top of page


Alle Plasings


Cravenweek bring jong rugbytalent na Bloem
Bloemfontein is dié week die gasheerstad vir die Cravenweek, wat by Grey Kollege aangebied word. Volgens My City Bloemfontein bring die toernooi Suid-Afrika se beste jong rugbyspelers vir 'n week van topgehalte rugby en talentontwikkeling bymekaar. Spanne van regoor die land neem aan die toernooi deel en kry die geleentheid om hul vermoëns voor keurders en afrigters te wys. Die Cravenweek word jaarliks as een van die belangrikste ontwikkelingsgeleenthede vir skolerugby in Sui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1


Steenhuisen is amptelik nie meer landbouminister nie
John Steenhuisen is amptelik nie meer Suid-Afrika se minister van landbou nie. SABC News berig president Cyril Ramaphosa het die verandering goedgekeur nadat die DA se federale leier, Geordin Hill-Lewis, verskeie wysigings aan die party se kabinetsverteenwoordiging aangevra het. Willie Aucamp is as die nuwe minister van landbou aangestel, terwyl Steenhuisen voortaan as adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging sal dien. Ramaphosa het ook verskeie ander veranderinge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


'n Bfn politikus word verbind met die huisvesting van buitelanders
Die Nigeriese man van 'n prominente politikus is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy na bewering sowat 28 ongedokumenteerde buitelandse burgers by sy gastehuis gehuisves het. IOL berig tydens die klopjag is 'n sterftesertifikaat van 'n Suid-Afrikaanse vrou ook op die perseel gevind. Die inhegtenisneming is Dinsdag deur die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, bevestig. Volgens Letsoha-Mathae is die mense na bewering sowat sewe dae lank aangehou. Hulle het glo g

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


MIDDAG SPORT: Louw verdien sy Springbok-oproep, die Bok-vroue is gereed vir hul VSA-uitdaging en Japan se afrigter staan bankvas agter sy span
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-losvoorspeler, Elrigh Louw, is opgeroep vir die nasionale groep vir die Nasieskampioenskap om addisionele voorspeler-dekking te bied en sal by die span in Johannesburg aansluit. Louw het nie vir die Springbokke gespeel sedert hulle Wallis in November 2024 teëgekom het nie, nadat hy ‘n groot deel van die 2025-seisoen van ‘n ernstige kniebesering herstel het. Sy indrukwekkende terugkeer vir die Vodacom Bulls het hom ‘n plek by die...

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 30


Weermagleerlinge vertrek na Brasilië vir 'n uitruilbesoek
'n Totaal van 30 Suid-Afrikaanse weermagleerlinge van die Militêre Akademie in Saldanha het vertrek vir ’n twee weke lange opvoedkundige en militêre uitruilbesoek aan Brasilië se Agulhas Negras Militêre Akademie. Die program is daarop gemik om militêre samewerking te versterk, opleidingstandaarde te vergelyk en leierskapsontwikkeling deur internasionale blootstelling te verbeter. Dit volg op ’n besoek in 2025 deur die hoof van die Suid-Afrikaanse leër, luitenant-generaal Lawr

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Die EFF se wantrouemosie teen die speaker is aanvaar
Die EFF se wantrouemosie teen die speaker in die Nasionale Vergadering (NV), Thoko Didiza, is aanvaar en sal op die NV se ordelys geplaas word. Netwerk24 berig die adjunkspeaker in die NV, Annelie Lotriet, het bevestig die mosie voldoen aan die nodige parlementêre vereistes. Die mosie, wat in die naam van die EFF-leier Julius Malema ingedien is, eis Didiza se kop oor haar versuim om president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-hofaansoek teen te staan. Volgens Didiza kan sy nie r

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Rou riool vloei steeds in die Vaalrivier
Rou riool vloei steeds op verskeie plekke die Vaalrivier binne, drie jaar nadat een munisipaliteit met R70 miljoen beboet is en ondanks 96 strafsake wat landwyd reeds teen munisipaliteite geopen is weens rioolbesoedeling. Nova News berig een van dié sake is teen die munisipale bestuurder van die Emfuleni plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat, April Ntuli. AfriForum het in Mei verlede jaar 'n derde klag teen Ntuli ingedien nadat rou riool weens ineengestorte infrastruktuur

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Openbare byeenkomste word in die DRK verbied
Die Demokratiese Republiek die Kongo het 'n verbod geplaas op openbare byeenskomste in vier provinsies, insluitend die hoofstad, Kinshasa, te midde van 'n dodelike ebola-uitbreking. Dit volg terwyl daar op 8 Julie betogings in Kinshasa beplan word teen voorgestelde grondwetlike hervormings, wat die president, Felix Tshisekedi, kan toelaat om vir 'n derde termyn verkies te word. Opposisiepartye het die verbod as polities gemotiveerd bestempel met die doel om die betogings te v

