top of page


Alle Plasings


Uitspraak is voorbehou in Ramaphosa se Phala Phala-interdik
Die Wes-Kaap-hooggeregshof het uitspraak voorbehou in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlement se Artikel 89-afsettingsproses te stop. Ramaphosa wil hê die afsettingskomitee se werk moet opgeskort word terwyl hy die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-skandaal betwis. Die aansoek is Woensdag en Donderdag aangehoor. Opposisiepartye het die aansoek as ‘n vertragingstaktiek beskryf en aangevoer dat dit bedoel is om aanspreeklikhei

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


VF Plus: 'Die staat moenie by Bokkieweek inmeng nie'
Die VF Plus sê die staat behoort nie by die Bokkieweek-sporttoernooi in te meng of deelnemers te benadeel nie. Die party reageer op oproepe deur regeringsverteenwoordigers, onder andere Gautengse premier Panyaza Lesufi en minister Gayton McKenzie, vir optrede en ‘n ondersoek na die toernooi. Volgens die VF Plus is Bokkieweek ‘n selfbefondsde, vrywillige inisiatief wat in die burgerlike sfeer funksioneer en deur die Grondwet beskerm word. Die party meen die regering moet hom t

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Die VS het die meeste munisipaliteite waar ingegryp word
Die Vrystaat het die meeste munisipaliteite waar ingegryp word. Dit is volgens die departementshoof van die Vrystaatse departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Tshepiso Ramakarane, tydens 'n vergadering met Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae, en die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Saki Mokoena. Netwerk24 berig Mokoena het ’n uiteensetting gegee van sommige van die uitdagings waarmee

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'n Ontbinde liggaam is in die VS gevind
'n Plaaswerker van Tweelingskop-plaas buite Bethlehem het die ontbinde liggaam van 'n onbekende man ontdek. Hy het sy werkgewer onmiddellik daarvan in kennis gestel. Volgens 'n polisieverklaring was die slagoffer geklee in 'n lemmetjiegroen T-hemp, grys broek en pienk sokkerskoene. Die Bohlokong-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen, en 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood te bepaal. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'n Moordslagoffer is langs 'n Bfn voetgangerroete gevind
Die liggaam van 'n onbekende man is deur 'n voetganger in Grasslands in Bloemfontein ontdek. Volgens 'n polisieverklaring het beamptes op die toneel aangekom nadat 'n klagte van moord ontvang is. Die oorledene is op sy rug op die grond aangetref, met verskeie steekwonde aan sy nek en die linkerkant van sy bors. Die slagoffer is gevind langs 'n besige voetgangerroete wat gereeld deur inwoners gebruik word om na Meadowsweg te stap waar hulle taxi's neem. Geen inhegtenisnemings

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Amazon stel 'n satelliet-internetdiens in SA bekend
Amazon gaan ʼn satelliet-internetdiens in Suid-Afrika bekend stel en sodoende ’n mark betree waar mededinger Elon Musk se Starlink steeds sukkel om regulatoriese goedkeuring te kry. Maroela Media berig die Amerikaanse e-handelsreus se lae-aardwentelbaan-satellietnetwerk, Amazon Leo, het ten doel om internettoegang te verskaf aan klante in gebiede met beperkte of geen internetverbinding nie. Amazon, wat deur die Amerikaanse miljardêr Jeff Bezos gestig is, sal met die Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'n Bfn man is vas vir moord op sy vrou
'n Man is in Grasslands in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die moord op sy vrou. Volgens 'n polisieverklaring het lede gereageer op 'n klagte van 'n vermoedelike moord. Met hul aankoms is die polisie deur 'n huurder ontmoet, wat beweer toe hy by die huis aankom, hy die verdagte buite aangetref het waar hy swaar onder die invloed van alkohol was en geslaap het. Die huurder is toe na die hoofhuis, waar hy 'n vrou op haar rug op die bed aangetref het, onder komberse toegegoo

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Eskom Green is goedgekeur om hernubare energieprojekte te versnel
Eskom het die vereiste goedkeurings ontvang om Eskom Green as ’n volfiliaal te vestig wat befondsing vir grootskaalse hernubare energieprojekte kan insamel. Die kragverskaffer sê die stap is ’n belangrike mylpaal in sy ontbondelingsstrategie en sal help om private beleggings deur middel van publiek-private vennootskappe te lok. Eskom Green beoog om tot 32 gigawatt hernubare energiekapasiteit teen 2040 te ontwikkel, wat Suid-Afrika se energie-oorgang ondersteun, energiesekerhe

