top of page


Alle Plasings


Die aantal geregistreerde kiesers het toegeneem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê meer as 27 miljoen Suid-Afrikaners het so ver geregistreer om te stem. Die OVK sal volgende maand nog ’n kieserregistrasienaweek hou. Dit het lede van die publiek aangemoedig om te registreer om te stem en hul registrasiestatus te verifieer. Suid-Afrikaners sal op 4 November vanjaar in die plaaslike regeringsverkiesing stem. Kiesers sal slegs kan stem vir raadslidkandidate in die wyke waarin hulle woon. Ter illustrasie. FOTO: SA

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


J-Bay gons oor 'n eg Suid-Afrikaanse huweliksaansoek
Elke man wil sy meisie op 'n unieke manier vra om te trou – maar 'n man van Jeffreysbaai het die land laat swymel en lag met sy groot vraag. Die man, net bekend as Denton, het sy meisie na Nina's Real Food geneem, maar dit was nie net die verloofring wat mense aan die praat gehad het nie. Saam met die huweliksaansoek het hy met sjokoladesous op die bord geskryf: "Sal jy by my mediese fonds aansluit?" Good Things Guy berig Nina’s Real Food het die besondere oomblik op sosiale

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


SA kry nog 'n lening van die Wêreldbank
Die Suid-Afrikaanse regering het ’n lening van byna R25 miljard van die Wêreldbank verkry. Die fondse sal gebruik word om die land se infrastruktuur te moderniseer en werksgeleenthede te skep. Dit is die vierde lening in ’n reeks losstaande ontwikkelingsbeleidslenings vir die regering sedert 2022. Die lenings is daarop gemik om infrastruktuurknelpunte te help verlig en die land se ekonomie te laat groei. FOTO: Daily Maverick

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Twee is vas in Willows vir onwettige dagga-besit
Twee verdagtes is in Willows in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van dagga en dagga-byprodukte met 'n geskatte straatwaarde van R77 400. Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is 'n groep jong mans as deel van stop-en-deursoek-optrede van Operasie Shanela II deursoek, waarna gerolde dagga-sigarette en plastieksakkies met dagga in hul besit gevind is. Die mans het inligting verskaf oor 'n adres waar dagga glo verkoop word. Op d

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


OGGEND SPORT: Die Junior Bok-dokter red ‘n passasier, Van Voorst lei die SA o.19-vroue na ‘n reeksvoordeel en Fox maak geskiedenis by die Britse Ope
Ons skop af met rugby-nuus: Die Junior Springbok-span se dokter, Clement Plaatjies, het ’n vrou te hulp gesnel nadat sy tydens die span se vlug van Johannesburg na Kaapstad inmekaargesak het, wat die vliegtuig gedwing het om na O.R. Tambo-lughawe terug te keer. Hoofafrigter, Kevin Foote, sê Plaatjies het die vrou gereanimeer nadat hy geen polsslag kon opspoor nie, waarna suurstof toegedien is en die vlug teruggedraai het terwyl hulle reeds bo Bloemfontein was. Nooddienste het

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 21


Parlement vra 'n regsmening, al het munisipaliteite hul geld gekry
Hoewel 42 van die 69 gesanksioneerde munisipaliteite hul Julie-toekenning van die billike-aandeeltoelae gedeeltelik of ten volle teruggekry het, het die parlement se regspan 'n regsmening ingewin oor die Nasionale Tesourie se aanvanklike besluit. Dit vorm deel van 'n proses om vas te stel of die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sy bevoegdhede oorskry het deur die fondse terug te hou. Godongwana het die betalings opgeskort en gesê die geld sou eers uitbetaal word wann

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Die VK wys sy nuwe eerste minister aan
Andy Burnham is nou die Verenigde Koninkryk se eerste minister nadat hy koning Charles III by Buckingham-paleis ontmoet het. Hy het Maandag amptelik die leisels by Keir Starmer oorgeneem. Starmer het Maandagoggend Downingstraat verlaat en in sy afskeidstoespraak volgehou dat Brittanje tydens sy twee jaar in die amp 'n beter plek geword het. Nova News berig die 56-jarige Burnham is die sesde eerste minister wat Downingstraat in die afgelope tien jaar betree. Hy erf egter 'n la

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


'n Ondersoek is gelas na staatsbeheerde residensiële eiendomme
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n ondersoek gelas na meer as 6 200 staatsbeheerde residensiële eiendomme wat deur regeringsamptenare beset word. Hy het die departement gevra om te bepaal of die eiendomme steeds benodig word en om ‘n strategie te ontwikkel om dié wat nie meer benodig word nie, te verkoop. Die hersiening sal ook ondersoek of amptenare vir die akkommodasie kwalifiseer, of markverwante huur gehef word en of wetlike vereist

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


MIDDAG SPORT: Erasmus is tevrede, Engeland beklink die reeks met ‘n rekordvertoning en Vingegaard se Tour eindig ná ‘n dramatiese dag
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het sy span geprys ná hul oorwinning van 43-0 oor Wallis in hul Nasieskampioenskap-oorwinning in Durban. Hy sê ‘n verbeterde verdedigingsvertoning, sterk vaste fasette en ‘n wedstryd sonder beserings het nog ‘n stap vorentoe vir die Springbokke gemerk. Erasmus het bevestig dat ‘n groep van 26 spelers oor twee weke na Argentinië sal reis, terwyl ‘n kleiner groep in Suid-Afrika agterbly om voor te berei vir die...

