennootskap met UN-Habitat sal pogings versterk om informele nedersettings te transformeer en op te gradeer. Dit volgens die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, tydens die amptelike bekendstelling van UN-Habitat se Suid-Afrika-landkantoor. Sy sê die vennootskap ondersteun pogings om armoede, onvoldoende behuising en 'n gebrek aan toegang tot noodsaaklike dienste aan te spreek. Die program ondersteun ook die verbetering van substandaard behuisi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


Bouers ontdek goud in die mure van ‘n Belgiese eiendom
Bouers wat ’n huis in Oos-Vlaandere in België opknap, het goud ter waarde van glo sowat 9 miljoen euro, oftewel ongeveer R176 miljoen, binne die keldermure ontdek. Die werkers het goudstawe en muntstukke gevind terwyl hulle geboor het om nuwe rioolpype te installeer. Die ontdekking het vrae laat ontstaan oor wie die skat wettiglik sal hou, met die bouers en die liefdadigheidsorganisasie wat die eiendom besit, wat dit moontlik kan opeis. Die polisie het ’n ondersoek begin en d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


Pandor se uitsprake oor Akademia word gekritiseer
Die VF Plus het die voormalige minister van Hoër Onderwys, Naledi Pandor, se kommentaar oor die private Afrikaanse universiteit Akademia gekritiseer. Die party sê die kommentaar kom terwyl die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) bewerings van ongemagtigde konsultantbetalings, probleme met verblyftoelaes en swak administrasie in die gesig staar. Volgens die VF Plus se Wynand Boshoff ken die staat R54-miljard aan Nsfas toe, terwyl Akademia ongeveer R3 miljard u

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


Die vermeende moordenaar en verkragter van ‘n sewejarig bly in aanhouding
’n Sewejarige dogtertjie se vermeende moordenaar en verkragter bly in aanhouding nadat hy sy borgtogaansoek in die Bultfontein-landdroshof laat vaar het. Die saak is tot 29 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Rosestad-nuus het vroeër berig die dogtertjie se liggaam is deur haar 14-jarige suster onder ’n bed gevind, waarna die polisie ontbied is. Sy is op die toneel dood verklaar. Bongani Mponda word daarvan beskuldig dat hy die kind verlede naweek in ’n plakkerhut by Kh

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


’n Vrystater is vir sy ma se moord gevonnis
’n Vrystater van Viljoenskroon sal effektief 25 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy ma en poging tot moord op sy ouma. Die 23-jarige Thabiso Motaung het in die Viljoenskroon-streekhof aan albei aanklagte skuldig gepleit. Motaung het sy ma in 2021 tydens ’n argument in die hart gesteek toe hy 17 jaar oud was. Twee jaar later het hy sy ouma tydens ’n ander argument in die nek gesteek. Die hof het hom tot 10 jaar tronkstraf vir moord en 25 jaar vir poging tot moord gevon

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


Regstelsel moet mense betyds help
Dit is nie genoeg om howe en regsdienste te hê as die regstelsel nie tydige en doeltreffende uitkomste lewer nie. Die adjunkminister van Justisie, Andries Nel, het dié punt gemaak tydens die afsluiting van Toegang tot Geregtigheidsweek in Mpumalanga. Hy sê onnodige uitstel, vakante poste en mislukkings in openbare administrasie kan toegang tot geregtigheid ondermyn. Volgens Nel verteenwoordig elke hofsaak ’n persoon se lewe en moet dit nie tot ’n statistiek verminder word nie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


Eskom pak weerskade in die Vrystaat aan
Eskom het bykomende spanne en hulpbronne in verskeie provinsies, insluitend die Vrystaat, ontplooi om elektrisiteitstoevoer te herstel nadat erge weer infrastruktuur beskadig het. Swaar reën, sneeu, sterk winde en uiterste koue het netwerkfoute veroorsaak en toegang tot sommige geaffekteerde gebiede bemoeilik. Eskom sê herstelwerk vorder waar toestande veilig is en spanne beskadigde infrastruktuur kan bereik. Die nutsmaatskappy doen 'n beroep op gemeenskappe om met herstelspa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15


