top of page


Alle Plasings


SANW-lede is tydens ‘n operasie teen onwettige mynbou oorlede
Twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is tydens 'n operasie teen onwettige mynbou in Wes-Johannesburg oorlede. Volgens 'n mediaverklaring van die weermag het die soldate vermoedelik onwettige mynwerkers by 'n verlate goudmyn agternagesit toe hulle in 'n oop, verlate vertikale mynskag geval het. Spesialis-noodspanne, waaronder Mynreddingsdienste en rampbestuurspanne, is ontplooi om die soldate te help, maar hul liggame is later uit die skag gebring. Die weermag s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 18


Talle Nigeriërs verlaat Suid-Afrika
Byna 1 500 Nigeriese burgers is uit Suid-Afrika ontruim en het na hul tuisland teruggekeer. Die ontruiming het plaasgevind te midde van toenemende druk op ongedokumenteerde buitelanders om die land te verlaat. Burgers van ander Afrikalande, waaronder Ghana, Malawi, Mosambiek, Uganda en Zimbabwe, het Suid-Afrika ook as deel van regeringsondersteunde repatriasieprogramme verlaat. Suid-Afrika is die afgelope paar weke deur protesoptogte geraak waarin immigrante daarvan beskuldig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 18


Die Reserwebank sal na verwagting sy rentekoerse onveranderd laat
PSG Finansiële Dienste se hoofekonoom, Johann Els, verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse onveranderd sal laat wanneer sy Monetêre Beleidskomitee volgende week vergader. Hy voorspel dat inflasie van 4,5 % in Mei tot ongeveer 4,7 % in Junie sal styg, hoofsaaklik as gevolg van hoër brandstofpryse wat verband hou met konflik in die Midde-Ooste. Els sê daar is min tekens van breër inflasiedruk en hy verwag dat inflasie later vanjaar sal daal. Hy glo dat die Reserw

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Pogings om dienslewering by 'n VS munisipaliteit te verbeter duur voort
Pogings om dienslewering te verbeter en stabiliteit by die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat te herstel duur voort. Dit kom ná 'n vergadering in Parys in die Vrystaat met die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings se LUR, Saki Mokoena, om vordering te evalueer sedert die Provinsiale Regering ingegryp het ná die ontbinding van die munisipale raad. Nova News berig die munisipaliteit se bedryfsverrigting, fina

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Die OB ondersoek die regering se mislukkings in voedselveiligheid
Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê die regering het moontlik versuim om verbruikers te beskerm en voedselveiligheidsstandaarde te handhaaf. Gcaleka het terwyl sy die media ingelig het oor ’n voortgesette sistemiese ondersoek gesê dat bewerings van onvoldoende afdwinging deur verskeie staatsinstellings onder die loep geneem word. Sy waarsku dat die groeiende bedreiging wat vervalde en bederfde voedselprodukte inhou, dringende en deeglike ondersoek vereis om openbare g

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


'n UV-prof kry die hoogste pluimpie vir fisika
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Hendrik Swart is met die land se hoogste eerbewys in fisika bekroon. Die medalje is tydens 'n galadinee by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika se 70ste jaarlikse konferensie aan hom oorhandig. Good Things Guy berig die toekenning word slegs een keer elke twee jaar gemaak om 'n leeftyd van uitnemende prestasies in fisika-navorsing, onderwys en die bedryf te erken. Swart, wat al vir meer as 40 jaar wetenskap bevorder, jong navorser

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Bfn se staatslykshuis is gesluit vir lykskouings
Die departement van werkskepping en arbeid het die afdeling van Bloemfontein se staatslykhuis waar lykskouings gedoen word, gesluit. Netwerk24 berig dié afdeling is Donderdag gesluit omdat die werkstoestande nie aan die nodige vereistes voldoen nie. ’n Verteenwoordiger van die Vereniging van Staatsamptenare, Lynsie Pelser, sê die departement het Woensdag reeds die toestande in die lykhuis ondersoek. Die ventilasie is foutief en elektriese herstelwerk moet gedoen word. Daar mo

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Die parlement reageer op kritiek oor die afvaardiging in Rusland
Die parlement het gereageer op kommer rakende die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat tans op ’n amptelike bilaterale werksbesoek aan Rusland is. Die MK-party het die parlement gekritiseer omdat hulle die amptelike opposisie van die afvaardiging uitgesluit het, en die stap ongrondwetlik en ondemokraties genoem. Die afvaardiging, gelei deur die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sluit parlementslede van die ANC en Al Jama-ah in. Die woordv