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 20


Bultfontein-polisiebeamptes se moordverhoor is uitgestel
Nege polisiebeamptes van Bultfontein sal eers in Oktober weer in die rondgaande Hooggeregshof in Welkom op aanklagte van moord verskyn. Nuusflits berig die voorverhoor is Maandag tot 5 Oktober uitgestel. Die beamptes staan tereg ná 'n voorval in Phahameng in September verlede jaar waarin drie familielede en 'n polisiekonstabel oorlede is. Volgens die ondersoek het lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid na 'n klagte van huishoudelike geweld gereageer. Drie familielede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Daar is verwarring oor 'n Misdaadintelligensie-beampte se lasbrief
Daar is verwarring oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van 'n senior Misdaadintelligensie-beampte. eNCA berig kolonel Ismail Dawood het hom vandag by die Hillbrow-polisiestasie aangemeld om hom aan die polisie oor te gee, maar is aangesê om, weens onsekerheid oor die lasbrief, Dinsdag terug te keer. Sy regsverteenwoordigers sê die saak hou verband met beweerde afpersing, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie oor 'n beweerde skuldgeskil van R3,5 mil

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Sahpra waarsku oor vervalste medisyne
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Sahpra, waarsku dat vervalste medisyne al hoe makliker in Suid-Afrika beskikbaar is. SABC News berig georganiseerde misdaadsindikate oorstroom die plaaslike mark met onder meer vervalste gewigsverliesinspuitings, antibiotika, pynmedikasie en medisyne vir chroniese siektes soos MIV. Sahpra sê hy gaan 'n landwye bewusmakingsveldtog van stapel stuur om die onwettige handel hok te slaan en die publiek te help om goe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Malema wil nie saam met die DA en VF Plus werk nie
EFF-leier Julius Malema sê sy party sal nooit 'n alliansie met die DA of die VF Plus vorm nie. Die uitlating kom terwyl politieke partye hulle vir November se plaaslike regeringsverkiesing voorberei. Malema sê 'n alliansie met dié twee partye sal die beginsels ondermyn waarvoor mense in die verlede geveg en opofferings gemaak het. Hy het ook kritiek uitgespreek teen die toenemende teenkanting teen onwettige immigrante in Suid-Afrika en 'n beroep gedoen op groter eenheid tusse

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Oekraïne loods ’n groot hommeltuigaanval op Moskou
Ten minste tien mense is beseer toe Oekraïne oornag ’n aanval met honderde hommeltuie op Moskou en die omliggende streek geloods het. Reuters berig dat lugverdedigingstelsels die meeste van die hommeltuie op ’n lang afstand onderskep het. Sewe mense, insluitend drie Chinese burgers, is gewond in ’n hommeltuigaanval naby een van Moskou se hooflughawens. ’n Brand het by ’n plaaslike industriële park uitgebreek, terwyl ’n woongebou ook getref is. Die Oekraïense president Volodim

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Vrystaatse paaie eis die lewe van drie
Drie mense is die naweek in twee afsonderlike ongelukke op Vrystaatse paaie oorlede. Volgens Netwerk24 het die eerste ongeluk Saterdagoggend by die kruising naby Riebeeckstad en Welkom gebeur, waar 'n vragmotor, minibustaxi en dubbelkajuitbakkie gebots het. Een persoon is op die toneel dood verklaar, terwyl twee ander met ernstige beserings hospitaal toe geneem is. Later dieselfde dag het nog twee mense hul lewe verloor in 'n reg van voor botsing op die R34 tussen Kroonstad e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Die Nasionale Museum vier 149 jaar
Die Nasionale Museum in Bloemfontein vier Maandag sy 149ste bestaansjaar. Volgens inligting wat die museum gedeel het, is die instelling op 20 Julie 1877 tydens 'n openbare vergadering in Bloemfontein se stadsaal gestig. Die stigting is voorafgegaan deur die Philadelphia-uitstalling in Amerika, waar die destydse Oranje-Vrystaat produkte soos volstruisvere, ivoor, ongeslypte diamante en dierevelle ten toon gestel het. Die museum is amptelik op 20 Mei 1878 geopen en het met die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Die herstelpad gaan lank wees vir 'n jong Vrystater
'n Jong man van Hertzogville in die Vrystaat het 'n lang herstelpad voor hom nadat 'n klapper in sy hand ontplof het. Maroela Media berig die 22-jarige Carlo Hendrikus Boshoff, wat die afgelope vier jaar deel van die H2A-werkprogram in Amerika is, het gehelp om die klapper aan te steek toe dit onverwags ontplof het. Hy is eers per ambulans na 'n hospitaal in Carrington geneem en daarna per mediese helikopter na 'n hospitaal in Fargo, Noord-Dakota, oorgeplaas. Boshoff se regte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Daar word verwag dat 'n seniorbeampte hom aan die polisie gaan oorgee
'n Senior beampte van Misdaadintelligensie sal hom na verwagting Maandag aan die polisie oorgee. Dit nadat hy tydens die Madlanga-kommissie van ondersoek by bewerings van afpersing betrek is. Volgens berigte word die beampte gesoek in verband met beweerde afpersing ter waarde van sowat R350 000. Die polisie het Vrydag sy huis in Sandhurst, Gauteng, deursoek. Sy regsverteenwoordiger sê die beampte probeer nie arrestasie ontduik nie en dat reëlings reeds getref is dat hy hom vr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