MIDDAG SPORT: Die All Blacks en die Bulls is gereed vir hul kragmeting, Gholf se groot name begin hul stryd om die FedEx-beker en Europese sokker keer terug
Ons begin met rugby-nuus: Die All Blacks se historiese toer deur Suid-Afrika gaan voort wanneer hulle Saterdag in Pretoria teen die Bulls te staan kom. Nieu-Seeland het reeds hul eerste twee wedstryde van die toer teen die Stormers en Sharks gewen en sal nou hul aandag op die Bulls vestig. Vir die All Blacks is dié wedstryde belangrike voorbereiding vir die komende toetsreeks teen die Springbokke, terwyl die Bulls die geleentheid het om hulself teen van die beste spelers in w

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 14


'SA kry skaam oor hoe buitelanders hanteer is
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd en skaam dat burgers van ander lande diskriminasie, mishandeling en dreigemente van geweld in die gesig gestaar het. Ramaphosa het Vrydag by die 46ste Gewone Spitsberaad van Staatshoofde en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog) in Durban in KwaZulu-Natal gepraat. Hy sê sommige buitelandse burgers is selfs gedwing om die land te verlaat. Ramaphosa sê sulke optrede is onaanvaarbaar, ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Die aanstelling van die Nsfas-administrateur word opgeskort
Die Gauteng-hooggeregshof in Pretoria het die aanstelling van Hlengani Mathebula as administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) opgeskort. Dit is hangende die finalisering van ‘n aansoek om sy aanstelling tersyde te stel. Die hof het ook Vrydag gelas dat die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, die koste van die twee advokate moet betaal. Die aansoek is deur sewe voormalige Nsfas-raadslede ingedien wat beweer het dat Manamela se besluit om

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Shell mag nie olie en gas langs die Weskus ontgin nie
Die Konstitusionele hof het die oliemaatskappy Shell se pogings om olie en gas langs die Weskus te ontgin verbied. SABC-nuus berig die hof moes bepaal of Shell en Impact Africa die eksplorasieregte kon behou wat oorspronklik in 2014 toegeken is, ondanks 'n hofbeslissing dat die oorspronklike proses onwettig was. Drukgroepe sê dit bevestig gemeenskappe se reg om te weier dat eksplorasie plaasvind. Ter illustrasie. FOTO: Shell South Africa

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


‘n Bfn raadslid is tydens ‘n kabeldiefstal-insident beseer
’n Raadslid van Bloemfontein is Donderdag in die vroeë oggendure met ’n baksteen in die gesig gegooi toe hy ’n buurman in ’n struweling met ’n kabeldief probeer help het. Netwerk24 berig wyk 18 se DA-raadslid, Greg van Noord, sê sy honde het hom omstreeks 04:00 wakker geblaf, waarna hy gaan ondersoek instel het toe hy 'n gekap hoor. Van Noord het afgekom op ’n buurman wat in ’n struweling gewikkel was met die kabeldief, wat hy op heterdaad nie ver van hul huise nie betrap het

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Honderde teenstrydighede is in polisie-leefstyloudits geïdentifiseer
Die waarnemende minister van Polise, Firoz Cachalia, sê honderde teenstrydighede is die afgelope vyf jaar in leefstylondersoeke van senior amptenare van die Suid-Afrikaanse Polisiediens geïdentifiseer. Hy het in ’n skriftelike parlementêre antwoord aangedui dit het hoofsaaklik betrekking op voertuie, eiendomme en maatskappydirekteurskappe wat nie verklaar is nie. Sommige aankope was volgens hom nie in verhouding tot amptenare se bekende inkomste nie. Cachalia sê 77 teenstrydi

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Sassa-werkers sê hulle laat kliënte in die steek
'n Jare lange werknemer van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) sê hy voel hulle laat begunstigdes in die steek. Die werknemer sê voorts hulle het nie die regte hulpmiddels nie, en nie genoeg personeel nie. Hy voel dus kan hulle nie aan kliënte die regte diens gee nie, en hulle sukkel. Ground Up berig die minister van maatskaplike ontwikkeling, Dina Pule, het Donderdag Sassa se Bellville-kantoor in die Kaap besoek. Hier het verskeie gefrustreerde