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


'Belastingbetalers moenie vir die George-gebouineenstorting betaal nie'
Die Good-party het ’n voorstel teengestaan om byna R10,8 miljoen se openbare fondse wat bestee is om die terrein van die George-gebouineenstorting skoon te maak en te rehabiliteer, af te skryf. Die ramp het 34 lewens in Mei 2024 geëis. Die George Munisipaliteit se Finansiële Komitee het die voorstel hierdie week tydens ’n raadsvergadering ter tafel gelê. Die raad het sy besluit oor die saak uitgestel. Good se Chantelle Kyd sê belastingbetalers moet nie betaal vir die munisipa

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Die NVG sê hy het 'n sterk saak teen 'n Nigeriese tele-evangelis
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê hy het 'n sterk saak teen die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes. Dit volg nadat die Appèlhof Woensdag die SOE se aansoek toegestaan het om appèl aan te teken teen Omotoso, Lusanda Solani and Zukiswa Sitho se vryspreking verlede jaar. Hulle het tereg gestaan op aanklagte van mensehandel, verkragting en seksuele aanranding, maar is vrygespreek nadat die regter bevind het dat daar gebreke in die staat se saa

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 16


Sekere Ford-voertuie is herroep
Sekere Ford-voertuie is weens 'n moontlike transmissie- of ratkasfout herroep. Die Nasionale Verbruikerskommissie sê die herroeping raak 2026 Transit-, Transit Custom- en Tourneo Custom-modelle wat tussen verlede jaar en vanjaar verkoop is. Die betrokke voertuie is ook na Botswana, Lesotho, eSwatini en Namibië uitgevoer. Eienaars word aangeraai om hul naaste Ford-handelaar te kontak of die voertuie vir 'n inspeksie en, indien nodig, herstelwerk in te neem. Ter illustrasie. FO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Drie neefs verskyn in die hof oor veediefstal
Drie neefs het vroeër vandeesweek in die hof verskyn op aanklagte van veediefstal. Polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, sê die drie is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om twee beeste by 'n veiling te verkoop. Twee van die verdagtes is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat, terwyl die derde in aanhouding bly omdat hy ook teregstaan op 'n afsonderlike veediefstalaanklag. Die drie het in die Vryburg-landdroshof in Noordwes verskyn en word Maanda

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Kameras moet op sport fokus, nie op lywe nie
Nuwe riglyne is bekend gestel om te verseker dat sportuitsendings op atlete se prestasies eerder as hul liggame fokus. Eyewitness News berig die Europese Uitsaai-unie en Europese Atletiek het die riglyne ontwikkel ná gesprekke met vroue-atlete oor onnodige kamerahoeke tydens byeenkomste. Die riglyne vra dat uitsaaiers kamerahoeke vermy wat atlete onnodig blootstel, veral tydens items soos hoogspring en paalspring. Daar word eerder aanbeveel dat wyer kameraskote gebruik word s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Outa gaan hof toe oor Aarto
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het die Pretoriase Hooggeregshof gevra om die uitbreiding van die Aarto-verkeerswet tydelik op te skort. Maroela Media berig die hof sal die dringende aansoek op 5 Augustus aanhoor. Indien Outa slaag, sal Aarto voorlopig weer net in Johannesburg en Tshwane toegepas word. Outa voer aan dat president Cyril Ramaphosa nog nie die tribunaal aangestel het wat geskille tussen motoriste en die Padverkeersmisdrywe-agentskap moet aanhoor ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Vrystaatse kontrakteurs moenie misgekyk word nie
Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae het amptenare van die Departement van Menslike Nedersettings gewaarsku om nie plaaslike kontrakteurs mis te kyk ten gunste van ondernemings uit ander provinsies nie. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering gedeel is, sê Letsoha-Mathae plaaslike ondernemings, veral dié wat deur vroue en jongmense besit word, moet meer geleenthede kry om as hoofkontrakteurs aangestel te word. Sy sê die praktyk om groot kontrakte a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Britse tieners word binnekort snags van sosiale media afgesny
Tieners in die Verenigde Koninkryk kan binnekort outomaties snags van sosiale media afgesny word. Dit vorm deel van nuwe maatreëls om slaap, fokus en gesinslewe te verbeter. Hoewel gebruikers dié instelling sal kan afskakel, wil die regering hê platforms soos Instagram, TikTok en YouTube moet standaard tussen middernag en sesuur die oggend geblokkeer word. Die plan stel ook voor dat funksies soos outomatiese speel van video's en oneindige blaai afgeskakel word om oormatige ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Trump waarsku Teheran om hulle te gedra
Amerikaanse magte het nuwe aanvalle op Iran uitgevoer terwyl president Donald Trump Teheran gewaarsku het om hulle te gedra. Die BBC berig die Amerikaanse weermag sê militêre teikens wat glo gebruik is om skeepsverkeer deur die Straat van Hormuz te bedreig, is aangeval. 'n Vaartuig wat na bewering 'n blokkade van Iranse hawens wou verbreek, is ook onder skoot geneem. Die aanvalle volg nadat Iran beweer het dat Amerikaanse militêre teikens in die streek aangeval is. Trump sê I