'n Nuwe belasting ter befondsing van swart ekonomiese bemagtiging word voorgestel
Voormalige Reserwebank-adjunkgoewerneur Kuben Naidoo het entrepreneur Alan Knott-Craig se voorstel vir 'n nuwe belasting of vrywillige heffing ter befondsing van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ondersteun. Daily Investor berig Knott-Craig stel voor dat ondernemings 'n heffing van 3% op hul omset betaal, wat hulle in ruil daarvoor 'n Vlak 3 B-BBEE-sertifikaat sal gee. Hy verkies omset bo wins omdat dit moeiliker is om te manipuleer, aangesien wins deur rekeningkundige keuse

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Twee is vas vir aanranding in Bhm
Twee verdagtes is in Bethlehem in die Vrystaat hegtenis geneem nadat hulle na bewering 'n slagoffer met 'n onbekende middel in sy gesig gespuit het. Dit het sy oë laat traan, en die verdagtes het hom glo aangerand. Volgens 'n polisieverklaring het hulle die slagoffer aangetref met kneusplekke aan sy gesig en 'n gebreekte linkerbeen. Die verdagtes het in 'n wit Toyota Hilux-bakkie met handelsmerke daarop van die toneel gevlug. Die slagoffer is in 'n plaaslike hospitaal opgenee

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Getuie M getuig praat agter geslote deure
Die Madlanga-kommissie van Ondersoek hervat Maandag getuienis van Getuie M agter geslote deure. Die getuie lewer getuienis oor een van Suid-Afrika se grootste dwelmvondste en voer aan dat die getuienis staatshoofde, dwelmsindikate, misdaadfamilies, polities verbonde individue en wetstoepassers impliseer. Getuie M sê openbare bekendmaking sal hom- of haarself en sy of haar gesin aan ernstige gevaar blootstel. Die kommissie sal na verwagting Dinsdag weer openbare sittings herva

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Kanada weier toegang aan mense wat die DRK besoek het
Kanada sê dat hulle toegang sal weier aan mense wat die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) onlangs besoek het. Die DRK sukkel om die Ebola-virus-uitbreking te beperk, en die aantal bevestigde gevalle het nou 2 200 oorskry. Minstens 893 mense is sedert die uitbreking van Ebola in Mei vanjaar dood bevestig aan die siekte in die land. Die huidige Bundibugyo-stam van die virus het geen entstof nie. Kanada sê dat sy jongste maatreël teen die virus Maandag in werking tree. Ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


'n Vrystater in onderwyskringe is voor vir die versuim om seksuele mishandeling aan te meld
Voormalige skooladministrateur en predikant, Izak Greyling, het in die landdroshof in Excelsior in die Vrystaat verskyn op 'n aanklag wat verband hou met die beweerde versuim om die seksuele mishandeling van 'n kwesbare persoon aan te meld. IOL berig die saak dien reeds sedert 2020 voor die hof. Greyling word as onskuldig beskou totdat skuld bo redelike twyfel bewys is. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder toe die bewerings aanvanklik aan die lig gekom het, was Greyl

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20


Gayton McKenzie verdedig besteding vir die Fifa Wêreldbeker
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het die departement se bykans R31-miljoen besteding aan die Fifa Wêreldbeker 2026-program verdedig en gesê dit was wettig en in ooreenstemming met die departement se mandaat. Hy het Sondag ʼn amptelike verklaring uitgereik wat die kostes breedweg uiteensit. Volgens hom het die begroting amptelike reise, kultuurvertonings, uitstallingswedstryde, gasvryheid, wedstrydkaartjies en bemarkingsaktiwiteite vir meer as 150 deeln

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 20
bottom of page