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


'Erfenisgebiede in Bfn moet ongeskonde bly tydens 'n ontwikkelingsprojek'
Die VF Plus sê dit is belangrik dat geskiedkundige erfenisgebiede in die noordelike deel van Bloemfontein ongeskonde moet bly en beskerm moet word tydens die nuwe voorgestelde ontwikkelingsprojek. Dit is volgens 'n plasing op sosiale media ná 'n raadsvergadering van die Mangaung-metro. Die voorgestelde projek gaan volgens die plasing op die grond agter die Bybelhuis ontwikkel word waar die Dam van Trane en die Bron van Herinnering geleë is. Dié bakens hou wat verband met die.

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Miljoene in Afrika kry vir die eerste keer elektrisiteit
Meer as 50 miljoen mense in 40 Afrikalande het vir die eerste keer toegang tot elektrisiteit verkry deur ‘n gesamentlike inisiatief deur die Wêreldbank en die Afrika-ontwikkelingsbankgroep, genaamd Mission 300. Die projek word gerugsteun deur byna $15 miljard in befondsing. Die program beoog om die aantal Afrikane sonder betroubare elektrisiteit teen 2030 te halveer. Meer as 30 lande het Nasionale Energie-ooreenkomste aangeneem om elektrifisering te versnel. Tanzanië het 7,5

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Cosatu is bekommerd oor personeeltekorte by die NVG
Cosatu het kommer uitgespreek oor personeeltekorte by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Dit volg op berigte dat die NVG nodige ervaring verloor het nadat bekwame aanklaers vroeg afgetree het. Die owerheid staar ook ’n geraamde tekort van 600 aanklaers in die gesig. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die regering moet die NVG die hulpbronne gee wat dit nodig het om misdaad en korrupsie te beveg. LUISTER HIER: Matthew Parks. FOTO: EWN

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Navorsing gaan by die terrein van Noag se Ark gedoen word
Die span agter ‘n projek genaamd Noah’s Ark Scans het amptelike toestemming van die Turkse owerhede ontvang om die mees omvattende wetenskaplike ondersoek ooit by ‘n bootvormige geologiese formasie in oostelike Türkye uit te voer. Vir dekades het die bootvormige geologiese formasie spekulasie aangevuur dat dit gekoppel kan word aan een van die Bybel se bekendste verhale: Noag se Ark. Die ligging, bekend as die Durupinar-formasie, lê ongeveer 29 km suid van die berg Ararat, di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Die optogte in Bfn blyk vreedsaam te wees
Dit blyk asof Dinsdag se beplande optogte teen 12:00 in Bloemfontein redelik vreedsaam was. Rosestad-nuus het inligting ontvang dat daar teen 11:00 'n groep was wat deur die middestad beweeg het. Op nasionale vlak is geen insidente nog gerapporteer nie, terwyl daar berigte is wat lui dat in sekere areas, insluitend Durban, die optogte nog nie begin het nie. Daar is wel 'n sterk polisieteenwoordigheid, met onder andere helikopters sigbaar in sekere areas. Intussen berig Newsko

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 30


Khan vra vir getuienis agter geslote deure
Die geskorste misdaadintelligensiebeampte, generaal-majoor Feroz Khan, se regspan het aansoek gedoen dat sy getuienis voor die Madlanga-kommissie van ondersoek agter geslote deure aangehoor word. eNCA berig Khan is steeds in die hospitaal nadat hy Sondag tydens 'n vermoedelike sluipmoordpoging geskiet is. Volgens sy prokureur, Zubair Khan, is sy kliënt bereid om te getuig mits voldoende veiligheidsmaatreëls in plek is. Hy sê die versoek is nie net vir Khan se veiligheid nie,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


Kunswerke word by Oliewenhuis beoordeel
Kunswerke van opkomende kunstenaars is by die Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein beoordeel. Dit as deel van vanjaar se Sasol New Signatures-kunskompetisie. Volgens inligting wat deur die kunsmuseum gedeel is, was hulle een van die streekspunte waar inskrywings vir die nasionale kompetisie beoordeel is. Die beoordelaars het die kunswerke vir kreatiwiteit, tegniese vaardigheid en oorspronklikheid geëvalueer. Werke wat die streekbeoordeling slaag, dring nou deur na die final

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


Honderde student-atlete kom in Bloem byeen
Sowat 900 student-atlete, afrigters en beamptes is hierdie week in Bloemfontein vir die Universiteit Sport Suid-Afrika se netbalkampioenskap. Volgens inligting wat deur die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, SUT, gedeel is, neem 54 spanne van 26 Suid-Afrikaanse universiteite, drie private instellings en die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie aan die toernooi deel. SUT bied die kampioenskap vanjaar vir die eerste keer as 'n universiteit vir tegnologie aan. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