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Drie vermeende verkragters is in Bloemfontein vasgetrek
Drie vermeende verkragters is die afgelope paar dae in Bloemfontein in hegtenis geneem. 'n 47-jarige man, Deon Joshua, is in Bergman aangekeer nadat 'n lasbrief reeds verlede jaar vir sy inhegtenisneming uitgereik is in verband met 'n verkragtingsaak in Bloemspruit. Die span het ook 'n 14-jarige verdagte opgespoor wat na bewering sedert 2022 arrestasie ontduik het in verband met 'n afsonderlike verkragtingsaak. Nog 'n verdagte is in Fase 7 aangekeer. Hy word daarvan verdink d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Die adjunkminister gooi ‘n oog oor Vrystaatse padprojekte
Padinfrastruktuurprojekte in die Vrystaat is Donderdag in die kollig wanneer die adjunkminister van vervoer, Mkhuleko Hlengwa, Bloemfontein besoek. Hy vergader met die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer om vordering met padprojekte wat deur die Provinsiale Padonderhoudstoelae befonds word, te bespreek. Hy sal daarna na Botshabelo vertrek waar hy padprojekte sal inspekteer wat deur die Provinsiale Padonderhoudstoelae en Sanral befonds word. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Regter Raulinga skets planne vir die nuwe teenkorrupsie-toesigkantoor
Die afgetrede regter Takalani Raulinga gee die naweek 'n bywerking oor die stigting van die Kantoor van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie se toesigkantoor. Die Idac Ombudskantore is verlede week amptelik in Pretoria geopen. Raulinga sal verduidelik hoe die kantoor funksioneer, watter toesig dit oor Idac sal uitoefen en hoe dit toeganklike en geloofwaardige toesig moet verseker. Hy sal ook uiteensit hoe die kantoor aanspreeklikheid wil versterk, openbare vertroue wil bev

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Duisende ongedokumenteerde buitelanders is in hegtenis geneem
Duisende ongedokumenteerde buitelandse burgers is die afgelope twee weke landwyd in hegtenis geneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens is sommige van die verdagtes ook aangekla van moord, verkragting en die onwettige besit van vuurwapens. In die Vrystaat is nege ongedokumenteerde werkers by 'n beskuitjiefabriek in Reitz aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, weerspieël hierdie syfers die regering se verbintenis om onwettige immigrasie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 16


Twee is in die VS vas vir die onwettige besit van plofstof
Die polisie in die Vrystaat het twee mans in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van plofstof in Meloding. Lede van die Thabong Misdaadintelligensie-eenheid en die Welkom Teen-Bende-eenheid het Dinsdag ’n eiendom in Senzela deursoek. Hulle het 11 keëlvormige plofstofladings gevind en in beslag geneem nadat hulle inligting ontvang het dat die verdagtes glo op soek was na kopers. Die twee sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Virginia verskyn. Ter illus

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15


MIDDAG SPORT: Reinach keer terug na die Bokke, SA o.19-vroue neem ‘n vroeë voorsprong en Engeland jaag hul eerste eindstryd in 60 jaar
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-skrumskakel, Cobus Reinach, is gereed vir sy eerste begin sedert hy herstel het van ‘n liesoperasie en ‘n ernstige kniebesering wanneer Suid-Afrika teen Wallis in Saterdag se Nasieskampioenskap-wedstryd te staan kom. Die 36-jarige het kommer oor sy ouderdom wat sy pas beïnvloed, van die hand gewys en sê dat die heropbou van selfvertroue na sy beserings sy hoofprioriteit was, terwyl hy ook waardevolle ervaring saam met die debutant-lossk

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 15


Die Presidensie neem kennis van pogings om SA van Afrika te isoleer
Die Presidensie sê dat hulle pogings van sommige lande opgemerk het om Suid-Afrika van die res van die vasteland te isoleer. Die verklaring volg op kommer van sommige Afrikastate oor bewerings van xenofobiese geweld in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering het bewerings van xenofobie in die land ontken. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê daar is ‘n land wat die disinformasieveldtog teen Suid-Afrika lei. LUISTER HIER: Vincent Magwenya. FOTO: Maroela Medi

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 15
bottom of page