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Spazawinkel-aansoeke word glo namens ongedokumenteerde buitelanders gedoen
Die Mangaung Metro het meer as 1 000 spazawinkel-aansoeke afgekeur nadat bevind is dat die aansoekers dit namens ongedokumenteerde buitelanders gedoen het. Dit beteken dat slegs 956 aansoeke van 'n totaal van meer as 2 000 goedgekeur is. Die metro se sê die nakoming van die wetlike vereistes vir spazawinkel-aansoekers is belangrik om te verseker dat die metro kwalifiserende eienaars kan help met befondsing en nakomingsertifkate, sodat hulle hul ondernemings kan registreer. Te

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Twaalf is vas vir onwettige mynbouaangeleenthede
'n Totaal van 12 verdagtes is in hegtenis geneem tydens Operasie Prosper, ’n gesamentlike operasie teen onwettige mynbou waarby die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en private sekuriteit betrokke is. Die arrestasies is in die Lejweleputswa-distrik in die Vrystaat gemaak, met verdagtes wat teregstaan op aanklagte van die besit van vermoedelike goudhoudende materiaal, immigrasie-oortredings, die besit van vermoedelike gesteelde eiendom, die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Cogta: 'Kaderontplooiing in munisipaliteite moet afgeskaf word'
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, sê kaderontplooiing in munisipaliteite moet afgeskaf word. Hlabisa het aan die Kaapstadse Persklub gesê dat dit sal verseker dat munisipaliteite oorleef. Volgens die minister sal niks oorleef as daar swak regering in munisipaliteite is nie. Hlabisa sê munisipaliteite benodig bekwame werkers, nie ontplooide kaders nie. Velinkosini Hlabisa. FOTO: The Witness

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Kodering en robotika word deel van die skoolkurrikulum
Kodering en robotika sal binne die volgende drie jaar deel vorm van die Suid-Afrikaanse kurrikulum by alle laerskole. So sê die adjunkminister van Basiese Onderwys, Reginah Mhaule, tydens die bekendstelling van 'n nuwe Sentrum vir Kunsmatige Intelligensie, Kodering en Robotika by die Khulile Primêre Skool in Gqeberha in die Oos-Kaap. SABC News berig Mhaule sê dat die regering saam met die private sektor kodering en robotika uitbrei om leerders vir 'n tegnologiegedrewe toekoms

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 17


Gesondheidswerkers en pasiënte vlug uit ‘n Ebola-hospitaal
'n Woedende skare het Ebola-pasiënte en gesondheidswerkers gedwing om uit 'n hospitaal in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo te vlug. Dit bemoeilik pogings om die jongste Ebola-uitbreking te bekamp. Die geweld het uitgebreek nadat 'n vrou aan Ebola in die hospitaal oorlede is. Verskeie Ebola-pasiënte het ontsnap, terwyl mediese personeel die hospitaal moes ontruim. Die jongste Ebola-uitbraak in die land het reeds meer as 2 000 bevestigde gevalle en die lewe 79

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


‘n Vrystaatse padprojek se waarborge is glo vervals
'n Bedrogsaak is teen die voormalige kontrakteur van die Excelsior-Tweespruit-padprojek aanhangig gemaak. Volgens Netwerk24 sê die Vrystaatse regering die prestasie- en retensiewaarborge wat vir die kontrak ingedien is, was na bewering vervals of het nie bestaan nie. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, sê die saak is by wetstoepassingsowerhede aangemeld en word ondersoek. Hy voeg by die regering sal ook probeer om enige finansiële verliese wat w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


SA is vasbeslote om sy ekonomie te laat groei
Volgens President Cyril Ramaphosa is Suid-Afrika vasbeslote om sy ekonomie te laat groei. Hy het die Spesiale Ekonomiese Sones Prestasietoekennings toegespreek wat tydens die tweede Spesiale Ekonomiese Sones-konferensie gehou is. Die toekenningseremonie het gevier hoe die sones as ’n dryfkrag van industrialisering en ekonomiese groei dien. Ramaphosa voeg by sulke sones is meer as net industriële terreine. LUISTER HIER: Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Die Vergoedingsfonds ontken dat bodspesifikasies gemanipuleer word
Die Vergoedingsfonds het bewerings verwerp dat verkrygingsprosesse gemanipuleer en bodspesifikasies verander word om spesifieke diensverskaffers te bevoordeel. Volgens die fonds word verkrygingsbesluite deur gevestigde bestuursstrukture geneem en nie deur individue wat onafhanklik optree nie. Die fonds ontken ook bewerings dat dié strukture omseil word om voorafbepaalde uitkomste te bereik. Verder sê die fonds die aanstelling van sy hoof- finansiële beampte het 'n oop en mede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Bestuurders sonder lisensies is in Bloem beboet
Boetes van byna R5 000 is tydens 'n polisiepadblokkade in Navalsig, Bloemfontein, uitgereik. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, is bestuurders beboet vir oortredings soos die bestuur van voertuie sonder geldige rybewyse en ongelisensieerde voertuie. Altesaam 114 voertuie en 160 mense is tydens die operasie op die N1 deursoek. Covane sê die padblokkade het ook daarop gemik om dwelms, onwettige vuurwapens en gesteelde goedere op te spoor. Dit terwyl so