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Brandstofpryse styg dalk soos onderverhalings afneem
Data van die Sentrale Energiefonds vir die middel van die maand dui daarop dat motoriste volgende maand moontlik hoër brandstofpryse by die vulstasies in die gesig kan staar. BusinessTech berig dat die onderverhalings afgeneem het vanaf die hoër vlakke wat aan die begin van die maand aangeteken is. Volgens die data kan petrolpryse met tussen 63 en 74 sent per liter styg. Intussen kan dieselpryse met tussen R2,73 en R2,89 per liter verhoog. Die syfers kan steeds verander voord

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


'Uitbreiding van die kragoordragnetwerk kan binnelandse vervaardiging help herbou'
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se uitbreiding van sy elektrisiteitsoordragnetwerk bied ‘n groot geleentheid om binnelandse vervaardiging te herbou. Hy sê die program moet plaaslike produksie van staalstrukture, elektriese toerusting en transformators ondersteun. Ramaphosa sê die oordraguitrol moet ook dien as ‘n nasionale vaardigheidsontwikkelingsprogram, wat geleenthede skep vir ingenieurs, elektrisiëns, sweisers en ketelmakers terwyl die land se vervaardigingsbasi

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Besnoeiings aan Regshulpbefondsing bedreig die strafregstelsel
Die adjunkminister van Justisie, Andries Nel, sê finansiële beperkings by Regshulp Suid-Afrika kan wyer gevolge vir die strafregstelsel inhou. Nel het tydens ’n vergadering van streekhofpresidente en hooflanddroste gesê die Departement van Justisie het op 30 Julie met die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vergader om kommer oor Regshulp Suid-Afrika se verminderde begroting te opper. Hy sê indien beskuldigdes nie regsverteenwoordiging kan bekom nie, kan howe nie met sa

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 14


Boekwurms vier Koop-’n-Afrikaanse-boekdag
Vrydag is Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, ’n inisiatief van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV. Die dag is daarop gemik om lees en die Afrikaanse letterkunde te bevorder en word vanjaar vir die 22ste keer gevier. Wyle Nolte Smit het die inisiatief begin om skrywers te ondersteun en die voortbestaan van Afrikaanse letterkunde te bevorder. Maroela Media berig daar word veral gefokus daarop om jonger lesers se belangstelling in boeke en lees te prikkel. Volgen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Vrystaatse plaaswerkers word oor hul regte ingelig
Vrystaatse plaaswerkers is tydens ’n spesiale menseregtessessie by die Memel-gemeenskapsaal ingelig oor hul regte en verantwoordelikhede op plase. Volgens inligting wat deur die Departement van Indiensneming en Arbeid gedeel is, het amptenare en die Menseregtekommissie die werkers gehelp om hul minimum werksvoorwaardes beter te verstaan. ’n Groot fokus was kwessies rondom onreëlmatige aftrekkings, veral oor reëlings vir die weiding van vee. Ander rolspelers soos Regshulp en d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Die ANC is bekommerd oor ʼn parallelle proses
Die ANC het kommer uitgespreek oor wat hy ’n parallelle proses deur die parlement se Afsettingskomitee noem ter voorbereiding van ’n Artikel 89-ondersoek na president Cyril Ramaphosa se optrede. Die party sê voortgesette voorbereidingswerk terwyl verwante sake nog in die Wes-Kaap- hooggeregshof hangende is, kan tot duplisering, prosedurele verwarring en verkwistende besteding lei. Die Konstitusionele Hof het openbare verhore voorlopig gestuit, terwyl Ramaphosa ’n geregtelike

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14


Lande omseil glo Amerikaanse tariewe
Die Withuis beweer meer as 40 lande het China glo gehelp om Amerikaanse invoertariewe te omseil deur goedere deur lande met laer tariewe te stuur. Dit sluit onder meer Kanada, Indië, Mexiko, Japan en Suid-Korea in. Volgens skattings wat deur die Withuis aangehaal word, kan goedere ter waarde van tot 300-miljard dollar, sowat R5.2 triljoen, op dié manier verskuif wees. Die Withuis sê die praktyk behels onder meer die herverpakking van goedere of die gebruik van derde lande om

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14
bottom of page