‘n Beplande kragonderbreking kan groot dele van Bloemfontein raak
'n Beplande kragonderbreking kan groot dele van Bloemfontein vir tot 11 uur sonder elektrisiteit laat. Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, sal die onderbreking dié naweek, op 5 Julie, tussen 07:00 en 18:00 plaasvind, of indien nodig, volgende naweek op 12 Julie gedurende dieselfde tye. Woonbuurte wat geraak kan word, sluit onder meer Bayswater, Dan Pienaar, Heuwelsig, Pentagon Park, Arboretum, Naval Hill en dele van Waverley en Westd

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


Niemand mag noodbehandeling geweier word nie
Niemand mag nood mediese behandeling geweier word nie, ongeag hul finansiële omstandighede, nasionaliteit en of hulle identifikasie kan toon. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Departement van Gesondheid gedeel is, word dié reg deur die Grondwet beskerm. Die departement doen ook 'n beroep op die publiek om gesondheidswerkers te respekteer en te verseker dat klinieke, hospitale en ambulansdienste veilig en toeganklik bly. Enige intimidasie of ontwrigting moet by die naa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


‘n Belastingpraktisyn is tronk toe vir bedrog
'n Belastingpraktisyn is ses jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan 55 aanklagte van bedrog. Die Son berig die man het geld wat 'n kliënt bedoel het om aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, SAID, te betaal, vir homself gehou. Die Paarl-streekhof het gehoor dat die kliënt die geld oor 'n tydperk van 21 maande in die belastingpraktisyn se persoonlike bankrekening inbetaal het nadat hy meegedeel is dat dit later aan SAID oorbetaal sou word. Toe die kliënt later n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


OGGEND SPORT: Ervare Bokke keer terug vir hul Engeland-toets, Sinner sukkel deur ‘n besering en Marokko behaal 'n strafdoel-oorwinning oor Nederland
Ons begin met rugby-nuus: Afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n sterk Springbok-span vir Saterdag se openingstoets van die Nasieskampioenskap teen Engeland by Ellis Park aangewys, terwyl hy ‘n tradisionele vyf-drie-verdeling op die bank gekies het eerder as die ses-twee-kombinasie wat voorheen gebruik is. Verskeie ervare spelers soos Damian Willemse, Damian de Allende, Eben Etzebeth, Malcolm Marx en Kurt-Lee Arendse is by die beginspan gevoeg. Grant Williams en Ruan Nortje keer oo

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 30


Brandstof word goedkoper
Brandstof word Woensdag goedkoper wanneer die nuwe amptelike pryse in werking tree. Petrol daal met R2.01 per liter vir 93-oktaan en R1.96 vir 95-oktaan. Die groothandelprys van diesel daal met tussen R3.14 en R3.59 per liter. Volgens die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne volg die verlaging op laer internasionale oliepryse en 'n sterker rand. Die daling is egter kleiner nadat die Nasionale Tesourie die oorblywende brandstofheffingverligting teruggeplaas het. Te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


Verskeie buitelanders is in BFN se middestad aangekeer
Verskeie buitelandse burgers is tydens 'n klopjag in Bloemfontein se middestad aangekeer omdat hulle na bewering nie geldige dokumente gehad het om in Suid-Afrika te wees nie. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering gedeel is, is dwelms en 'n groot hoeveelheid kontant wat vermoedelik uit misdaad afkomstig is, ook beslag gelê. Premier MaQueen Letsoha-Mathae en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, het die klopjag gelei. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


Die omstrede Aarto-wet tree ook in Bloem in werking
Die omstrede Aarto-wet tree Woensdag ook in die Mangaung Metro Munisipaliteit in werking. Maroela Media berig die metro is een van sowat 60 bykomende munisipaliteite waar die wet vanaf 1 Julie toegepas sal word. Dit volg nadat die Departement van Vervoer die uitbreiding van die wet in die Staatskoerant gepubliseer het. Intussen is een van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging, Salga, se grootste besware dat dit munisipaliteite meer sal kos om Aarto te bedryf as wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30


‘n Man is lewend uit puin gehaal nadat hy 106 uur lank vasgekeer was
'n Man is ná 106 uur lewend uit die puin in Venezuela se La Guaira-staat gered. Die BBC berig reddingswerkers is steeds in 'n wedloop teen tyd ná verlede week se dubbele aardbewing. Volgens die regering is reddingspanne nou in die kritieke ure om na moontlike oorlewendes te soek. Minstens 1 450 mense is reeds oorlede, maar die dodetal sal na verwagting verder styg. FOTO: X

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 30
bottom of page