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Sassa dank amptenare oor bedrog af
Vier Sassa-amptenare is afgedank nadat 'n interne ondersoek hulle met bedrog van R33 miljoen verbind het. Volgens 'n mediaverklaring het die ondersoek bevind dat die amptenare glo saam met eksterne sindikate die toelaestelsel gemanipuleer het. Die vier het by die Nebo-plaaslike kantoor in Limpopo gewerk. Hulle het teen hul afdanking geappelleer, maar die besluit is gehandhaaf. Sassa sê hy volg 'n geen-verdraagsaamheidsbenadering teen bedrog en korrupsie om te verseker dat toe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Wetenskaplikes kry suiker in die ruimte
Wetenskaplikes het vir die eerste keer 'n eenvoudige suikermolekule in die ruimte ontdek. Die molekule, eritrulose, is met radioteleskope in Spanje opgespoor in 'n wolk van gas en stof naby die middelpunt van die Melkweg. Navorsers sê die ontdekking wys dat die boustene van lewe reeds in die ruimte kan vorm voordat sterre en planete ontstaan. Dit ondersteun ook die teorie dat komplekse molekules sonder biologiese prosesse kan ontstaan. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Bekwame amptenare is by munisipaliteite nodig
Munisipaliteite word aangespoor om bekwame en gekwalifiseerde amptenare aan te stel. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het die oproep gemaak as deel van hervormings om plaaslike regering te versterk. Hy sê munisipaliteite moet 'n duidelike skeiding tussen politieke leierskap en administrasie handhaaf. Die minister voeg by munisipaliteite moet ook inkomste-invordering verbeter, terwyl die uitdagings van armoede en werkloosheid i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Die polisie soek 'n man ná hy glo 'n vrou geklap het
Die polisie is op soek na 'n man wat glo 'n vrou by 'n winkel in Bloemfontein geklap het. Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê die voorval het in Maart vanjaar by 'n eetplek langs die N8 by Estoire plaasgevind. Die vrou en twee kollegas het in 'n ry gestaan toe 'n man glo voor hulle bedien wou word. 'n Woordewisseling het ontstaan waarna hy die vrou glo in die gesig geklap het. Omstanders het na bewering ingegryp en die man gekeer. Die polisie vra enigiemand met inl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Rooibos is op pad na die ruimte
Suid-Afrikaanse rooibos-saad sal later vanjaar na die Internasionale Ruimtestasie gestuur word as deel van die nuwe Rooibos in die Ruimte-program. Die saad sal aan mikrogravitasie en ruimtestraling blootgestel word voordat dit na die aarde terugkeer, waar wetenskaplikes dit met sade hier sal vergelyk. Die projek word deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, MaxIQ Space en die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap gelei. Leerders van sewe skole in die Cederberg sal ook aan di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


‘n Reeksinbreker van Bloem kry nóg 15 jaar tronkstraf
'n Reeksinbreker is tot 'n bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat DNS-bewyse hom met verskeie inbrake in Bloemfontein verbind het. Die 33-jarige Roysten "Billy" Collins het tussen 2017 en 2025 huise, studenteverblyf en besighede in Brandwag, Universitas en Westdene geteiken en elektronika en ander waardevolle items gesteel. Hy dien reeds 'n tronkstraf van 15 jaar uit vir soortgelyke misdade. Volgens die polisie word nog meer as sewe sake waarin hy vermoedelik betrokke wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17


Die Parlement bespreek 69 munisipaliteite se befondsing
Die parlement se gesamentlike toesigkomitees sal Vrydag vergader om die Nasionale Tesourie se besluit te bespreek om tydelik billike deelfinansiering van 69 munisipaliteite terug te hou. Minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sal aanbiedings tydens die vergadering lei. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie sal ook parlementslede inlig.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 17
bottom of page


